HEMELSE TENDERISED STEAK
1kg Tenderised steak (sny in stukke)
Meng meel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel
Sny 2 uie in dun skywe
Sny 1 bakkie mushrooms in skywe
Pak lae om die beurt van vleis, uie en sampioene in ‘n oondvaste bak.
Meng:
200ml melk,
250 ml room,
1 eetlepel worcestersous,
1 eetlepel chutney,
1 eetlepel tamatiesous,
1 pakkie wit uie sop.
Meng goed en gooi oor vleis in bak.
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe met deksel.
Bak vir 60 – 90 min by 160 °C
Bron: Argilla
Foto & Plasing: WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK / Henriette Wessels
SMELT IN DIE MOND BIEFSTUK (Mikrogolf)
Mikrogolf wenners deur Annette Human
by Leer Kook Met Jou Mikrogolf
750g Biefstuk (enige snit) , in 5cm dik skyfies gesny
Sout, peper en rooipeper
Aangemaakte mosterd
100 ml Koekmeel
2 Uie
SOUS:
375ml Water
1 Blokkie biefekstrak
25ml Worcestersous
25ml Tamatiesous
12,5ml Sojasous
12,5 ml Bruinsouspoeier
12,5ml Mielieblom
Geur biefskyfies liggies met die sout, peper en rooipeper.
Smeer op elk ‘n bietjie mosterd en plak hulle twee-twee opmekaar soos toebroodjies.
Elke skyfie kan ook in die helfte toegevou word.
Rol die “toebroodjies” in die koekmeel.
Kap die oorblywende meel hard met die rand van ‘n piering eers aan die een kant van die “toebroodjie” en
daarna aan die anderkant in.
Plaas die “toebroodjies” in ‘n kastrol van 25 x 25cm.
Skil en sny die uie in ringe.
Versprei dit oor die vleis.
Mikrogolf die bestanddele vir die sous 5 minute oop in ‘n diep bak [1 lt] by 100% [Hoog] en roer dit goed
na die eerste 2½ minuut.
Giet die sous oor die vleis en uieringe.
Bedek en mikrogolf die gereg vir 45 minute by 50% [Medium] krag.
Verskuif elke 15 minute die middelste vleisstukke versigtig na die buitekant.
Laat gereg 10 minute staan voor opdiening.
SMELT IN DIE MOND BIEFSTUK (Oond)
Sous:
2 eetl bisto,
1eetl meel,
2eetl tamatiesous,
worchestersous en chutney na smaak.
Meng met 2.5 koppie kook water. sout en peper.
Braai vleis liggies en seel in warm olie. Sit in oondpan met deksel, gooi sous oor en bak teen 140grade vir omtrent 2 ure
ZEUREKA SE STADIGE T-BEEN IN DIE OOND (Rsg)
Bestanddele en Metode
Gooi sout en pepper en ook Aromat na smaak oor T-bene. Smeer olyfolie in oondbak met ‘n deksel en pak T-bene in bak. Bedrup weer met olyfolie. Sny uie ringe oor en sit deksel op 180 grade Celsius vir 1 uur. Draai t-bene so bietjie om. Verminder hitte tot 120 grade tot 140 grade vir ‘n verdere half uur
DIDDY SE BRUIN T-BEEN (Oond) (Rsg)
Bestanddele
Ses T-bene
1 groen en 1 rooi rissie opgesny
1 ui opgesny
1 pakkie bruin uiesop
125 ml water
Metode
Maak toe met foelie vir 30 min. Gooi weer sous oor T-bene en bedek weer met foelie vir verdere 30 minute.
GEBAKTE BIEFSKYF IN SMUL LEKKER SOUS (Oond)
2 groot uie, gekap
Sonneblomolie
2 kg (20 porsies) steak
Sout, peper
Koekmeel
SOUS:
1 liter water
125 tamatiepuree/tamatiesous
100 ml sonneblomolie
50 ml asyn
25 ml bruinsouspoeier(bisto)
15 ml sojasous
15 ml Worcestersous
10 ml kerriepoeier
10 ml braaivleisspeserye
5 ml Zeal/Aromat
5 ml paprika
2 knoffelhuisies, gekap
Braai die uie in bietjie olie tot goudbruin. Geur die vleis met sout en peper, strooi koekmeel oor en kap dit met die rand van ‘n piering in die vleis in. Braai die vleisskywe in bietjie olie tot ligbruin. Skep die vleis en uie in lae in ‘n groot oondvaste kasserol. Meng al die bestanddele vir die sous in ‘n kastrol en verhit dit tot kookpunt. Kook 5 minute. Gooi dit oor die vleis in die kasserol. Bak ongeveer 1 uur lank by 180ºC. Lewer 10 porsies van 2 stukkies biefskyf elk
You must be logged in to post a comment.