Pynappel idees


pynappel bier

PYNAPPELBIER

4 groot pynappels se skille

7 liter warm water

1.2kg wit suiker

12 rosyne

10g aktiewe of kitsdroë gis

Was pynappelstukke goed en plaas dit in ‘n groot emmer met ‘n deksel. Voeg die water en die suiker by en roer die mengsel totdat al die suiker opgelos is. Voeg die rosyne en gis by, sit die deksel op en laat die mengsel ongeveer 12 uur lank op ‘n warm plek gis. Syg die mengsel deur en giet die filtraat in plastiekkanne of bottels. Plaas van die rosyne in elke kan en verseël dit. Bewaar die bier in die yskas.

*

KERRIE PYNAPPELSLAAI

Een groot pynappel in stukkies gesny.

Kook pynappel met 1 koppie suiker en water tot sag
Bring 2 koppies wit wyn en 2 teelepels kerrie tot kookpunt.
Verdik met 6 teelepels Maizena.
Gooi dit oor pynappels.
Heerlik saam met braaivleis.

*

 PYNAPPELFLAN

1 Gerasperde pynappel
1k Suiker
1e Botter

Metode:
Kook bogenoemde saam.
Meng 2e vlapoeier, bietjie koue water en 2 goedgeklitste eiers.
Voeg by die kokende mengsel. Roer goed. Laat afkoel en gooi in flankors. Versier met geklopte room.

*

PYNAPPEL MAASKAAS TERT
1 Rolkoek (Swiss Roll)
1 blik kondensmelk
1 houer room maaskaas
1/3 kop suurlemoensap
2t gelatien – opgelos in 50ml water
Meng alles saam.
1 x 410gm fyn pynappel
1 kop suiker
Kook saam en laat afkoel.
250ml vars room
Metode:
Sny Rolkoek en pak onder in ‘n bak. Skep kondensmelkmengsel bo-oor en laat stol. Skep nou die pynappel mengsel bo-oor dit en versier met al die room.

*

PYNAPPELTERT                                                                               

1 pak suurlemoenjellie

125 ml koue en 125ml kookwater

Maak jellie aan en laat staan om af te koel – moet so dikkerig soos eierwit wees. Nie gestol

Voeg nou by

1 blik kondensmelk

1 blik room

1 blikkie crushed pynappel

Vat 1 pakkie tennisbeskuitjies en pak onder in bak

Gooi van die jellie mengsel oor

Pak weer beskuitjies

Gooi laaste jellie mengsel oor.

Plaas in yskas om te stol

Krummel ‘n paar tennisbeskuitjies en so ‘n bietjie klapper en gooi bo-oor voor opdiening.

*

PYNAPPEL/IDEALMELK TERT

Maak 1 pakkie pynappel jellie aan met ½ kop kookwater & laat heeltemal afkoel. Pak tennis beskuitjies in `n bak. Klits die idealmelk styf & gooi lepelsvol van die afgekoelde jellie by & 2 eetl suiker. Maak lae met die styfgeklopte idealmelk, koekies & paar stukkies pynappel. Gooi gekrummelde koekies bo-op. Verkoel tot gestol. Pasop dat die pynappel nie die mengsel pap maak nie. Plaas ideal melk in vrieskas as jy dit vinnig wil koud hê of `n bak met yswater. (IDEALMELK MOET OORNAG IN YSKAS GEBERE WEES VOOR GEBRUIK)

 *

PYNAPPEL YSKASTERT

 1 pakkie tennisbeskuitjies

125ml appelkooskonfyt

25ml sjerrie

1 pakkie suurlemoenjellie

250ml kookwater

397g (1blik) kondensmelk

440gr (1 blik) fyn pynappel

Geklopte room vir versiering

Smeer tennisbeskuitjies met appelkooskonfyt en plaas 2 opmekaar. Plaas in 200mm vierkantige bak. Sprinkel sjerrie oor die beskuitjies. Los jellie op in kookwater, en voeg die kondensmelk en fyn pynappel by. Gooi oor beskuitjies en laat afkoel. Versier met pynappel en room of sprinkel beskuitjiekrummels bo-oor.

*

PYNAPPEL POTPOEDING

Bestanddele
Stroop:
825g pynappelstukke (dreineer en bewaar vloeistof)
1l water
250g suiker (300 ml)
2ml sout
2ml fyn gemmer
Beslag:
240g margarine (gesmelt)
330g appelkooskonfyt (250 ml)
20ml koeksoda
60g klapper (200 ml)
375g koekmeel (gesif)
2ml sout
100g neute (opsioneel)

Stroop:

Voeg water en pynappelstroop in ‘n potjie. Voeg sout, gemmer en suiker by en roer totdat dit kook en effens verdik. Voeg pynappelstukke by.

Beslag:

Meng margarine, konfyt, koeksoda en klapper. Voeg meel, sout en neute by en meng goed.
Skep lepelsvol in die kokende stroop. Sit deksel op en kook stadig vir 10-12 minute sonder om die deksel te lig en in te loer.
Bedien na 12 minute met vla en enige sous.

Genoeg vir 10 persone.

*

PYNAPPEL MOES

1  blik pynappels (crushed pynappels)
1 kop water
1 kop suiker

Kook saam

2 Opgehoopte eetl vla
2 Opgehoopte eetl mezina
½ kop suiker
½ teel sout
Roer by boonste

Voor op koek gesit word, moet dit koud wees.

Smeer eers ‘n bietjie versiersuik oor koek sodat die pynappel moes bo-op kan bly.
Smeer dan die pynappel moes oor.
Versier dan met room en pynappel stuppel bo-op.

*

KERRIE PYNAPPEL (Ingeleg)

Kook 2 kg uie (nie te fyn nie) vir ‘n half uur

Dreineer

Voeg nou die volgende bestanddele by:

4kg suiker

3 kop wit asyn

2t borrie

1 eetl sout

2t Kerrie

2t gemmer

1 ml rooi peper

3 groot suur pynappels (ek gebruik enige)

1 1/2 opgehoopte eetl maizina

Kook vir 15/20 min tot dik en bottel warm

*

PYNAPPEL BLADJANG

2.5kg ryp pynappels
2 groot uie
300g melassesuiker
125ml bruin asyn
15ml goue stroop
7ml kerriepoeier
5ml mostertpoeier
5ml sout
2ml borrie
METODE:
Skil die pynappels en uie en kap dit fyn op. Voeg die res van die bestandele by, verhit tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Prut mengsel tot dik en roer gereeld. Bottel die blatjang warm en verseel dit dadelik.

*

PYNAPPELVULSEL – KOEK

Koek-Bestanddele:

4 Eiers
1½ kop Strooisuiker
1½ kop Koekmeel
1½ eetlepel (hoogvol) Maizena
½ teel Sout
7½eetlepels Melk
3 gelykvol eetlepels Margarine
1½ teelepel Vanilla
1½ teelepel Bakpoeier
Metode:
Klits 4 eiers.
Voeg strooisuiker by en klits goed.
Sif meel, maizena en sout saam en roer bietjies-bietjies by eiermengsel in.
Kook melk en margarien.
Gooi kokende melkmengsel by eiermengsel.
Roer vanilla en bakpoeier goed deur mengsel.
Verdeel in 2 koekpanne en bak ±15 – 20 minute teen 200ºC.
Laat goed afkoel.

VULSEL

Bestanddele:
Kook saam:
1 blik (440g) “crushed” Pynappels
1 koppie Water
1 koppie Suiker

Roer by pynappelmengsel:
2 opgehoopte eetlepels Vla
2 opgehoopte eetlepels Maizena
½ koppie Suiker
½ teelepel Sout

Laat baie goed afkoel.
Metode:
Smeer dun lagie aangemaakte versiersuiker oor 1ste laag van koek.
Lagie pynappelvulsel.
Styfgeklitste room.
Plaas volgende laag koek bo-op.
Herhaal stappe 1 tot 3.
Versier koek bo-op met pynappelstukke

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s