Tag Archive | koeldrank

Pons resepte (met of sonder alkohol)


Vrugte Pons-Bron Onbekend

Vrugte Pons-Bron Onbekend

PONS RESEPTE (SONDER SKOP)

Elken Punch

Ilse Van Wyk Mynhardt

4 groot blikke ingelegde fruit cocktail 1 bottel halls passion fruit aanmaak sap
1 bottel halls fruit punch aanmaak sap
10 pynappels, uitgehol en vrugte stukkies fyngekap
2 botteltjies kersies
3 blikkies grenadella moes
4-6 2l bottels sodatwater of sprite

Meng vrugte en sappe deeglik en verkol tot benodig
Sny groot stukke vrugte klein indien verkies
Voeg sodatwater/sprite by net voor opdiening

Sprite maak dit nog soeter. Probeer eers 2 bottels sodawater en verander dan na sprite indien soeter verkies.

Lekker Bola Resep
Engela Van Niekerk

1 bottel Passion Fruit; 1 blik fyngemaakte pynappel – 410g; 1 blik grenadellamoes – 100g; 1 L Lemonade; 1 L Sodawater; baie ys. Meng alles saam net voor opdiening en bedien yskoud. Kinders love dit.

Blits vinnige Pons

375 ml gin
750 ml wit wyn
750 ml Oros
375 ml lemmetjiesap (bv Roses)
6 liter lemonade
1 blikkie grenadellamoes
825g-blik pere
825g-blik perskes
825g-blik pynappelstukke

Voeg res van bestanddele behalwe lemonade by. Laat oornag in gin en witwyn lê. Voeg lemonade, Oros en die lemmetjiesap net voor opdiening by.

Bessie Bessie Pons

500 ml Droe witwyn
250 ml Rose wyn
500 ml Limonade
250ml Gemmerlim
250 g aarbeie
250g bloubessies
250 g frambose
takies vars kruisement

Meng al die bestandele in n beker.

Vries die bessies en gebruik dit sommer as die ysblokkies. Jy kan die wyn met nog limonade vervang.

Vrugte Slaai Pons

2 koppies lemoensap
2 eetlepels grenadellamoes
3 koppies water
1 koppie pynappelsap
Sap van 2 suurlemoene
Suiker na smaak

METODE: Meng al die bestanddele baie goed en laat goed koud word. Versier elke glasie met `n kruisementsprietjie

Rooibos Tee Ice Tea

8 Liter water
10 Rooibos tee sakkies
1/2 bottel halls grandadella stroop
Kook Water en tee laat dit lekker trek
Haal af van stoof en voeg stroop by.
Roer goed deur.
Laat af koel en plaas in bottels en bere in yskas baie lekker vir warm dae
geniet

Rooibostee Pons

(Hierdie resep rek die koeldrank en dit is ook baie gesond!)
1 liter koue rooibostee
1 liter vrugtesap
1 liter Sprite (of ander gaskoeldrank van jou keuse)
1 klein blikkie vrugte (opsioneel – soos gemengde vrugte of pynappelstukke)
Meng saam en bedien met ys.
(Gaskoeldrank kan uitgelaat word en rooibostee vermeerder word)

VRUGTEPONS

2.5 kg suiker
2 liter koue water
1 x 750 ml Rose’s Granadella Cordial
1 x 750 ml Rose’s Passion Fruit Cordial
1 x 2 Liter Oros Orange Squash
3 x 115 g Granadella Pulp
1 x 850g Crushed Pineaplle
Los die suiker op in die koue water.
Voeg dan die res van die bestanddele by.
Roer goed.
Maak 7-½ liter stroop.
Verdun met sodawater

BLITSVINNIGE PUNCH

375 ml gin
750 ml wit wyn
750 ml Oros
375 ml lemmetjiesap (bv Roses)
6 liter lemonade
1 blikkie grenadellamoes
825g-blik pere
825g-blik perskes
825g-blik pynappelstukke

Voeg res van bestanddele behalwe lemonade by. Laat oornag in gin en witwyn lê. Voeg lemonade, Oros en die lemmetjiesap net voor opdiening by.

PUNCH MET ‘N “SKOP”

Hannelie Vd Merwe Myburgh

‎1blik pynappelmoes
2blikkies grenadellamoes
1 liter clover lemoensap
2 liter sprite
2 liter soda water
Meng alles en gooi gaskoeldrank by voor opdien. Rooi kersies,kiwi en arbeie mooi daaarin. Ja enige skop kan bygegoi word.

Laura Correia van Pletzen
Hier is ‘n lekker pons resep met ‘n skop.
2 bottels vodka
2 x 2liter sodawater
8 liter tropical aanmaak sap (proe na smaak – maak dit effens soeter vir as ys later bykom)
2 bottels champagne
2 blikkies vrugte

Laat vrugte met sap vooraf bietjie in vodka lê vir lekker skop. Meng alles saam. Gooi champagne in net voor opdien saam met lekker baie ys! Vir minder skop, gebruik net 1 bottel vodka.

Claudia Hall Halwe koppie vodka, halwe koppie triple secc, kwart koppie malibu, halwe koppie blue curaquo, 2l lemonade.

Karen Scheepers

 Vrugtepons (sowat 6 liter)

Die dieprooi bessiekleur laat lyk dit net so lekker soos dit smaak.

12 rooi appels, in dun ringe gesny
250 g bloubessies
2 liter aarbeisap
1 liter bosbessiesap (cranberry)
2 liter limonade
1 x 750 ml-bottel vonkelwyn van jou keuse
1 kg ys

Gooi al die bestanddele bymekaar en sit voor in ‘n groot glasbak.
Wenk: Jy hoef nie vonkelwyn by te voeg as jy nie van alkohol hou nie. Jy kan dit vervang met 750 ml vonkeldruiwesap.

Julz van der Merwe

Party punch
4 cups cranberry juice
3 cups apple juice
1/2 cup fresh lemon juice, about 3 to 4 lemons
1 lemon, thinly sliced
1 can (8 ounces) pineapple chunks in juice, undrained
1 liter or quart soda water
Combine cranberry juice, apple juice, and lemon juice. Add lemon slices and pineapple chunks. Chill. Serve over ice in a punch bowl; add soda water.Recipe for party punch makes 3 quarts.

Julz van der Merwe

Real Easy Hawaiin Punch
4 Cups of Orange Juice
4 Cups of Guava Juice
4 Cups of Pineapple Juice
1/2 Cup Red Grenadine
4 1/2 Cups Ginger Ale
Directions (Too Easy):
Make sure the juices are well chilled and have been in the fridge for at least one day. (That way you won’t have to add too much ice to make it cold.)
When it is time to serve the punch, pour the juices into a large bowl and add the grenadine and ginger ale. (Make sure they are cold, too!) You can add some additional ice cubes if you wish.
This recipe is close to a traditional Hawaiian rum punch…without the rum. If you wish you can add the rum by using 3 1/2 cups less ginger ale and substituting 3 cups of light rum and 1/2 cup of dark rum. Don’t stir in the rum, just add it

Odette Bekker

Paw paw, pynappel, appels, drywe, grinadella pulp en enige vrugte wat in seisoen is: bottel vodka, bottel sangria, sprite en ys. ons sny gewoonlik die vrugte op en gooi dan die drank by, laat hy so dag of 2 staan vir die skop gedeelte dan daarna gooi jy die sprite en ys by.

Rosalie Krauze

My man maak die lekkerste pons… met n kick… 2 groot blikke vrugte (sommer groot stukke) 1botel vodka 1 botel brandewyn 1 botel gin en n botel wit rum. 10l vrugte sap, gooi als in n lugdigte houer en laat staan n dag of twee. pasop net vir die vrugte eet,dit is waar die skop le

Annelene du Plessis

PIENK PONS

Pak gevriesde gemengde berries

Frangelico likeur

Strawberry of gemengde bessie sap

Lemonade / Champagne

Sit berries in punch bak en gooi Frangelico oor, en laat staan oornag. Net voor partytjie begin, voeg sap en lemonade/champagne by.

Heidi Schoonwinkel Kritzinger

 PIENK PONS

Sny so 1kg aarbeie in kwarte, sprinkel een koppie strooi suiker oor en bebek met vodka (doen dit ‘n dag voor die tyd sodat dit lekker kan intrek). So uur voor die gaste arreveer gooi 2 L bessie sap by, ‘n bottel vonkel wyn en 2L soda water of Sprite(indien jy dit soeter verkies).

Gemmerbier

Jy moet hiervoor ’n groot plastiekemmer met ’n deksel hê. (sowat 10 liter)

10 liter water
1 kg suiker
15 ml jamaikagemmer
50 g kremetart
250 ml suurlemoensap
1 pakkie (10 g) kitsgis
250 ml sultanas
Bring die water tot kookpunt en voeg die suiker, gemmer, kremetart en suurlemoensap by. Meng goed. Haal van die hitte af wanneer die mengsel goed kook. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Voeg die gis en sultanas by. Roer goed. Gooi die gemmerbier in die groot plastiekemmer en maak toe. Laat staan vir drie dae by kamertemperatuur. Ná drie dae kan jy die emmer oopmaak en die gemmerbier in tweeliter-plastiekbottels oorgooi. Hou die bottels in die yskas.

 

GROENMAMBA PONS
2 liter lemoensap
60ml suurlemoensap

1 blik fyn pynappel
4 blikkies grenadillamoes
6 piesangs, skyfies gesny
Stroop:~ roer oor hitte tot suiker goed opgelos is en laat dan yskoud word~
2 kop suiker
6 koppies koue water
4 liter Cream Soda
Kersies vir versiering
Meng die suikerstroop met die pons bestandele en hou koud, maar voeg die cream soda net voor bediening by.
Die resep halveer baie maklik vir kleiner hoeveelheid.

Advertisement

Pynappel idees


pynappel bier

PYNAPPELBIER

4 groot pynappels se skille

7 liter warm water

1.2kg wit suiker

12 rosyne

10g aktiewe of kitsdroë gis

Was pynappelstukke goed en plaas dit in ‘n groot emmer met ‘n deksel. Voeg die water en die suiker by en roer die mengsel totdat al die suiker opgelos is. Voeg die rosyne en gis by, sit die deksel op en laat die mengsel ongeveer 12 uur lank op ‘n warm plek gis. Syg die mengsel deur en giet die filtraat in plastiekkanne of bottels. Plaas van die rosyne in elke kan en verseël dit. Bewaar die bier in die yskas.

*

KERRIE PYNAPPELSLAAI

Een groot pynappel in stukkies gesny.

Kook pynappel met 1 koppie suiker en water tot sag
Bring 2 koppies wit wyn en 2 teelepels kerrie tot kookpunt.
Verdik met 6 teelepels Maizena.
Gooi dit oor pynappels.
Heerlik saam met braaivleis.

*

 PYNAPPELFLAN

1 Gerasperde pynappel
1k Suiker
1e Botter

Metode:
Kook bogenoemde saam.
Meng 2e vlapoeier, bietjie koue water en 2 goedgeklitste eiers.
Voeg by die kokende mengsel. Roer goed. Laat afkoel en gooi in flankors. Versier met geklopte room.

*

PYNAPPEL MAASKAAS TERT
1 Rolkoek (Swiss Roll)
1 blik kondensmelk
1 houer room maaskaas
1/3 kop suurlemoensap
2t gelatien – opgelos in 50ml water
Meng alles saam.
1 x 410gm fyn pynappel
1 kop suiker
Kook saam en laat afkoel.
250ml vars room
Metode:
Sny Rolkoek en pak onder in ‘n bak. Skep kondensmelkmengsel bo-oor en laat stol. Skep nou die pynappel mengsel bo-oor dit en versier met al die room.

*

PYNAPPELTERT                                                                               

1 pak suurlemoenjellie

125 ml koue en 125ml kookwater

Maak jellie aan en laat staan om af te koel – moet so dikkerig soos eierwit wees. Nie gestol

Voeg nou by

1 blik kondensmelk

1 blik room

1 blikkie crushed pynappel

Vat 1 pakkie tennisbeskuitjies en pak onder in bak

Gooi van die jellie mengsel oor

Pak weer beskuitjies

Gooi laaste jellie mengsel oor.

Plaas in yskas om te stol

Krummel ‘n paar tennisbeskuitjies en so ‘n bietjie klapper en gooi bo-oor voor opdiening.

*

PYNAPPEL/IDEALMELK TERT

Maak 1 pakkie pynappel jellie aan met ½ kop kookwater & laat heeltemal afkoel. Pak tennis beskuitjies in `n bak. Klits die idealmelk styf & gooi lepelsvol van die afgekoelde jellie by & 2 eetl suiker. Maak lae met die styfgeklopte idealmelk, koekies & paar stukkies pynappel. Gooi gekrummelde koekies bo-op. Verkoel tot gestol. Pasop dat die pynappel nie die mengsel pap maak nie. Plaas ideal melk in vrieskas as jy dit vinnig wil koud hê of `n bak met yswater. (IDEALMELK MOET OORNAG IN YSKAS GEBERE WEES VOOR GEBRUIK)

 *

PYNAPPEL YSKASTERT

 1 pakkie tennisbeskuitjies

125ml appelkooskonfyt

25ml sjerrie

1 pakkie suurlemoenjellie

250ml kookwater

397g (1blik) kondensmelk

440gr (1 blik) fyn pynappel

Geklopte room vir versiering

Smeer tennisbeskuitjies met appelkooskonfyt en plaas 2 opmekaar. Plaas in 200mm vierkantige bak. Sprinkel sjerrie oor die beskuitjies. Los jellie op in kookwater, en voeg die kondensmelk en fyn pynappel by. Gooi oor beskuitjies en laat afkoel. Versier met pynappel en room of sprinkel beskuitjiekrummels bo-oor.

*

PYNAPPEL POTPOEDING

Bestanddele
Stroop:
825g pynappelstukke (dreineer en bewaar vloeistof)
1l water
250g suiker (300 ml)
2ml sout
2ml fyn gemmer
Beslag:
240g margarine (gesmelt)
330g appelkooskonfyt (250 ml)
20ml koeksoda
60g klapper (200 ml)
375g koekmeel (gesif)
2ml sout
100g neute (opsioneel)

Stroop:

Voeg water en pynappelstroop in ‘n potjie. Voeg sout, gemmer en suiker by en roer totdat dit kook en effens verdik. Voeg pynappelstukke by.

Beslag:

Meng margarine, konfyt, koeksoda en klapper. Voeg meel, sout en neute by en meng goed.
Skep lepelsvol in die kokende stroop. Sit deksel op en kook stadig vir 10-12 minute sonder om die deksel te lig en in te loer.
Bedien na 12 minute met vla en enige sous.

Genoeg vir 10 persone.

*

PYNAPPEL MOES

1  blik pynappels (crushed pynappels)
1 kop water
1 kop suiker

Kook saam

2 Opgehoopte eetl vla
2 Opgehoopte eetl mezina
½ kop suiker
½ teel sout
Roer by boonste

Voor op koek gesit word, moet dit koud wees.

Smeer eers ‘n bietjie versiersuik oor koek sodat die pynappel moes bo-op kan bly.
Smeer dan die pynappel moes oor.
Versier dan met room en pynappel stuppel bo-op.

*

KERRIE PYNAPPEL (Ingeleg)

Kook 2 kg uie (nie te fyn nie) vir ‘n half uur

Dreineer

Voeg nou die volgende bestanddele by:

4kg suiker

3 kop wit asyn

2t borrie

1 eetl sout

2t Kerrie

2t gemmer

1 ml rooi peper

3 groot suur pynappels (ek gebruik enige)

1 1/2 opgehoopte eetl maizina

Kook vir 15/20 min tot dik en bottel warm

*

PYNAPPEL BLADJANG

2.5kg ryp pynappels
2 groot uie
300g melassesuiker
125ml bruin asyn
15ml goue stroop
7ml kerriepoeier
5ml mostertpoeier
5ml sout
2ml borrie
METODE:
Skil die pynappels en uie en kap dit fyn op. Voeg die res van die bestandele by, verhit tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Prut mengsel tot dik en roer gereeld. Bottel die blatjang warm en verseel dit dadelik.

*

PYNAPPELVULSEL – KOEK

Koek-Bestanddele:

4 Eiers
1½ kop Strooisuiker
1½ kop Koekmeel
1½ eetlepel (hoogvol) Maizena
½ teel Sout
7½eetlepels Melk
3 gelykvol eetlepels Margarine
1½ teelepel Vanilla
1½ teelepel Bakpoeier
Metode:
Klits 4 eiers.
Voeg strooisuiker by en klits goed.
Sif meel, maizena en sout saam en roer bietjies-bietjies by eiermengsel in.
Kook melk en margarien.
Gooi kokende melkmengsel by eiermengsel.
Roer vanilla en bakpoeier goed deur mengsel.
Verdeel in 2 koekpanne en bak ±15 – 20 minute teen 200ºC.
Laat goed afkoel.

VULSEL

Bestanddele:
Kook saam:
1 blik (440g) “crushed” Pynappels
1 koppie Water
1 koppie Suiker

Roer by pynappelmengsel:
2 opgehoopte eetlepels Vla
2 opgehoopte eetlepels Maizena
½ koppie Suiker
½ teelepel Sout

Laat baie goed afkoel.
Metode:
Smeer dun lagie aangemaakte versiersuiker oor 1ste laag van koek.
Lagie pynappelvulsel.
Styfgeklitste room.
Plaas volgende laag koek bo-op.
Herhaal stappe 1 tot 3.
Versier koek bo-op met pynappelstukke

Suurlemoen en lemoenstroop


Foto: Unknown

Foto: Unknown

SUURLEMOENSTROOP:

Rencia Odendaal Pretorius
12 suurlemoene uitgedruk (so 750ml)
Skil van 2/4 suurlemoene gerasper
2.5 kg suiker
2 l water
1 pakkie van elk: citric acid, tartaric acid, engelse sout.
Bring tot kookpunt en bottel

LEMOEN-EN-SUURLEMOEN-STROOP
8 sappige lemoene
4 sappige suurlemoene
1.5liter kookwater
1.2kg wit suiker
15ml wynsteen of sitroensuur

Rasper net die oranje en geel buiteskil van die lemoene en suurlemoene dun af. Moet nie die albedo ook rasper nie aangesien dit die stroop bitter sal laat smaak. Druk die sap van die lemoene en suurlemoene uit en voeg dit by die gerasperde skil. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker opgelos is. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5 minute lank. Laat die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en verseël dit.
OM TE SKINK:
Skink dit in lang glase, na smaak verdun met soda of yswater, met ‘n paar ysblokkies.