Tag Archive | chickenpie

Hoenderpastei met slap degie


IMG_8385

My hoenderpastei met slap degie (Rens)

Gevlokte hoender (dit was so om en by 5 dye)
1 groot ui gekap
1 kop veggie mix
1 pakkie chicken a la king (of 1 pakkie sampioensop of room hoendersop)
1 na 1 en halwe kop melk
Knoffel vlokkies, sout en peper na smaak

Braai uie en voeg gevlokte hoender by
Gooi in die veggie mix, speserye en die chicken a la king of soppoeier aangemaak met melk
Prut tot dik en groente sag is. Indien te dik voeg nog melk by.

Gooi in gesmeerde bak.

Maak die slap degie aan en gooi bo-oor hoendermengsel
125 ml olie
125ml melk
190 ml bruismeel (of 190ml meel met 5 ml bakpoeier)
1 eier
Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 20/25/30 min tot gaar en goudbruin

Ek het dit bedien saam met kapokaartappels, sout boontjies en soetpampoen

Opsioneel: Jy kan sampioene, peppers en spek ook byvoeg

Advertisement

Hoenderpastei


Hoenderpastei

Hoenderpastei

Supermaklike Hoenderpastei

Rencia

 

Bestandele:

1 groot hoender of 2 kg hoender – afgekook en gevlok

250gr gram spek (opsioneel)

Hoenderspeserye, fyn naeltjies,garlic,  peper en sout

1 of 2 uie gekap
250 g sampioene in skyfies gesny
1 pakkie hoender roomsoppoeier

1 pakkie Chicken a la king – cook in sauce

1 koppie veggie mix

1 liter melk – meng die pakkie chicken a la king en hoendersop daarin
1 pak voorbereide blaardeeg (puff pastry)

Metode:

Braai uie, spek en sampioene. Gooi die groente in en roerbraai vir so ‘n rukkie. Voeg die melk met sopmengsels in en laat net effe kook – voeg die speserye by en hoender. Kook tot dik. Voeg nog melk by indien jy sien die mengsel is te dik of bietjie meel as jy sien mengsel is te dun.

Plaas in gesmeerde bak, sit puff pastry oor en bak in vooraf verhitte oond vir 30 na 45 min by 180 grade C of tot ligbruin.

 

Korslose Hoender Pastei

Bestanddele:

1 Hoender
2 Eiers
¼ k Mayonnaise
1 k Gekookte rys
2 Pakkies Simba chips
1 Steel Selery
1 blikke room sampioene sop
1 Pakkie sampioen sop
1 Ui
1 k Ertjies
Hoender aftreksel
Melk en water
Gerasperde Kaas

Metode
Kook hoender en sny in fyn blokkies. Kook eiers hard en sny fyn. Druk Simba chips fyn. Maak sop aan soos op aanwysings maar vervang die helfte van die vloeistof met Melk en die ander helfte met water. Kap ui fyn en braai in botter. Meng alles behalwe aftreksel saam. Plaas in oondbak. Indien te droog voeg hoenderaftreksel by. Strooi gerasperde kaas oor. Bak in oond teen 200º C vir 10 tot 15 minute.

Wenk
Hierdie gereg kan net so gevries word voordat dit gebak word. Ontdooi en bak dan soos bo beskryf. Hierdie mengsel is genoeg vir twee groterige pasteie of 3 kleinerige pasteie.