Tag Archive | lamsvleis

Pampoenbredie


pampoen bredie

PAMPOENBREDIE

(Dit lewer 8 porsies)

Voorkom dat die bredie waterig is, en gebruik ‘n boerpampoen (plat en wit) of botterskorsie (butternut).
Die vleis bly ferm.

2 groot uie, in ringe gesny
4 naeltjies
3 knoffelhuisies, gekneus
3 wonderpeperkorrels
3 stukke pypkaneel
knypie neutmuskaat
45 ml olie
1 kg skaapvleis, in blokkies gesny
125 ml kookwater of verhitte vleisaftreksel
2 kg ryp pampoen, geskil en in blokkies gesny

Aartappel blokkies  indien verkies

30 ml bruinsuiker

Sout en varsgemaalde swartpeper

Gekapte vars pietersielie vir garnering

1. Braai die uie, naeltjies, knoffel, wonderpeperkorrels, kaneel en neutmuskaat in helfte van die olie in ‘n groot kastrol totdat die uie sag en deurskynend is.
2. Voeg die res van die olie en die vleis by en braai tot bruin.
3. Voeg die kookwater of aftreksel by, bedek en prut vir 30 tot 40 minute lank totdat die vleis halfpad gaar is.
4. Voeg die pampoenstukkies by, roer deur en bedek met ‘n digsluitende deksel. Laat prut totdat die pampoen sag is en die meeste van die vloeistof verdamp het.
5. Geur na smaak met suiker, sout en peper.
6. Strooi die pietersielie oor net voordat die bredie voorgesit word. Dien op met rys

Advertisement

Skaapskenkels in die Slowcooker


SKAAPSKENKELS IN DIE SLOWCOOKER

SKAAPSKENKELS IN DIE SLOWCOOKER

416789_441615122561695_751732031_n

Rencia Odendaal Pretorius

1kg skaapskenkels

4 aartappels in blokkies gesny

1 ui grof gekap

2 wortels – in skywe gesny

Green/yellow/red peppers – grof gesny

Paar heel sampioene of 1 blikkie button mushrooms

1 pakkie vars of blikkie baby corn mielies

Sit alles in jou slowcooker

Maak in beker aan,

Bietjie suurlemoensap, balsamic vinegar, sout, peper, rooiwyn, bay leaves, 3 tl bisto, garlic flakes en so 1 kop water.

Gooi alles oor die vleis en groente mengsel en sit aan op “high”vir so 6 ure

Bedien met stampmielies

Ribbetjie/lam en skaaprib met pap en bisto sous


PicMonkey Collage

Sny kepe in blokkies in jou ribbetjie se vetlaag/vel bo

Marineer jou ribbetjie met : OLYFOLIE, SUURLEMOENSAP, BALSAMIC VINEGAR/OF WOSTERSOUS, GROWWE SOUT EN PEPER EN BIETJIE KNOFFELVLOKKIES

Ek bak my lamsribbetjie by 110grade C vir so 2 ure. Sit laaste 10 minute op na 160 C- Onbedek die heeltyd.

Hierdie ribbetjie is doeksag

Vir skaaprib, doen dieselfde maar na so uur en half draai krag na 160 C vir nog so ‘n halfuur om die ergste vet af te braai.

533_440485809341293_1379612397_n

Pap en ribbetjie met bisto en uie sous. Die bisto sous maak ek sommer met die sous wat onder in die bak le as die ribbetjie gaar is. Gooi net opgekapte ui by, so 1 tot 2 tl bisto met koppie water en kook tot sag.

523439_440484432674764_1807921822_n

KRUMMELPAP:

250ml water

500ml growwe mieliemeel/Impala

5ml sout

Bring water tot kookpunt, voeg sout by en strooi mieliemeel daarin. Verlaag hitte. Kook vir 15 minute. Roer met ‘n vurk of agterkant van ‘n houtlepel om krummeltekstuur te verkry. Prut vir ‘n verdere 45 minute, halfbedek (Ek stel my stoof af na no 1)  Roer nog so 3 maal tydens die prutproses

PapPap

STYWEPAP:

1 liter water

12.5ml sout

750ml mieliemeel

12.5ml botter

10ml olyfolie

Kook water en voeg dan sout by. Roer met ‘n vurk of agterkant van houtlepep genoeg mieliemeel in om mengsel taamlik dik te maak. Voeg botter en olyfolie by. Vou goed in. Sit deksel op en laat stoom ongeveer ½ uur oor lae hitte tot gaar.(Ek stel my stoof af na no 1)  Moenie die deksel te dikwels oplig nie, aangesien dit sal maak dat die pap nie rys nie. Roer so 2/3x deur met agterkant van houtlepel of vurk.

My MENGELSLAAI – ek gebruik net balsamic vinegar, olyfolie, growwe sout en peper oor my slaai as slaaisous.Ek gebruik: Kersietamaties, vars basil, vars spinasie blare, vars spruituie, vars radyse (alles uit my eie tuin)  sampioene, gerasperde wortel, pers en groen kool gesnipper, green/yellow en red peppers en boontjies

Tomato and Wine-Roasted Lamb Shanks


 

TOMATO AND WINE-ROASTED LAMB SHANKS

TOMATO AND WINE-ROASTED LAMB SHANKS

 

We know lamb is a real treat these days and using the KNORR Traditional Roast Lamb Cook-in-Bag you don’t run the risk of making dry, chewy lamb shanks!

T&W

Ingredients

• 4 small-medium sized Lamb Shanks

• 1 KNORR Traditional Roast Lamb Cook-in-Bag

• 1 Onion, finely chopped

• 2 t/spoons crushed garlic

• 2 Ripe tomatoes, peeled and roughly chopped

• 1 greenpepper diced (ek gerbuik bietjie rooi/geel en groen)

• ¾ cup Red wine

• 1¼ cups Water

• 1t/spoon rosemary and olive spices (optional)

 

Instructions

1. Preheat oven to 180°C.

2. Place lamb shanks in a single layer in the roasting bag with the onion, garlic, tomatoes and greenpepper

3. Sprinkle seasoning mix inside the bag, hold the bag closed and roll gently to coat the ingredients evenly.

4. Place roasting bag on a baking tray and add the red wine and water.

5. Knot the bag loosely to seal and pierce the top of the bag 3 times with a knife for the steam to escape.

6. Place in the centre of the oven and allow to cook for about 90 minutes. Ensure that the grill is off at all times.

7. Carefully cut the bag open and transfer to a serving dish with any sauce that is in the bag.

8. Ek dink as jy 1 of 2 wortels in wieletjies gesny bysit gaan dit ook baie lekker wees

9. Verdik jou sous met bietjie bisto indien jy wil

T&W2

Ek het sommer aartappels gehalveer, bietjie water onder in my bakplaat gegooi en aromat oor die aartappels gesprinkel en alles dieselfde tyd ingesit

Ek kook altyd so 4 koppies pampoen en vries dit koppies gewys in sakkies in my vrieskas. As ek pampoenkoekies wil maak – haal ek net 1 pakkie gervriesde pampoen uit ontdooi en maak die koekies Rencia Odendaal Pretorius

Pampoenpoffertjies

Pampoenpoffertjies

PAMPOEN POFFERTJIES:

(Almarie Burger)

Sous:

2 kop suiker

2 kop melk

1 kop water

2 eetl botter

5tl maizina angemaak met bietjie van die melk

sout

Kook alles en bring tot kookpunt

Koekie:

2 kop gaar pampoen

2 kop meel

4tl bakpoeier

2 eiers

Meng alles.

Skep nou lepels vol in pan met olie en bak tot gaar.

Pak lae poffertjies, NB jou poffertjies moet warm wees – gooi WARM sous oor en kaneel en hou so aan tot beslag klaar is.

Groenbone Gereg met Nicknaks

Groenbone

Groenboontjies:

500gr boontjies – opgekerf

1 ui – opgekerf

2 aartappels – in blokkies

2 na 3 repies spek gesnipper

Kook alles saam tot sag en gaar. Gooi in so halwe desert lepel botter, sout en peper en meng goed deur