Neem jou hoenderstukke – sit in mikrogolf vir so ongeveer 12/15 minute om net so om en by 60/70 % gaar te raak – (die tyd hang af van hoeveel hoender jy gaarmaak en ook die grootte van die porsies) ek gooi gewoonlik my speserye ook oor bv sout en peper, my all time favourite Texan spice mix van Crown, bietjie knoffel. Let wel… geen water nie . Ek gooi dit sommer in groot plastiek bak.
Neem dan vir elke stukkie hoender, 1 repie spek , draai om die hoender en steek vas met tandestokkies. (as jy nie spek het nie, kan jy die los) Gooi dan nog bietjie sout en peper oor. Smeer bietjie soet mosterd sous oor (jy kan enige gebruik) of sommer net mayonaise) Sit dan so ‘n klontjie appelkooskonfyt op of bladjang.
Gooi nou so klein bietjie van die water wat gevorm het in die mikrogolfbak (al jou speserye en sappe le nou daar) – net so 2 eetlepels oor die hoender – sit in die oond by 180 C vir so om en by 20/25 minute. Dit hang af van hoe gaar jou hoender was wat jy in die mikrogolf gaargemaak het – gooi tydens die bakproses die oortollige water af want hoender vorm maar baie vog.
Indien jou hoender nog nie ‘n lekker bruin krakerige velletjie het nie – onder die rooster vir ‘n minuut of 2.
You must be logged in to post a comment.