Tag Archive | pastei

Skud en skommelkors (vir pizza basis en pasteie)

IMG_8572

SKUD EN SKOMMELKORS (Geskik vir pizza basis en oor pasteie)

Deur: ANNETTE HUMAN

750ml bruismeel of 750ml meel en 25ml bakpoeier

200ml kookwater

200ml olie

5 ml sout

Gooi in plastiekbak en skud tot jy hoor dit is in ‘n bal vorm

Maak deksel oop, smeer los stukkies en knie net so effe tot mooi bol gevorm is

IMG_8571

skud en skommelkors

Nikki Coetzee‎Kreatiewe Kos Idees January 14 · Hoender pastei met die skud en skommel deeg.Het perfek uitgekom – dankie Nikki Coetzee‎

Oorskiet braaivleis idees

Ons almal sit gewoonlik Maandag met ‘n halwe bak gebraaide vleis wat oorgebly het na die naweek se braai in ons yskas. Dit kan selfs van ‘n bord gekookte kos wees bv. hoender, of boudvleis of vark of ” what ever” soos hulle se:

Vandag wil ek julle wys hoe ek met oorkietvleis ‘n toevou pastei gemaak het. Dit is so maklik en jy kan basies enige iets insit.

IMG_8582

Ek gaan vir julle die hele storie vertel van hoe ons (ek en my man) by die gereg uitgekom het. Julle weet mos ek is sonder ‘n kombuis omdat ons dit oordoen, so ek “take aways” sover ek kan.

Nou Vrydagmiddag besluit ek toe om by ons kettingwinkel gaar spareribs te koop en dan sal ek die aand sommer net chips by die kafee gaan koop.

So word ons toe genooi vir ‘n braai en die spareribs bly in die yskas

Saterdagaand se my man, kom ons maak Pizzas met die spareribs. Hy se toe hy wil ‘n toevou pizza maak (ek dink mens noem dit Calzone) maar hy wil sommer gekoopte brooddeeg gebruik.

Kafee toe – geen brooddeeg iewers te vinde nie 😦

So besluit ek toe om ANNETTE HUMAN se SKUD EN SKOMMELKORS te maak

HIER IS DIE RESEP !!

IMG_8571

750ml bruismeel of 750ml meel en 25ml bakpoeier

200ml kookwater

200ml olie

5 ml sout

Gooi in plastiekbak en skud tot jy hoor dit is in ‘n bal vorm

Maak deksel oop, smeer los stukkies en knie net so effe tot mooi bol gevorm is

IMG_8572

Ek het die spareribs van die bene afgesny en in stukke gesny, ‘n groot uie opgekerf , 1 blikkie knopie sampioene ingegooi en halwe blik pynappelstukke, gedreineer, knoffelvlokkies, sout en peper en dit gebraai tot warm

Hier kan jy nou enige oorskietvleis gebruik, vars sampioene, peppers, olywe ens

Lekker gebraaide maalvleis gaan ook werk of selfs boerewors in stukkies gesny

Neem die deeg en druk plat in ‘n oondbak. Jy hoef nie die oondbak te smeer of te spuit nie. Die deeg het genoeg olie in.

IMG_8573

Smeer aan die eenkant tamatie relish of tamatie en uie smoor of enige iets wat jy wil oorsmeer

IMG_8574

Sit jou vleismengsel op. Ek het peppadews en bietjie gerasperde chedderkaas ook oorgestrooi

NB: JOU VLEIS MOET EFFE SOUSERIG WEES ANDERS IS JOU PASTEI TE DROOG. DIE TAMATIE RELISH OF TAMATIE EN UIE SMOOR WAS VOLDOENDE OM DIT  SOUSERIG GENOEG TE MAAK. Dit moet net nie te souserig en loperig wees nie anders loop dit uit die deeg uit.

IMG_8575

Vou nou jou anderkant oor en druk oral mooi vas. Wees versigtig, die deeg is papperig en maak maklik gaatjies. Smeer maar toe met jou vinger sover moontlik.

Voorverhit jou oond tot 180 C

Bak vir ongeveer 45 minute of tot jy voel jou deeg is lekker bros en hard.

IMG_8578

Haal uit en laat staan so 10 minute

IMG_8580

Bedien net so of jy kan lekker mengelslaai saammaak of selfs rys of kapokaartappels. Jy kan dit as ‘n vleisgereg saam met ‘n gekookte bord kos ook gebruik.

OORSKIET HOENDER

Ons braai oor die algemeen baie HOENDER. Ons het nooit regtig oorskiet hoender nie want ek maak porsie gewys gaar, maar dit gebeur nou en dan as ons ‘n flatty gebraai het en daar oorskiet is, of selfs op ‘n Sondag ete as ons ‘n heel hoender gaargemaak het en ‘n klomp los stukkies oorbly. Gewoonlik is dit nie baie nie, maar mens kan dit darem in ‘n ligte maaltyd omskep.Hier is ‘n paar idees:

Hoender en mayonasie toebroodjies, hoender slaai met noedels, mayonaise, bietjie bladjang, kersie tamaties, blokkies kaas en komkommer, Hoender hamburgers, gevulde pannekoeke met hoender en ‘n witsous, wraps, tortillas.

Hierdie is my man se “favourite” Ek braai uie, sampioene en spek tot gaar. (Partykeer sit ek ook 3 kleure peppers by) Dan gooi ek die oorskiet hoender by, so handvol ertjies en handvol pitmielies of ek gooi sommer net ‘n koppie veggi mix by en so halwe pakkie chicken a la king en halwe pakkie wit uiesop aangemaak met melk. Kook tot dik. Ek bedien dit op kapokaartappels of selfs as vulsel vir pannekoeke. Wat ek nou die dag met die resep soos bo gedoen het, ek het die mengsel in klein ramekins geskep en puff pastry opgesit en gebak. Ek het 6 pasteitjies uitgekry en dit bedien met ‘n slaai en ‘n varsgebakte aartappel broodjie. Jy kan hier ook ‘n groot pastei maak en die puff pastry of die slap pastei deeg oorsit. Rek jou min hoender met spek, sampioene en groente na ‘n volledige maaltyd.

Dan wat ook lekker werk is om jou puff pastry te neem, oop te rol, jou stukkies hoender te meng met 1 gekapte ui, 1 blikkie chakalaka met mielies, so 1 eetl mayonaise, sout en peper, dit op te rol en te bak in die oond tot gaar by 180 C

My vriendin maak weer die slaai:

Coronation Hoenderslaai (2 porsies)
Ongeveer 2 koppies oorskiet hoender ((in blokkies gesny)
1 eetlepel mayonnaise
2 eetlepels Griekse jogurt
1 opgehoopte teelepel kerriepoeier (meer of minder na smaak)
1 eetlepel blatjang
Sout en peper na smaak
Meng die mayonnaise, jogurt en kerriepoeier saam, indien nodig, voeg ‘n bietjie kookwater by om die sous dunner en loperig te maak. Roer die blatjang en hoender by. Geur na smaak met sout en peper. Sit in yskas tot opdiening.

Photo: Ons braai oor die algemeen baie HOENDER. Ons het nooit regtig oorskiet hoender nie want ek maak porsie gewys gaar, maar dit gebeur nou en dan as ons 'n flatty gebraai het en  daar oorskiet is, of selfs op 'n Sondag ete as ons 'n  heel hoender gaargemaak het en  'n klomp los stukkies oorbly. Gewoonlik is dit nie baie  nie, maar mens kan dit darem in 'n ligte maaltyd omskep.

Hier is 'n paar idees:

Hoender en mayonasie toebroodjies, hoender slaai met noedels, mayonaise, bietjie bladjang, kersie tamaties, blokkies kaas  en komkommer,  Hoender hamburgers, gevulde pannekoeke met hoender en 'n witsous, wraps, tortillas.

Hierdie is my man se "favourite"  Ek braai uie, sampioene en spek tot gaar. (Partykeer sit ek ook 3 kleure peppers by) Dan gooi ek die oorskiet hoender by, so handvol ertjies en handvol pitmielies of ek gooi sommer net  'n koppie veggi mix by en so halwe pakkie chicken a la king en halwe pakkie wit uiesop  aangemaak met melk. Kook tot dik. Ek bedien dit op kapokaartappels of selfs as vulsel vir pannekoeke. Wat ek nou die dag met die resep soos bo gedoen het, ek het die mengsel in klein ramekins geskep en puff pastry opgesit en gebak. Ek het 6 pasteitjies uitgekry en dit  bedien met 'n slaai en 'n varsgebakte aartappel broodjie. Jy kan hier ook 'n groot pastei maak en die puff pastry of die  slap pastei deeg oorsit. Rek jou min hoender met spek, sampioene en groente na 'n volledige maaltyd.

Dan wat ook lekker werk is om jou puff pastry te neem, oop te rol, jou stukkies hoender te meng met 1 gekapte ui, 1 blikkie chakalaka met mielies, so 1 eetl mayonaise, sout en peper, dit op te rol en te bak in die oond  tot gaar by 180 C

Maak sausagerolls met jou oorskiet hoender:

Neem puff pastry, rol oop en sny die blokke na gelang van jou keuse van grootte van jou sausagerolletjie.  Maak die vulsel, rol toe en bak. Bedien met mengelslaai en 'n lekker hoendersous.

Oorskiet hoender (ongeveer so 3 koppies) gevlok

1 houertjie roomkaas - versag net vinnig in die mikrogolf

4 eetlepels botter

1 tl sout

1/2  tl peper

1/4 koppie melk

1 groot ui gekap

Meng alles goed. Sit in jou deeg en rol toe. Bak in oond by 180C tot gaar en goudbruin.

My vriendin maak weer die slaai:

Coronation Hoenderslaai (2 porsies)

Ongeveer 2 koppies  oorskiet hoender ((in blokkies gesny)

1 eetlepel mayonnaise

2 eetlepels Griekse jogurt

1 opgehoopte teelepel kerriepoeier (meer of minder na smaak)

1 eetlepel blatjang

Sout en peper na smaak

Meng die mayonnaise, jogurt en kerriepoeier saam, indien nodig,  voeg ‘n bietjie kookwater by om die sous dunner en loperig te maak. Roer die blatjang en hoender by. Geur na smaak met sout en peper. Sit in yskas tot opdiening.

<3 Rens

Maak sausagerolls met jou oorskiet hoender – Neem puff pastry, rol oop en sny die blokke na gelang van jou keuse van grootte van jou sausage rolletjie. Maak die vulsel, rol toe en bak. Bedien met mengelslaai en ‘n lekker hoendersous.

CHICKEN KISSES VULSEL: (Oorskiet hoender)

Oorskiet hoender (ongeveer so 3 na 4 koppies) gevlok

1 houertjie roomkaas – versag net vinnig in die mikrogolf

4 eetlepels botter

1 tl sout

1/2  tl peper

1/4 koppie melk

1 groot ui gekap

Meng alles goed . Gooi in bak en sit skilferkorsdeeg bo-op. Bak in oond by 180C tot gaar en goudbruin.

BEEF STROGONOFF MET OORSKIET BRAAIVLEIS

Ek het steak, hoendersosaties en lam boudtjops oorgehad na die naweek se braai. Die het ek alles in blokkies en repies opgesny

Sny ui in skywe. Sampioene in 4 gesny, so bietjie knoffelvlokkies sout en peper en gebraai tot sag. (jy kan hier ook die 3 kleure peppers bysit as jy wil)
Neem ‘n pakkie Knorr Beef strogonoff en maak aan met 450ml melk (of minder – afhangende van hoeveel vleis jy het – halfveer ook die pakkie indien nodig) Voeg by uie mengsel en laat effe deurprut. Gooi nou eers die vleis wat in blokkies gesny is by. Jy wil nie he dit moet weer braai nie. Dit is klaar gaar en as jy dit nog verder braai raak dit skoensole en kurkdroog. Roer deur en prut tot dik.

Maak Jassie (jacket potato) en bedien saam met slaai.

WENK: Jy kan dit op roosterbrood bedien, rys, pasta of kapokaartappels, maak ‘n wrap, ‘n gevulde pannekoek , tortillas, bak vetkoeke en gebruik die as vulsel. Gooi dit in ‘n bak, sit skilferkors oor en bak in die oond as ‘n pastei. Maak ‘n rol met die vulsel en skilferkorsdeeg. Maak slap pastei degie en gooi bo-oor en bak in die oond tot gaar.

Kyk net na die dikte van jou sous en wat jy daarmee wil maak. As jy bv die pastei wil maak, voeg nog bietjie meel by die sous om die vulsel dikker te maak.

Photo: Hallo julle !!! Kom ons gesels vandag oor OORSKIET VLEIS, of dit nou braaivleis is of boudvleis, hoender of vis. Ons almal sit baie keer met 'n hele  bak braaivleis na die naweek of groot Sondagmiddag ete, en wat nou ??? Kom deel so bietjie ENIGE resep met enige oorskietvleis met mekaar. Ek het gisteraand oorskiet vleis van die hele naweek geneem en die dis gemaak.Vrydagaand was mos my rumpsteak Valentys ete - so daar was steak oor. Sondag het ons lamboudtjops gebraai en hoender sosaties. Gisteraand was dus BORN YESTERS: BEEF STROGONOFF met 'n jassie aartappel en slaai Die woord is my pa se gesegde vir die vorige dag se kos, Born yesterday se kos !! :)Sny al jou vleis in blokkies en repies. Ek het al 3 vleise gebruik.Sny ui in skywe. Sampioene in 4 gesny, so bietjie knoffelvlokkies sout en peper en gebraai tot sag. (jy kan hier ook die 3 kleure peppers bysit as jy wil)Neem 'n pakkie Knorr Beef strogonoff en maak aan met 450ml melk (of minder - afhangende van hoeveel vleis jy het - halfveer ook die pakkie indien nodig) Voeg by uie mengsel en laat effe deurprut. Gooi nou eers die  vleis wat in blokkies gesny is by. Jy wil nie he dit moet weer braai nie. Dit is klaar gaar en as jy dit nog verder braai raak dit skoensole en kurkdroog. Roer deur en prut tot dik.Maak Jassie (jacket potato) en bedien saam met slaai.WENK: Jy kan dit op roosterbrood bedien, rys, pasta of  kapokaartappels,  maak 'n wrap, 'n gevulde pannekoek , tortillas, bak vetkoeke en gebruik die as vulsel. Gooi dit in 'n bak, sit skilferkors oor en bak in die oond as 'n pastei. Maak 'n rol met die vulsel en skilferkorsdeeg. Maak slap pastei degie en gooi bo-oor en bak in die oond tot gaar. Kyk net na die dikte van jou sous en wat jy daarmee wil maak. As jy bv die pastei wil maak, voeg nog bietjie meel by die sous  om die vulsel dikker te maak. <3 Rens

Christa Hattingh My man vat gewoonlik vleis en wors sny in klein stukkies dan braai hy so 2 of 3 uie lekker sag. Gooi vleis by en maak lekker lang sous saam. Dan eet ons dit saam met brood of mash. Altyd ‘n wenner.

Delport Cathleen As ek roast of boud vleis oor het maak ek dit fyn in voedsel verwerker en meng bietjie chutney en mayo by vir toebroodjies. Braaivleis word in blokkies gesny, uie gebraai vleis bygesit en n bisto sousie saam met toast. Heerlik

Mareli Dreyer Ook lekker as jy vorige aand se vleisies in blokkies sny, en saam met uie, 3 kleur rissies, kaas en tamatie blokkies ñ lekker omelet maak vir ontbyt die volgende dag.

Hendrika O’Neill Maak jy eie pizza filling met baie vleis

Pamela Erasmus Ek sny die braaivleis van die bene af en maak koue tortilla wraps daarmee – mayo, feta kaas, tamatie, komkommer en so bietjie chilli (of eintlik maar enige ding wat ek in my yskas het) sit ek in ‘n tortilla en dis heerlik – veral vir ‘n ligte aandete as jou middag ete groot was!

Marie de Beer Ek maak baie keer n slaai. Sny vleis blokkies, voeg gekapte tamatie, uie, blaarslaai, komkommer en peppers by. Roer deur.

Driekie Erasmus In ons huisgesin is “chow-chow” altyd n wenner
Braai n groot gesnyde ui, pakkie vars gesnyde sampioene, bietjie knoffel, sout en pepper.
Sny oorskietvleis van bene af en gooi by die uie en braai so bietjie, gooi dan n halwe blikkie bier by(opsioneel) en laat dit n rukkie lank prit op lae hitte, gooi n blikkie sweetcorn en n blikkie baked beans by en laat weer n rukkie prit! Bedien warm saam n toastie! Dis baie lekker, en idiaal vir vakansies as mens baie braai en daar bly soo paar odd stukkies vleisie oor!

Pamela Erasmus Ek sny die braaivleis van die bene af en maak koue tortilla wraps daarmee – mayo, feta kaas, tamatie, komkommer en so bietjie chilli (of eintlik maar enige ding wat ek in my yskas het) sit ek in ‘n tortilla en dis heerlik – veral vir ‘n ligte aandete as jou middag ete groot was!

Elmarie Koch de Bruyn Ek maak partykeer macaroni & cheese met ‘n lekker tuisgemaakte kaassous

Marlize Gore Ek vries die braaivleis soms as ons nie die volgende dag wil vleis eet nie. Ontvries soos benodig en braai dan uie/mushrooms/knoffel en enige sousie by en bedien op pasta of rys.

Alta Gunter Van Dyk Ek sny ook vleis in blokkies, braai uie, sampioene peppers met tamatie pasta sweet chillisous, bietjie wochestersousn sout vars gemaalde swat peper, en bietjie suiker om suur weg te neem. Dan kook ek Tagletthi of egg noodles en maak n heerlike pasta gereg, of ek gooi gemengde groente by vleis blokkies en kapokaartappels boop en daar is herders pastei

Hendrika O’Neill Maak jou eie pizza filling met oorskietvleis

Hendrika O’Neill  maak sommer n stirfry met vleis wat jy in repies sny of vleisie met mayo op broodjie. Of maak jaffel filling

Doreen Pistorius Muller Ek vat gewoonlik al die braaivleis wat oorbly en sny als op braai saam uie en knoffel, en dan maak ek n pasta en gooi als saam met n lekker kaas sous of witsous en gooi kaas bo op en laat bak in die oond net tot kaas smelt. Want ek gooi ook niks weg nie.

Nadine Fick Miller Ons sny in stukke saam met gebraaide uie en roer eiers, alles gemeng!

Ina En Andre Vorster Ek laat ook extra braai, maak dan die volgende dag “BOERE Prego rolls”! Ek braai grof gesnyde uie, knoffel en soetrisse saam en voeg dan Prego sous, rissiesous en biekie tamatiesous by en dan skywe worsstukkies of oorskiet braaivleis by en braai saam tot baie warm en dien dit saam met Pregorolls of gewone broodrolle op.

Maria O’Neale Ek hoop altyd iemand los net stukkie wors oor. Dan maak ek v my slap mieliepap. Niks so lekker soos dit nie

Valerie Butler Ons maak Mac en kaas en sit ‘n lagie wors wielletjies bo oor en dan laaste die kaas. Baie lekker!

Anri De Jager Ek maak wors sosaties met ui/ sampioen/peppers tussen in geryg en marineer dit in jimmys sous of iets soortgelyks. Dit word sommer so van die braai af geeet….

Esmarie Kotze Atkinson My man sny dit in stukkies. Braai bietjie en gooi dan appelkoos konfyt in. Dan eet ons dit sommer op toast

OORSKIET WORS

BOEREWORS PASTEIOngeveer 500 g boerewors (oorskiet wors)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil
1 kop gerasperde Cheddarkaas

Ontvel jou wors en sny in dik skywe. (jy kan die vel aanlos indien verkies)
Kook aartappels tot gaar. Mahs en geur met ‘n klont botter, bietjie bakpoeier en ‘n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.

WORSIELEKKERTE MET KRUMMELPAP/KAPOKAARTAPPELS
25ml margarien
1 klein ui (fyn gekap)
1 groen soetrissie(ontpit & fyn gekap)
2 groot tamaties (geskil & grof gekap)
25ml blatjang
25ml tamatiepasta
10 ml bisto
12,5ml sagte bruinsuiker
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
100ml warm water
500g gaar oorskiet wors in stukkies van so 3cm gesny
Verhit die margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie daarin. Roer die tamaties, blatjang, tamatiepasta, bruinsuiker, sout , peper en warm water by en laat dit 15 minute lank prut. Roer dit gereeld. Gooi nou die stukkies wors in en laat dit net deurprut tot warm.
Bedien met krummelpap of kapokaartappels.

Photo: Ek wil nou weet ??? As julle vleisbraai, is dit nou net in ons huisgesin wat hope wors oorbly en niks vleis of is daar ander mense wat ook altyd met 'n kasserol wors sit na 'n braai ??

Probeer die 2 geregte  met daardie klomp oorskiet wors:

BOEREWORS PASTEI

Ongeveer 500 g boerewors (oorskiet wors)

3 eiers, geklits

1 klein blikkie soetmielies

botter, melk, sout en peper

6 medium aartappels, geskil

1 kop gerasperde Cheddarkaas

Ontvel jou wors  en sny in dik skywe. (jy kan die vel aanlos indien verkies)

Kook aartappels tot gaar. Mahs en geur met 'n klont botter, bietjie bakpoeier  en 'n bietjie melk.

Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.

Pak boereworsskyfies in 'n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.

Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.

Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.

OF

WORSIELEKKERTE MET KRUMMELPAP/KAPOKAARTAPPELS

25ml margarien

1 klein ui (fyn gekap)

1 groen soetrissie(ontpit & fyn gekap)

2 groot tamaties (geskil & grof gekap)

25ml blatjang

25ml tamatiepasta

10 ml bisto

12,5ml sagte bruinsuiker

5ml sout

1ml vars gemaalde swartpeper

100ml warm water

500g  gaar oorskiet wors in stukkies van so 3cm gesny

Verhit die margarien in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie daarin. Roer die tamaties, blatjang, tamatiepasta, bruinsuiker, sout , peper en warm water by en laat dit 15 minute lank prut. Roer dit gereeld. Gooi nou die stukkies wors in en laat dit net deurprut tot warm.

Bedien met krummelpap of kapokaartappels.

WAT DOEN JULLE MET OORSKIET WORS ??

<3 Rens

Hoenderpastei met slap degie

IMG_8385

My hoenderpastei met slap degie (Rens)

Gevlokte hoender (dit was so om en by 5 dye)
1 groot ui gekap
1 kop veggie mix
1 pakkie chicken a la king (of 1 pakkie sampioensop of room hoendersop)
1 na 1 en halwe kop melk
Knoffel vlokkies, sout en peper na smaak

Braai uie en voeg gevlokte hoender by
Gooi in die veggie mix, speserye en die chicken a la king of soppoeier aangemaak met melk
Prut tot dik en groente sag is. Indien te dik voeg nog melk by.

Gooi in gesmeerde bak.

Maak die slap degie aan en gooi bo-oor hoendermengsel
125 ml olie
125ml melk
190 ml bruismeel (of 190ml meel met 5 ml bakpoeier)
1 eier
Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 20/25/30 min tot gaar en goudbruin

Ek het dit bedien saam met kapokaartappels, sout boontjies en soetpampoen

Opsioneel: Jy kan sampioene, peppers en spek ook byvoeg

Pilchards idees

pilchards pie

PILCHARDS VISPASTEI:
1 blik pilchards in tamatiesous (grate uitgehaal en fyngemaak.
Voeg by
2 eiers
1 tl bakpoeier
½ kop brood krummels
1 eetl asyn
Meng bogenoemde alles deurmekaar, en skep in ‘n bak.

Maak nou mash volgens jou eie voorkeur met jou botter, bakpoeier sout en melk.
Sit mash bo-oor en strooi gerasperde kaas bo-oor
Bak by 180 C tot gaar en goudbruin. Sprinkel met vars gekapte pietersielie of spruituie en bedien met mengelslaai

Deur:  Whats for dinner

Deur: Whats for dinner

Eenbak Pilchards pasta gereg.
Deur: WHATS FOR DINNER
500g macaroni, gekook en gedreineer (hou eenkant)
• 15 ml sonneblomolie
• 1 ui, gesny
• 5 ml knoffel
• 5 ml gekneusde gemmer (opsioneel)
• 1 blikkie sardyne in tamatiesous, bene verwyder
• ½ bossie spinasie, skoongemaak en gekap
• 375 ml water
• 45 ml KNORR kerrie groentesop (curray vegatable soup)
• 125 ml cheddarkaas, gerasper
Instruksies
1. Verhit die oond tot 180 °
2. Braai die ui, knoffel en gemmer in ‘n pan in olie tot sag
3. Voeg die ontbeende sardyne met die tamatiesous by en laat prut vir 5 minute breek die vis ‘n bietjie met ‘n lepel
4. Meng die KNORR kerrie groentesop met ‘n bietjie water om ‘n gladde pasta te maak en roer dit in die pan saam met die spinasie en water
5. Prut tot verdik
6. Meng die gaar macaroni met die sardyne mengsel dan gooi in ‘n oondbak
7. Sprinkel met gerasperde cheddar kaas en bak in ‘n voorverhitte oond by 180C vir 15 minute

Wors pastei

wors pastei

Boereworspastei
Boereworspastei (Bertha)
(Bedien ses)

500 g boerewors (oorskiet van braai werk ook goed)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil
1 k gerasperde Cheddarkaas

Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.
Kook aartappels tot gaar. Geur met ‘n klont botter en ‘n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word

Deeg/Pastry Wenke

PIE versierings

Foto soos bo:

Paar idees om jou pasteideeg om jou tertbak  te versier.

Paar idees om jou pastei deeg mooi goudbruin kleur te gee:

Photo - skiptomylou.org

Photo – skiptomylou.org

Vervang jou eier mengsel met vlapoeier wat opgelos is in melk of water

Gebruik mayonaise

Gebruik mayonaise met 1 eiergeel

Maklike manier om driehoek appelkooskoekies, vingehappies, pasteitjies of selfs samoosas te vou

Pasteitjies:

Source Unkown

Source Unkown

Druk sirkel vormpies uit deeg uit, skep vulsel in middel en vou oor mekaar tot halfmaan pasteitjie, druk halfmaan kante goed met vurk vas, smeer bo-oor met geklopte eiergeel wat met gesmelte botter geklits is.

Bak in oond tot goudbruin.

Source Unknown

Source Unknown

Gebruik klaar voorafbereide brooddeeg – as klaar voeltjie gemaak het, verf bietjie melk of eier oor om dit ‘n  mooi  goudbruin kleur te gee. Bak by voorafverhitte oond by 180 grade C tot gaar. Kyk maar self wanneer dit gaar is – sal seker so om en by 20 min wees. Daar is geen resep by nie.

Kwaai Braai Pie

Kwaai Braai Pie - WEG tydskrif

Kwaai Braai Pie – WEG tydskrif

WEG tydskrif

2 rolle skilferdeeg – ontdooi en uitgerol

1 pak spinasie of vars bossie

Gaar hoender (geflok of in blokkies)

250gr spek – 1 ui, 1 rooi en 1 geel rissie gekap en gebraai tot gaar

1 pak sampioene in skywe gesny

Fetakaas

Cheddar kaas

Mozzarella kaas

Gouda kaas

Kies so 2 verskillende kase of 3 of al 4 jou keuse

Kies jou eie speserye soos lemonpepper, rosmary and olive of sout en peper ens.

Vat nou jou toeknyp roorster. Spuit spray en cook op of smeer met botter.  Sit op onderste deel van die rooster die 1ste stuk skilferkors

Sit helfte van die rou spinasie op.Sit hoender op. Sit uie en spek mengsel op. Pak rou sampiene op. Gooi speserye op. Sit nou verskillende kase op

Eindig af met ander helfte van pak spinasie. Plaas ander skilferkos bo-op – knyp toe aan die kante.Verf eier of melk bo-oor en onderkant van skilferkors

Knyp rooster toe.Braai hoog op vuur tot gaar en goudbruin.