Deeg
4 kp meelblom
4 tl bakpoeier
½ tl sout
250 g botter
Yswater
Vryf smeer in droë bestanddele in, meng met yswater tot hanteerbare deeg. Sit in yskas vir tenminste 30 minute.
Rol DUN uit !!!
Vulsel:
Neem stuk ham en sny in klein blokkies. Ek het so 3 repies rou spek in stukkies gesnipper en ook so ‘n kwart ui – fyn gekap.
Maak nou ‘n DIK kaassous. Die sous moet nie…. loperig wees nie anders bak dit uit die pastei uit.
Metode:
Het 1 en half koppie koue melk in houer gegooi, so 2 hoog opgehoopte eetlepels meel ingegooi en met my whisk gemeng. Mikrogolf vir so 5 min. Whisk gereeld om klonte te voorkom. Jy gaan nou sien dit is so dik taai mengsel. Rasper klomp kaas in (ek het nie die kaas verder gesmelt nie, dit was nog stukkies kaas – roer die kaas net deur) sout en peper en so 1tl botter. Voeg die ham mengsel in en roer deur.
Rol deeg uit, sit mengsel op eenkant van die deeg, sprinkle bietjie spruit uie oor, rol toe, seel kante en smeer mayonnaise oor. Ek het so bietjie pietersielie oorgesprinkel vir versiering. Bak in voorverhitte oond vir so 40 na 45 min tot goudbruin.
Met die resep het ek gewone skilferkorsdeeg/puff pastry gebruik.
You must be logged in to post a comment.