Tag Archive | oorskiet hoender

Oorskiet braaivleis idees


Ons almal sit gewoonlik Maandag met ‘n halwe bak gebraaide vleis wat oorgebly het na die naweek se braai in ons yskas. Dit kan selfs van ‘n bord gekookte kos wees bv. hoender, of boudvleis of vark of ” what ever” soos hulle se:

Vandag wil ek julle wys hoe ek met oorkietvleis ‘n toevou pastei gemaak het. Dit is so maklik en jy kan basies enige iets insit.

IMG_8582

Ek gaan vir julle die hele storie vertel van hoe ons (ek en my man) by die gereg uitgekom het. Julle weet mos ek is sonder ‘n kombuis omdat ons dit oordoen, so ek “take aways” sover ek kan.

Nou Vrydagmiddag besluit ek toe om by ons kettingwinkel gaar spareribs te koop en dan sal ek die aand sommer net chips by die kafee gaan koop.

So word ons toe genooi vir ‘n braai en die spareribs bly in die yskas

Saterdagaand se my man, kom ons maak Pizzas met die spareribs. Hy se toe hy wil ‘n toevou pizza maak (ek dink mens noem dit Calzone) maar hy wil sommer gekoopte brooddeeg gebruik.

Kafee toe – geen brooddeeg iewers te vinde nie 😦

So besluit ek toe om ANNETTE HUMAN se SKUD EN SKOMMELKORS te maak

 HIER IS DIE RESEP !!

IMG_8571

750ml bruismeel of 750ml meel en 25ml bakpoeier

200ml kookwater

200ml olie

5 ml sout

Gooi in plastiekbak en skud tot jy hoor dit is in ‘n bal vorm

Maak deksel oop, smeer los stukkies en knie net so effe tot mooi bol gevorm is

IMG_8572

Ek het die spareribs van die bene afgesny en in stukke gesny, ‘n groot uie opgekerf , 1 blikkie knopie sampioene ingegooi en halwe blik pynappelstukke, gedreineer, knoffelvlokkies, sout en peper en dit gebraai tot warm

Hier kan jy nou enige oorskietvleis gebruik, vars sampioene, peppers, olywe ens

Lekker gebraaide maalvleis gaan ook werk of selfs boerewors in stukkies gesny

Neem die deeg en druk plat in ‘n oondbak. Jy hoef nie die oondbak te smeer of te spuit nie. Die deeg het genoeg olie in.

IMG_8573

Smeer aan die eenkant tamatie relish of tamatie en uie smoor of enige iets wat jy wil oorsmeer

IMG_8574

Sit jou vleismengsel op. Ek het peppadews en bietjie gerasperde chedderkaas ook oorgestrooi

NB: JOU VLEIS MOET EFFE SOUSERIG WEES ANDERS IS JOU PASTEI TE DROOG. DIE TAMATIE RELISH OF TAMATIE EN UIE SMOOR WAS VOLDOENDE OM DIT  SOUSERIG GENOEG TE MAAK. Dit moet net nie te souserig en loperig wees nie anders loop dit uit die deeg uit.

IMG_8575

Vou nou jou anderkant oor en druk oral mooi vas. Wees versigtig, die deeg is papperig en maak maklik gaatjies. Smeer maar toe met jou vinger sover moontlik.

Voorverhit jou oond tot 180 C

Bak vir ongeveer 45 minute of tot jy voel jou deeg is lekker bros en hard.

IMG_8578

Haal uit en laat staan so 10 minute

IMG_8580

Bedien net so of jy kan lekker mengelslaai saammaak of selfs rys of kapokaartappels. Jy kan dit as ‘n vleisgereg saam met ‘n gekookte bord kos ook gebruik.

 

OORSKIET HOENDER

Ons braai oor die algemeen baie HOENDER. Ons het nooit regtig oorskiet hoender nie want ek maak porsie gewys gaar, maar dit gebeur nou en dan as ons ‘n flatty gebraai het en daar oorskiet is, of selfs op ‘n Sondag ete as ons ‘n heel hoender gaargemaak het en ‘n klomp los stukkies oorbly. Gewoonlik is dit nie baie nie, maar mens kan dit darem in ‘n ligte maaltyd omskep.Hier is ‘n paar idees:Hoender en mayonasie toebroodjies, hoender slaai met noedels, mayonaise, bietjie bladjang, kersie tamaties, blokkies kaas en komkommer, Hoender hamburgers, gevulde pannekoeke met hoender en ‘n witsous, wraps, tortillas.

Hierdie is my man se “favourite” Ek braai uie, sampioene en spek tot gaar. (Partykeer sit ek ook 3 kleure peppers by) Dan gooi ek die oorskiet hoender by, so handvol ertjies en handvol pitmielies of ek gooi sommer net ‘n koppie veggi mix by en so halwe pakkie chicken a la king en halwe pakkie wit uiesop aangemaak met melk. Kook tot dik. Ek bedien dit op kapokaartappels of selfs as vulsel vir pannekoeke. Wat ek nou die dag met die resep soos bo gedoen het, ek het die mengsel in klein ramekins geskep en puff pastry opgesit en gebak. Ek het 6 pasteitjies uitgekry en dit bedien met ‘n slaai en ‘n varsgebakte aartappel broodjie. Jy kan hier ook ‘n groot pastei maak en die puff pastry of die slap pastei deeg oorsit. Rek jou min hoender met spek, sampioene en groente na ‘n volledige maaltyd.

Dan wat ook lekker werk is om jou puff pastry te neem, oop te rol, jou stukkies hoender te meng met 1 gekapte ui, 1 blikkie chakalaka met mielies, so 1 eetl mayonaise, sout en peper, dit op te rol en te bak in die oond tot gaar by 180 C

My vriendin maak weer die slaai:

Coronation Hoenderslaai (2 porsies)
Ongeveer 2 koppies oorskiet hoender ((in blokkies gesny)
1 eetlepel mayonnaise
2 eetlepels Griekse jogurt
1 opgehoopte teelepel kerriepoeier (meer of minder na smaak)
1 eetlepel blatjang
Sout en peper na smaak
Meng die mayonnaise, jogurt en kerriepoeier saam, indien nodig, voeg ‘n bietjie kookwater by om die sous dunner en loperig te maak. Roer die blatjang en hoender by. Geur na smaak met sout en peper. Sit in yskas tot opdiening.

 

Maak sausagerolls met jou oorskiet hoender – Neem puff pastry, rol oop en sny die blokke na gelang van jou keuse van grootte van jou sausage rolletjie. Maak die vulsel, rol toe en bak. Bedien met mengelslaai en ‘n lekker hoendersous.

CHICKEN KISSES VULSEL: (Oorskiet hoender)

Oorskiet hoender (ongeveer so 3 na 4 koppies) gevlok

1 houertjie roomkaas – versag net vinnig in die mikrogolf

4 eetlepels botter

1 tl sout

1/2  tl peper

1/4 koppie melk

1 groot ui gekap

Meng alles goed . Gooi in bak en sit skilferkorsdeeg bo-op. Bak in oond by 180C tot gaar en goudbruin.

BEEF STROGONOFF MET OORSKIET BRAAIVLEIS

Ek het steak, hoendersosaties en lam boudtjops oorgehad na die naweek se braai. Die het ek alles in blokkies en repies opgesny

Sny ui in skywe. Sampioene in 4 gesny, so bietjie knoffelvlokkies sout en peper en gebraai tot sag. (jy kan hier ook die 3 kleure peppers bysit as jy wil)
Neem ‘n pakkie Knorr Beef strogonoff en maak aan met 450ml melk (of minder – afhangende van hoeveel vleis jy het – halfveer ook die pakkie indien nodig) Voeg by uie mengsel en laat effe deurprut. Gooi nou eers die vleis wat in blokkies gesny is by. Jy wil nie he dit moet weer braai nie. Dit is klaar gaar en as jy dit nog verder braai raak dit skoensole en kurkdroog. Roer deur en prut tot dik.

Maak Jassie (jacket potato) en bedien saam met slaai.

WENK: Jy kan dit op roosterbrood bedien, rys, pasta of kapokaartappels, maak ‘n wrap, ‘n gevulde pannekoek , tortillas, bak vetkoeke en gebruik die as vulsel. Gooi dit in ‘n bak, sit skilferkors oor en bak in die oond as ‘n pastei. Maak ‘n rol met die vulsel en skilferkorsdeeg. Maak slap pastei degie en gooi bo-oor en bak in die oond tot gaar.

Kyk net na die dikte van jou sous en wat jy daarmee wil maak. As jy bv die pastei wil maak, voeg nog bietjie meel by die sous om die vulsel dikker te maak.

Christa Hattingh My man vat gewoonlik vleis en wors sny in klein stukkies dan braai hy so 2 of 3 uie lekker sag. Gooi vleis by en maak lekker lang sous saam. Dan eet ons dit saam met brood of mash. Altyd ‘n wenner.

Delport Cathleen As ek roast of boud vleis oor het maak ek dit fyn in voedsel verwerker en meng bietjie chutney en mayo by vir toebroodjies. Braaivleis word in blokkies gesny, uie gebraai vleis bygesit en n bisto sousie saam met toast. Heerlik

Mareli Dreyer Ook lekker as jy vorige aand se vleisies in blokkies sny, en saam met uie, 3 kleur rissies, kaas en tamatie blokkies ñ lekker omelet maak vir ontbyt die volgende dag.

Hendrika O’Neill Maak jy eie pizza filling met baie vleis

Pamela Erasmus Ek sny die braaivleis van die bene af en maak koue tortilla wraps daarmee – mayo, feta kaas, tamatie, komkommer en so bietjie chilli (of eintlik maar enige ding wat ek in my yskas het) sit ek in ‘n tortilla en dis heerlik – veral vir ‘n ligte aandete as jou middag ete groot was!

Marie de Beer Ek maak baie keer n slaai. Sny vleis blokkies, voeg gekapte tamatie, uie, blaarslaai, komkommer en peppers by. Roer deur.

Driekie Erasmus In ons huisgesin is “chow-chow” altyd n wenner
Braai n groot gesnyde ui, pakkie vars gesnyde sampioene, bietjie knoffel, sout en pepper.
Sny oorskietvleis van bene af en gooi by die uie en braai so bietjie, gooi dan n halwe blikkie bier by(opsioneel) en laat dit n rukkie lank prit op lae hitte, gooi n blikkie sweetcorn en n blikkie baked beans by en laat weer n rukkie prit! Bedien warm saam n toastie! Dis baie lekker, en idiaal vir vakansies as mens baie braai en daar bly soo paar odd stukkies vleisie oor!

Pamela Erasmus Ek sny die braaivleis van die bene af en maak koue tortilla wraps daarmee – mayo, feta kaas, tamatie, komkommer en so bietjie chilli (of eintlik maar enige ding wat ek in my yskas het) sit ek in ‘n tortilla en dis heerlik – veral vir ‘n ligte aandete as jou middag ete groot was!

Elmarie Koch de Bruyn Ek maak partykeer macaroni & cheese met ‘n lekker tuisgemaakte kaassous

Marlize Gore Ek vries die braaivleis soms as ons nie die volgende dag wil vleis eet nie. Ontvries soos benodig en braai dan uie/mushrooms/knoffel en enige sousie by en bedien op pasta of rys.

Alta Gunter Van Dyk Ek sny ook vleis in blokkies, braai uie, sampioene peppers met tamatie pasta sweet chillisous, bietjie wochestersousn sout vars gemaalde swat peper, en bietjie suiker om suur weg te neem. Dan kook ek Tagletthi of egg noodles en maak n heerlike pasta gereg, of ek gooi gemengde groente by vleis blokkies en kapokaartappels boop en daar is herders pastei

Hendrika O’Neill Maak jou eie pizza filling met oorskietvleis

Hendrika O’Neill  maak sommer n stirfry met vleis wat jy in repies sny of vleisie met mayo op broodjie. Of maak jaffel filling

Doreen Pistorius Muller Ek vat gewoonlik al die braaivleis wat oorbly en sny als op braai saam uie en knoffel, en dan maak ek n pasta en gooi als saam met n lekker kaas sous of witsous en gooi kaas bo op en laat bak in die oond net tot kaas smelt. Want ek gooi ook niks weg nie.

Nadine Fick Miller Ons sny in stukke saam met gebraaide uie en roer eiers, alles gemeng!

Ina En Andre Vorster Ek laat ook extra braai, maak dan die volgende dag “BOERE Prego rolls”! Ek braai grof gesnyde uie, knoffel en soetrisse saam en voeg dan Prego sous, rissiesous en biekie tamatiesous by en dan skywe worsstukkies of oorskiet braaivleis by en braai saam tot baie warm en dien dit saam met Pregorolls of gewone broodrolle op.

Maria O’Neale Ek hoop altyd iemand los net stukkie wors oor. Dan maak ek v my slap mieliepap. Niks so lekker soos dit nie

Valerie Butler Ons maak Mac en kaas en sit ‘n lagie wors wielletjies bo oor en dan laaste die kaas. Baie lekker!

Anri De Jager Ek maak wors sosaties met ui/ sampioen/peppers tussen in geryg en marineer dit in jimmys sous of iets soortgelyks. Dit word sommer so van die braai af geeet….

Esmarie Kotze Atkinson My man sny dit in stukkies. Braai bietjie en gooi dan appelkoos konfyt in. Dan eet ons dit sommer op toast

OORSKIET WORS

BOEREWORS PASTEIOngeveer 500 g boerewors (oorskiet wors)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil
1 kop gerasperde Cheddarkaas

Ontvel jou wors en sny in dik skywe. (jy kan die vel aanlos indien verkies)
Kook aartappels tot gaar. Mahs en geur met ‘n klont botter, bietjie bakpoeier en ‘n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.

WORSIELEKKERTE MET KRUMMELPAP/KAPOKAARTAPPELS
25ml margarien
1 klein ui (fyn gekap)
1 groen soetrissie(ontpit & fyn gekap)
2 groot tamaties (geskil & grof gekap)
25ml blatjang
25ml tamatiepasta
10 ml bisto
12,5ml sagte bruinsuiker
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
100ml warm water
500g gaar oorskiet wors in stukkies van so 3cm gesny
Verhit die margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie daarin. Roer die tamaties, blatjang, tamatiepasta, bruinsuiker, sout , peper en warm water by en laat dit 15 minute lank prut. Roer dit gereeld. Gooi nou die stukkies wors in en laat dit net deurprut tot warm.
Bedien met krummelpap of kapokaartappels.

 

Advertisement