Ilona Breytenbach
Anys beskuit
Bestanddele
5kg meelblom
5pakkies kitsgis
500g rama margarien/stork to bake
1 pakkie anys
8 teel sout
2 kop suiker
2 liter louwater
1 blik kondensmelk
Metode
Gooi meel in groot skottel en dan al die ander bestanddele vat so plus minus louwarm water en gooi dit bietjie vir bietjie by terwyl jy knie en knie tot deeg nie meer aan die hande vas sit nie en tot dit elasties is maak goed toe in warm plek en laat rys tot dubbel die grote. Knie af smeer brood panne met margarien en maak bolletjies en pak in pan tot vol laat rys en bak in oond vir 1 uur met temperatuur van 180grade. Laat afkoel en droog uit in oond met temperatuur van 70grade.
Carol Elliott Claassen
Anys beskuit
375g botter of margarien
470 ml suiker
4 groot eiers
4x500g bruismeel
15 ml anys
10 ml sout
2.5 ml kremetart
1 liter kookmelk
Metode:
Smelt margarien of botter en suiker, laat afkoel en klop eiers by. Sif droë bestanddele saam en voeg saam met die kookmelk by eiermengsel. Voeg anys by en maak aan tot ‘n deeg. Laat 5 minute staan. Rol in balletjies en pak teen mekaar in 2 gesmeerde broodpanne van 220x120mm. Bak vir sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180ºC tot gaar. Laat afkoel en droog beskuit uit
Benhet Nieuwenhuis (Lekker resepte vir die jongergeslag)
Anys beskuit
4k Koekmeel
1K Suiker
Sout
2 Pakkies Anys
20ml Bakpoeier
200ml Botter
2 Eiers
150ml Melk
Metode:
Sif al die droe bestandele, Voeg dan anys by.
Vryf botter in.
Klits eiers,melk goed en vou in by meelmengsel.
Maak bolletjies en sit in gesmeerde pan
Bak 40min by 180C
Die laaste resep … is dit 4 koppies meel of 4 kg meel want ‘n kg suiker is ook 4 koppies, dit wil se 1 kg suiker op 4 koppies meel !!??
Dit lyk net nie reg nie … Help my asb!!
Is dit reg??
Hi dit is 4 kop meel en 1 kop suiker
Groete