Tag Archive | hoender in oond

Hoender – slaapsakkie hoender


hoender charne4

Slaapsakkie hoender (lewer 4-6 porsies)
Ek het hierdie resep uit Tjailaresepte van Amore Bekker (RSG) gekry.

4 van elk hoenderdye en boudjies (ek gebruik soms sommer fillette)
hoenderspeserye of kruie waarvan jy hou
sout en peper
1 pak gekoopte brooddeeg.
1. Verhit jou oond tot 180C
2. Geur jou hoenderporsies met speserye, sout en peper.
3. Deel jou brooddeeg in 8 stukke. Rol effens platter (groot genoeg om die hoender mee te bedek)

hoender charne
4. Draai elke stukkie hoender in deeg toe. Druk punte toe met jou vingers.

hoender charne1
5. Plaas hoenderpakkies op oondpan en sit in oond vir 40 minute of tot goudbruin of hoender gaar is.

hoender charne2
6. Die hoendersappe trek in die deeg in.
7. Sit voor met slaai / groente
Ek gebruik soms ontbeende hoenderborsies. Sny n gleuf in en sit n bietjie gegeurde maaskaas in. Dis ook baie lekker.


Lekker eet !!!

Charne

Hoender – Chedderkaas hoender


Cheddarkaas  Hoender

4 groot hoenderborsies

6 na 8 provitas (fyngedruk) Jy kan ook Tuc, cream crackers  of salticrax koekies gebruik)

½   teelepel sout

½  teelepel peper

½  koppie melk

3 koppies cheddarkaas, gerasper

1 teelepel droë pietersielie

Sous: (opsioneel)

1 blikkie  room  hoender sop

2 eetlepel suurroom

2 eetlepel botter

Gooi die melk, kaas en provita  krummels in 3 afsonderlike bakke  Meng die sout en peper in die krummels in.  Doop elke stukkie van die hoender in die melk en dan in die kaas. Druk die kaas vas met jou vingers. Druk dan die hoender in die  provita krummels en druk styf vas.

Spuit ‘n pan met cook en spray  en plaas die  hoender in die pan. Strooi die droë pietersielie oor die hoender. Sit hoender in die yskas vir tenminste 20 minute .  Bedek die pan met foelie en bak by 200 grade vir 35 minute. Verwyder die foelie, bak vir ‘n verdere 10-15 minute, of totdat die kante van die hoender goudbruin en bros is.

In ‘n medium pan meng die room  hoender sop, suurroom en botter.  Roer dit oor medium  hitte tot die sous lekker warm is. Dien op oor die hoender

hoender crispy chedder

Christy Keeter’s photo