Tag Archive | yeast

Vetkoeke


IMG_7621

HOE OM HOL VETKOEKE TE MAAK MET KLAAR VOORAFBEREIDE DEEG ( foto soos bo)
Neem jou vetkoekdeeg/brooddeeg wat jy by enige ketting winkel kan koop, knie sommer so in die sak dit bietjie deur met jou kneukels. Breek jou stukke. Dan trek jy dit plat dat dit soos ‘n vet plat pannekoek sou lyk. Los om te rys vir so 30 minute. Dit sal weer kleiner raak soos dit oppof. Trek die deeg vir ‘n 2de keer weer plat en druk sommer met jou handpalm die deeg plat – Los om te rys vir weer tenminste 30 min +. Maak jou olie warm, sit vekoek in die olie en dan BAIE BELANGRIK, skep warm olie die heeltyd bo-oor die vetkoek totdat jy sien die vetkoek is mooi opgepof en bruin. Draai om, en hou aan om warm olie oor die vetkoek te skep tot gaar.

Gerrit En Mina Viljoen

Ek gebruik ook die uitrolmetode. Nadat ek dit uitgerol het druk ek dit af met n lee 900g lee konfytblik, laat dit rys en bak in warm olie. Nie diep olie nie, maar dit moet tenminste jou vetkoek 1/2de bedek as jy dit in die olie sit. Ek gebruik my elektriese braaipan, dan is daar n klomp op 1 slag klaar. .

Erika Lehmann

Nog ‘n makliker manier. Haal deeg uit sak en rol met koekroller uit op meelbestrooide oppervlak. Moenie afknie nie. Sny met mes die grote wat jy verlang word. Laat staan vir so 15 min en bak

Charmaine Amery Kirsten

Ek rol my deeg uit,sny vetkoeke dan uit of druk,dan laat staan ek dt so halfuur.wanneer ek dit bak vat ek lepel en skep olie oor hom tot hy rys.dan draai ek dit gou om.jy moet di kant van di vetkoek wat op tafel le,bo laat le in olie dan skep jy di olie vinnig oor.my vetkoeke altyd hol en jy kan baie vulsel inskep

 

HOL VETKOEKE
8 k koekmeel
1 pakkie kits suurdeeg
1 eetl sout
bietjie suiker (30ml)
liter louwarm water
olie (om mee af te knie)
Knie alles saam. Deeg moet styf wees, anders absorbeer dit te veel olie tydens bakproses)
Smeer bietjie olie bo-oor. Maak toe met plastieksak.
Laat rys 30 min.
Knie af
Rol deeg uit tot so 2 cm dik
Gebruik blikkie waarvan beide kante afgesny is, en druk uit
(Dit maak dat die vetkoek hol is binne-in)
Druk vetkoek effens plat tussen hande en bak in warm olie.
Ek gooi altyd eers ‘n klein stukkie deeg in olie. As dit goudbruin is, weet ek die olie is warm genoeg. Draai vetkoeke met ‘n tangetjie om, ander suig dit te veel olie op deur die vurk se gaatjies.
Dieselfde deeg gebruik ek vir pizzadeeg, brood (knie net 2x af) en roosterkoek.

Vetkoekraad:
Ek het gevind om die deeg baie dun uit te rol maak die vetkoek hol of ek het al my deeg gerol, dan sny met skerp mes blokke en bak.
Om vetkoeke lekker hol te kry vir jou maalvleis rol die deeg met n koekroller so 2 cm en druk uit met drukker of glas dan pof hulle sommer so

 

KITS VETKOEKE
250g(500ml) Gesifte koekmeel
15ml bakpoeier
2ml sout
300ml Lou melk
Kookolie vir diep/braai
Sif droe bestandele saam, maak met melk aan tot sagte deeg..
Skep lepelsvol in warm olie en bak tot goudbruin
Eet saam met appelkooskonfyt & kaas of stroop of Kerrie maalvleis

 

VETKOEKIES DE LUXE (SEDERT 1950’s)
Bestanddele
1½ k Koekmeelblom
2 t Bakpoeier
½ t Sout
‘n Knypie Neutmuskaat
¼ t Kaneel
½ k Suiker
½ k Melk
1 e Olie
1 Eier
Olie vir diepbraai

Metode
Verhit die olie vir diepbraai. Sif die droë bestanddele saam. Klits die melk, olie en eiers saam. Voeg die droë bestanddele by die melkmengsel en meng goed. Drup lepels vol van die deeg mengsel in die olie. Braai ongeveer 3 tot 5 minute, tot goudbruin. Dreineer op papier handdoek.

Wenk
Suiker kan oor die vetkoekies gegooi word, indien verkies. Dit sal ook nie skade doen as jy kaneel suiker oorgooi nie. Een wenk wat hulle in die ou kookboeke gee is die lepel waarmee jy die deeg inskep, moet eers in die warm olie gedruk word. Dan moet ‘n skeppie deeg uitgeskep word en in die olie gegooi word. Die rede is natuurlik dan sal die deeg afgly van die lepel af.

 

SOET VETKOEKDEEG:
Ek het die resep in Sarie gevind. Dis die
enigste vetkoek resep wat ek gebruik. Hy het daai soet smakie.
200g (360ml) koekmeel
10ml bakpoeier
15ml suiker
3ml sout
2 eiers
125ml melk
500ml olie om in te braai.
Metode: sif meel, bakpoeier, sout en suiker saam. Klits eiers en melk saam. Voeg nat mengsel geleidelik by droe mengsel en meng goed. Dit is skep deeg. Doop lepel in olie en dan skep deeg die olie verseker dat die deeg maklik afkom. Braai dan tot goud bruin en dreineer op kombuis papier.

vetkoek.

IRENE SE VETKOEK

Deur Mary Irene (Boerekos.com)
Hierdie resep lewer so 16 vetkoeke of 1 brood en is n baie lekker deeg.

Bestanddele:
1.25 kg koekmeel (gesif),
1pakkie anchor kits suurdeeg,
10 ml sout,
10 ml suiker,
3 koppies lou warm water met 1 eetlepel wit asyn daarin,
750 ml kook olie om vetkoek in te braai.

Maak deeg aan met die louwarm water en knie goed. Laat rus vir 10 minute en knie af. Maak 16 balle en plaas eenkant om weer te rys. Verhit olie. Maak nou die deeg plat en plaas in matige warm olie. Braai eers aan eenkant tot ligbruin en keer dan om en braai aan anderkant tot ligbruin.Die vetkoek sal sommer veerlig voel.

 

VETKOEK
250 ml ( 1 c ) cake flour
5 ml ( 1 t ) baking powder
1,2 to 2,5 ml ( ¼ to ½ t ) salt
1 egg
125 ml ( ½ c ) water or milk
Fat or oil for frying

Butter

Soft the dry ingredients together.
Beat the egg and mix with the dry ingredients. Blend with water to make a thin batter.
Heat sufficient vegetable fat in a frying pan to cover the base of the pan. Drop the batter into the hot fat by the spoonful and fry until golden brown on both sides.
Serve hot with butter.
Source: shonaskitchen.co.za

vetkoek4
KOOKWATER VETKOEKIES
500ml ongesifte koekmeelblom
10ml bakpoeier
Knippie sout
30ml suiker
Sif droe bestanddele saam, kook 300ml water, breek 2 eiers in en klits vinnig, gooi by meelmengsel., moet nie te styf wees nie, gooi nog water by
Gooi olie in kastrol vir diepbraai, skep eetlepels vol in olie, bak lekker bruin. Het soet smaak. My kinders eet hulle net so kan nie voorbly nie

Rencia Odendaal Pretorius
VETKOEKDEEG:
500ml louwarm water, 1 en half tl droe gis, 1 tl suiker, gooi al b.g bymekaar en laat staan vir 10 minute. Voeg by 1 tl sout, half kop lou melk meel om matige stywe deeg te vorm – gooi maar so bietjies gewys by tot jy sien jou deeg is reg. Knie goed deur en laat staan vir 1 en half uur om te rys- maak bolle, laat weer uitrys en bak.

Rencia Odendaal Pretorius
HOE OM VETKOEK TE BAK MET KLAAR VOORBEREIDE BROOD DEEG:

Vat jou deeg, knie net effens deur. Sommer so in die plastieksakkie. Rol nou die deeg in ‘n worsrol en sny 6 stukke uit die deeg. Vat ‘n skinkbord en strooi meel oor. Trek die deeg effe plat, Sit nou die stukke deeg op die skinkbord en los vir ‘n rukkie om te rys. Maak jou olie warm en gooi so 3 op ‘n slag in die warm olie – GROOT GEHEIM VAN VETKOEK BAK: Skep met lepel die heeltyd warm olie bo-oor die vetkoeke. As jy sien die vetkoek begin bruin word aan die onderkant, draai vetkoek om – of die vetkoek sal sommer vanself omdraai, en hou aan om olie oor die vetkoek te gooi. Vetkoek is gaar as jy die vetkoek KLOP en dit klink hol en dit het ‘n mooi goudbruin kleur. As jy bang is dit is nog rou, doen die toetspen toet. Onthou net, jou olie moet warm wees. Om te toets, gooi klein stukkie degie in die olie. As dit begin borrel en boontoe kom is jou olie reg, as dit onder op die bodum in die olie bly le is jou olie nog te koud en suig jou deeg te veel olie.

IMG_008344

 ‘n ANDER IDEE MET JOU VETKOEK: VETKOEK HAMBURGER

Per persoon
1 vetkoek oopgesny of 1 hamburger broodrolletjie
Smeer onder op vetkoek enige tamatiemengsel of sommer tamatiesous/sweet chillie sous en mayonaise gemeng, net effe warm gemaak in die mikrogolf
Sit nou op elkeen skyfies tamatie, komkommer en uie ringe.
Sit nou op elkeen ‘n hamburger pattie.
Sit op die eenkant ‘n skyfie maxi gouda proseseerde kaas en op die ander een ‘n sag gebakte eier.
Sny/breek jou blaarslaai in stukkies en gooi oor die hamburger.

Jy kan ook as jy wil, uie en sampioene braai tot sag, en die bo-oor die patties skep. Dit maak die hamburger net nog sappiger

 

Advertisement

Brood/Brode


Brood

Brood

Brood

Jenny Wait

Ek gebruik 4kop wit meel en 1kop bruin broodmeel, 3t sout, 6t suiker, 3 eetl olie, 2pk yeast en 2kop lou water! Laat n uur rys knie af en maak 2 brode rys dan so 45 min en bak 180gr n uur lank en gebruik die deeg vir vetkoek ook! Ek bak elke 3de dag brood!

Maklike Brood

Julz van der Merwe

125 ml melk
2 El margarien
– kook saam en laat afkoel
4 koppies brood- of koekmeel
… 1 pakkie kitsgis, 1 t sout
– Meng
Meng die twee mengsels. Maak aan met ongeveer 300 ml lou water. Knie 5 minute. Maak toe en sit op warm plek om te rys vir 30 minute. Knie af, plaas in gesmeerde pan en laat rys nog 30 minute. Bak 1 uur by 180ºC.

Basiese Broodresep

Weg Tydskrif

Met hierdie veelsydige, basiese broodresep kan jy gewone brood, potbrood,roosterkoek, vetkoek en self askoek bak.
VIR 2 BRODE
1kg (7kp) witbroodmeel of helfte Nutty wheat en helfte witbroodmeel
2 teel suiker
1 teel sout
1 pakkie (10g) kitsgis
1 eetl olie
Ongeveer 2 kp louwarm water
Meng die droe bestandele en gooi genoeg louwater by om ‘n hanteerbare deeg te vorm.
Knie die deeg tot glad. Sit die deeg in ‘n gesmeerde bak en bedek met kleefplastiek. Laat staan dit vir 15min op ‘n warm plek totdat die deeg in volume verdubbel het. Dis nou reg vir gebruik.

Maklike Brood

125 ml melk, 2 eetlepels margarien kook saam en laat afkoel
4 koppies brood of koekmeel
1 pakkie kitsgis, 1 t sout Meng brood- of koekmeel met kitsgis en sout
Meng die twee mengsels. Maak aan met ongeveer 300 ml lou water. Knie 5 minute. Maak toe en sit op warm plek om te rys vir 30 minute. Knie af, plaas in gesmeerde pan en laat rys nog 30 minute. Bak 1 uur by 180ºC.

Basiese Bruinbrood

400 g meel 10g kitsgis
350 g nutty wheat 30 g margarien
ongeveer 500 ml warm water 1 t sout
Meng meel en sout. Vryf margarien in. Sprinkel kitsgis bo oor en meng. Voeg geleidelik die water by, meng tot sagte maar nie klewerige deeg. Knie tot glad en elasties. Plaas in gesmeerde skottel en maak toe met gesmeerde cling wrap. Plaas op warm plek tot dubbel in grootte gerys. Knie af vir 5 minute lank. Plaas in broodpan en laat weer rys. Bak by 190ºC vir ongeveer 40 minute.

Bruinbrood

600ml witbroodmeel 560ml volkoringmeel
600ml bruinbroodmeel 1x10g kitsgis
sout na smaak 500-750ml warm water

Meng die meel, gis en sout in ‘n groot mengbak. Maak ‘n holte in die meel en voeg 500ml van die water by. Meng met ‘n lepel tot ‘n stywe deeg vorm. As die deeg te styf is, kan nog water bygevoeg word. Knie deeg op ‘n houtplank wat liggies met meel bestrooi is, tot glad en elasties. Vorm die deeg in twee gesmeerde broodpanne, bedek en laat rys tot dubbel die volume. Bak 40-60 minute in ‘n voorverhitte oond by 200C. Laat op ‘n draadrak afkoel.

Witbrood

1kg witbroodmeel 15ml sout
10ml suiker 1x10g Anchor kits droëgis
20g botter 625ml lou water
Sif die meel, sout, suiker en gis saam. Vryf botter by droë bestanddele in. Voeg lou water by en meng tot ‘n sagte deeg. As die deeg te droog is, kan nog bietjie water bygevoeg word. Knie deeg tot sag en elasties. Plaas in ‘n olie gesmeerde mengbak, bedek en laat 20 minute lank rus. Nadat deeg gerys het, knie af en verdeel in 2 ewe groot dele, vorm en plaas in gesmeerde broodpanne. Bedek en laat rys op ‘n warm plek, 35-40 minute lank of tot dubbel die hoeveelheid deeg. Bestryk met water en bak in voorverhitte oond by 200C, vir 35 minute of tot gaar.

Brooddeeg/vetkoekdeeg, gekoopte deeg (klaar voorafbereide brooddeeg by jou winkel)


brooddeeg

Indien jy nie deeg kan koop nie, maak die maklike resep:

Julz van der Merwe

MAKLIKE BROOD/DEEG
125 ml melk
2 El margarien
kook saam en laat afkoel
4 koppies brood- of koekmeel
1 pakkie kitsgis,

1 t sout
– Meng
Meng die twee mengsels. Maak aan met ongeveer 300 ml lou water. Knie 5 minute. Maak toe en sit op warm plek om te rys vir 30 minute. Knie af, plaas in gesmeerde pan en laat rys nog 30 minute. Bak 1 uur by 180ºC.

*

 Lede se insette met idees wat ons met ‘n pak brooddeeg kan doen wat by ‘n winkel gekoop is:

Eleanor Van der Westhuizen Ek neem die brooddeeg maak balletjies, plaas in bakpan, vat 1pakkie wit uiesoppoeier met 250ml room meng en gooi oor deeg maak bak toe en bak 1uur by 180 grade, heerlik saam braaivleis..

Jenny Schneigansz Maak ronde sirkles, sit enige gaar maalvleis, stew ens in middel, vou toe, seel met water, laat bietjie rys, braai in olie.

Welna Boshoff Erasmus

Broodjie

1 pakkie Orley whip
1 pakkie wit uit sop
1 ui opgekap
kaas vir bo op
bacon
chilli flakes en tiemie
1 pak deeg by Spar

Voorverhit oond op 180
Maak bacon gaar en sny op in klein stukkies
Rol deeg in klein bolletjies en sit in oondbak.
Meng uiesop poeier met orley whip en gooi bo op bollietjies
Sprinkel ui, bacon, kaas, chilli flakes en tiemie op (kan greenpepper ook insit)
Bak vir so 50 min en toets met ‘n mes.

Jo-Anne Kemp Roll in balletjies in n oondpan,meng potato bake met room en bietjie melk,gooi oor,sit gerasperde kaas bo op en bak teen 180 grade vir so 25min

Heidi Viljoen Rol in balletjies, druk in elke balletjie ‘n choc eclair toffie (maak seker toffie is mooi toe in middel) strooi bruinsuiker oor, stip met klontjies botter en ‘n koppie room en bak vir so 35-40 min. Dis yummy verby!!!!

Leandra Buckle Ek druk die deeg plat smeer met garlic botter en gooi lekker baie feta en vars spinasie oor rol op plaas op bakpan maak snye bo in dat die spinasie uitpeul gooi cheddar kaas oor en bak tot gaar as hy uit die oond kom smeer weer met garlic botter .

Tanya Grundlingh Gooi bruisuiker onder in n pirex bak, rol deeg in balletjies en pak langs mekaar, gooi  room oor ennog bruinsuiker – so kwart koppie en bak in die oond vir so 30/40 min tot gaar

Alta Erasmus Lamprecht Druk om frankfurters of russians en bak bruin in olie

Ester Barnard Potbrood,vetkoek,buns en hotdogs. Rol deeg uit. Sny in reghoeke. Smeer sous van  jou  keuse. Draai stuk wors heeltemal toe daarmee. Bak 20 tot 30 min in oond by 180.

Rina Otto Joubert Bak koeksisters!

Jomarié Oliver Druk plat soos ‘n pizza-base, maak gaatjies in die deeg, druk, tamatie en kaas stukkies of roosmaryn, sout en tamatie in, bak vir  30-50min(afhangende v d grootte) by 180 grade…. Baie lekker as bygereg of braai voorgereg…

Debra Ann Brink I roll out little balls and place them next to each other in a baking pan. then drizzle dry brown mushroom soup over and a 250ml cream leave to bake for 30min and its divine

Estelle Van der Walt Gebruik oondbak met ‘n deksel: Rol in balletjies, maak potatoe bake aan n gooi bo-oor. Bestrooi met kaas. Bak in vuur of in die oond  en bedien saam braaivleis.

Marina Wolmarans Rol uit, sit dan gebraaide ui,spek en kaas in en rol op sit in pan en gooi room en pakkie wit wyn sous en kaas bo oor en bak vir 1 uur.

Jeanette van Wyk Maak klein bolletjies in oond pan, gooi blik chakalaka en klein room bo op, bak tot uitgerys……..jummmiiieee verby

Wilma Van Schalkwyk Dit werk baie lekker as n pizza basis. Jy kan dit dik hou of dun maak. Druk die deeg vas in n gesmeerde oondpan. Smeer n sous bo-oor (tamatie paste, chutney, mayonaise, blikkie tamatiesmoor of wat ookal). Strooi of pak gaar bestanddele bo-oor (maalvleis, bacon, ham, russians, pynappels, sampioene, hoenderstukkies, ens.). Strooi laastens genoeg kaas oor van jou keuse (cheddar, mozzerela, feta) en bak in oond by 180° tot deeg gaar is.

Magda Scholtz Maak lekker kook vleis met artapels en groente. Net voor dit gaar is pak ek die deeg in balletjies bo-op die vleis. Sit die deksel terug en los dat dit bak. As daar baie sous in is, is dit eers lekker, die sous trek in die deeg in. Ek los dit op ‘n lae hitte vir so ‘n uur. Moenie die deksel op lig nie, dit val dan heeltemal plat.

Lorett Brittnell Ek druk dit sommer baie plat en strooi baie kaas (feta en cheddar) oor en paprika, peper. kruie en aromat bo-oor. rol dit dan styf op en laat rus sodat dit weer bietjie kan rys. Sny dan stuke af en rol in dun worse vir broodstokkies. In die winter eet ons die wat nog sag binne is saam met sop en die res droog ek so bietjie uit. Heerlik om aan te peusel of stukkend te breek in warm sop. Langes en kortes deurmekaar

Mari-louise Cilliers Mak 10balletjies van die deeg,plaas in n diep oondbak,wat vooraf gespuit is met cook and spry(gooi 1bikki chakalaka wat sweetcorn in het oor)(gooi 1 houer 250ml room oor)en gerasperde kaas,bak vir n uur tot uur en n half indie oond teen 180grade,heerlik saam braai vleis

Amanicka Maloney Vat n oond bak spuit met spray en cook gooi baie bruinsuiker oor die bodem van die bak rol die deeg in balletjies en pak bo op die suiker in die bak strooi nog suiker bo op en room bak in oond baie lekker saam met braaivleis

Lourens En Madeleine Rademan Rol in balletjies, bak in olie tot gaar, wanner afgekoel is sprinkel versier suiker oor en smelt sjokolade oor. Hemels!

Marthe Van Zyl Soetbrood: (nagereg) Meng 2 koppies donkerbruin suiker met 500ml room in n kastrolletjie laat oor lae hitte smelt, moenie kook nie. Maak okkerneut grootte balletjies deeg pak in jou ovaal (met deksel) oondpan, gooi room mengsel oor. Sit deksel op. Plaas in koue oond. Skakel oond aan op 180 grade, bak so 1 uur. Haal uit, hou stewig vas en draai om, die baksel is nou in die deksel en die toffie sous is bo-op.

Joa Groenewaldt Kan di deeg dalk gevries word?

Ja dit vries baie lekker. Haal net uit en laat rustig ontvries op die kas, knie weer effe deur en gebruik soos gewoonweg.

Sonja Bezuidenhout Rol dit uit in ‘n groot reghoek, smeer met sagte botter, sprinkle ruim met bruinsuiker en kaneel, rol op soos ‘n rolkoek, sny in skywe. Pak skywe in ‘n gesmeerde pan, laat rys vir ‘n uur en bak dan teen 180 grade vir so ‘n uur – hou maar dop.

Ems Saaiman Klaar gekoopte  Ek rol die deeg in worsievorm, druk dit plat en plaas ‘n weenseworsie wat amper deurgesny is in lengte en gevul is met gerasperde cheddar kaas, op deeg. Vou dit toe soos ‘n kombersie om die worsie en braai dit soos gewone vetkoek in olie tot ligbruin en gaar.

Roosterkoeke4

ROOSTERKOEKE: https://kreatiewekosidees.com/?s=roosterkoeke

CHEDDARKAAS-EN-BILTONG VETKOEK: [deur Barbara Joubert]

VAT KORTPAD EN GEBRUIK KLAAR VOORAFBEREIDE BROODDEEG

(sowat 8 vetkoeke)
250 g (445 ml) witbroodmeel
250 g (445 ml) koekmeel
10 ml sout
1 x 10 g kitssuurdeeg
15 ml suiker
315 ml warm water
sowat 600 ml sonneblomolie
sowat 240 g cheddarkaas, gerasper
sowat 180 g gesnyde beesbiltong
SO MAAK JY:
Meng witbroodmeel, koekmeel, sout en suurdeeg. Kombineer suiker en warm water en voeg by die meel. Meng goed. Knie deeg vir minstens 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak
tot lekker elasties. Plaas deeg in ’n bak (taamlik groter as die deeg). Smeer ’n klein bietjie olie daaroor – dit verhinder uitdroging.
Maak bak met kleefplastiek toe en laat deeg op ’n louwarm plek rys tot byna dubbel die grootte. As dit nogal koud is, skakel ek my lou-oond op laag aan en laat die deeg daarin rys.
Knie die deeg af. Vorm ronde vetkoeke. Neem ’n hand vol gerasperde kaas en so 5 – 6 snye biltong en druk dit styf saam. Maak ’n holte bo in die middel van die vetkoek en druk saamgeperste kaas en- biltong in die middel van die deeg in. Druk die vulsel toe in die deeg en plaas vetkoeke op ’n bakplaat. Laat weer vir so 30 minute rys. Verhit olie in ’n kastrol.
Breek ’n klein stukkie deeg af om te toets of olie gereed is: As dit dadelik begin braai, is olie reg. Braai so 3 vetkoeke op ’n slag. Draai hulle om wanneer dit aan die een kant begin verbruin. Verlaag die olie se temperatuur en draai die vetkoeke nou en dan om. Hulle braai vir minstens 10 minute. Dreineer op kombuispapier.

VETKOEK

Anys beskuit


Anys beskuit -Foto Soutenpeper blog

Anys beskuit -Foto Soutenpeper blog

Ilona Breytenbach

Anys beskuit

Bestanddele

5kg meelblom

5pakkies kitsgis

500g rama margarien/stork to bake

1 pakkie anys

8 teel sout

2 kop suiker

2 liter louwater

1 blik kondensmelk

Metode

Gooi meel in groot skottel en dan al die ander bestanddele vat so plus minus louwarm water en gooi dit bietjie vir bietjie by terwyl jy knie en knie tot deeg nie meer aan die hande vas sit nie en tot dit elasties is maak goed toe in warm plek en laat rys tot dubbel die grote. Knie af smeer brood panne met margarien en maak bolletjies en pak in pan tot vol laat rys en bak in oond vir 1 uur met temperatuur van 180grade. Laat afkoel en droog uit in oond met temperatuur van 70grade.

Carol Elliott Claassen

Anys beskuit

375g botter of margarien

470 ml suiker

4 groot eiers

4x500g bruismeel

15 ml anys

10 ml sout

2.5 ml kremetart

1 liter kookmelk

Metode:

Smelt margarien of botter en suiker, laat afkoel en klop eiers by. Sif droë bestanddele saam en voeg saam met die kookmelk by eiermengsel. Voeg anys by en maak aan tot ‘n deeg. Laat 5 minute staan. Rol in balletjies en pak teen mekaar in 2 gesmeerde broodpanne van 220x120mm. Bak vir sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180ºC tot gaar. Laat afkoel en droog beskuit uit

Benhet Nieuwenhuis (Lekker resepte vir die jongergeslag)

Anys beskuit

4k Koekmeel

1K Suiker

Sout

2 Pakkies Anys

20ml Bakpoeier

200ml Botter

2 Eiers

150ml Melk

Metode:

Sif al die droe bestandele, Voeg dan anys by.

Vryf botter in.

Klits eiers,melk goed en vou in by meelmengsel.

Maak bolletjies en sit in gesmeerde pan

Bak 40min by 180C

Boere Beskuit


 

Boere Beskuit -Foto Afrikaner kos

Boere Beskuit -Foto Afrikaner kos

Boere Beskuit

750 ml melk

750 ml suiker

500 g botter of margarien

25 ml sout

3,75 kg koekmeelblom

3 pakkies kitsgis

1 liter water

3 eiers,geklits

Meng meelblom, kitsgis en sout saam. Kook melk, suiker, botter en water saam (oppas vir oor kook). Laat afkoel tot lou. Voeg eiers by. Voeg melkmengsel by meel en meng. Knie goed deur. (Indien ‘n bietjie styf, voeg nog melk by.) Maak warm toe en laat rys vir ongeveer 1½-2 uur of tot dubbel die grootte. Vorm balletjies, sonder om af te knie, en sit in gesmeerde panne. Laat rys op ‘n warm plek tot dit in grootte verdubbel het. Bak vir 1 uur in ‘n warm oond (180 C). Net voor dit uitgehaal word, word glasuursel opgesmeer. (Klits 10ml suiker met 12.5ml melk en smeer bo-oor.)  Sit terug in die oond tot dit blink en goudbruin is. Keer uit op afkoelrakke. Sodra dit koud is, breek in stukke en droog uit in lou oond, 100 C vir ongeveer 5 tot 6 uur.

Brötchens


Brötchens

Brötchens

Brötchens

Marietjie van den Heever

 

Sif saam 6 kop koekmeel en 1 t sout.

Meng 1 e suiker , 10 ml sonneblomolie en 450 ml louwarm water, voeg by pakkie kitsgis en laat staan tot dit skuim.Klits 3 eierwitte styf , meng dit saam met die vorige mengsel en die meel en knie goed.Maak toe en laat staan tot dit dubbel die groote gerys het. . Knie af maak 12 langwerpige rolletjies , laat rys tot dubbel die grootte, maak in elke broodjie ‘n langwerpige snit met ‘n gladde broodmes en verf 1 eierwit en 30ml melk (gemeng) oor. Plaas in voorafverwarmde oond teen 220 grade en bak vir 20 tot goudbruin. NB: Wanneer jy die oond aansit plaas jy ‘n bakkie met ‘n koppie water onder in die oond , dit gaan stoom maak tydens die bakproses