

You will need: ( for one of the above recipes/photos , if you make both, double up)
By: my-easy-cooking
1 packets of ginger biscuits
1 tin Nestle Caramel
1 liter good quality vanilla ice-cream
Ice Cream Pies
Soften the ice cream in a big bowl and mix the tin of caramel in with the ice cream. Now make sandwiches with the biscuits using two biscuits on either end. Freeze until ready to eat.
*
Ginger and Caramel Ice Cream Loaf
Crush ½ the packet of biscuits and mix in with ½ of the ice-cream. Place back in the freezer. Take the caramel from the tin and spoon about 3/4 onto a layer of foil. Shape into a thin log and roll up. Place in freezer. Spoon the ice cream with the biscuits into a loaf tin that is lined with plastic film. Place the caramel log in the middle and then spoon the other ½ (plain) of the ice cream on top. Flatten with a spatula and place in freezer until you are ready to serve. When you want to plate up, simply place a warm cloth over the bottom of the loaf tin and wait for ice-cream to release. Drizzle with more caramel and serve in slices!
*
Roomyskoek
Amelia Röder
Jy kan die in gewonde broodpannetjies ook doen en dit in skyfies sny –
2 Liter goeie vanielje roomys
1 pakky Nutty Crust koekies, stukkies gerol (nie heel fyn nie)
1 Blikkie Caramel Treat gekookte kondensmelk
100g Sjokolade, gekap
100g Cashew Neute, gekap
1 boksie rooi kersies, in kwarte gesny
Laat die roomys buite staan om bietjie sagter te word. Vou die res van die bestanddele by en roer deur. Gooi in ‘n ronde jel-ring vorm wat vooraf met water uitgespoel is (of enige ander mooi vorm-bak). Sit in vrieskas om te stol. Keer uit op ‘n mooi opdienbord en sit vars aarbeie en gekrummelde flake oor. Sny skyfies en bedien.
Romany Creams, 2 liter Roomys (nie sorbet nie), Sjokoladesous of Caramel Kondensmel sjokolade geur, 500ml Room effens styfgeklop, 1 Flake of fyn beskuitjiekrummels. METODE: Smeer n groot vrieshouer of 2 kleintjies. Kap of rol beskuitjies fyn en skep op boom van bak. Maak roomys effens sag en skep oor krummels. Skep sjokoladesous of die Caramel bo-oor roomys, dan die room en laastens die Flake of krummels. Plaas in vrieskas tot benodig.
*
Roomyspoeding
Lize van Rensburg
Bestandele:
2 Liter Vanilla Roomys,
1 botteltjie kersies,
1 pak (100g) Pekanneute,
1 slab Pepperment sjokolade,
1 pak Vinger beskuitjies,
100ml Sjerrie of Brandewyn.
METODE:
Plaas roomys in mengbak en laat effens sag word. Halveer die kersies en behou die sap. Kap die neute. Rasper die sjokolade. Sny beskuitjies in kort stukkies en doop in die sjerrie of brandewyn. Voeg kersies en sap by die Roomys maar hou n paar kersies eenkant
Meng neute en sjokolade en vou ook by roomys in. Laastens die vingerbeskuitjies wat versigtig ingemeng moet word. Smeer of spuit glasbak of vorm, of voer n bak met kleefplastiek uit en skep die roomysmengsel daarin. Bedek en plaas in vrieskas tot gevries. Ontvorm en bedien op mooi opdienbord.
Roomys-tert
Lize van Rensburg
Bestandele:
2 Pakkies Gemmerbeskuitjies,
125ml Botter gesmelt.
Meng koekies en botter en druk vas in tertbord
1 Liter sagte Roomys,
Blik karamel Kondensmelk,
100g ongesoute grondbone,
100g Kasjoeneute.
Skep laag Roomys op krummels en druk helfte van die karamel oor.
Strooi helfte van die neute oor. Herhaal lae en bere in vrieskas. Haal halfuur voor opdiening uit.

Rencia se koppie roomyskoek (Ek het hier 4 koppies gemaak)
Vanilje roomys – effe gesmelt
6 Bubbly sjokolade – in fyn stukkies gebreek (ek het dit sommer met my vleishammertjie fyn gekap. Jy kan enige sjokolade gebruik wat jy het.
Meng in by roomys.
Skep in bekertjies en druk enige stukkie sjokolade wat jy het teen die kant in
Krummel tennisbeskuitjies fyn bo-oor en sit terug in vrieskas – myne was oornag
Bedien met kersie bo-op
Indien jy ‘n liter wil maak, versag die roomys, 1 hele slab Bubbly sjokolade fyngemaak.
Koffie-Roomyskoek
Deur ARINA DU PLESSIS
http://www.landbou.com/leefstyl/resepte/koffie-roomyskoek
4 eiergele
125ml strooisuiker
5ml vanieljegeursel
250g mascarpone
250g ongegeurde roomkaas
30ml koffielikeur
250ml sterk swart koffie
200g brosbroodbeskuitjies (Eat sum morkoekieswerk goed)
Sjokoladesmeer of ganache, om bo-oor te smeer (opsioneel)
Kakao, om oor te sif
Smeer ’n middelslag broodpan en voer uit met kleefplastiek. Klits die eiergele, strooisuiker en vanieljegeursel vir sowat 6 minute saam, tot liggeel en dik. Voeg die mascarpone, roomkaas en likeur by en klits liggies, tot net-net gemeng.
Gooi ’n bietjie koffie in ’n vlak houer. Verdeel die koekies in drie gelyke dele. Krummel elke lot koekies grof en klam dit goed aan met die koffie. Smeer ’n kwart van die roomkaasmengsel onderin die pan.
Skep die eerste laag koffie-koekies bo-op. Herhaal die lae en eindig met ’n laag roomkaasmengsel. Bedek met kleefplastiek en vries oornag. Keer uit op ’n mooi dienbord en smeer sjokoladesmeer bo-oor (opsioneel) en sif kakao oor. Sit dadelik voor.
Lewer 8-10 porsies.
Landbouweekblad, 14 Januarie 2011
Ideës vir Laag Roomys Koek
*
Paar idees van ons lede:
Elize Rust Coetzer Kondensmelk caramel, romary creams, enige iets neute sjokelade, cherries hang net af wat jy wil meng alles en sit terug in vrieskas
Lizanne Jordaan Chocolate koekies, neute, opgekapte chocolates, marshmallows, cherries.
Shereen Terblanche Braack Daai mini marshmallows, astro’s, oreo koekies gekrummel, neute, smarties,
Annarien Venter Marshmellows, kersies, turkishdelight of nouga en neute. Kan selfs sjokolade slab soos caramel op breek en in sit.
Lisane Du Preez koop 2lt vanilja roomys en 2lt chocolate roomys. Vat n vierkantige pan en le uit met glad wrap. Laat die roomys bietjie smelt, deel elkeen in 2. (jy het dus nou 4 bakke roomys) Meng in wat jy gekies het soos kersies of neute of stukkies sjokolade, gebreekte oreo koekies, n verskillende een inélke bak. Gooi jou eerste keuse onder in en vries vir 15min, smeer karamel bo oor, as jy vanilla eerste gekies het gaan jy nou n sjokolade vat en herhaal die stappe, totdat jy jou 4 lae het. Jy kan ook oreos of gerasperde chocolate tussen elke laag eksta in sit
GAAN LOER GERUS BY DIE WEBBLAD VIR DIE ALLER LEKKERSTE ROOMYSKOEK IDEES:
http://lifeloveandsugar.com/2013/05/28/snickers-peanut-butter-brownie-ice-cream-cake/
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.