Indien jy nie deeg kan koop nie, maak die maklike resep:
MAKLIKE BROOD/DEEG
125 ml melk
2 El margarien
kook saam en laat afkoel
4 koppies brood- of koekmeel
1 pakkie kitsgis,
1 t sout
– Meng
Meng die twee mengsels. Maak aan met ongeveer 300 ml lou water. Knie 5 minute. Maak toe en sit op warm plek om te rys vir 30 minute. Knie af, plaas in gesmeerde pan en laat rys nog 30 minute. Bak 1 uur by 180ºC.
*
Lede se insette met idees wat ons met ‘n pak brooddeeg kan doen wat by ‘n winkel gekoop is:
Eleanor Van der Westhuizen Ek neem die brooddeeg maak balletjies, plaas in bakpan, vat 1pakkie wit uiesoppoeier met 250ml room meng en gooi oor deeg maak bak toe en bak 1uur by 180 grade, heerlik saam braaivleis..
Jenny Schneigansz Maak ronde sirkles, sit enige gaar maalvleis, stew ens in middel, vou toe, seel met water, laat bietjie rys, braai in olie.
Broodjie
1 pakkie Orley whip
1 pakkie wit uit sop
1 ui opgekap
kaas vir bo op
bacon
chilli flakes en tiemie
1 pak deeg by Spar
Voorverhit oond op 180
Maak bacon gaar en sny op in klein stukkies
Rol deeg in klein bolletjies en sit in oondbak.
Meng uiesop poeier met orley whip en gooi bo op bollietjies
Sprinkel ui, bacon, kaas, chilli flakes en tiemie op (kan greenpepper ook insit)
Bak vir so 50 min en toets met ‘n mes.
Jo-Anne Kemp Roll in balletjies in n oondpan,meng potato bake met room en bietjie melk,gooi oor,sit gerasperde kaas bo op en bak teen 180 grade vir so 25min
Heidi Viljoen Rol in balletjies, druk in elke balletjie ‘n choc eclair toffie (maak seker toffie is mooi toe in middel) strooi bruinsuiker oor, stip met klontjies botter en ‘n koppie room en bak vir so 35-40 min. Dis yummy verby!!!!
Leandra Buckle Ek druk die deeg plat smeer met garlic botter en gooi lekker baie feta en vars spinasie oor rol op plaas op bakpan maak snye bo in dat die spinasie uitpeul gooi cheddar kaas oor en bak tot gaar as hy uit die oond kom smeer weer met garlic botter .
Tanya Grundlingh Gooi bruisuiker onder in n pirex bak, rol deeg in balletjies en pak langs mekaar, gooi room oor ennog bruinsuiker – so kwart koppie en bak in die oond vir so 30/40 min tot gaar
Alta Erasmus Lamprecht Druk om frankfurters of russians en bak bruin in olie
Ester Barnard Potbrood,vetkoek,buns en hotdogs. Rol deeg uit. Sny in reghoeke. Smeer sous van jou keuse. Draai stuk wors heeltemal toe daarmee. Bak 20 tot 30 min in oond by 180.
Rina Otto Joubert Bak koeksisters!
Jomarié Oliver Druk plat soos ‘n pizza-base, maak gaatjies in die deeg, druk, tamatie en kaas stukkies of roosmaryn, sout en tamatie in, bak vir 30-50min(afhangende v d grootte) by 180 grade…. Baie lekker as bygereg of braai voorgereg…
Debra Ann Brink I roll out little balls and place them next to each other in a baking pan. then drizzle dry brown mushroom soup over and a 250ml cream leave to bake for 30min and its divine
Estelle Van der Walt Gebruik oondbak met ‘n deksel: Rol in balletjies, maak potatoe bake aan n gooi bo-oor. Bestrooi met kaas. Bak in vuur of in die oond en bedien saam braaivleis.
Marina Wolmarans Rol uit, sit dan gebraaide ui,spek en kaas in en rol op sit in pan en gooi room en pakkie wit wyn sous en kaas bo oor en bak vir 1 uur.
Jeanette van Wyk Maak klein bolletjies in oond pan, gooi blik chakalaka en klein room bo op, bak tot uitgerys……..jummmiiieee verby
Wilma Van Schalkwyk Dit werk baie lekker as n pizza basis. Jy kan dit dik hou of dun maak. Druk die deeg vas in n gesmeerde oondpan. Smeer n sous bo-oor (tamatie paste, chutney, mayonaise, blikkie tamatiesmoor of wat ookal). Strooi of pak gaar bestanddele bo-oor (maalvleis, bacon, ham, russians, pynappels, sampioene, hoenderstukkies, ens.). Strooi laastens genoeg kaas oor van jou keuse (cheddar, mozzerela, feta) en bak in oond by 180° tot deeg gaar is.
Magda Scholtz Maak lekker kook vleis met artapels en groente. Net voor dit gaar is pak ek die deeg in balletjies bo-op die vleis. Sit die deksel terug en los dat dit bak. As daar baie sous in is, is dit eers lekker, die sous trek in die deeg in. Ek los dit op ‘n lae hitte vir so ‘n uur. Moenie die deksel op lig nie, dit val dan heeltemal plat.
Lorett Brittnell Ek druk dit sommer baie plat en strooi baie kaas (feta en cheddar) oor en paprika, peper. kruie en aromat bo-oor. rol dit dan styf op en laat rus sodat dit weer bietjie kan rys. Sny dan stuke af en rol in dun worse vir broodstokkies. In die winter eet ons die wat nog sag binne is saam met sop en die res droog ek so bietjie uit. Heerlik om aan te peusel of stukkend te breek in warm sop. Langes en kortes deurmekaar
Mari-louise Cilliers Mak 10balletjies van die deeg,plaas in n diep oondbak,wat vooraf gespuit is met cook and spry(gooi 1bikki chakalaka wat sweetcorn in het oor)(gooi 1 houer 250ml room oor)en gerasperde kaas,bak vir n uur tot uur en n half indie oond teen 180grade,heerlik saam braai vleis
Amanicka Maloney Vat n oond bak spuit met spray en cook gooi baie bruinsuiker oor die bodem van die bak rol die deeg in balletjies en pak bo op die suiker in die bak strooi nog suiker bo op en room bak in oond baie lekker saam met braaivleis
Lourens En Madeleine Rademan Rol in balletjies, bak in olie tot gaar, wanner afgekoel is sprinkel versier suiker oor en smelt sjokolade oor. Hemels!
Marthe Van Zyl Soetbrood: (nagereg) Meng 2 koppies donkerbruin suiker met 500ml room in n kastrolletjie laat oor lae hitte smelt, moenie kook nie. Maak okkerneut grootte balletjies deeg pak in jou ovaal (met deksel) oondpan, gooi room mengsel oor. Sit deksel op. Plaas in koue oond. Skakel oond aan op 180 grade, bak so 1 uur. Haal uit, hou stewig vas en draai om, die baksel is nou in die deksel en die toffie sous is bo-op.
Joa Groenewaldt Kan di deeg dalk gevries word?
Ja dit vries baie lekker. Haal net uit en laat rustig ontvries op die kas, knie weer effe deur en gebruik soos gewoonweg.
Sonja Bezuidenhout Rol dit uit in ‘n groot reghoek, smeer met sagte botter, sprinkle ruim met bruinsuiker en kaneel, rol op soos ‘n rolkoek, sny in skywe. Pak skywe in ‘n gesmeerde pan, laat rys vir ‘n uur en bak dan teen 180 grade vir so ‘n uur – hou maar dop.
Ems Saaiman Klaar gekoopte Ek rol die deeg in worsievorm, druk dit plat en plaas ‘n weenseworsie wat amper deurgesny is in lengte en gevul is met gerasperde cheddar kaas, op deeg. Vou dit toe soos ‘n kombersie om die worsie en braai dit soos gewone vetkoek in olie tot ligbruin en gaar.
ROOSTERKOEKE: https://kreatiewekosidees.com/?s=roosterkoeke
CHEDDARKAAS-EN-BILTONG VETKOEK: [deur Barbara Joubert]
VAT KORTPAD EN GEBRUIK KLAAR VOORAFBEREIDE BROODDEEG
(sowat 8 vetkoeke)
250 g (445 ml) witbroodmeel
250 g (445 ml) koekmeel
10 ml sout
1 x 10 g kitssuurdeeg
15 ml suiker
315 ml warm water
sowat 600 ml sonneblomolie
sowat 240 g cheddarkaas, gerasper
sowat 180 g gesnyde beesbiltong
SO MAAK JY:
Meng witbroodmeel, koekmeel, sout en suurdeeg. Kombineer suiker en warm water en voeg by die meel. Meng goed. Knie deeg vir minstens 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak
tot lekker elasties. Plaas deeg in ’n bak (taamlik groter as die deeg). Smeer ’n klein bietjie olie daaroor – dit verhinder uitdroging.
Maak bak met kleefplastiek toe en laat deeg op ’n louwarm plek rys tot byna dubbel die grootte. As dit nogal koud is, skakel ek my lou-oond op laag aan en laat die deeg daarin rys.
Knie die deeg af. Vorm ronde vetkoeke. Neem ’n hand vol gerasperde kaas en so 5 – 6 snye biltong en druk dit styf saam. Maak ’n holte bo in die middel van die vetkoek en druk saamgeperste kaas en- biltong in die middel van die deeg in. Druk die vulsel toe in die deeg en plaas vetkoeke op ’n bakplaat. Laat weer vir so 30 minute rys. Verhit olie in ’n kastrol.
Breek ’n klein stukkie deeg af om te toets of olie gereed is: As dit dadelik begin braai, is olie reg. Braai so 3 vetkoeke op ’n slag. Draai hulle om wanneer dit aan die een kant begin verbruin. Verlaag die olie se temperatuur en draai die vetkoeke nou en dan om. Hulle braai vir minstens 10 minute. Dreineer op kombuispapier.
Baie dankie hiervoor. Ek is mal oor enigiets met brooddeeg.