Tag Archive | deeg

Vetkoeke


IMG_7621

HOE OM HOL VETKOEKE TE MAAK MET KLAAR VOORAFBEREIDE DEEG ( foto soos bo)
Neem jou vetkoekdeeg/brooddeeg wat jy by enige ketting winkel kan koop, knie sommer so in die sak dit bietjie deur met jou kneukels. Breek jou stukke. Dan trek jy dit plat dat dit soos ‘n vet plat pannekoek sou lyk. Los om te rys vir so 30 minute. Dit sal weer kleiner raak soos dit oppof. Trek die deeg vir ‘n 2de keer weer plat en druk sommer met jou handpalm die deeg plat – Los om te rys vir weer tenminste 30 min +. Maak jou olie warm, sit vekoek in die olie en dan BAIE BELANGRIK, skep warm olie die heeltyd bo-oor die vetkoek totdat jy sien die vetkoek is mooi opgepof en bruin. Draai om, en hou aan om warm olie oor die vetkoek te skep tot gaar.

Gerrit En Mina Viljoen

Ek gebruik ook die uitrolmetode. Nadat ek dit uitgerol het druk ek dit af met n lee 900g lee konfytblik, laat dit rys en bak in warm olie. Nie diep olie nie, maar dit moet tenminste jou vetkoek 1/2de bedek as jy dit in die olie sit. Ek gebruik my elektriese braaipan, dan is daar n klomp op 1 slag klaar. .

Erika Lehmann

Nog ‘n makliker manier. Haal deeg uit sak en rol met koekroller uit op meelbestrooide oppervlak. Moenie afknie nie. Sny met mes die grote wat jy verlang word. Laat staan vir so 15 min en bak

Charmaine Amery Kirsten

Ek rol my deeg uit,sny vetkoeke dan uit of druk,dan laat staan ek dt so halfuur.wanneer ek dit bak vat ek lepel en skep olie oor hom tot hy rys.dan draai ek dit gou om.jy moet di kant van di vetkoek wat op tafel le,bo laat le in olie dan skep jy di olie vinnig oor.my vetkoeke altyd hol en jy kan baie vulsel inskep

 

HOL VETKOEKE
8 k koekmeel
1 pakkie kits suurdeeg
1 eetl sout
bietjie suiker (30ml)
liter louwarm water
olie (om mee af te knie)
Knie alles saam. Deeg moet styf wees, anders absorbeer dit te veel olie tydens bakproses)
Smeer bietjie olie bo-oor. Maak toe met plastieksak.
Laat rys 30 min.
Knie af
Rol deeg uit tot so 2 cm dik
Gebruik blikkie waarvan beide kante afgesny is, en druk uit
(Dit maak dat die vetkoek hol is binne-in)
Druk vetkoek effens plat tussen hande en bak in warm olie.
Ek gooi altyd eers ‘n klein stukkie deeg in olie. As dit goudbruin is, weet ek die olie is warm genoeg. Draai vetkoeke met ‘n tangetjie om, ander suig dit te veel olie op deur die vurk se gaatjies.
Dieselfde deeg gebruik ek vir pizzadeeg, brood (knie net 2x af) en roosterkoek.

Vetkoekraad:
Ek het gevind om die deeg baie dun uit te rol maak die vetkoek hol of ek het al my deeg gerol, dan sny met skerp mes blokke en bak.
Om vetkoeke lekker hol te kry vir jou maalvleis rol die deeg met n koekroller so 2 cm en druk uit met drukker of glas dan pof hulle sommer so

 

KITS VETKOEKE
250g(500ml) Gesifte koekmeel
15ml bakpoeier
2ml sout
300ml Lou melk
Kookolie vir diep/braai
Sif droe bestandele saam, maak met melk aan tot sagte deeg..
Skep lepelsvol in warm olie en bak tot goudbruin
Eet saam met appelkooskonfyt & kaas of stroop of Kerrie maalvleis

 

VETKOEKIES DE LUXE (SEDERT 1950’s)
Bestanddele
1½ k Koekmeelblom
2 t Bakpoeier
½ t Sout
‘n Knypie Neutmuskaat
¼ t Kaneel
½ k Suiker
½ k Melk
1 e Olie
1 Eier
Olie vir diepbraai

Metode
Verhit die olie vir diepbraai. Sif die droë bestanddele saam. Klits die melk, olie en eiers saam. Voeg die droë bestanddele by die melkmengsel en meng goed. Drup lepels vol van die deeg mengsel in die olie. Braai ongeveer 3 tot 5 minute, tot goudbruin. Dreineer op papier handdoek.

Wenk
Suiker kan oor die vetkoekies gegooi word, indien verkies. Dit sal ook nie skade doen as jy kaneel suiker oorgooi nie. Een wenk wat hulle in die ou kookboeke gee is die lepel waarmee jy die deeg inskep, moet eers in die warm olie gedruk word. Dan moet ‘n skeppie deeg uitgeskep word en in die olie gegooi word. Die rede is natuurlik dan sal die deeg afgly van die lepel af.

 

SOET VETKOEKDEEG:
Ek het die resep in Sarie gevind. Dis die
enigste vetkoek resep wat ek gebruik. Hy het daai soet smakie.
200g (360ml) koekmeel
10ml bakpoeier
15ml suiker
3ml sout
2 eiers
125ml melk
500ml olie om in te braai.
Metode: sif meel, bakpoeier, sout en suiker saam. Klits eiers en melk saam. Voeg nat mengsel geleidelik by droe mengsel en meng goed. Dit is skep deeg. Doop lepel in olie en dan skep deeg die olie verseker dat die deeg maklik afkom. Braai dan tot goud bruin en dreineer op kombuis papier.

vetkoek.

IRENE SE VETKOEK

Deur Mary Irene (Boerekos.com)
Hierdie resep lewer so 16 vetkoeke of 1 brood en is n baie lekker deeg.

Bestanddele:
1.25 kg koekmeel (gesif),
1pakkie anchor kits suurdeeg,
10 ml sout,
10 ml suiker,
3 koppies lou warm water met 1 eetlepel wit asyn daarin,
750 ml kook olie om vetkoek in te braai.

Maak deeg aan met die louwarm water en knie goed. Laat rus vir 10 minute en knie af. Maak 16 balle en plaas eenkant om weer te rys. Verhit olie. Maak nou die deeg plat en plaas in matige warm olie. Braai eers aan eenkant tot ligbruin en keer dan om en braai aan anderkant tot ligbruin.Die vetkoek sal sommer veerlig voel.

 

VETKOEK
250 ml ( 1 c ) cake flour
5 ml ( 1 t ) baking powder
1,2 to 2,5 ml ( ¼ to ½ t ) salt
1 egg
125 ml ( ½ c ) water or milk
Fat or oil for frying

Butter

Soft the dry ingredients together.
Beat the egg and mix with the dry ingredients. Blend with water to make a thin batter.
Heat sufficient vegetable fat in a frying pan to cover the base of the pan. Drop the batter into the hot fat by the spoonful and fry until golden brown on both sides.
Serve hot with butter.
Source: shonaskitchen.co.za

vetkoek4
KOOKWATER VETKOEKIES
500ml ongesifte koekmeelblom
10ml bakpoeier
Knippie sout
30ml suiker
Sif droe bestanddele saam, kook 300ml water, breek 2 eiers in en klits vinnig, gooi by meelmengsel., moet nie te styf wees nie, gooi nog water by
Gooi olie in kastrol vir diepbraai, skep eetlepels vol in olie, bak lekker bruin. Het soet smaak. My kinders eet hulle net so kan nie voorbly nie

Rencia Odendaal Pretorius
VETKOEKDEEG:
500ml louwarm water, 1 en half tl droe gis, 1 tl suiker, gooi al b.g bymekaar en laat staan vir 10 minute. Voeg by 1 tl sout, half kop lou melk meel om matige stywe deeg te vorm – gooi maar so bietjies gewys by tot jy sien jou deeg is reg. Knie goed deur en laat staan vir 1 en half uur om te rys- maak bolle, laat weer uitrys en bak.

Rencia Odendaal Pretorius
HOE OM VETKOEK TE BAK MET KLAAR VOORBEREIDE BROOD DEEG:

Vat jou deeg, knie net effens deur. Sommer so in die plastieksakkie. Rol nou die deeg in ‘n worsrol en sny 6 stukke uit die deeg. Vat ‘n skinkbord en strooi meel oor. Trek die deeg effe plat, Sit nou die stukke deeg op die skinkbord en los vir ‘n rukkie om te rys. Maak jou olie warm en gooi so 3 op ‘n slag in die warm olie – GROOT GEHEIM VAN VETKOEK BAK: Skep met lepel die heeltyd warm olie bo-oor die vetkoeke. As jy sien die vetkoek begin bruin word aan die onderkant, draai vetkoek om – of die vetkoek sal sommer vanself omdraai, en hou aan om olie oor die vetkoek te gooi. Vetkoek is gaar as jy die vetkoek KLOP en dit klink hol en dit het ‘n mooi goudbruin kleur. As jy bang is dit is nog rou, doen die toetspen toet. Onthou net, jou olie moet warm wees. Om te toets, gooi klein stukkie degie in die olie. As dit begin borrel en boontoe kom is jou olie reg, as dit onder op die bodum in die olie bly le is jou olie nog te koud en suig jou deeg te veel olie.

IMG_008344

 ‘n ANDER IDEE MET JOU VETKOEK: VETKOEK HAMBURGER

Per persoon
1 vetkoek oopgesny of 1 hamburger broodrolletjie
Smeer onder op vetkoek enige tamatiemengsel of sommer tamatiesous/sweet chillie sous en mayonaise gemeng, net effe warm gemaak in die mikrogolf
Sit nou op elkeen skyfies tamatie, komkommer en uie ringe.
Sit nou op elkeen ‘n hamburger pattie.
Sit op die eenkant ‘n skyfie maxi gouda proseseerde kaas en op die ander een ‘n sag gebakte eier.
Sny/breek jou blaarslaai in stukkies en gooi oor die hamburger.

Jy kan ook as jy wil, uie en sampioene braai tot sag, en die bo-oor die patties skep. Dit maak die hamburger net nog sappiger

 

Advertisement

Chicken kisses


hoender kisses

 

 

Chicken Kisses

By: http://www.shugarysweets.com/2011/09/chicken-kisses

Bestanddele
• 4 koppie gaar hoender in blokkies gesny
• 1 houertjie cream cheese/roomkaas, versag
• 4 eetl botter, saggemaak
• 1 teelepel sout
• 1/2 teelepel peper
• 1/4 koppie melk
• 1 eetlepel gerasperde ui
• Puff pastry /skilferkorsdeeg
• 1 houer Heinz hoender sous, of enige sous wat jy verkies

Instruksies
1. Meng hoender, room kaas, botter, speserye, melk en uie in bak.
2. Rol deeg bietjie uit. Hier kan jy nou jou eie pakkies vorm soos keuse. Sny sirkels, maak reghoekige of langwerpiges, Jy kan selfs een groot pastei vorm. Knyp die hoeke goed vas.
Smeer met bietjie eier, of mayonase.
3. Bak by 375 vir ongeveer 15-20 minute.
Verhit die hoendersous, giet oor pasteie en …Geniet dit!

Hier is die resep wat ek gemaak het. Ek het net een groot pastei gemaak, het 3 veranderinge gemaak:
Repies spek bygevoeg (die het ek sommer in die mikrogolf vir so ‘n minuut gehad)
Halwe teelepel knoffel bygevoeg
Die ui het ek net in fyn blokkies gesny.
Die is regtig ‘n baie baie lekker en vinnige resep:
IMG_6950

Deeg/Pastry Wenke


PIE versierings

Foto soos bo:

Paar idees om jou pasteideeg om jou tertbak  te versier.

*

Paar idees om jou pastei deeg mooi goudbruin kleur te gee:

Photo - skiptomylou.org

Photo – skiptomylou.org

Vervang jou eier mengsel met vlapoeier wat opgelos is in melk of water

Gebruik mayonaise

Gebruik mayonaise met 1 eiergeel

*

Maklike manier om driehoek appelkooskoekies, vingehappies, pasteitjies of selfs samoosas te vou

Pasteitjies:

Source Unkown

Source Unkown

Druk sirkel vormpies uit deeg uit, skep vulsel in middel en vou oor mekaar tot halfmaan pasteitjie, druk halfmaan kante goed met vurk vas, smeer bo-oor met geklopte eiergeel wat met gesmelte botter geklits is.

Bak in oond tot goudbruin.

Source Unknown

Source Unknown

Gebruik klaar voorafbereide brooddeeg – as klaar voeltjie gemaak het, verf bietjie melk of eier oor om dit ‘n  mooi  goudbruin kleur te gee. Bak by voorafverhitte oond by 180 grade C tot gaar. Kyk maar self wanneer dit gaar is – sal seker so om en by 20 min wees. Daar is geen resep by nie.

Slow cooker Brood


slow cooker brood

BROOD IN JOU PRUTPOT

Crock Pot Bread Recipe

By: http://busymomsmenuplan.blogspot.com/2012/07/how-to-make-homemade-bread-in-crock-pot.html

Make Simple Bread Dough and let rise for 1 hour. (gewone klaar voorafbereide brooddeeg bietjie deurgeknie sal ook werk)

Line crock pot (slow cooker) with 1 sheet of parchment paper folded in half (this is to prevent the bread from sticking to the bottom).

Place dough on parchment paper. Place lid on crock pot and cook on low for 1 1/2 hours (I usually check it halfway through).
Bread is ready when the crust is golden brown and delicious!!

If the crust is not golden brown enough:
Stick the bread under the broiler for 5 minutes or until it is the color you like, with the rack positioned in the middle of the oven.

Vingerhappies


Vingerhappie

Vingerhappie

Kyk die maklike VINGERHAPPIE idee:
(Unknown)
Klaar voorafbereide deeg, uitgerol en in sirkels gesny. Maak kepe in, vul met jou vulsel soos bv tuna mayonaise of chicken mayo of spinasie met feta ens. Selfs soet soos ‘n rolo sal lekker werk.
Rol op soos stappe op foto.
Bak in oond by 180 C tot goudbruin en opgepof.