Tag Archive | broodmeel

Brood/Brode


Brood

Brood

Brood

Jenny Wait

Ek gebruik 4kop wit meel en 1kop bruin broodmeel, 3t sout, 6t suiker, 3 eetl olie, 2pk yeast en 2kop lou water! Laat n uur rys knie af en maak 2 brode rys dan so 45 min en bak 180gr n uur lank en gebruik die deeg vir vetkoek ook! Ek bak elke 3de dag brood!

Maklike Brood

Julz van der Merwe

125 ml melk
2 El margarien
– kook saam en laat afkoel
4 koppies brood- of koekmeel
… 1 pakkie kitsgis, 1 t sout
– Meng
Meng die twee mengsels. Maak aan met ongeveer 300 ml lou water. Knie 5 minute. Maak toe en sit op warm plek om te rys vir 30 minute. Knie af, plaas in gesmeerde pan en laat rys nog 30 minute. Bak 1 uur by 180ºC.

Basiese Broodresep

Weg Tydskrif

Met hierdie veelsydige, basiese broodresep kan jy gewone brood, potbrood,roosterkoek, vetkoek en self askoek bak.
VIR 2 BRODE
1kg (7kp) witbroodmeel of helfte Nutty wheat en helfte witbroodmeel
2 teel suiker
1 teel sout
1 pakkie (10g) kitsgis
1 eetl olie
Ongeveer 2 kp louwarm water
Meng die droe bestandele en gooi genoeg louwater by om ‘n hanteerbare deeg te vorm.
Knie die deeg tot glad. Sit die deeg in ‘n gesmeerde bak en bedek met kleefplastiek. Laat staan dit vir 15min op ‘n warm plek totdat die deeg in volume verdubbel het. Dis nou reg vir gebruik.

Maklike Brood

125 ml melk, 2 eetlepels margarien kook saam en laat afkoel
4 koppies brood of koekmeel
1 pakkie kitsgis, 1 t sout Meng brood- of koekmeel met kitsgis en sout
Meng die twee mengsels. Maak aan met ongeveer 300 ml lou water. Knie 5 minute. Maak toe en sit op warm plek om te rys vir 30 minute. Knie af, plaas in gesmeerde pan en laat rys nog 30 minute. Bak 1 uur by 180ºC.

Basiese Bruinbrood

400 g meel 10g kitsgis
350 g nutty wheat 30 g margarien
ongeveer 500 ml warm water 1 t sout
Meng meel en sout. Vryf margarien in. Sprinkel kitsgis bo oor en meng. Voeg geleidelik die water by, meng tot sagte maar nie klewerige deeg. Knie tot glad en elasties. Plaas in gesmeerde skottel en maak toe met gesmeerde cling wrap. Plaas op warm plek tot dubbel in grootte gerys. Knie af vir 5 minute lank. Plaas in broodpan en laat weer rys. Bak by 190ºC vir ongeveer 40 minute.

Bruinbrood

600ml witbroodmeel 560ml volkoringmeel
600ml bruinbroodmeel 1x10g kitsgis
sout na smaak 500-750ml warm water

Meng die meel, gis en sout in ‘n groot mengbak. Maak ‘n holte in die meel en voeg 500ml van die water by. Meng met ‘n lepel tot ‘n stywe deeg vorm. As die deeg te styf is, kan nog water bygevoeg word. Knie deeg op ‘n houtplank wat liggies met meel bestrooi is, tot glad en elasties. Vorm die deeg in twee gesmeerde broodpanne, bedek en laat rys tot dubbel die volume. Bak 40-60 minute in ‘n voorverhitte oond by 200C. Laat op ‘n draadrak afkoel.

Witbrood

1kg witbroodmeel 15ml sout
10ml suiker 1x10g Anchor kits droëgis
20g botter 625ml lou water
Sif die meel, sout, suiker en gis saam. Vryf botter by droë bestanddele in. Voeg lou water by en meng tot ‘n sagte deeg. As die deeg te droog is, kan nog bietjie water bygevoeg word. Knie deeg tot sag en elasties. Plaas in ‘n olie gesmeerde mengbak, bedek en laat 20 minute lank rus. Nadat deeg gerys het, knie af en verdeel in 2 ewe groot dele, vorm en plaas in gesmeerde broodpanne. Bedek en laat rys op ‘n warm plek, 35-40 minute lank of tot dubbel die hoeveelheid deeg. Bestryk met water en bak in voorverhitte oond by 200C, vir 35 minute of tot gaar.

Cinnabuns


Cinnabuns-oxthu

Cinnabuns-oxthu

Cinnabuns

Natasha De Jager Viljoen

Dough

1 pckg dry yeast, 1/2 cup sugar, 1 t salt, 4 cups flour, 1 cup warm water, 1/3 cup margerine, 2 eggs

Filling:
1 cup brown sugar, 2 1/2 tbl cinnamon, 1/3 cup margerine

Icing:
8 tbls margerine, 1/4 cup cream cheese, 1/8 t salt, 1 1/2 cup powdered sugar, 1/2 t vanilla

Dissolve yeast in warm milk. Add sugar, margerine, salt, eggs and flour and mix. Knead dough and let rise. Roll dough out 21 inch long, 16 inches Wide, 1/4 thick. Preheat oven to 180

Combine brown sugar and cinnamon. Spread butter over dough and sprinkle cinnamon sugar. Roll dough up and cut into slices. Place on greased baking tray. Bake 15-20 min or golden brown

Combine icing ingredients. Beat well with mixer till fluffy. Spread generously over buns.

Cinnabons – Tuisgemaak net soos in die winkels
(Maak 12 rolletjies)

Deeg vir Broodjies
1 koppie warm melk
2 eiers
1/3 koppie gesmelte margarine
4 1/2 koppies broodmeel
1 teelepel sout
1/2 koppie wit suiker
2 1/2 teelepels yeast

Smeersel op Deeg
1 koppie bruin suiker
2 1/2 desertlepels fyn kaneel
1/3 koppie sagte botter

Versiersel
1 bakkie roomkaas
1/4 koppie sagte botter
1 1/2 koppie versiersuiker
1/2 teelepel vanilla
1/8 teelepel sout

Meng die yeast met die warm melk
Meng al die droe bestandele
Klits die eiers
Voeg die melk en yeast mengsel by die droe bestandele
Voeg die eiers by
Meng en knie baie goed
Maak deeg in bal en maak toe sodat dit kan rys
Sodra deegmengsel dubbeld in grootte is – haal uit en plaas op liggies gemeelde oppervlakte en laat staan vir 10 min

Meng die bruinsuiker en kaneel
Roll die deeg in ‘n reghoekige vorm (40cm x 50cm)
Smeer deeg met sagte botter en sprinkel die bruinsuiker kaneel mengsel eweredig daaroor
Rol die deeg op
Sny dan 12 rolletjies
Smeer bak liggies met botter
(Ek gebruik altyd ‘n glas Pyrex bak)
Plaas die rolletjies in die pan
Maak toe met Clingwrap en laat hulle dubbeld hul grootte rys (so 30min)
Voorverhit oond tot 200•C
Bak vir 15 min tot goudbruin

Terwyl die rolletjies bak maak solank die versiersel aan
Smelt die Botter en meng die versiersuiker daarin
Voeg die Roomkaas, Vanilla en sout by

Smeer die Versiersel oor die warm rolletjies
Deur: Saie kos

Cinnabuns

1 kg gekoopte brooddeeg uigerol in reghoek. Smeer deeg met botter en strooi
kaneelsuiker oor. Rol in lengte op en sny in skywe. Bak in oondpan en laat goed
uitrys. Smeer gesmelte botter oor en bak by 180 grade vir om en by 30 min of
tot gaar. Smeer versiersuiker aangemaak met kookwater oor sodra dit afgekoel
is. Rens