Tag Archive | oxtail soup

Bisto aartappels – sous vir rys en vleise


Sous vir rys en aartappels

BISTO  aartappels

Maklike, vinnige sous vir rys, vleis  en aartappels

Braai bietjie uie en knoffel in ‘n pot

Maak bistopoeier  aan met water, voeg dit by die uiemengsel  en laat prut tot dik.  Jy kan ook so bietjie oxtail  of bruin uiesop bygooi. Indien jy vleissouse het soos bv jou boud wat in die oond was – gebruik die om die bisto mee aan te maak. Gebruik so 1 hoogvol eetlepel bisto op halwe liter water of vloeistof – maak dunner met water as te dik is, en meer bisto as te dun is.

Skil  jou aartappels, sny in skywe , gooi in plastieksak en mikrogolf tot so 90% gaar, of skil aartappels, sny in kwarte en kook tot amper gaar

Gooi aartappels in die bisto sous en laat prut oor lae hitte tot aartappels deursag  is.

Vat stukkie aartappel, maak dit fyn en dit verdik die sous ook nog so n bietjie en gee bietjie lyf aan die sous.

 

Marie Dumas Jennings So maak ek myne – skil aartappels en sny in kwarte. Kook aartappels in water met sout tot amper sag, maak bisto aan en meng in by aartappels, gooi bietjie peper en fyn neut in laat kook tot aartappels gaar is en sous dik raak. Ek meng so eetlepel kookolie in. Dan het jy sous vir die vleis ook

Advertisement

Beesstert sop (oxtail)


oxtail sop

Beesstert sop met bene in

BEESSTERT SOP

Dié sop kan vir party mense nogal ryk wees, maar dis baie lekker. Eerlikwaar ’n maaltyd op sy eie. Begin al die vorige dag daarmee
Jy benodig
•500 g beesstert
•30 ml sonneblomolie
•1 ui, gekap
•2 wortels, in die lengte gehalveer en in skywe gesny
•1 groot selderystingel, in stukkies gesny
•6 tamaties, in blokkies gesny
•750 ml water
•15 ml Worcestersous
•1 lourierblaar
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 140 °C. Plaas beesstert in ’n kastrol. Maak toe met deksel en plaas in die oond vir minstens 4 uur. Haal uit en laat afkoel. Verwyder vleis van die bene en verwyder oortollige stukke vet. Behou die bene. Verhit olie in ’n kastrol. Braai ui, wortels en seldery saam vir sowat 10 minute. Gooi tamaties by en braai verder vir sowat 5 minute. Gooi vleis, bene
en die jellie (wat vorm as die vleis afkoel) by. Voeg water, lourierblaar en Worcestersous by. Geur met sout en swartpeper. Maak kastrol toe met ’n deksel en laat stadig prut vir minstens 4 uur. Roer elke nou en dan. As jou sop te dik kook, kan jy nog ’n klein bietjie water byvoeg, maar onthou, dit moet lekker dik wees.

EK VAT KORTPAD MET DIE BEESSTERT – GOOI IN JOU STOOMPOT EN STOOM VIR 1 EN HALWE UUR -GEBRUIK DIE WATER VAN DIE VLEIS IN JOU SOP. GEBRUIK RESEP SOOS BO.

oxtail sop3

Sop sonder bene soos resep