Coca cola sjokoladekoek


coca cola sjokoladekoek...

Coca-Cola Sjokoladekoek
Geskryf deur: jpetro
Bestanddele:

500ml meel
500ml suiker
5ml sout
250g botter
45ml kakao
250ml coca-cola
375ml marshmallows, in kwarte gesny
5ml koeksoda
125ml karringmelk
2 eiers, geklits
5ml vanieljageursel

Voorverhit oond na 180°C

Sif die meel en sout saam.
Voeg suiker by.
Verhit die botter, kakao en coca-cola saam tot die botter gesmelt is.
Verwyder van die hitte en voeg die marshmallows by. Roer tot die marshmallows gesmelt het.
Meng goed met die meel.
Los die koeksoda in die karringmelk op en voeg by die koekmengsel.
Voeg ook die eiers en vanielje by.
Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde koekpan/pyrexbak
Bak teen 180°C tot reg, ongeveer 45 minute.

Versiering:

125g botter
45ml kakao
90ml coca-cola
500g versiersuiker
100g pekanneute, gekap
5ml vanieljegeursel

Verhit die botter, kakao en coca-cola saam tot net voor kookpunt.
Voeg die versiersuiker by en meng goed.
Voeg meeste van die neute by asook die vanielje.
Versier die koek met die mengsel en strooi die res van die neute oor.

Coca cola en karringmelk koek

Coca cola en karringmelk koek

DUBBEL SJOKOLADE COCA COLA KOEK MET KARRINGMELK

Deur: Robyn Long

1 koppie Coca Cola (die ware jakob, nie dieet)

½  koppie olie

115gr  botter

3 eetlepel kakao

2 koppies suiker

2 koppies meel

½  teelepel sout

2 eiers

½  koppie karringmelk (½ kop melk met ½ eetl asyn)

1 teelepel koeksoda

1 teelepel vanielje

Versiersel:

115gr botter

3 eetlepel kakao

6 eetlepels room of melk

1 teelepel vanieljegeursel

3 en 3/4 koppies versiersuiker

In ‘n kastrol, meng Coca Cola, olie, botter, kakao en bring tot kookpunt. In ‘n ander bak, meng die suiker, meel en sout. Giet die kokende Cola mengsel oor die meelmengsel en klop goed. Voeg die eiers, karringmelk, koeksoda en vanielje by en klop goed. Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde en meelbestrooide 13 x 9 duim bak pan en bak by 180 grade 20 tot 25 minute. Verwyder uit  pan. Laat afkoel  vir sowat 10 minute voor jy dit versier

Versiersel: In ‘n kastrol, meng die botter, kakao en melk tot die botter gesmelt is. Klits die res van die bestanddele by en smeer oor koek  terwyl die versiersel  nog warm is.

Opsioneel: Strooi gekapte neuter oor

Sien foto bo: Ek het nie die versiersel gemaak nie.  Ek het toe koek afgekoel was, dun lagie appelkooskonfyt oorgesmeer, toe karamel kondensmelk en kapper oorgestrooi en gekapte neute  (Rens)

 

 

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s