TUIGEMAAKTE “CORNDOGS”
½ koppie geel mieliemeel (wit is ook reg, die geel gee egter ‘n mooi kleur)
½ koppie meel
1 eetlepel suiker
1 teelepel droë mosterd
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
½ koppie melk
1 eier, liggies geklits
1 eetlepel gesmelte botter
6 worse (viennas, kaaswors, Russians ens)
6 sosatie stokkies
Olie vir braai
Meng die mieliemeel, meel, suiker, mosterd, bakpoeier en sout. Voeg die melk, eier en botter by en meng tot glad. Gooi die mengsel in ‘n lang glas of plastiekhouer. Vee die wors met handdoekpapier of ‘n skoon vadoek af om seker te maak hulle is redelik droog. Plaas die sosatiestokkie in die wors en doop hulle in die beslag. Diepbraai in olie verhit tot 375 grade tot goudbruin, sowat twee minute. Dreineer op kombuispapier en bedien warm met mosterd, sweet chillie sous of sous na smaak.
MIDDAG MY DOGTER HET MARKDAG BY DIE SKOOL EN WIL GRAAG WORSIE OP STOKKI DOEN AS ONS 150 VIENNAS GEMAAK HET HOE WERK EK PRESIES UIT HOEVEEL VAN DIE BESTANDELE EK GAAN BENODIG?