Tag Archive | chicken in oven

Hoender – slaapsakkie hoender


hoender charne4

Slaapsakkie hoender (lewer 4-6 porsies)
Ek het hierdie resep uit Tjailaresepte van Amore Bekker (RSG) gekry.

4 van elk hoenderdye en boudjies (ek gebruik soms sommer fillette)
hoenderspeserye of kruie waarvan jy hou
sout en peper
1 pak gekoopte brooddeeg.
1. Verhit jou oond tot 180C
2. Geur jou hoenderporsies met speserye, sout en peper.
3. Deel jou brooddeeg in 8 stukke. Rol effens platter (groot genoeg om die hoender mee te bedek)

hoender charne
4. Draai elke stukkie hoender in deeg toe. Druk punte toe met jou vingers.

hoender charne1
5. Plaas hoenderpakkies op oondpan en sit in oond vir 40 minute of tot goudbruin of hoender gaar is.

hoender charne2
6. Die hoendersappe trek in die deeg in.
7. Sit voor met slaai / groente
Ek gebruik soms ontbeende hoenderborsies. Sny n gleuf in en sit n bietjie gegeurde maaskaas in. Dis ook baie lekker.


Lekker eet !!!

Charne

Hoender – Chedderkaas hoender


Cheddarkaas  Hoender

4 groot hoenderborsies

6 na 8 provitas (fyngedruk) Jy kan ook Tuc, cream crackers  of salticrax koekies gebruik)

½   teelepel sout

½  teelepel peper

½  koppie melk

3 koppies cheddarkaas, gerasper

1 teelepel droë pietersielie

Sous: (opsioneel)

1 blikkie  room  hoender sop

2 eetlepel suurroom

2 eetlepel botter

Gooi die melk, kaas en provita  krummels in 3 afsonderlike bakke  Meng die sout en peper in die krummels in.  Doop elke stukkie van die hoender in die melk en dan in die kaas. Druk die kaas vas met jou vingers. Druk dan die hoender in die  provita krummels en druk styf vas.

Spuit ‘n pan met cook en spray  en plaas die  hoender in die pan. Strooi die droë pietersielie oor die hoender. Sit hoender in die yskas vir tenminste 20 minute .  Bedek die pan met foelie en bak by 200 grade vir 35 minute. Verwyder die foelie, bak vir ‘n verdere 10-15 minute, of totdat die kante van die hoender goudbruin en bros is.

In ‘n medium pan meng die room  hoender sop, suurroom en botter.  Roer dit oor medium  hitte tot die sous lekker warm is. Dien op oor die hoender

hoender crispy chedder

Christy Keeter’s photo

Hoenderstukke met spek (oond)


PicMonkey Collage

Neem jou hoenderstukke – sit in mikrogolf vir so ongeveer 12/15 minute om net so om en by 60/70 % gaar te raak – (die tyd hang af van hoeveel hoender jy gaarmaak en ook die grootte van die porsies) ek gooi gewoonlik my speserye ook oor bv sout en peper, my all time favourite Texan spice mix van Crown, bietjie knoffel. Let wel… geen water nie . Ek gooi dit sommer in groot plastiek bak.

Neem dan vir elke stukkie hoender, 1 repie spek , draai om die hoender en steek vas met tandestokkies. (as jy nie spek het nie, kan jy die los) Gooi dan nog bietjie sout en peper oor. Smeer bietjie soet mosterd sous oor (jy kan enige gebruik) of sommer net mayonaise) Sit dan so ‘n klontjie appelkooskonfyt op of bladjang.

Gooi nou so klein bietjie van die water wat gevorm het in die mikrogolfbak (al jou speserye en sappe le nou daar)  – net so 2 eetlepels oor die hoender –  sit in die oond by 180 C vir so om en by 20/25 minute. Dit hang af van hoe gaar jou hoender was wat jy in die mikrogolf gaargemaak het – gooi tydens die bakproses die oortollige water af want hoender vorm maar baie vog.

Indien jou hoender nog nie ‘n lekker bruin krakerige velletjie het nie – onder die rooster vir ‘n minuut of 2.