Tag Archive | sosaties

Portuguese Espetadas


ES4

Portuguese Espetadas

Wil bietjie vir julle ons Espetadas wys wat ons nou die dag met ‘n kampnaweek gemaak het.
Julle kan dit gerus probeer. Dit is heerlik.

Groot stukke rump, sirlion of fillet steak – in groot blokke gesny.
Ons het hier Kudu fillet gebruik.

MARINEER jou vleis 1 UUR VOOR JY BRAAI in knoffel, olyfolie en bay leaves (loerierblare) – ons het sommer die droe bay leaves gebruik en in stukke gebreek.

Gebruik hier jou eie hoeveelhede knoffel ens (dit hang af van  hoeveel vleis jy het)

Ryg dan die stukke vleis op staal sosatie stokke.
Jy kan tussen in ook soetrissie, tamaties, uie, sampioene ens insit, maar ons het dit net so ingeryg.

Braai oor WARM kole tot medium rare. Terwyl jy dit braai smeer met growwe sout.

Bedien met Portugese broodrolletjies of roosterkoeke met BAIE BOTTER op.

Jy kan sommer gekoopte garlic botter ook gebruik i.p.v. gewone botter

Laat elke persoon vir hom ‘n rolletjie oopsny, smeer natuurlik tuisgemaakte knoffelbotter op en elkeen trek vir hom ‘n stuk vleis van die sosatie stokkie af.