
PAAR IDEES WAT OM TE GEBRUIK BY JOU ROERBRAAI
Groentes:
Wortels – sny in blokkies of repies, gerasper of met jou groenteskiller velletjies gesny
Groen en pers kool
Uie (wit en pers)
Baba uitjies
Sampioene
Baba mielies
Ertjies
Baby marrows
Bean sprouts
Pynappel
Groen, rooi en geel peppers
Boontjies (hou lank – sny net die punte af)
Patti pans (groen en geel)
Pitmielies
Snap peas
Rooi en groen kersies
Peppadews
Brokkoli en blomkool
Eiervrug
Pakke stirfry by gevriesde afdelings in kettingwinkels
Vleise:
Hoenderlewertjies
Repies / blokkies – beesvleis, varkvleis, hoender, skaap, steak, tenderised steak,
Spek
Viennas, russians
Shrimps (garnale)
Kreef en krap
Bygereg:
Rys (wit- bruin of Basmatiese rys)
Noedels
Spagetti
Samp
5 VLEISE STIRFRY
Vleis
1 pakkie hoenderlewertjies in repies gesny(250gr)
1 pak spek in repies gesny
4 tot 6 hoenderdytjies ontbeen en in repies gesny
250 gr gemaalde vleis
Steak in respies gesny
Braai in kookolie of margarien in braaiskottel tot half gaar.
Groente
1/ 2 koolkop ( Rooi ) in repies gesny
4 wortels in repies gesny
Uie in ringe gesny
Sampioene in repies gesny
Groensoetrissie in repies gesny
Pynappel in blokkies gesny
Baby marrows heel of in skyfies gesny
Bean sprouts ( opsioneel )
Water Chest nuts ( in blik medium ) ( opsioneel )
METODE
Voeg groente by half gebraaide vleis. Braai tot alles gaar is. Roer telkens sodat dit nie aanbrand nie. Sout en peper na smaak. Bedien met rys en soetsuursous, en slaai.
Chinese Varkvleis
( 4 porsies )
300 g beenlose varkvleis, in dun repies gesny
30 ml kookolie
1 ui, in dun ringe gesny
2 selderystingels, skuins in dun skyfies gesny
Vars gemaalde swartpeper na smaak
60 g sampioene, in skyfies gesny
100 g vars of ingemaakte boontjiespruite
15 ml suiker ( 3 t )
15 ml wynasyn ( 3 t )
10 ml sojasous ( 2 t )
15 ml droë sjerrie ( 3 t )
METODE
Braai vleisrepies bruin in verhitte kookolie in `n swaar boompan of wok. Voeg uie en seldery by en soteer.
Voeg suiker, asyn, sojasous en sjerrie by.
Geur met sout en peper. Sit voor met gebraaide rys
Chinese Soetsuur sous
Suiker, 1 koppie
Asyn, 1 koppie
Rooiwyn, 1/ 2 – koppie
Marmite, 1 teelepel
Soetrissie, 1 groen in repe
Mielieblom, 1 eetlepel
Gemmerkonfyt, 1 eetlepel
Pynappel, 1/ 2 – koppie blokkies
Piekels, ¼ – koppie stukke.
Laat die eerste 5 bestanddele een keer kook, en maak dan dik met die mielieblom wat met `n bietjie water tot `n pasta gemeng is.
Roer totdat dit dik en deurskynend is, en 2 minute voordat dit opgedis word, voeg die res van die bestanddele by.
Dis warm op by gebraaide of geroosterde vleis, veral varkvleis.
Soetsuursous
Bestanddele
12.5 ml Maizena
1 Blokkie Hoender ekstrak
125 ml Koue water
40 ml Asyn
12.5 ml Sojasous
25 ml Suiker
125 ml Pynappel sous
Pynappel blokkies
Metode
Meng alles en kook saam (behalwe die pynappel stukkies) tot dik en deursigtig. Indien verkies kan die pynappels stukke nou bygevoeg word.
Sous by stirfry
Madri Cordier
In ‘n potjie:
3/4 K Appelasyn
1 K Tamatiesous
Halwe ui in blokkies
1 Groen peper in blokkies
1 Eetlepel olyfolie
10ml fyn gemmer of halwe K gemmer konfyt
30ml Worcester sous
5 t suurlemoensap
Halwe K bruinsuiker
Bring als tot kookpunt en prut vir 5 minute. Heerlik!

Chinese rice with egg
Gegeurde rys (Chinese fried rice)
3 koppies gaar wit rys (dag oud of oorskiet rys werk die beste!)
3 eetlepels olie
1 koppie bevrore ertjies en wortels (ontdooi)
1 klein ui, gekap
2 teelepel gemaalde knoffel/of vlokkies
2 eiers, effens geklits
¼ koppie sojasous
Op medium hoë hitte, verhit die olie in ‘n groot pan of wok. Voeg die ertjies / wortels meng, ui en knoffel. Roerbraai tot sag. Verlaag die hitte tot medium en druk die mengsel eenkant toe die pan. Gooi die eiers in en roerbraai tot gaar. Voeg die rys en sojasous by en meng alles goed saam. Roerbraai totdat deeglik verhit!
( Jy kan regtig rondspeel met hierdie rys. Probeer ‘n paar blokkies ham, of spek, garnale of groen/geel/rooi peppers, sampioene, pitmielies, spruituie

Braai 1 groot ui, 6 repies spek (gesnipper), kwart van elk (rooi geel en groen peppers in blokkies gesny) tot sag en gaar Kook intussen 1 na 1 en half koppie rys tot gaar. As rys gaar is, dreineer water af, gooi of Spice for rice of gegeurde sout by (na smaak) – roer spek en uie mengsel deur en bedien warm WENK: Seldery in klein blokkies kan ook saam met die spek gebraai word. Dit gee ‘n heerlik smaak aan die rys (pasop vir te veel, ek sal se so halwe stingeltjie) Lede se wenke: Sit gebraaide sampioene by, ertjies en selfs gemengde groente
Bees en groente stirfry
500gr beesvleis steak, sny in dun snye
1 tl sojasous
1 knoffelhuisie , fyn
½ t gemaalde swartpeper
1 kop beesaftreksel
3 tl sojasous
2 ½ tl maizina
½ tl gerasperde gemmer (opsioneel)
1-750 g sak bevrore roerbraai groente , ontdooi
1 kop gesnyde sampioene
3 uie, in stukke gesny
1 tl olie
Metode:
Voeg 1 tl sojasous , knoffel, peper by die vleis , roer en sit eenkant neer om te marineer .
Roer die bees aftreksel, 3 tl sojasous , gemmer en maizina en sit eenkant.
Verhit pan of wok tot medium met ½ tl olie
Voeg groente, sampioene en uie by , roerbraai vir paar minute , groente moet sag maar nie pap nie. Verwyder uit pan en hou eenkant.
Drup ½ t olie in pan . Voeg vleis in sojasous marinade by Roerbraai vir paar minute, vleis moet nog effens pienk wees.
Stoot beesvleis teen kante van die pan, roer die bees aftreksel sous mengsel by. Meng sous met vleis en bly roer tot sous verdik en kook
Voeg groente by en roer saam tot alles goed gemeng is Bedien met rys. Geniet dit!
Jy kan hoender of vark ook hier gebruik.
CHINESE BRAAI (Ongeveer 15 mense)
1kg Russians in blokkies
1kg Rooiworsies in blokkies
6 Gekapte uie (medium)
5 Groen pepers ontpit en in blokkies/repe
1kg Hoenderfillet in blokkies
1kg Bees blokkies
1kg Spek in blokkies
4 Blikke pynappelstukkies
1kg Tamaties in blokkies gesny
750g Sampioene gesny
1kg Basmati rys
Bottel soya sous, bottel olie, bottel tamatiesous, bottel bruinasyn, bottel worcestersous, bottel sweet & sour sous
Gooi als mooi uit in bakke of trek tafel met foelie oor en gooi dit in rye. Sit opskepbakkies neer, spane, lepels, voorskote ens neer. Hou rys warm. As mense klaar gebraai het kan hul kom rys skep en dan die chinese braai bo-oor.
CHINESE NOEDELS/BRAAI
500 g varkboud, in dun repies gesny
100 g klein skulpnoedels
1 klein groenrissie, in dun repies gesny
1 klein rooi soetrissie, in dun repies gesny
Vars gemaalde swartpeper na smaak
30 ml droë sjerrie ( 2 E + 1 t )
37.5 ml sojasous ( 3 E )
15 ml mielieblom ( 3 t )
30 ml kookolie ( 2 E + 1 t )
100 g boontjie- of lensiespruite
5 stingeluie
100 ml lemoensap ( 8 E )
2 ml knippie sout
METODE
Marineer vleis in `n mengsel van sojasous, sjerie en mielieblom vir 15 minute.
Kook noedels tot gaar.
Dreineer, spoel af onder koue water en plaas eenkant.
Verhit olie in `n wok of swaarboomkastrol en braai vleis bruin.
Voeg rissies, spuite en stingeluie by en roerbraai tot net sag .
Voeg gaar noedels en lemoensap by en verhit deeglik.
Geur met sout en peper en sit dadelik voor.

Dankie Tannie Lettie Hough vir jou resep en foto van die chinese frikadelle
Mikrogolf Chinese frikadelle op noedels
Lewer 24 bolletjies
FRIKKADELLE
500 g varkmaalvleis/bees maalvleis
Sout en peper
4-6 stingeluie, gekap
60 ml (¼ k) gekapte pietersielie
1 eier, geklits
25 g witbroodkrummels
SOUS
45 ml (3 e) suiker
45 ml (3 e) bruinasyn
15 ml (1 e) soetbrandrissiesous (sweet chilliesous)
125 ml (½ k) tamatiesous
15ml (1 e) sojasous
15ml (1 e) heuning
Noedels vir voorsit
FRIKKADELLE
Meng al die frikkadelbestanddele en vorm 24 frikkadelletjies. Verkoel 30 minute in die yskas
SOUS
Meng al die sousbestanddele in ’n glasbak en mikrogolf 1 min op hoog (100%)
Plaas 12 frikkadelle op ’n bord en mikrogolf 2½-3 min (100%) tot net gaar. Herhaal met die res van die frikkadelle.
Voeg by die sous en meng deur.
Sit voor op noedels
.
Resep uit Huisgenoot Maalvleis Maklik, vinnig en goedkoop.
Wenk: Opsioneel – Gooi so ‘n bietjie gemmer (gedroog, stukkie wortel of gepreserveer) by die sous (so ‘n knippie of teelepel)

Rens se stirfry
Rens se STIRFRY
Braai 1 groot ui grof gekap, kwart rooi, geel en groen pepper tot sag (jy kan ook sampioene byvoeg)
Gooi in 1 pakkie hawaiin stirfry (die klein pakkie) Ek gebruik gewoonlik vars groente maar het nie alles gehad nie (die pakkie bevat : pynappel, wortels, pitmielies, boontjies, peppers – voeg ekstra in – handjie vol ertjies
Braai die groente tot sag
Skep uit en hou eenkant
Braai jou beesvleis repies in olie met bietjie knoffel vlokkies, worster- of soyasous tot sag
Gooi die groente terug en gooi in 1 pakkie sweet and sour sous (ek het Spar se maak hier gebruik) en prut tot dik
Bedien op rys
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.