Marineer steaks so vir ‘n rukkie in worstersous, suurlemoensap en bakpoeier.
Druk steak in meel, dan in eier, weer in meel – gooi sout en peper oor – plaas vir so 20 min in yskas. Sit in pan wat se olie reeds warm is – die olie moet nie… koud wees nie anders le jou vleis en degie in die koue olie en val die degie van die vleis af.
Sit deksel op jou pan
Letterlik 2 minute later – draai om, dan lyk dit so – 1 tot 2 minute verder – haal uit, sit op handdoekpapier om ergste olie af te dreineer
Kook aartappels tot sag, sout peper mayonaise en botter
of:
Kook sommer in die mikrogolf in ‘n plastieksak – 2/3 groot aartappels . Prik gaatjies in die aartappel. Mikrogolf so om en by 8 min- gee dan staantyd van so 3 minute binne in die mikrogolf, moenie die deur oopmaak nie. Dien aartappels dadelik op na 3 minute staantyd, moenie dit vir ‘n ruk in die mikrogolf laat le nie, anders raak dit taai en verimpeld soos ou skoene. Indien jy sien die aartappels is nog hard, mikrogolf weer so ‘n minuut of 2 – dien op.
You must be logged in to post a comment.