Ribbetjie/lam en skaaprib met pap en bisto sous


PicMonkey Collage

Sny kepe in blokkies in jou ribbetjie se vetlaag/vel bo

Marineer jou ribbetjie met : OLYFOLIE, SUURLEMOENSAP, BALSAMIC VINEGAR/OF WOSTERSOUS, GROWWE SOUT EN PEPER EN BIETJIE KNOFFELVLOKKIES

Ek bak my lamsribbetjie by 110grade C vir so 2 ure. Sit laaste 10 minute op na 160 C- Onbedek die heeltyd.

Hierdie ribbetjie is doeksag

Vir skaaprib, doen dieselfde maar na so uur en half draai krag na 160 C vir nog so ‘n halfuur om die ergste vet af te braai.

533_440485809341293_1379612397_n

Pap en ribbetjie met bisto en uie sous. Die bisto sous maak ek sommer met die sous wat onder in die bak le as die ribbetjie gaar is. Gooi net opgekapte ui by, so 1 tot 2 tl bisto met koppie water en kook tot sag.

523439_440484432674764_1807921822_n

KRUMMELPAP:

250ml water

500ml growwe mieliemeel/Impala

5ml sout

Bring water tot kookpunt, voeg sout by en strooi mieliemeel daarin. Verlaag hitte. Kook vir 15 minute. Roer met ‘n vurk of agterkant van ‘n houtlepel om krummeltekstuur te verkry. Prut vir ‘n verdere 45 minute, halfbedek (Ek stel my stoof af na no 1)  Roer nog so 3 maal tydens die prutproses

PapPap

STYWEPAP:

1 liter water

12.5ml sout

750ml mieliemeel

12.5ml botter

10ml olyfolie

Kook water en voeg dan sout by. Roer met ‘n vurk of agterkant van houtlepep genoeg mieliemeel in om mengsel taamlik dik te maak. Voeg botter en olyfolie by. Vou goed in. Sit deksel op en laat stoom ongeveer ½ uur oor lae hitte tot gaar.(Ek stel my stoof af na no 1)  Moenie die deksel te dikwels oplig nie, aangesien dit sal maak dat die pap nie rys nie. Roer so 2/3x deur met agterkant van houtlepel of vurk.

My MENGELSLAAI – ek gebruik net balsamic vinegar, olyfolie, growwe sout en peper oor my slaai as slaaisous.Ek gebruik: Kersietamaties, vars basil, vars spinasie blare, vars spruituie, vars radyse (alles uit my eie tuin)  sampioene, gerasperde wortel, pers en groen kool gesnipper, green/yellow en red peppers en boontjies

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s