Vingerhappies (soet)


kersie bolletjies - sweetsKERSIE EN ROOMKAAS HAPPIES (GEBRUIK OOK AARBEIE)

1 block  Cream Cheese
1 cup powdered sugar (versiersuiker)
Fresh cherries or strawberries
Graham crackers (marie beskuitjies)

Blend softened cream cheese and powdered sugar.
Grind your graham crackers (marie beskuitjies)
Dip your berries in the cream cheese mixture and then into the graham crackers. Pop in the fridge for at least 1 hour.

Kersies

By: AnnaK
This is a fantastic idea for entertaining with cherries, dip in white icing and silver baking balls and serve on a platter. They look wonderful!!!
Foto: iowagirleat

Foto: iowagirleat

KANEELROLLETJIES IN JOU MUFFINPANNETJIES

1 Rol skilferkorsdeeg (sny in die helfte en rol elke gedeelte bietjie dunner uit.)

Smeer gesmelte botter met kwassie oor

Gooi soveel bruinsuiker en kaneel oor soos wat jy voor lus voel

Rol op en plaas in gespuite muffin pannetjies

Bak in oond by 180 C tot gaar, bruin  en opgepof  (so om en by 15 na 20 min)

Haal uit

Maak intussen :  Meng  1tl  stroop met 1 eetl melk.  Gooi ¾ kop versiersuiker by en meng tot gladde pasta

Gooi met teelepel die versiersuikermengsel oor die warm kaneel rolletjies en …… Geniet.

skuimpies

SKUIMPIES

400gr strooisuiker

25ml asyn

5ml kremetart

bietjie vanilje

3×12.5ml (37.5ml) kookwater

sout

3-4 eierwitte

Gooi suiker in bak. Gooi asyn,kookwater en sout by Meng – gooi nou die kremertart en eierwitte by – Klits tot styf en punte vorm –

Sit oond aan op 100 grade – vorm skuimpies – sit in oond – as jy dit in die oond sit stel oond af na 80grade en bak vir 1 en half tot 2 ure – sit oond af en laat koud word.

SJOKOLADE SKUIMPIES

4x ekstra-groot eierwitte,

15ml wit asyn,

2ml sout,

250g strooisuiker,

200g donker sjokolade (sommer Cadbury’s),

5ml Vanilla Essence.

METODE:

Voorverhit oond op 200•C. Gooi eierwitte, asyn en sout saam en klop tot styf (maak punte). Voeg strooisuiker lepelsgewys by. Voeg vanilla essence en sjokolade by. Skep ongeveer 3cm uitmekaar op bakplaat. Bak vir 45min, draai dit so elke 15min om. Skakel die oond af, maak oonddeur effens oop en laat staan vir ongeveer 1uur in oond. Jy kan 200g geroosterde amandels ook bysit. 

gemmer rolletjies 29
GEMMERROLLETJIES MET ROOM
Lewer 15-20 rolletjies
Bereiding: 20-30 minute
Baktyd: 8-10 minute
90 g botter
80 ml (¹∕³ k) suiker
160 ml (²∕³ k) gouestroop
sap van ½ suurlemoen
180 ml (¾ k) koekmeel
5 ml (1 t) fyn gemmer
30 ml (2 e) brandewyn
200 ml room, styf geklits
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n groot bakplaat deeglik met botter.
Smelt die botter, suiker, stroop en suurlemoensap saam in ’n kastrol oor matige hitte.
Verwyder van die hitte en klits die meel, gemmer en brandewyn by. Laat die mengsel heeltemal afkoel. Drup teelepels vol van die mengsel op die bakplaat. Laat ’n ruimte van 10 cm tussen elke hopie, want die mengsel loop plat. Bak 8-10 minute of tot goudbruin. Skakel die oond af en maak die deur oop.
Smeer ’n houtlepel se steel deeglik met botter. Lig een koekie op ’n slag met ’n eierspaan en draai dit om die houtlepel-steel. Laat gly dit van die steel af en laat dit op ’n afkoelrak afkoel. Herhaal die proses tot al die koekies gerol is. Vul die rolletjies met die room net voor dit voorgesit word.
WENK:
Hou die koekies in die oond voor jy dit rol om te verseker dat dit warm bly en nie hard word nie.
*
 IDEE’S VIR ‘N BORDJIE SOETHAPPIES:

 Doppies gevul met caramel kondensmelk, lemoncurt, piesangroom, aarbei vulsel, vlavulsel, pynappel vulsel, cremora vulsel,

Roomhorinkies, koeksisters, brandy balls, rumballs, vlaskywe, dadelballetjies, rice krispy balletjies, piesang poffertjies, eclairs, spits rookers, konfyttertjies, ystervarkies, skuimpies, sjokolademakrolletjies, melktertmuffins, fudge, klapperys, plaatkoekies, broodsisters, gevulde pannekoek met kondensmelk en piesang in skywe gesny, vars aarbei met punte wat in sjokolade gedruk is, scons met verskillende “toppings” , stroop poffertjies, karamel koekies, suurlemoen yskaskoekies, pienk mashmallow koekies, tamboesies, hertzoggies, sjokolade balletjies, verskillende vars berries wat in seisoen is, mashmalows wat se eenkant in sjokoladegedruk is en dan in klapper of gerasperde sjokolade, mini dougnuts

*

KARAMEL KOEKIES

DEUR: Radio Namakwaland
Smelt saam: 200 gr margarine, 1 blik karamel kondensmelk, 1 pak versiersuiker (500gr) en knippie sout. Roer goed deur en haal van stoof. Roer by: 2 pakkies gekrummelde Mariekoekies. Skep in gesmeerde plat glasbak,vol, sprinkel met gekapte neute as jy wil, druk gelyk en sit in yskas tot gestol. Sny in blokkies, bere in lugdigte houer.

KITS YSTERVARKIES

(uit Mikrogolfwenners)

Ongeveer 50 koekies

1 dag oue witbrood
3 kop suiker
1½ kop water
1 kop kakao
2 desertlepels (25ml) botter/margarien
5ml vanieljegeursel
ongeveer 3 koppies klapper

Sny die brood in 3cm dik snye.
Sny die korsies af en sny dan in blokkies van 3cm x 3cm.
Mikrogolf die water, suiker, kakao en botter oop vir ongeveer 10 minute op hoog.
Roer die gereeld elke 2 minute goed.
Voeg die vanielje by en meng.
Doop die broodblokkies een vir een met toetspen of breinaald in die warm sjokoladestroop en rol dadelik in die klapper.
Plaas hulle in enkel laag op ‘n skinkbord of af te koel en bietjie droër te word.
Bewaar die ystervarkies in digte houer in die koelkas.

LEMINGTONS/YSTERVARKIES
Bestanddele – Koek

4 eiers
½ k Suiker
1 k Botter
3 k Meelblom
2 t Kremetart
½ t Sout
1 k Melk
1 t Koeksoda
2 t Vanieljegeursel

Bestanddele – Versiering
500 g Versiersuiker
125 g Sagte Botter of margarien
3 e of meer Kookwater
1 t Vanieljegeursel
4 e Kakao ½ t Amandelgeursel
Klapper

Metode – Koek
Klop die eiers en suiker baie goed saam. Smelt die botter en vog by die suiker mengsel en klits weer goed. Sif die meelblom, kremetart en sout saam en voeg dit om die beurt met die melk by. Los die koeksoda in ‘n klein bietjie melk op en voeg by.
Meng deeglik. Gooi in gesmeerde pan van ongeveer 45 cm by 25 cm. Bak by 12 tot 15 minute by 200°C. Wanneer koek afgekoel is sny in blokkies.

LEMON TARTLETS

Tart Shells:
1/2 cup butter, softened
1/3 cup sugar
1 egg white
1 1/4 cups flour

Filling:
2 eggs
1/3 cup sugar
1 Tbs. butter melted & cooled
2 tsp. lemon zest
3 Tbs. lemon juice
Powdered sugar

Preheat over to 175* C. Spray 2 mini muffin pans with Cook & Spray. In mixer bowl, beat butter and sugar until light and fluffy. Add egg white; blend well. add flour; mix just until well blended. Divide into 24 pieces and drop into muffin cups. Press into tart shells.

For filling, lightly whisk eggs. Whisk in sugar and butter, lemon zest and juice. Mix well. Pour filling evenly into tart shells.

Bake 20-22 minutes or until edges are light golden brown. Remove pan to cooling rack for 5 mins. Remove from pan and cool completely. Store tightly covered in refrigerator. Sprinkle with powdered sugar before serving.
YIELD: 24 tartlets at 90 calories each
Pampered Chef Recipe

Doppies gevul met NUTELLA en neute

Doppies gevul met NUTELLA en neute

DOPPIE RESEP : (Vir alle vinger-etes, soet en sout)
750ml meel
5ml bakpoeier
3ml sout
250gr botter
2 eiers
15ml suiker
Sif droe bestandele saam. Vryf botter in
Klits eier en suiker tot skuim. Voeg by droe bestandele
Meng goed tot stywe deeg
Rol uit – nie te dun –
Druk met koekievorm ‘n ronde sirkeltjie uit.
Gebruik kolwyntjie pannetjies, en druk degie in pannetjie. Jy hoef nie jou pannetjies te smeer nie
Bak 8-10 min by 190 grade.

Cremora vulsel
1 koppie cremora
¼ kop kookwater
Meng b.g
Voeg by ½ blikkie kondensmelk en ¼ kop suurlemoensap

Lemon curt
2 eetl botter
1kop suiker
2 eiers
2 suurlemoene – skil gerasper en sap uitgedruk
Smelt suiker en botter, voeg suiker en suurlemoensap en skil by
Klits eiers en GOOI WARM MENGSEL by eiers.
Laat prut en roer die heeltyd tot dik. Koel af en sit in doppies.

Dadel vulsel
1 blik kondensmelk
250gr dadels (fyn gesnipper)
400ml klapper
Meng alles goed en skep in doppies.

Kondensmelk vulsel
1 blikkie caramel treat
Peppermint sjokolade (gerasper)
Styfgeklopte room
Gesnipperde kersie
Skep 1/2 tl sjokolade onder in bakkie, dan kondensmelk, dan geklopte room en kersie bo-op

Melktert vusel
3 eetl meel
4kop melk
1/2 kop suiker
1 tl vanilje
3 eetl maizina
4 eiers
1 eetl botter en knippie sout
Meng maizina en meel met bietjie v/d melk
Klits eiergele goed en klits die suiker by, voeg vanilje en sout by
Verhit melk tot kookpunt en roer meelmengsel mengsel by.Kook tot gaar.
Roer nou die eiermengsel in en laat stadig opkook. Haal af van hitte en roer botter in.
Klits eierwitte tot styf en vou in. Gooi in doppies en strooi kaneelsuiker bo-oor

Pynappel vulsel
1 pynappel (gerasper)
1tl botter
2 eiers
1/2 kop suiker
1/2 kop water
4tl vlapoeier
Kook pynappel water en suiker tot gaar. Klits eiergele en roer vlapoeier by – voeg by pynappel – Kook tot gaar. Haal van stoof af. Klits eierwitte tot styf en vou in by mengsel. Moenie mengsel weer kook nie, skep direk in doppies

doppies

KONFYTTERTJIES (Van Hettie)

2 kg meel
250 g botter
125 g stork to bake
500 g margarien
1 pakkie kremetart
3 teelepels bakpoeier
Appelkooskonfyt.

Vryf al die bestanddele liggies met vingers deur en maak aan met yskoue
water. Gebruik mes om mee aan te maak. Hou ongeveer 2 uur in yskas voor
uitgerol word. Rol dun uit en druk met glas uit. 1 teelepel konfyt in elke
tertjie. Bak tot goudbruin.

(WENK : Hou konfyt in vrieskas – daar word gesê dat dit dan nie uitbak nie)

HANDTERTJIES – HUISGENOOT (Van Hettie)

1 pak (500 g) bruismeel
2 ml sout
250 g botter of margarien
250 ml room
200 ml fyn appelkooskonfyt
30 ml koekmeelblom
1 eier
25 ml melk

Sif bruismeel en sout saam. Vryf botter hierin totdat mengsel fyn gekrummel
is. Voeg room by en meng tot ‘n deeg. Meng appelkooskonfyt en koekmeelblom
deeglik. Klits eier en melk saam.

Rol elke keer ‘n bietjie deeg dun uit op meelbestrooide deegplank en druk 8
cm sirkels met koekiedrukker af. Maak rand van elke sirkel met bietjie
water klam. Skep teelepelsvol konfyt op elke sirkel, vou deeg oor en
verseël. Verf eiermelk bo-oor. Bak 10 minute by 200ºC. Laat afkoel op
draadrak. 6 dosyn.

KONFYTBLOKKIES

250gr botter
350gr strooisuiker
2groot eiers
10ml vanilla
1000ml (545gr) koekmeel
20ml bakpoeier
250ml aarbei of appelkoos konfyt
Klop botter en suiker saam, voeg eier en vanilla by en klop goed. Vou gesifte meel, bakpoeier en knypie sout by.
Draai die bol deeg met kleefplastiek toe en sit vi +- 30min in yskas.
Druk driekwart van die deeg in gesmeerde oondpan. Smeer laag konfyt bo-oor en rasper res van deeg bo-oor. Bak by 180 grade vir 20 min of tot goudbruin. Sny in blokkies terwyl nog warm, los tot heeltemal afgekoel is, skep versigtig uit en bere in lugdigte houer

BESKUITJIE FUDGE

200g Marie-Beskuitjies, 250g Botter gesmelt,  500g Versiersuiker, 75ml Kakao, 1 Eier.

 Rol beskuitjies fyn. Roer botter, suiker en kakao oor matige hitte tot glad

Klop eier vinnig by. Verwyder van hitte.  Roer krummels by en skep in gesmeerde pan.

Laat afkoel en sny in blokkies wanneer styf.

Bewaar in koelkas.

Lewer Sowat 60.

GRIEKSE NEUTEBALLETJIES

250 g botter
80 ml strooisuiker
500 ml koekmeelblom
2ml sout
10ml amandelgeursel
1 pak fyn amandels (100g)
EN/OF
1 groot plak sjokolade blokkies gebreek en half gesny
gesifte versiersuiker om in te rol

Voorverhit oond 160 grade C.
Meng al die bestanddele tot ‘n gladde deeg. (As dit krummel, maak en druk bymekaar met jou hand).
Vorm okkerneutgroot balletjies druk klein sjokolade blokkie/kersie/neut in en rol toe
pak op ‘n bakplaat.
Verkoel ‘n halfuur.
Bak 30 minute lank in die oond tot net gaar, maar steeds lig van kleur.

Rol in gesifte versiersuiker terwyl nog warm.
Laat afkoel of draadrak.
Wanneer afgekoel pak in houer en strooi nog versiersuiker tussen elke laag.
Lewer 30 -35 koekies.

HAWERMOUT KOEKIES MET KAKOA EN KLAPPER

125 g margarien

500 ml suiker
125 ml kakao
125 ml melk
750 ml hawermout
250 ml klapper
2,5 ml vanillageursel

Meng die margarien, suiker, kakao en melk saam in ‘n kastrol. Laat kook vir 5 minute. Meng die hawermout, klapper en vanilla hierby in en roer tot goed gemeng. Skep lepelsvol van die mengsel op bakplate en laat afkoel.

PIENK KLAPPERYS

Meng 1 blikkie kondensmelk en 2-3 druppels rooi voedselkleursel vir ‘n pienk kleur. Roer 3 K versiersuiker by en roer dan 4 k fyn klapper by, meng goed deur, as te klam, gooi nog bietjie klapper by. Druk in uitgevoerde bakplaat.[voer uit met bakpapier en smeer] Laat 1 uur stol, lig papier uit op broodplank en sny klapperys in blokkies. Bere in lugdigte houer

MASHMALLOW PIENK KOEKIES

1 pakkie choc wheat koekies (fyn gerol) of pakkie marie beskuitjies
1 kop klapper
20 mashmallows in stukkies gesnipper –
20 rooi/groen kersies gesnipper –
1 blik kondensmelk Meng alles saam.
Vat foil en rol dit soos in ‘n worsvorm en bere in die yskas. Sny ringe soos jy dit benodig. Hou dit egter in die foil om te keer dat dit uitdroog. Jy kan die ook in bolletjies rol en in klapper rol. Bewaar in yskas

KLAPPER MAKROLLETJIES

1 blik kondensmelk – 5 ml vanilje – 500 ml klapper – meng alles – skep klontjies op bakplaat – bak vir 10 min – haal uit en laat afkoel

MAKROLLETJIES IN SJOKOLADE GEDOOP

165 ml (90 g) koekmeel
1 600 ml (500 g) droë klapper
1 blik kondensmelk
10 ml vanieljegeursel
200 g donkersjokolade, gesmelt (opsioneel)
1 Roer die meel, klapper en ‘n knippie sout saam. Gooi die kondensmelk en vanieljegeursel by en roer die mengsel.
2 Skep teelepels vol van die mengsel op gesmeerde en gevoerde bakplate. Bak dit vir 12 tot 15 minute in ‘n verhitte oond. Laat die koekies op ‘n draadrakkie afkoel. Eet dit net so óf doop elkeen in gesmelte sjokolade – laat dit dan afkoel totdat die sjokolade hard is.

SJOKOLADE KOEKIES

Bestanddele
125 g Margarien
750 ml Hawermout
500 ml Suiker
250 ml Klapper
125 ml Kakao
5 ml Vanieljegeursel
125 ml Melk

Metode
Smeer ‘n bakplaat met margarien. Meet margarien, suiker, kakao en melk af in ‘n kastrol. Skakel plaat aan op matige hitte. Plaas kastrol op plaat en roer mengsel tot kook. Skakel plaat op lae hitte en laat die mengsel presies 5 minute kook. Haal van plaat af. Roer hawermout, klapper en vanielje by en meng goed. Skep klein klontjies met teelepel op bakplaat terwyl dit nog warm is. Laat staan tot styf en afgekoel is.

BLITSVINNIGE SJOKOLADEKOEKIES

110gr botter by kamer temp
30ml suiker
30ml gouestroop
30 ml kakao
1 pak tennisbeskuitjies (in klein stukkies gebreek)
100gr wit melksjokolade
Klop botter en suiker tot romerig
Voeg gouestroop by
Voeg kakao by
Voeg koekies by en meng goed.
Druk in platbak en rasper witsjokolade bo-oor
Plaas vir 10min in matige oond net om die sjokolade effe te laat smelt
Laat afkoel en sny in blokkies
Bewaar in yskas

SJOKOLADE BALLETJIES

250ml versiersuiker
100ml kakao
1 pak mariebeskuitjies – fyn
125ml botter
125 ml appelkooskonfyt
5ml vanilje of enige likeur van jou keuse
125ml klapper
Meng al die bestandele behalwe die klapper
Rol in balletjies en dan in die klapper
Bewaar in yskas

SJOKOLADE RICE KRISPIEKOEKIES

250 g margarien
4 x 250 ml Rice Krispies
625 ml versiersuiker
250 ml klapper
4 opgehoopte eetlepels kakao

Sif die versiersuiker en kakao in ‘n groot mengbak. Voeg die klapper en Rice Krispies by en meng goed. Smelt die margarien en gooi dit oor die droë bestanddele. Meng vinnig en maak bolletjies. Plaas in papiervormpies en laat afkoel.

marie beskuitjie koekies

MARIE BESKUITJIE EN KAKAO VINGERS
1 pak marie beskuitjies

250g margarien

1 pak 500g versiersuiker, gesif

30 g kakao, gesif

1 eier

Rol beskuitjies redelik fyn. Smelt margarine in diep kastrol. Voeg versiersuiker + kakao by. Roer goed oor matige hitte tot glad. Roer die eier VINNIG  by (hier moet vinnig gewerk word anders skif die eier). Haal mengsel van hitte af en roer die beskuitjies by. Gooi in gesmeerde pan en laat afkoel. Sny in blokkies wanneer koud, Bewaar in yskas.

(2 alternatiewe) Vervang kakao met 50ml koffie en voeg neute en kersies by. Gemmer stukke kan ook bygevoeg word, saam met gemmer koekies i.p.v marie Beskuitjies

MARIE-BESKUITJIE KARAMEL KOEKIES

SMELT SAAM:
200 gr margarine
1 blik karamel kondensmelk
1 pak versiersuiker (500gr)
knippie sout.
Roer goed deur en haal van stoof.

ROER BY:
2 pakkies gekrummelde Mariekoekies.
1. Skep in gesmeerde plat glasbak.
2. Sprinkel met gekapte neute as jy wil.
3. Druk gelyk en sit in yskas tot gestol.
4. Sny in blokkies, bere in lugdigte houer.
Deur: Radio Namakwaland

DADEL
MARIE BESKUITJIE KOEKIES MET DADELS (Ipv blokkies kan jy dit in bolletjies rol)
Ingredients:
1 x 200 g packet Marie Biscuits
185 g Margarine
125 ml ( ½ cup) Huletts White Sugar
250 g Dates, chopped
Red cherries (optional)
Coconut for sprinkling

Method:
Place the biscuits in a plastic bag. Break them into smaller pieces, not crumbs, using a rolling pin. Place in a bowl.
Combine the margarine, sugar and chopped dates and cherries in a saucepan and heat until the margarine has melted.
Pour the melted mixture onto the broken biscuits and mix well.
Spoon the mixture into a bakingtray (roughly 25 cm x 15 cm) and press down firmly.
Leave to set. Sprinkle with coconut and cut into squares or bars.
Adapted from: Hulletts

klapper balletjies

KLAPPER BALLETJIES
1 Blikkie kondensmelk
500 gr klapper
½ koppie versiersuiker
1 koppie gekapte neute, stukkies gekapte sjokoladesplinters of kersies (die is opsioneel)
Meng alles goed deur en sit in die vrieskas vir 10 minute (baie belangrik dit help dat die beslag bietjie stol en makliker hanteerbaar is)
Haal uit die vrieskas en maak bolletjies of worsies.
Indien dit te taai raak, sit weer in die vrieskas vir n rukkie of rol dit in bietjie droe klapper
Pak dit op n bakplaat en sit terug in die vrieskas vir tenminste 20 minute
Smelt intussen sjokolade oor ‘n drukkoker of op die stoof
Druk die klapperballetjies 1 VIR 1 in die sjokolade en plaas op ‘n bakplaat wat uitgevoer is met waspapier. Jy kan indien jy verkies die balletjie weer in klapper of gekapte neute rol terwyl die sjokolade nog warm is
Sit terug in die vrieskas vir tenminste 1 uur

KLAPPER BAL

 

LEPELSTEELTJIES (4/5dosyn)

500 ml koekmeel
2 ml sout
1 ml bakpoeier
250 gram gerasperde Cheddarkaas
250 gram margarien (kamertemp )
appelkooskonfyt/aarbeikonfyt

Sif droë bestanddele. Meng kaas by. Meng margarien by. Dit moet sag maar nie gesmelt wees nie.
Meng tot hanteerbare deeg. Rol okkerneut grootte ba…lletjies en plaas in holtes van klein kolwyntjie pannetjies wat met Spray & cook gespuit is.
Druk gaatjie met agterkant van houtlepel maar oppas dat jy nie regdeur tot op pan druk nie.
Skep bietjie appelkooskonfyt in elkeen en bak so 15 minute by 200°C.
Laat afkoel en bere in digte houer. Voor opdiening skep weer bietjie appelkooskonfyt in elkeen want konfyt bak weg.
Ek sit sommer die appelkooskonfyt in my versierbuis dan spuit dit makliker in gaatjie en jy besmeer ook nie kante nie want dit bak donker en lyk nie so mooi nie

LUI HERTZOGGIES – uit Top 500 Wenresepte

KORS:
500 ml (2 k) koekmeelblom
10 ml (2 t) bakpoeier
knippie sout
125 g botter
125 ml (1/2 k) suiker
1 ekstragroot eier, effens geklits
fyn appelkooskonfyt
BOLAAG:
3 eierwitte
300 ml (1 1/4 k) strooisuiker
500 ml (2 k) klapper
5 ml (1 t) vanieljegeursel
METODE:
Voorverhit oond tot 180. Spuit bakplaat van 33 x 23 x 2 cm. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Klits die botter en suiker tot sag en romerig. Voeg die eier by en ook die droe bestanddele lepelsgewys. Meng goed. Druk die deeg in die voorbereide bakplaat vas en laat 15 minute lank in die yskas staan. Smelt appelkooskonfyt en smeer oor die deeg.
Bolaag: Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg die strooisuiker lepelsgewys by terwyl aanhoudend geklits word. Voeg die klapper by en vou saam met die vanieljegeursel in. Skep in ‘n spuitsak en spuit rosies bo-op die appelkooskonfyt, of smeer oor die appelkooskonfyt. Bak 20 – 25 minute lank in die voorverhitte oond of tot die punte van die rosies begin verkleur. Laat effens afkoel en sny in blokkies of vingers. Bere in Lugdigte houer. Lewer +- 40 blokkies.

DADEL/RICE CRISPIES HAPPIES

1 pak rice krispies
500 gr dadels
1 kop suiker
1 eier
250gr botter
kapper
Smelt botter en suiker. Voeg eier by en dan fyn gekapte dadels.
Laat dit net opkook en haal van stoof af.
Gooi rice krispies by en meng goed.
Rol of in balletjies en dan in die klapper of druk in plat bak en strooi kapper bo-oor en sny in vinger lengtes of blokkies.

DADEL-KLAPPER BALLETJIES
100 gr nutticrust koekies
250 gr ontpitte dadels fyn gesny
250 ml klapper
100 gr botter gesmelt
50gr amandels fyn gekap
Meng al die bestandele en rol in balletjies. Rol in bietjie klapper en bewaar in die yskas.

DADELHAPPIES

250 gr botter
250ml suiker
500 gr dadels fyngesny
1 eier goed geklits
1 pak marie beskuitjies fyngerol
klapper.
Smelt botter, suiker. Voeg dadels en eier by en roer en prut tot eier mooi egalig deur gemeng is. Roer beskuitjies by. Haal van stoof af, laat net effe afkoel.
Rol in balletjies en rol in klapper of druk plat in bak en sprinkel klapper bo-oor en sny in blokkies of vingers.

HILDA SE DADELVINGERS

250g margarien
250 ml suiker
500g dadels, fyngesny
1 eier goed geklits
1 pak (200g) Mariebeskuitjies, in stukkies gebreek
100g groen kersies
100g rooi kersies
klapper om oor te strooi

Metode:
Smeer ‘n 16 x 26 cm koekpan.
Smelt die margarien en suiker saam oor lae hitte sonder dat die mengsel verbruin.
Voeg die dadels en eier by en roer baie goed sodat die eier egalig ingemeng word.
Voeg die beskuitjies en heel kersies by, meng deeglik en haal van die stoof af.
Gooi die mengsel in die voorbereide pan en maak bo-op gelyk met ‘n mes.
Strooi ‘n bietjie klapper oor en laat koud word.
Sny in vingers van 3 x 6 cm.
Maak 36 – 40 koekies

TRUFFELS

Sif 280g versiersuiker en 1ml kremetart saam
Voeg 1 blik kondensmelk en 135g droë klapper by en roer goed.
Voeg dan nog 135g klapper by. Roer weer en sit vir 30min. in die yskas.
Rol die mengsel in klein bolletjies.
Smelt die wit sjokolade en kleur dit met poeier-koskleursel van jou keuse. (Pienk, geel, groen)
Doop elke klapperbolletjie in die sjokolade. Laat stol op waspapier.
Sif versiersuiker oor en pak in truffelpapiertjies.
WENK: Pragtig vir kinderpartytjies met ‘n kleurskema en selfs as geskenk mooi verpak

MARIE EN KLAPPER BALLETJIES

Neem ‘n pakkie marie beskuitjies en maak dit fyn dit moet baie pap wees.  Neem dan 1 blik Caramel treat  (gekookte kondensmelk)en meng alles saam en rol in balletjies rol dan in klapper.

SJOKOLADESKYWE MET MERINGUE –BOLAAG

Kors
125g sagte botter
60ml versiersuiker gesif
250ml koekmeel
45ml klapper

125ml sjokolade-haselneutsmeer (Nutella)
50g donker sjokolade

Meringuelaag
4 eierwitte
180ml strooisuiker
1 pakkie (100g) gemaalde amandels liggies gerooster
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n pan van 20 x 25cm met botter. Room die botter en versiersuiker goed en voeg die koekmeel en klapper by. Maak aan tot ‘n deeg. Druk die deeg in die pan vas en bak vir 10min tot strooikleurig. Haal uit die oond en skep die haselneutsmeer oor. Laat dit sag word van die hitte en smeer dan egalig. Breek die helfte van die van die sjokolade af en kap dit fyn. Sprinkel bo-oor die smeer. Klits die eierwitte in ‘n skoon bak tot sagte punt vorm en klits die strooisuiker lepel vir lepel by. Rasper die orige sjokolade fyn en vou dit saam met die gemaalde amandels by die meringue in. Skep or die sjokladelaag en smeer gelyk. Bak vir 30min tot goudbruin en bros bo-op. Laat staan 15min en sny in skywe. Lewer 20 skywe.

TOFFIESKYWE

200g toffie-geur koekies (Nuttikrust)
100ml gesmelte botter

TOFFIE
1 blik kondensmelk
125ml klam bruinsuiker
80g botter
5ml karamelgeursel
45ml esdoringstroop

BOLAAG
100g donker sjokolade
60ml room
Smeer ‘n losboomkoekpan van 17cm x 8cm goed met botter. Verwerk die koekies tot krummels en voeg die botter by. Meng goed en druk dit op die boom van die pan vas. Verkoel tot benodig. Verhit die kondesmelk, suiker, botter, geursel en stroop oor lae hitte in ‘n kastrol tot die suiker gesmelt het. Verhit tot kookpunt en kook vir 6min tot dik en goudbruin. Laat effens afkoel, giet oor die kors en smeer gelyk. Sit in die yskas tot die toffielaag ferm is. Smelt intussen die skokolade en room saam tot glad. Skep oor die toffielaag en verkoel weer tot ferm. Sny in klein blokkies of skyfies en sit na ete voor saam met koffie. Bêre in die yskas. Lewe 10 skywe.

KLAPPER BALLETJIES – Radio Namakwaland.

Meng saam:
1 k rou hawermout,
1 k geroosterde klapper,
halwe k growwe grondboontjiebotter,
halwe k sjokolade, in stukkies gekap,
halwe k gemengde sade of neute,
1 k heuning,
knippie sout en 2 t vanilla geursel.
Rol in balletjies en rol in klapper
Plaas in yskas.

NEUTSKYWE

Basis
500ml bruismeel
125ml ligte bruinsuiker
250 klapper
1 pk hazelneute, gerooster, skille afgevryf en grof gekap
125ml gesmelte botter
60ml esdoringstroop of gouestroop
1 eier
Versiersel
500ml versiersuker
30ml hazelneutlikeur (Frangelico)
Melk
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n reghoekige koekpan, so groot soos ‘n standard bakplaat, met botter. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Meng die meel, suiker, klapper en die helfte van die neutr in ‘n bak. Verhit die botter en stroop saam tot gesmelt en klis die eier daarby in. Voeg by die droë bestandele en meng tot ‘n deeg. Druk in die pan en bak vir 25-30min tot lig goubruin. Sif die versiersuiker in ‘n bak en voeg die neutlikeur en genoeg melk by om ‘n gladde, smeerbare versiersel te maak. Wanneer die neutbases uit die oond kom, laat vir 10min afkoel en smeer versiersel oor. Sprinkel res van die neute oor en laat staan tot ferm. Sny in skywe. Lewer 45 skywe

TAMBOESIES

1 rol skilferdeeg
1 eier geklits
500ml vars room
50ml strooisuiker
6ml vanielje geursel
250ml gesifte versiersuiker
30ml kookwater
2ml suurlemoensap
geel voedselkleursel

Rol die helfte van die deeg uit en sny in 4.5cm vierkantjies. Verf liggies met geklitste eier. Plaas op ‘n bakplaat wat met water besproei is en bak in ‘n voorverhitte oond by 200C tot goudbruin. Laat afkoel, sny deegvierkante oop tussen die gerysde lagies. Klop room met strooisuiker en vanieljegeursel styf. Spuit room op die onderste een lagie en plaas ‘n vierkantjie bo-op. Meng gesifte versiersuiker met kookwater en suurlemoensap en ‘n paar druppels voedselkleursel. Skep versiersel drupsgewys oor elke tamboesie.

COCONUT CLUSTERS

125 ml melk (1/2 k )
125 ml kakao ( 1/ 2 k )
500 ml suiker ( 2 k )
125 ml margarien ( 1/ 2 k )
750 ml hawermout ( 3 k )
5 ml vanieljegeursel ( 1 t )
250 ml klapper ( 1 k )

METODE
Prut vir 5 minute alles saam en haal van stoof af – MOENIE langer as 5 minute kook nie.
Voeg die hawermout, vanieljegeursel en klapper by en roer goed.
Skep dadelik teelepelsvol op waspapier en laat koud word

BRANDEWYN BOMME

Bestanddele
100 ml Goue Stroop
200 g Sjokolade
200 g Pekan neute
150 ml Brandewyn
2 Pakkies Tennis Beskuitjies
Versiersuiker

Metode
Maak Tennis beskuitjies fyn. Breek die pekan neute. Breek sjokolade in ‘n diep bak en voeg stroop by. Mikrogolf teen 50% krag tot gesmelt. Roer mengsel goed. Voeg beskuitjies, neute en brandewyn by. Meng Goed. Rol in bolletjies en rol dan bolletjie deur versiersuiker.

Wenk
Plaas Bolletjies in yskas. Die bolletjies is op hulle lekkerste na ‘n week. Kan tot 3 weke in yskas bly.

BRANDEWYN-TRUFFELS

200 g donker sjokolade, in stukkies gebreek
150 ml room
45 ml brandewyn
115 g versiersuiker
Kakao om die truffels in te rol

Kook water in ‘n kastol en smelt die sjokolade in ‘n vuurvaste bak oor die water.
Roer aanhoudend. Gebruik ‘n draadklitser om die room met die brandewyn in, in ‘n aparte bak tot dik te klits. Roer die gesmelte sjokolade en die versiersuiker by. Laat staan eenkant om bietjie fermer te word. Druk jou hande in die kakao en vorm happie grootte balletjies. Rol die balletjies in die kakaopoeier. Die truffels kan vir 3 tot 4 dae in die yskas gebêre word

ROOMPOFFERTJIES

Labels: Resepte: Tuisgebak

Genoeg vir: 20-25 middelslag-poffertjies

Oondtemperatuur: 200 °C

Jy benodig

75 ml botter, in blokkies gesny
175 ml water
2 ml sout
110 g (200 ml) koekmeel, gesif
3 eiers

Voorverhit die oond. Smelt die botter in ‘n kastrol en voeg die water en sout by. Laat dit net kook en haal dit dadelik van die plaat af. Gooi al die gesifte meel by en klop die mengsel fluks met ‘n houtlepel.

Klop die mengsel tot dit glad is. Sit die kastrol terug op die hitte en klop dit vir nog ‘n halwe minuut oor baie lae hitte tot die deeg van die rand van die pan wegtrek om ‘n bal te vorm. Verwyder weer van die plaat en laat die deeg effens afkoel.

Voeg die 3 eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging. Sodra daar genoeg eier in die mengsel is, sal die deeg blink wees en sag genoeg sodat dit van ‘n lepel af val.

Skep teelepels vol deeg op ‘n gesmeerde bakplaat of gebruik ‘n spuitsak om poffertjies te spuit. Bak dit vir 15 minute, verminder die hitte na 180 °C en bak dit vir nog 10-15 minute. Neem ‘n skerp mes en maak ‘n klein sny in die kant van elke poffer: Dit sorg dat die stoom ontsnap en die poffertjie nie pap raak nie. Sit dit vir ‘n paar minute terug in die oond om uit te droog.
Sny die poffertjies oop of gebruik die punt van ‘n houtlepel-handvatsel en druk ‘n gaatjie in elke poffertjie. Spuit dit vol met geklopte room en doop die poffertjies in gesmelte sjokolade of karamel. Sit dadelik voor.

SUURLEMOENVINGERS
KOEKIES
250 g (½ blok) botter
397g (1 blik) kondensmelk
2,5 ml (½ t) suurlemoensap
125 ml (½ k) klapper
400 g (200g x 2 pakkies) mariekoekies

VERSIERSEL
75 ml (5 e) sagte botter
500 ml (2 k) versiersuiker, gesif
5 ml (1 t) suurlemoensap
knypie fyn gerasperde suurlemoenskil

METODE
Koekies
Smelt botter in kastrol. Roer kondensmelk, suurlemoensap en klapper by. Verwyder van hitte.
Druk mariekoekies fyn, nog effens grof.
Meng koekies by kondensmelkmengsel tot goed gemeng.
Druk mengsel in 28cm x 20cm grootte bak vas wat met botter gesmeer is.
Plaas in yskas tot gestol en sny in vingers van ongeveer 2,5cm x 5cm.
Versiersel
Room botter tot liggeel. Voeg versiersuiker bietjies op ‘n slag by en voeg suurlemoensap en suurlemoenskil daarby.
Skep versiersel in spuitsak en spuit patroontjies bo-op.

Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
assistent SUZANNE CROZIER
Foto ELMARIE KNAPTON
• ongeveer 30 vingers

suurlemoenvingers

SUURLEMOEN YSKASKOEKIES

125 gr botter
250ml suiker
1 blik kondensmelk
gerasperde skil van 1 lemoen
50 ml lemoensap
100gr kersies (rooi of groen) in kwarte gesny
2 pakkies marie- beskuitjies (fyn)
250 ml klapper
Versiersuier bo op:
500ml versiersuiker
50ml suurlemoensap

Meng botter suiker kondensmelk skil en lemoensap in kastrol en smelt alles
Laat afkoel
Meng kersies, marie beskuitjies en klapper by
Druk in plat bak en smeer die versiersuiker mengsel bo-op. Sny in blokkies.
Bewaar in yskas

FOTO: www.epicurious.com

FOTO: http://www.epicurious.com (Palmiers)

PALMIERS/ELEPHANT EARS (Hoefies)

Puff pastry
Suiker

Vou metode.

Sit die deeg op jou blad, strooi die suiker oor en rol dit in met ‘n koekroller dat die suiker in druk.
Draai deeg om en doen dieselfde.
Nou vou jy so 4 cm onder om en bo om en rol weer liggies met die koekroller.
Vou weer en rol liggies met die koekroller.
By nou as jy weer vou, vou jy die 2 helftes bo op mekaar en rol weer met die koekroller.
Jy rol letterlik net eenkeer liggies oor.
Jy rol nou nie weer uit om uit te rol nie, net liggies om hulle aanmekaar te laat klou.
Nou sny jy hulle in so 2 cm stukkies en draai hulle op hulle sye.
Jy het nou goedjies wat lyk soos ‘n U.
Los in die yskas vir so halfuur en nou bak jy hulle by 200 º C vir 12 – 15 minute.
Wees kreatief, gebruik kaneelsuiker, gekapte spek en peppers, tuna, stukkies hoender, marmite, nutella, konfyt

TURKSE LEKKERS: (Turkish Delight)
45ml gelatien
125ml koue water
500ml strooisuiker
190ml kookwater
4ml wynsteensuur
1 suurlemoen se sap
5ml vanielje geursel
rooi voedselkleursel
Spons gelatien in koue water. Verhit suiker en kookwater saam tot suiker opgelos het. Voeg wynsteensuur by en verhit tot kookpunt. Laat vir sowat 5 minute kook. Roer suurlemoensap by en verwyder van hitte. Los gelatien oor warm water op en giet by. Roer deeglik en voeg kleursel by. Kleur mengsel, indien verkies, met ‘n paar druppels voedsel kleursel. Giet in gesmeerde vlak bak en laat afkoel. Sny in blokke en sif versiersuiker oor

KANEELWIELETJIES

225 g volkoringmeel
25 g semels
10 ml bakpoeier
2 ml koeksoda
5 ml sout
250 ml karringmelk
75 ml olie

Vulsel:
60 g gesmelte botter
10 ml kaneel
100 g bruinsuiker
Metode: Meng volkoring, semels, bakpoeier, koeksoda en sout. Meng karringmelk en olie. Voeg by droë bestanddele. Druk in `n langwerpige rol. Meng bestanddele vir vulsel en smeer oor deeg. Rol op en sny in skyfies. Plaas wieletjies op gesmeerde bakplaat en bak sowat 20 minute. Laat afkoel en sprinkel dan in mengsel van 25 ml wit versiersuiker en 5 ml kaneel oor.

MILO BALLETJIES

Deur: schoolholidayavtivities
BESTANDDELE
1 x 250 g pakkie Marie-beskuitjies, fyngedruk
1 blikkie kondensmelk
4 eetlepels Milo of 2 eetlepels kakaopoeier
½ koppie klapper
Ekstra klapper vir rol
METODE
In ‘n groot bak rol die koekies tot fyn. (Dit werk goed in ‘n voedsel verwerker as jy een het!)
Voeg die Milo, klapper en kondensmelk by en meng tot goed.
Rol teelepels vol in balle met jou hande en dan rol in klapper om te bedek.
Plaas in die yskas vir 30 minute of tot ferm. Stoor in yskas.

SNEEUBALLE – SNOWBALLS

125 g botter
125 ml room
125 ml strooisuiker
625 ml bruismeel, gesif
1 teelepel aarbei geursel – of geursel wat jy verkies wat by die kleur van jou sneeubal pas
200 g aarbeikonfyt/ of appelkoos of enige berrie konfyt
375 ml kookwater
1 teelepel voedselkleursel (pienk of rooi of geel of groen)
Klapper
Metode:
Room botter en suiker tot fluffly. Klits room. Voeg die meel by en knie tot sagte deeg.
Maak in 24 balle.
Druk die balletjies effe plat
Plaas op gespuite bakplaat
Bak in voorverhitte oond by 180 grade Celsius vir 15 minute of tot gaar.
Meng die konfyt tot gladde mengsel. Maak toebroodjies met 2 koekies deur die konfyt tussen in te smeer.
Voeg kookwater en kleursel bymekaar
Druk die koekie in die stroop water – en rol dan in die klapper
Laat droog word.
Variasies: Kleur jou klapper om verskillende kleure sneeuballe te maak.

EET-SUM-MOR FUDGE BLOKKIES

Bestandele
1 x 200 g pakkie Bakers EET-SUM-MOR beskuitjies
250 ml gesmelte botter
5 ml vanieljegeursel
500 g gesifte versiersuiker
5 ml koffiepoeier
45 ml kakaopoeier
1 geklitste eier
ekstra versiersuiker
Lewer ongeveer 36.

Instruksies
Breek of sny die Bakers EET-SUM-MOR beskuitjies in growwe stukke. Voeg die gesmelte botter, vanielje, versiersuiker,
koffiepoeier, kakaopoeier en eier by en meng goed. Skep die mengsel in ’n gesmeerde 20 cm-vierkantige bak en maak die bokant gelyk.
Verkil en sny dan in blokke. Sif die ekstra versiersuiker bo-oor as versiering.
NS: Geregte wat botter bevat soos dié fudge, moet liefs in ’n lugdigte houer in die yskas gehou word

SJOKOLADE KOEKIES

125gr botter – 500 ml suiker – 125 ml kakao – 125 ml melk – kook al die vir omtrent 5 min tot glad – Voeg by 150 ml oats, 250ml klapper – 5 ml vanilje – Meng goed – skep in balletjies en laat afkoel. Jy kan dit weer in klapper rol indien verkies.

SNEEUBALLETJIES

http://www.bakers.co.za/marshmallow-snow-drops/?lang=AF
Bestandele
2 x 200 g pakkies Bakers Blue Label Marie beskuitjies
45 ml drinksjokoladepoeier
120 g botter
1 x 397 g blikkie kondensmelk
175 g mini malvalekkers
100 g droë klapper
Lewer ongeveer 25 – 30.

Instruksies
Verkrummel die Bakers Blue Label Marie beskuitjies saam met die drinksjokoladepoeier in ’n voedselverwerker.
Smelt die botter saam met die kondensmelk en meng dit deeglik met die beskuitjiemengsel.
Maak jou hande effens nat en sit ’n eetlepel van die mengsel in die palm van jou hand en druk dit plat.
Sit ’n malvalekker in die middel en vorm ’n ‘kombersie’ van die mengsel rondom die malvalekker. Rol die balletjie nou in die klapper.
Doen so voort totdat al die bestanddele opgebruik is. Verkoel voor opdiening.

MALVALEKKER WIELETJIES

30 malvalekkers
1 blik kondensmelk
2 pakkies marie beskuitjies
100gr rooi kersies
100 gr groen kersies
100 gr gekapte neute
Halwe koppie klapper
120 gr jellietots
Smelt marshmallows in
Mikrogolf vir 2 min in groot mengbak.
Gooi kondensmelk by gesmelte marshmallows.
Meng die fyngemaakte koekiekrummels, klapper , neute kersies en jellietots in groot mengbak. Gooi die droe mengsel by die marshmallow mengsel. Gooi genoeg klapper op groot stuk heavy foelie. Gooi mengsel in wors uit op klapper.. Gooi klapper oor die koekie mengsel en druk met jou hande in n wors . Rol die wors in oorblywende klapper en rol toe in foelie . Sit in uskas tot geset. Sny in wieletjies soos benodig . Vries baie goed .

Kaneel ROOMKAAS Rolletjies

Bestanddele:
Een brood (enige brood wat jy wil gebruik – wit of bruin)
125gr botter (gesmelt)
1/3 kop suiker (vir roomkaas)
1/3 kop suiker (vir broslaag)
1 teelepel kaneel
1 eetl versiersuiker
250gr Roomkaas

Metode:

Roomkaas moet kamertemperatuur wees. Meng 1/3 koppie suiker by roomkaas. In ‘n ander bak, meng die kaneel, suiker en versiersuiker saam . Met ‘n koekroller, rol die snytjies brood plat. Sny die korsies af. Smeer roomkaas oor die brood, en sprinkel bietjie van die kaneelsuiker mengsel bo-oor. Rol die broodjie op. Verf van die gesmelte botter bo-oor die hele rolletjie. Dit moet goed gesmeer wees, maar moenie die brood “soggy” maak nie. Rol in die kaneelsuiker en versiersuiker mengsel. Steek vas met tandestokkie indien verkies. Plaas op bakplaat wat gespuit is, en bak in voorverhitte oond by 180C vir 20 minute.
Bedien na smaak. Gebruik stroop, sprinkel met versiersuiker, roomys, vars aarbeie of sommer net so

Cinnamon Sugar Cheesecake Roll-Ups

Ingredients
2 slices whole grain bread (2day old brown bread works very well)
2 Tbsp cream cheese, softened
1 Tbsp icing sugar
1 Tbsp butter, melted
2 tsp sugar
1/4 tsp cinnamon

Directions
Preheat oven to 180 C Line small, flat oven safe dish with parchment paper, set aside.
Cut off bread crusts. Using a rolling pin or heavy glass, roll bread out so it is thin.
In a small bowl, combine cream cheese and icing sugar until well mixed. Spread evenly on 2 slices of bread.

Roll up, jelly roll style, gently pressing to seal seam.
Using a pastry or basting brush, brush all over with melted butter.
In a small dish, combine sugar and cinnamon. Sprinkle evenly over the bread that has been brushed with the melted butter. Place on prepared baking tray, seam side down.

Bake for approx 7 minutes, gently flip over, and bake 7 minutes more.
Remove from oven and let sit for 2 – 3 minutes. Eat as is or slice in half and serve. (Be careful, filling will be hot!)

Who knew boring old bread could be transformed into something so decadent? I imagine making a sundae out of this by topping with a scoop of frozen yogurt and some caramel sauce. Pretty sure that would ruin me entirely for ever eating toast “the old way” ever again.

Doughnuts

KANEELSUIKER OLIE BOLLETJIES

1 and  ½ cups Flour

1/3 cup sugar
2tsp baking powder
½ tsp salt
½ tsp nutmeg
½ cup milk
2tbs cooking oil
½ tsp vanilla essence
1 egg

For dustig:
½ cup sugar
1tsp cinnamon

Oil for frying

Heat cooking oil to 180 degrees. In large bowl, combine first 5 ingredients. In small bowl, blend milk, 2 tablespoons oil, vanilla and egg. Add milk mixture to dry ingredients; stir with fork just until dry ingredients are moistened. Drop by teaspoonful’s into hot oil, 5 or 6 at a time. Fry 1 to 1 1/2 minutes on each side until deep golden brown. Drain on paper towels. Mix sugar and cinnamon on a plate or a shallow bowl; roll warm doughnut balls in mixture. Makes about 3 dozen.

Notes: Use the smallest spoons you have and pull them out of the oil as soon as they turn golden. Ideally, cook them low and slow, in hot oil but not so hot that only the outsides brown.
Drain only briefly before rolling them in the cinnamon sugar. I used very fine caster sugar to make the cinnamon sugar.
Wait a while before cracking these open as the residual heat will continue to cook any uncooked batter in the middle

PINK LOLLIES
1 packet Malt Biscuits (ons gebruik sommer altyd marie beskuitjies)
1/2 of a 397g tin sweetened condensed milk
1/2 a bag of fruit marshmallow puffs (Pink and white marshmellows are fine chopped)
75g melted butter
1/4 cup coconut

Instructions
Blend the malt biscuits in a food processor until they are ground finely and no large biscuit pieces remain.
Stir in the melted butter and condensed milk then mix in the fruit puffs.
Press the mixture together and on a clean surface roll the mixture into a log approx 6cm wide. Roll the log in coconut to cover the outer surface.
Wrap in clingfilm or foil and refrigerate for at least 1 hour before slicing.

SNOW BALLS

1 cup butter, softened
1 cup powdered sugar (versiersuiker)
2 cups flour, sifted
1 cup nuts, grounded to smaller pieces (any nuts you prefer)
1 teaspoon vanilla
Directions:
Combine all ingredients.
Form into balls
Bake on cookie sheet at 180c for about 10-15 minutes or until set.
Roll in powdered sugar while still warm.

LEMON CURD DROPS

Ingredients
2½ c. + 2 tbsp. flour
½ c. sugar
115gr butter, room temperature
2 egg yolks
Zest of 1 lemon
2 tsp. lemon juice
¼ tsp. salt
½ tsp. vanilla extract

Preheat oven to 180C. Line two baking sheets with parchment paper, set aside.

To make the cookies, in the bowl of a stand mixer, beat together butter, sugar, lemon juice, lemon zest and vanilla until light and fluffy, scraping down the sides of the bowl if necessary. Add egg yolks one at a time and mix just until incorporated. Add salt, then with mixing speed on low, gradually add flour a ½ cup at a time. Mix until incorporated.
Roll dough into 1″ balls, place on prepared baking sheets. Lightly pat down to flatten (just a little bit), then using your thumb press little wells into the center of each. Place into the oven and bake for 13-15 minutes or until the edges turn golden brown in color. Remove from the oven and allow to cool on sheets for 5 minutes before transferring to a wire rack to cool completely. Once cookies have cooled (30 minutes or so) using a mesh sieve, gently dust powdered sugar over each cookie. Place a dollop of chilled lemon curd (homemade or store bought) in the center of each, then place in refrigerator to set up for 30 minutes

MAKLIKE FUDGE

Ingredients
2 cups sugar
1/2 cup of milk
1 tsp. vanilla
3/4 cup Peanut Butter

Directions
Bring Sugar and Milk to a boil
Boil for 2 1/2 minutes
Remove from heat and stir in the Peanut butter
and Vanilla. Mix until smooth. Set in fridge and cut

CHOCOLATE INSTANT PUDDING FUDGE
250gr semi sweet baking chocolate
6 tablespoons butter
1/3 cup water
1 package instant chocolate pudding (dry)
3 cups powdered sugar (versiersuiker)

In a medium bowl, place chocolate, butter, and water. Microwave for 2 minutes or until butter is completely melted. Stir until chocolate is melted. Add dry instant chocolate pudding. Stir in powdered sugar one cup at a time until fully incorporated (requires a bit of elbow grease at the end). Press into a square baking dish that has been lined with wax paper or foil. Refrigerate 2 hours. Lift from pan and cut into pieces using a pizza cutter. Store in refrigerator.

SOETKOEKIES MET KONFYT IN DIE MIDDEL

½ blok (250 g) botter
300 g strooisuiker
2 groot eiers
500 g koekmeel
3 teelepels bakpoeier
1 ml sout
½ teelepel vanieljegeursel
1 koppie konfyt van jou keuse

Só maak jy:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer die bakplate met ’n bietjie botter (ongeveer 1 eetlepel).

Room die botter en suiker totdat dit lig en donsig is. Voeg die eiers een vir een by en klits die mengsel goed ná elke eier.

Sif die droë bestanddele saam en vou dit versigtig by die eiermengsel in. Roer laastens die geursel by. Laat die deeg vir sowat 30 minute in die yskas rus voor jy dit gebruik.

Maak bolletjies van sowat 1 eetlepel deeg en pak dit op die bakplate. Druk met jou duim ’n gaatjie in die middel van elke bolletjie en skep 1 teelepel konfyt daarin.

Bak die koekies vir omtrent 20 minute of tot dit ligbruin is en die konfyt gesmelt. Pak hulle op ’n draadrak om af te koel.

WegSleep sê: Jy kan enige konfyt gebruik. Vir ’n sjokoladeweergawe kan jy sowat  50g van die meel met kakao vervang.

KLAPPER EN PEPPERMINT BALLETJIES

LEWER 50 BALLETJIES

2 pakkies (200 g) Mariebeskuitjies
1 blik (385 g) kondensmelk
250 g botter of margarien, gesmelt
2 plakke (90 g elk) pepermentsjokolade
500 ml (2 k) klapper
Maak die beskuitjies fyn in ’n voedselverwerker of rol fyn met ’n koekroller.
Meng die beskuitjiekrummels, kondensmelk en gesmelte botter of margarien goed saam.
Rasper die sjokolade aan die growwe kant van ’n rasper en voeg by die mengsel. Meng goed.
Skep lepels vol van die mengsel in jou handpalm, rol in bolletjies en rol dan in die klapper. Verkoel in yskas tot stewig.
*
PAAR IDEES:
*
Bak wafels: Sny in driehoekies – druk dit in gesmelte sjokolade en versier met 100/1000’s, klapper, neute ens
waffels
Druk MALVALEKKERS op ‘n sosatie stokkie. Druk in gesmelte sjokolade en druk in 100/100’s klapper, gekapte neute ens
kids2
Doen dieselfde met wafers
kids1
Bak klein plaatkoekies, stapel dit opmekaar, sit roomkaas tussen in. Steek sosatie stokkie deur met ‘n vrug van keuse
vingerhappies
Volg stappe soos onder vir die Nutella koekies
vingerhappies met nutella

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s