Tortilla Maalvleis Pastei


Tortilla Maalvleis Pastei

Tortilla Maalvleis Pastei

Bestanddele:

2 uie

1kg maalvleis

Peper

2 sakkies tamatie pasta

1 e Worcestersous

1 t peri peri speserye

1 k water

1 pakkie oxtail soppoeier.

1 pak tortilla wraps (so ongeveer 6-8)

½ k chutney

½ k Mayonaise

Redelik baie gerasperde cheddar kaas

1 Ringkoekpan wat kan losknip of groot genoeg plat pan sodat hele “koek”uitgelig kan word

Braai uie oor matige hitte in olie tot lekker bruin.  Gooi maalvleis by en braai tot bruin.  Gooi sout, peper, tamatiepasta, worcestershiresous en peri peri by en braai goed deur. Gooi water en soppoeier by tot dit ‘n lekker baie dik sous maak. : Meng Chutney en Mayonnaise. Smeer of spuit die pan goed. Sit 1 tortilla onder in. Smeer met so 1-2 eetlepels chutney mengsel. Skep so 1,5 cm laag maalvleismengsel oor. Sprinkel kaas oor. Herhaal tot jy eindig met ‘n tortilla. Smeer laaste tortilla met orige chutney mengsel en strooi kaas oor. Bak in oond vir 45 min op 160C. Haal uit –  Laat 15 minute toe om te set. Sny soos ‘n koek. Dien op saam met slaaie, salsa slaai  en vars broodrolletjie  Bedien 6-8 mense.

Advertisements

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s