Tuisgemaakte gouestroop:
6 x 250 ml suiker,
750 ml koue water,
15 ml kremetart.
Meng suiker,kremetart en die helfte van die water in kastrol. Roer oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Kook oor matige hitte tot stroop ligbruin van kleur is, sowat 15-20 min. Voeg die res van die water stadig by. Verwyder van hitte en gooi in gesterliseerde flesse. Verseël dadelik.
You must be logged in to post a comment.