Hoenderpastei met romerige kaasdeeg


Hoenderpastei - Foto radioshack.co.za

Hoenderpastei – Foto radioshack.co.za

Hoenderpastei met romerige kaasdeeg
Hierdie romerige kaasdeeg kan ook vir pasteitjies en kleingebak gebruik word. Die deeg kan tot drie maande bevries word.
250ml koekmeel 2ml sout
5ml mosterdpoeier 125g koue botter
125g gladde maaskaas

Sif droë bestanddele saam. Vryf die botter met die vingerpunte in tot los en krummelrig. Voeg die maaskaas by en meng tot ‘n sagte deeg. Draai die deeg in kleef plastiek toe en verkoel ‘n paar uur.

VULSEL
675g hoenderborsies, ontvel en ontbeen 500 ml hoenderaftreksel
60g botter 150ml koekmeel
375 ml melk 45ml sjerrie
suurlemoensap sout en vars gemaalde swartpeper
30g botter 1 middelslag-ui, gekap

Plaas die vleis en aftreksel in ‘n kastrol en laat prut. Verlaag die hitte sodat die vloei stof net borrel. Bedek en laat kook tot gaar. Lig die vleis uit die vloeistof (hou eenkant om vir die witsous te gebruik) en laat effens afkoel. Sny die vleis in blokkies. Gebruik ‘n groter kastrol en smelt die botter oor medium hitte. Voeg die koekmeel by en roer terwyl dit ‘n minuut kook. Haal van die stoof af, voeg 500 ml van die hoenderaftreksel by en klop tot glad. Klop die melk in en bring oor medium hitte tot prut-punt terwyl jy aanhoudend klop. Voeg die vleis en sjerrie by en kook een minuut. Voeg die suurle-moensap en sout en peper na smaak by. Stel intussen die oond op 180°C. Verhit die  30g botter. Voeg die ui, wortels en seldery by en roerbraai sowat 5 minute.  Roer die groente by die romerige hoendervleis in. Voeg die ertjies en pietersielie by. Skep die hoender-groentemengsel in ‘n gesmeerde pasteibak. Rol deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak uit tot 3 mm dik. Plaas bo-oor die vulsel en bak 25 tot 30 minute in die voorverhitte oond

 

Advertisements

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s