Tag Archive | lemons

Suurlemoene – idees met suurlemoene


suurlemoene4

Indien jy te veel suurlemoene het, druk die sap uit en vries in 2 liter melkbottels. Haal uit en ontvries. Jy sal altyd vars suurlemoensap he. Vries ook in ysbakkies vir suurlemoenwater

TIP BY BAK VAN JOU MERINGUE: Strooi altyd bietjie droe maizina oor die tert voor jy die eierwitte opsit en bak. Dit help dat jou eierwit nie loskom van jou tert af nie

Indien jy sukkel met vensters met kalkvlekke op, sny suurlemoen in helfte, smeer/was die venster daarmee, los vir rukkie aan en  was af met sunlight liquid en sponsie.

 

Deur: Kosklets – Karla Janse van Vuuren

Suurlemoenblokkies
Jy het nodig:
1 blik kondensmelk
250g botter
250ml suiker
15ml suurlemoensap en die fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
2 pakkies Mariebeskuitjies, fyngedruk
500ml klapper
625ml versiersuiker, gesif
die sap van 1 sappige suurlemoen
Só maak mens:
Spuit ’n middelslag- langwerpige pan met kleefwerende kossproei.
Plaas die kondensmelk, botter, suiker, suurlemoensap en -skil in ’n groot kastrol en verhit oor matige hitte totdat die suiker en die botter gesmelt het.
Roer die fyn beskuitjies en klapper by en meng goed.
Druk die mengsel in die voorbereide bak (werk flink; dit word nogal vinnig styf). Laat afkoel.
Meng die versiersuiker met die suurlemoensap (dit moet ’n smeerbare versiersel wees – voeg nog ’n bietjie suurlemoensap by as dit te styf is) en smeer dit bo-oor die koekies wanneer dit koud is.
Sny in blokkies en bêre in die yskas.

 

Suurlemoen yskaskoekies met kersies
125 gr botter
250ml suiker
1 blik kondensmelk
gerasperde skil van 1 lemoen
50 ml lemoensap
100gr kersies (rooi of groen) in kwarte gesny
2 pakkies marie- beskuitjies (fyn)
250 ml klapper
Versiersuier bo op:
500ml versiersuiker
50ml suurlemoensap
Meng botter suiker kondensmelk skil en lemoensap in kastrol en smelt alles
Laat afkoel
Meng kersies, marie beskuitjies en klapper by
Druk in plat bak en smeer die versiersuiker mengsel bo-op. Sny in blokkies.
Bewaar in yskas

 

Suurlemoen-Maaskaastert

1 pak tennis/ Marie beskuitjies.
1 houertjie room maaskaas
1 blikkie kondensmelk
2-3 lemmetjies se sap OF 3-4 suurlemoene se sap.
Druk die sap uit en maak kondensmelk daarmee dik. Gooi room maaskaas by. Pak n laag beskuitjies, n laag mengsel tot die bak vol is. Strooi krummels oor en plaas in yskas om te stol.[oorspronklike resep]
ek gebruik kleinerige bak, meer lae en strooi pekan neute bo-oor.

 

Ma Alida se kaaskoek

1 pakkie Ellis Brown melkpoeier (500g)
2 pakkies Tennisbeskuitjies
2 blikke kondensmelk
1 koppie suurlemoensap
1 koppie kookwater
250g margarien

Kors
Maak Tennisbeskuitjies fyn
Meng met gesmelte botter
Druk vas in tertbord
Vulsel
Meng melkpoeier en kookwater stadig saam
Sit in yskas tot afgekoel
Voeg 2 blikke kondensmelk en 1 koppie suurlemoensap by. Klits baie goed.
Gooi in kors
Sit in yskas
Gooi “blueberry” of aarbeistroop bo-oor ( verdikte stroop)

 

Suurlemoen vlatert
750 ml melk
125 ml vlapoeier
30 ml suiker
45 ml suurlemoensap
1 blik kondensmelk
200 g Tennisbeskuitjies
Maak ‘n dik vlasous, laat afkoel tot louwarm.
Meng die suurlemoensap met die kondensmelk.
Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n bak.
Gooi die vlamengsel oor.
Pak weer ‘n laag beskuitjies.
Smeer kondensmelk oor en krummel beskuitjies oor.

 

Suurlemoentert met room
200g marie koekies- fyn gemaak
100g margarien-gesmelt
250ml room
1 blik kondensmelk
125ml suurlemoensap
Metode:
Meng koekies en margarien en druk in tert bord vas,hou bietjie krummels oor vir bo oor. Klits room tot sagte punte vorm. Vou eers kondensmelk liggies in en dan die suurlemoensap. Skep vulsel in terkors en verkil tot gestol

 

Marlene se Maklike suurlemoen-meringue tert

Kors:
1 pak Tennisbeskuitjies
2 eetlepels botter.
Maak ‘n kors en druk vas in tertbord

Vulsel:
2 blik kondensmelk
4 eiergele
Suurlemoensap na smaak
Klits saam. Voeg suurlemoensap by na smaak.
Gooi in tertkors.
Bak vir 5 minute by 180C

Meringue:
Klits 4 eierwitte saam met 4 groot lepels suiker styf
Sit op suurlemoenvulsel
Maak oond se temperatuur laer (so 110C)
Bak in oond tot bruin.
(Groot reghoekige pyrex bak)
As jy die tert in n ronde tertbord maak, kan jy die vulsel halveer.

 

Suurlemoen meringue tert

Kors:
1 pak tennisbeskuitjies (rol fyn en meng met
100ml botter
Vulsel:
1 blik kondensmelk
125ml suurlemoensap
2 eiers geskei
50ml strooisuiker
2 ekstra eierwitte
Druk beskuitjies in tertbak. Gooi kondensmelk in bak en gooi suurlemoensap gelydelik by terwyl gedurig klits – tot lekker stywe pasta
Klits eiergele tot lig en sponsagtig
Meng alles
Gooi kondensmelkmengsel in kors
Bak vir 10min – laat afkoel
Klits eierwitte met strooisuiker bietjies gewys by tot lekker sponsig en punte vorm.
Sit eierwitte op tert en plaas in oond tot mooi goudbruin
TIP: gooi ‘n bietjie droe maizina oor tert voor jy die eierwitte opsit. Dit sal maak dat die eierwit nie loskom van die tert af nie.
Opsioneel: pak gaar appels onder in bak voor suurlemoenmengsel in kors gegooi word.

 

Suurlemoentert
Kors
1 pakkie gemmerbeskuitjies
3 eetl botter
Smelt botter en meng met fyngedrukte beskuitjies en druk in tertbak
Vulsel
1 eetl suurlemoenskil
½ kp suurlemoensap
5 eiers
¾ kp strooisuiker
300 dik room
Meng mengsel en gooi in pasteikors. Bak in matige oond (180°C) vir 40min

 

Suurlemoenpoeding-koppies (met 3 variasies)

Genoeg vir: 4-6
Oondtemperatuur: 180 ̊C

125g (125ml) sagte botter
125g (150ml) strooisuiker
2 groot eiers
10ml fyngerasperde suurlemoenskil
125g (225ml) bruismeel
1ml sout
25ml melk

Sous
30ml mielieblom
125g (150ml) strooisuiker
30ml suurlemoensap
versiersuiker, vir oorsif


Klop die botter en strooisuiker tot lig.
Voeg die eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging. Roer die suurlemoenskil in.
Vou die meel, sout en melk in. Verdeel die mengsel tussen vier tot ses gesmeerde oondvaste koffiekoppies. (Die koppies moet net meer as halfpad vol wees.)
Sous
Meng die mielieblom, strooisuiker en suurlemoensap in ’n maatkoppie. Voeg kokende water by tot by die 350ml-merk terwyl jy heeltyd roer. Gooi die sous oor die poedings. Sit die koppies op ’n bakplaat en bak in ’n voorverhitte oond vir 30 tot 40 minute tot goudbruin en deurgaar. Haal uit die oond en sif versiersuiker oor. Sit warm voor.

Variasies
Jy kan die poeding maklik in ’n enkele groot poedingbak maak. Gooi die bereide beslag in ’n gesmeerde 1,5 liter-oondskottel. Gooi die sous oor en bak in ’n voorverhitte oond vir 40 tot 45 minute.
Gebruik lemmetjieskil en -sap pleks van suurlemoen vir ’n ander geur.
Maak ’n sjokolade-lemoenpoeding deur 125 ml sjokoladebrokkies by die beslag te voeg en deur gerasperde lemoenskil en -sap pleks van suurlemoen te gebruik.

Kookwenke
Probeer om dit te berei net voordat jou gaste opdaag, want dit smaak die beste vars uit die oond.
.Die sous wat jy oorgooi, sink af na die bodem toe terwyl die poeding in die oond bak. Dit maak ’n heerlike taai sousie onder die poeding. Moenie die poedings te koud laat raak voordat jy dit voorsit nie, want die sous sal te dik raak. As die poedings afgekoel het, kan jy dit net voor opskeptyd in ’n warm oond verhit.
Die poedings het hul eie sous, daarom kan jy dit net so voorsit. As jy wil, kan jy dit saam met vla, vanieljeroomys of room voorsit vir ekstra lekkerte.
Deur: http://idees.co.za/

 

Liefies lagie poeding
1 x 397 g kondensmelk
125 ml suurlemoensap
1 pak Mariebeskuitjies
500 ml baie dik vanieljevla, afgekoel
Meng kondensmelk en suurlemoensap. Pak ‘n laag beskuitjies op die boom van ‘n ronde bak. Skep ‘n laag vla ongeveer ,5 cm dik op beskuitjielaag en smeer glad. Pak weer laag beskuitjies en smeer ‘n laag kondensmelkmengsel oor. Herhaal die lae en eindig met kondensmelkmengsel. Strooi fyn beskuitjiekrummels bo-oor. Sit in koelkas om goed koud te word. Opsioneel, klits room styf en sit bo-op net voor bedien.

 

Karamel suurlemoentert
Deeg:
500 g koekmeel
175 g versiersuiker
250 g botterblokkies, by kamertemperatuur
skil van een suurlemoensap, gerasper
2 klein of 1 groot eier vanieljeessens
Vulsel:
9 eiers
400 g strooisuiker
5 suurlemoene, skil van twee (gerasper)
250 ml room
sap van 5 suurlemoene

Sif meel en versiersuiker. Vryf botter in. Maak dammetjie in meel en voeg suurlemoenskil en vanieljesessens by. Klits eiers en gooi in dammetjie. Maak deeg aan met vingers. Draai toe in plastiek en laat rus 30 minute lank in koelkas.
Maak intussen die vulsel.
Klop eiers, suiker, sap en skil tot goed gemeng. Vou room in. Haal deeg uit koelkas, laat staan 10 minute lank en rol uit. Voer losboom-koekpan met deeg uit. Laat 1 cm oor rand hang. Voer uit met foelie en pak goed met bakkersboontjies. Bak 10 minute lank by 100 C. Verwyder foelie en bak nog 10 minute lank. Gooi koue vulsel in warm tertdop en bak 30 minute lank by 120 C.
Voor opdiening:
Stel oond op rooster. Sif 50 g versiersuiker bo-oor tert sodra dit uit oond kom. Sit terug onder die rooster vir suiker om te karamelliseer. Sit warm voor met room.

 

 

Suurlemoen kaas koek

1 pakkie marie beskuitjies fyngedruk
80-100 ml gesmelte botter
1 pakkie (80g) suurlemoen jellie
125 ml kookwater
1 blik (397g) kondensmelk
2 houers (500g) maaskaas
5ml vanilla geursel
Fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
Los jelly in kookwater op
Klits saam met die res van die bestanddele
Gooi oor beskuitjies
Laat stol 24 uur in yskas

 

Suurlemoentert
125 ml suurlemoensap ( 1/ 2 k )
1 gebakte tertdop
1 suurlemoen se skil
1 blik kondensmelk
2 eiers, geskei
Knippie sout
75 ml suiker ( 1/ 4 k + 3 t )

METODE
Klits geel van eiers en voeg by kondensmelk.
Voeg suurlemoensap en gerasperde skil by en meng goed.
Gooi in tertdop.
Klits wit van eiers styf en voeg suiker bietjie vir bietjie by en klits goed na elke byvoeging. Skep bo-op en bak vir 30 minute tot effens goudbruin by 140 C

 

Suurlemoenpoeding
6 porsies
25 g (45 ml) koekmeel
80 ml suurlemoensap
10 ml fyngerasperde suurlemoenskil
4 eiers, geskei
140 g (175 ml) strooisuiker
200 ml melk
30 ml botter, gesmelt
Verhit oond tot 180 ºC. Smeer 6 ramekin-bakkies met botter en sit hulle op ’n bakplaat. Plaas meel, suurlemoensap, -skil en eiergele in ’n mengbak. Hou 30 ml strooisuiker uit. Voeg res van strooisuiker by meelmengsel. Klits goed. Voeg melk en gesmelte botter by en klits goed. Klits eierwitte styf en voeg die 30 ml strooisuiker daarby. Klits weer goed. Vou die eierwitte by die mengsel in en skep in gesmeerde bakkies. Bak vir 15 minute. Sit warm voor.

 

 

Maizina sneeupoeding
Deur: In en om die huis
2 k kookwater
5 ½ e Maizena
¾ k suiker
1 k koue water
¼ k suurlemoensap
2 eierwitte
¼ t sout
Meng droë bestanddele, maak aan met koue water en roer dit dan by kookwater.
Roer gedurig en kook saam vir sowat 5 minute tot glad en blink. Haal van hitte af en roer suurlemoensap by,
vou laastens styfgeklopte eierwitte in. Giet in vorm en laat koud word. Bedien met vla.

 

 

Suurlemoenpoeding
BENODIG:
80 g botter gesmelt
210 strooisuiker
4 eiers – skei die eiers
500 ml melk
40 g koekmeel
30 ml fyngerasperde suurlemoenskil
NOU:
klits gesmelte botter, suurlemoenskil, meel, eiergele en 125 ml van die strooisuiker in n bak
klits die melk stadig by
klits die eierwitte tot sagtepuntstadium en voeg nou die orige suiker stadig by die eierwitte – nou moet jy goed klits tot dit glansend raak
vou jou eierwitmengsel stadig by jou eiergeelmengsel – werk liggies
gooi alles in n gesmeerde oondbak
sit die bak in n groter pan met water
bak vir 45 minute by 180 grade celsius
Ons het die poeding geniet met mascarpone kaas. Room net so lekker.
In en om die Huis

 

Suurlemoen poeding

1 pakkie tennisbeskuitjies of marie beskuitjies

1 blikkie kondensmelk

½ na ¼ kop suurlemoensap

Meng die kondensmelk en suurlemoensap. Dit moet lekker dik mengsel wees

Pak lag tennisbeskuitjies en gooi dan van die kondensmelkmengsel oor

Herhaal lae tot alles klaar is

Krummel tennisbeskuitjies bo-oor. Jy kan ook klapper bo-oor gooi

Bewaar in die yskas

 

Suurlemoensmeer (lemon curd)

100 gr (110ml) botter
2 groot suurlemoene
225gr (275ml) strooisuiker
3 groot eiers
Mikrogolf botter 1 min lank oop by 100%
Rasper die skil van die suurlemoene af en druk sap uit.
Voeg bg asook die strooisuiker by botter en meng goed.
Druk mengsel deur ‘n sif en gooi die suurlemoenskil weg.
Klits die eiers en roer by mengsel
Mikrogolf mengsel 4 min oop by 100% – roer elke minuut
Mikrogolf verdere 30 sekondes en toets of dit kik genoeg is deur ‘n metaallepel in die mengsel te druk en ‘n dikkerige lagie bly agter op die lepel.
Die mengsel word dikker as koud geword het.
Giet warm mengsel in flessies en draai styf toe
Bewaar is yskas tot benodig.

 

Suurlemoenkoek
250 ml strooisuiker
fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
60 ml botter, saggemaak
3 eiers
375 ml bruismeel
15 ml papawersaad
250 ml suurroom
sap van 1 suurlemoen
Verhit oond tot 180˚C. Voer ’n mediumgroot losboompan met bakpapier uit en smeer dit. Kombineer suiker, suurlemoenskil, botter en eiers in ’n mengbak.
Meng met elektriese menger tot lig van kleur en donsig. Vou meel en papawersaad in.
Roer suurroom deur. Gooi oor in pan en bak vir 50 minute. Haal uit die oond en gooi suurlemoensap oor die warm koek. Laat afkoel.
Sit voor met ’n mengsel van vars room, geklits tot sagte punte vorm, en mascarpone, wat jy effens versoet.

 

Suurlemoen Broodjie

Bron:Radio Namakwaland.
Oond 180 gr C.
Klits saam:
2 groot eiers,
1 en halwe k suiker,
80 gr sagte botter
halwe t suurlemoen essens.
Roer 2 k bruismeel om beurt, met 125 ml melk by eiermengsel en voeg halwe t sout by.
Roer dan 1 suurlemoen se fyngerasperde skil en 2 suurlemoene se sap ook by.
Skep in gevoerde, gesmeerde broodpannetjie en bak vir 45-60 minute tot gaar.
Bak in middel van oond.
Koel heeltemal af en maak versiersel van versiersuiker en suurlemoen sap, drup bo-oor.
Huisgenoot winterkos

 

Gepiekelde suurlemoene

Lewer 2 x 2L flesse
8 ryp suurlemoene, goed gewas
125-200ml growwe sout
Sowat 300ml vars suurlemoensap
Skep 15ml van die sout in elke, warm gesteriliseerde fles
Sny die gewaste suurlemoene eers in die helfde en dan in kwarte tot 1cm van die groeipunt af – nie dwarsdeur nie. Verwyder die pitte.
Trek die suurlemoene effens oop en sprinkel die binnekante mildelik met sout.
Pak die suurlemoene in die flesse en sprinkel nog sout tussen die vrugte.
Vul die flesse met die vars suurlemoensap en skep nog ‘n paar lepels sout bo-op. Druk die suurlemoene af sodat van die sap tot bo kan kom.
Verseël en bêre op ‘n donker plek. Keer elke paar dae om.
Plaas die flesse na vier weke in die yskas. Na 6 weke behoort dit perfek te wees. Dit sal tot 8 maande goed in die yskas hou.

 

Suurlemoen atjar
Dié atjar is die perfekte bykos vir enige spesery-gereg.

Maak: 4 mediumgroot flesse
12-15 klein suurlemoene of lemmetjies

45 ml growwesout
60 ml atjar-masala
45 ml fenegriek (methi)
15 ml selderysaad
2-4 groen brandrissies, ontpit
en gekap
300 ml suurlemoensap

Verhit ‘n groot kastrol vol water tot kookpunt. Haal dit van die plaat af en gooi die suurlemoene by. Laat dit vir ‘n paar uur week tot sag.
Sny die bo- en onderpunte van die suurlemoene af en sny dit in agt wiggies. Haal die pitte uit. Sit die wiggies in ‘n bak wat nie van metaal is nie. Meng die sout en speserye saam en sprinkel dit oraloor die wiggies.
Sit die wiggies in gesteriliseerde flesse. Verhit die suurlemoensap tot kookpunt en gooi dit oor die suurlemoene. Seël dit en los dit vir ‘n paar dae voor jy dit gebruik. Hou dit in die yskas nadat dit oopgemaak is.
Deur: Boerekos.com

 

 

Marmelade
Geskryf deur: Neels de Ronde
Sit ‘n aantal lemoene/suurlemoene deur ‘n versapper, skil en al maar sonder pitte.
Weeg 1 kg van hierdie mengsel, di. sap, skil, ens. en gooi in pot.
Voeg 3/4 kg (= 750 g) suiker by en kook.
Skep skuim af.
Kook totdat mengsel dik genoeg is.
Skep in gesteriliseerde glasbottels.
Opsioneel: Meng 1 koppie sjerrie by mengsel net voordat dit gebottel word.
Variasie: Lemoene kan met suurlemoene vervang word of ‘n mengsel van die twee.
Advies: Hoe meer wit van die skil in die mengsel is, hoe bitterder is die eindresultaat.

 

3 Sitrus-marmelade

2 lemoene
2 pomelos
2 suurlemoene
1,5 – 2 liter water
Wit suiker (dit gaan afhang van hoeveel pulp jy het)
Sny die skil van vrugte in repies en trek versigtig af. Sit in gaasdoekie enbind vas. Sny heel vrugte in wiggies en verwyder die pitte. Verwyder die witgedeeltes. Meet hoeveel pulp en sit in kastrol. Voeg 500ml water vir elke 250 pulpmengsel. Verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en kook vir nog 40 minute oor stadige hitte. Giet die mengsel in maatbeker en voeg dan 250g witsuiker by vir elke 250ml pulp. Giet alles- ook skilsakkie- in kastrol. Verhit stadig tot suiker opgelos is. Verhit en kook mengsel vir 25 minute, totdat dit nie meer waterig is nie. Laat afkoel, as dit stewig en nie meer loperig is nie is dit reg. Skep warm marmelade in bottels wat gesteriliseer is. Lewer sowat 2 liter marmelade. 1 gesnyde pynappel kan ook bygevoeg word.

 

Suurlemoenstroop

12 suurlemoene (so 750ml) skil van 3 na 4 suurlemoene gerasper
2.5 kg suiker
2 lt water
1 pakkie van elk: citric acid, tartaric acid, engelse sout.Bring tot kookpunt en bottel (20ml elk – 4 teel)

 

Lemoen en suurlemoenstroop

8 sappige lemoene
4 sappige suurlemoene
1.5liter kookwater
1.2kg wit suiker
15ml wynsteen of sitroensuur
Rasper net die oranje en geel buiteskil van die lemoene en suurlemoene dun af. Moet nie die albedo ook rasper nie aangesien dit die stroop bitter sal laat smaak. Druk die sap van die lemoene en suurlemoene uit en voeg dit by die gerasperde skil. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker opgelos is. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5 minute lank. Laat die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en verseël dit.
Skink dit in lang glase, na smaak verdun met soda of yswater, met ‘n paar ysblokkies.

 

 

Limoncello (alchol drink)

10 lemons
1 (750-ml) bottle vodka
3 1/2 cups water
2 1/2 cups sugar

Directions
Using a vegetable peeler, remove the peel from the lemons in long strips (reserve the lemons for another use). Using a small sharp knife, trim away the white pith from the lemon peels; discard the pith. Place the lemon peels in a 2-quart pitcher. Pour the vodka over the peels and cover with plastic wrap. Steep the lemon peels in the vodka for 4 days at room temperature.

Stir the water and sugar in a large saucepan over medium heat until the sugar dissolves, about 5 minutes. Cool completely. Pour the sugar syrup over the vodka mixture. Cover and let stand at room temperature overnight. Strain the limoncello through a mesh strainer. Discard the peels. Transfer the limoncello to bottles. Seal the bottle

 

Suurlemoen lugvervrisser

5 ml (1 tsp) baking soda (bicarbonate of soda)
5 ml (1 tsp) lemon juice, freshly squeezed
2-3 drops essential oil (of choice)
500 ml (2 cups) hot water

Gooi alles in ‘n bottel, skud goed tot alles opgelos is en spuit

 

Prawns/garnale


Grilled Prawns with Lemon Butter - Foto My easy cooking

Grilled Prawns with Lemon Butter – Foto My easy cooking

Grilled Prawns with Lemon Butter

My-easy-cooking
serves 6

Ingredients
2 kg prawns – de-veined
250gr butter
3-4 cloves garlic – crushed
a hanful of chopped parsley
salt/pepper
a few halved lemons

Method
In a small pot on your stove, melt the butter, garlic and some lemon juice together. keep warm. Season the prawn and either grill them on your grill, fry them in a pan with a little butter or bake them in the oven for about 10-12 minutes. When the shrimp or prawns are cooked it will be completely red in color. Serve in fluffy white rice, smothered with Lemon butter a chunks of corn bread dipped in the lemon butter!.

Prawns33

PERI PERI GARNALE
Lewer 6 porsies
2 – 3 knoffelhuisies fyngedruk
Peri peri poeier na smaak
60 ml suurlemoensap
75 ml olyfolie
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 kg garnale in die dop skoongemaak
15 ml botter
Meng die knoffel, peri-peri, suurlemoensap en 60 ml van olyfolie saam en geur na smaak. Laat die garnale vir ongeveer 30 minute in die mengsel marineer. Smelt die botter en die orige olyfolie oor matige hitte in groot braaipan. Braai die garnale in kleiner sarsies vir sowat 3 minute aan elke kant of tot hulle verkleur het en net gaar is. Hou die garnale warm, terwyl die res van die garnale gebraai word en sit met rys of koeskoes en slaai voor.
Nog ‘n manier om die garnale gaar te maak is om peri peri met 75 ml soet brandrissiesous te vervang. Vervang helfte van die olie met gesmelte botter en maak die garnale in die sous gaar tot hulle verkleur. Garneer met handvol koljanderblare en sit dit warm voor.

OCEAN BASKET LEMON BUTTER PRAWNS Bush flying Africa

OCEAN BASKET LEMON BUTTER PRAWNS Bush flying Africa

OCEAN BASKET LEMON BUTTER PRAWNS
Ingredients

1 kg XL pink Prawns
150g Rama marg
250ml Fresh Cream
good sprinkle of aromat
2 Tbl Lemon juice
dash Aromat. parsley , portuguese spice

Method
Butterfly cleaned Prawns
melt Marg, Add fresh cream lemon juice n the
spices , boil until thickens slightly.add prawn
into the pan of the butter mixture n cook . leave

boult 1/4 cup butter mixture aside n add just
before serving .Additional Info serve with rice n chips

 

SUURLEMOENBOTTERSOUS VIR GARNALE

250 gr Botter (nie margarien nie.)
6 eiergele
60 ml suurlemoensap
50 ml gerasperde suurlemoenskil (opsioneel, maar gee lekker geur)
Sout en peper na smaak

Verhit die botter tot dit begin borrel
Klits eiergele BAIE styf en romerig (moet witterige kleur hê)
Voeg suurlemoensap, sout en peper en skil by en klits weer tot baie styf.
(die geheim is by die styfheid van die eiermengsel)
Klits aanhoudend en laat loop die gemelte botter met dun straaltjie in die eiermengsel
Bedien dadelik
Kan oor kookwater verhit word, maar oppas dit kan gou skif en die eier laat gaar word(wat jy nie wil hê nie)- Ek maak liewer nie warm nie.

 

LEMONBUTTER PRAWNS IN MICROWAVE

This recipe is easy and fast to make

500 gr devained and deshelled prawns
100 ml butter
50 ml lemon juice
garlic to taste
salt & peper to taste
dash of cream
maizena to thicken

How To Make It
Once prawns are defrosted, but in a microwave proof dish with the butter and microwave on medium for 1 minute.
Once butter have melted, add the lemon juice and garlic.
Stir and microwave another minute, now on high.
Add the salt and peper.
Mix some maizena with some cream and stir till smooth.
Stir the maizena in the prawn mixture.
Microwave for 2 minutes on high and stir every 30 seconds.

 

PRAWNS

Rencia Odendaal Pretorius
Prawns
Botter
Garlic
Gooi botter en garlic in pan – bring tot kook – gooi prawns by en braai tot gaar – dit is letterlik ‘n paar minute – spuit so ‘n paar splashes suurlemoensap oor terwyl gaarmaak.
Vat nou chillie/ peri-peri sous en gooi op en roer deur tot deurwarm.
Of
Pak jou prawns op ‘n bakplaat, gooi chillie/peri-peri sous, suurlemoensap, garlic en botter wat gesmelt is bo-oor en sit
Onder grill tot gaar, Roer elkepaar minute die prawns deurmekaar

 

GARNALE IN BIER
Deur: Carla Cardello
Genoeg vir: 2
bestanddele
1 eetlepel olyfolie
2 eetlepels botter
½ koppie gekapte uie (ongeveer 1 klein ui )
2/3 koppie bier
2 eetlepels tamatiepaste
¼ koppie sweet chili sous
1 eetlepel vars koljander of 1 teelepel droë koljander (opsioneel)
Paar knippies rooipeper ( opsioneel)
500gr garnale (uitgedop en skoongemaak)
In ‘n groot pan , verhit die olie en botter tot gesmelt . Voeg uie by en kook tot sag. Voeg die bier, tamatiepasta , soet chili sous, en koljander en rooipeper by . Bring tot kookpunt .
Sodra kook, voeg die garnale in ‘n enkel laag in die pan. Kook vir 3 minute. Draai om en kook nog 3 minute of totdat die garnale pienk gaar is. Jy kan dalk toets deur een oop te sny en sien of dit reg is. Kooktyd kan wissel afhangende van die grootte van jou garnale
Skep uit in opdien bak. Sprinkel bietjie droe pietersielie oor. Bedien met suurlemoenrys, skyfies of potato wedges

 

BAKED PRAWNS

Ingredients:
500gr raw shrimp, deveined and peeled
4 cloves garlic, minced
2 Tbsp. white wine
salt and pepper
1/4 cup (4 Tbsp.) melted butter
1/2 cup bread crumbs
2 Tbsp. fresh Italian-leaf parsley, chopped
half of a lemon (optional)

Method:

Preheat oven to 210 C
In a bowl, combine the shrimp, garlic, and white wine. Stir to combine, then pour into a baking dish. Spread out evenly, and then season with salt and pepper.
In another bowl, use a fork to mix melted butter, Panko, and parsley until well combined. With your fingers, sprinkle the mixture evenly in the baking dish over the shrimp.
Transfer dish to oven and bake until the shrimp are pink and opaque, about 15-18 minutes.

 

PRAWNS IN DIE OOND
125ml botter – gesmelt
1 suurlemoen in skyfies gesny
2 eetl droe Italian seasoning
2 tl garlic (vars of gedroog)
Pak prawns in oondpan
Gooi botter oor
Sit die suurlemoenskywe bo-op die botter en prawns neer
Sprinkel die Italian seasoning en garlic oor
Sit in voorverhitte oond vir 15 min by 175grade C

 

MIKROWAVE SHRIMPS

Ingredients
24 large frozen shrimp (peeled and deveined)
½ Cup spinach leaves, chopped
1 tsp olive oil
1 clove garlic, crushed
1/2 tsp dried basil
1 or 2 splashes of hot sauce eg. Peri peri
sesame seeds (optional)
Directions
In a large microwavable bowl, mix all the ingredients together, tossing well to coat the shrimp. Microwave for 1 minute. Remove and toss well again. Microwave for 1 minute and 15 seconds more. Sprinkle mixture with sesame seeds if desired.

prawns creamy

CREAMY GARLIC PRAWNS
Recipe by LifeStyle FOOD
These simple prawns are a great, easy starter for a dinner party. They also make a really simple and delicious dinner for the family served with boiled rice and some greens.
Serves 4 to 6
Ingredients
24 large green prawns
2 cloves garlic, finely chopped
1 tablespoon butter or olive oil
1 ½ cup thickened cream
Handful of basil, finely chopped
Pepper and salt

Method
Peel prawns and de-vein, leaving the tails in tact.
Heat the butter or oil over medium to low heat, toss in the prawns and garlic and cook for a couple of minutes until prawns are ¾ cooked (they will have coloured but not be cooked through).
Add cream, turn up the heat and cook for five minutes or until the sauce is thick and heated through.
Take off the heat, add the basil and season with salt and pepper

prawns 4

Shrimp tempura

SHRIMP TEMPURA
1 packet jumbo shrimps (tails optional)
1/4 tsp salt
1/4 tsp chili powder
1 tsp garlic paste
1 tsp chili sauce
1/2 tsp herb and garlic powder
1/4 tsp chili flakes
1 tsp Worcestershire sauce
1 tsp soy sauce
1 tsp vinegar
1 tsp hot sauce (optional)
1/4 tsp white pepper

Quantity of ingredients may be increased for taste and shrimp preference.

Batter:

2 tbsp corn flour (Mieliemeel)
1 tbsp all purpose flour (Koekmeel)
1/4 tsp baking powder (Bakpoeier)
pinch of salt
pinch of black pepper
1 whole egg
1 tsp cold water

Wash shrimp and remove tails under running hot water, drain and keep in a bowl. Add all the marinade ingredients, mix well. Marinate overnight, covering the bowl with plastic wrap, making sure all shrimp stay immersed in marinade. Make batter at the time of frying, mix well to remove lumps. Coat in batter and fry until golden brown.

Serve with fries and Thousand Island sauce/tartar/chili sauce.

Rooibos Ystee


fresh-brewed-iced-tea

Suurlemoen en Rooibos Ystee

Ingredients

4rooibos tea bags

1Litresboiling wader

60mlsugar

50mllemon juice

1Litresfruit juice (breakfast punch, mango juice or orange juice), chilled

1Litreslemonade, chilled

ice cubes

fresh mint leaves and thin slices of lemon

Method

Place the tea bags and boiling water in a large jug and allow to draw for 10 minutes. Remove tea bags and stir in sugar until dissolved. Add lemon juice. Allow tea to cool. Add juice to cooled tea and refrigerate to chill. Add lemonade just before serving and stir. Add ice cubes, a mint leaf and a lemon slice to each glass and pour over punch.

Rooibos Ystee:

3 rooibostee sakkies

1 liter kookwater

30-45ml heuning

60ml suurlemoensap

Ysblokkies

Suurlemoenskyfies

Laat trek teesakkies ongeveer 5 minute in water.  Verwyder en laat tee effens afkoel tot louwarm. Voeg heuning by en roer tot opgelos. Voeg suurlemoensap by en verkoel tot yskoud. Sit voor op ys met ekstra suurlemoenskyfies.

Rooibostee Pons

(Hierdie resep rek die koeldrank en dit is ook baie gesond!)

1 liter koue rooibostee

1 liter vrugtesap

1 liter Sprite (of ander gaskoeldrank van jou keuse)

1 klein blikkie vrugte (opsioneel – soos gemengde vrugte of pynappelstukke)

Meng saam en bedien met ys.

(Gaskoeldrank kan uitgelaat word en rooibostee vermeerder word)

Rooibos Ice Tea

1 lt sterk rooibos tee afgekoel

1 sakkie aanmaak koeldrank geur van keuse. Oros maak dit en amilo.

Te koop by enige supermark.

Jy kan ook vars vrugte ingooi met opdiening vir extra geur.

Natasha Kotze

Rooibos Ice Tea

8 Liter water

10 Rooibos tee sakkies

1/2 bottel halls grandadella stroop

Kook Water en tee laat dit lekker trek

Haal af van stoof en voeg stroop by.

Roer goed deur.

Laat af koel en plaas in bottels en bere in yskas baie lekker vir warm dae

Kos idees vir moeë mammas

Rooibis Ice Tea

2 liter rooibostee, meng met heirdie kitspakkies Oros ice tea poeier. Dit maak heerlike yskoue ystee, en is baaaaie lekker!!