VLASKYWE MET PUFF PASTRY EN VANILLA INSTANT POEDING
1 pak puff pastry – net oopgerol en nie uitgerol.
3 pakkies vanilla instant poeding
625ml koue melk
500 ml room
Versiersuiker aangemaak met bietjie suurlemoensap
Meng die 3 pakkie poeding met melk soos aangedui op pakkie, en los om te stol.
Klits room styf en meng in by die poeding mengsel.
Sny puff pastry in lang repe – en dan in die grootte wat jy dit wil he, of slegs repe en sny die grootte wat jy wil he as pastry gaar is. (sien foto)
Neem vurk en prik die deeg ooral met gaatjies
Bak by 180gr C tot goudbruin en opgepof
Verwyder uit die oond en laat afkoel.
Neem skerp mes en deel die puff pastry vierkant in 2 – sny horisontaal oop
Skep beslag op onderste deel van die puff pastry
Sit boonste deel weer op.
Smeer/gooi die versiersuiker en suurlemoensap mengsel oor en sprinkel met sif droe versiersuiker oor.
Jy kan ook jou vlaskywe met 3 of 4 lae puff pastry pak met die vulsel tussen in.
Ek het ook al as ek my versiersuiker aanmaak, granadilla mouse gebruik ipv suurlemoensap. Dit is net so ‘n effense “twist” as die gewone.
Nog ‘n idée is om skyfies aarbeie tussen die lae met die poeding mengsel in te sit.
You must be logged in to post a comment.