Tag Archive | fillet

Portuguese Espetadas


ES4

Portuguese Espetadas

Wil bietjie vir julle ons Espetadas wys wat ons nou die dag met ‘n kampnaweek gemaak het.
Julle kan dit gerus probeer. Dit is heerlik.

Groot stukke rump, sirlion of fillet steak – in groot blokke gesny.
Ons het hier Kudu fillet gebruik.

MARINEER jou vleis 1 UUR VOOR JY BRAAI in knoffel, olyfolie en bay leaves (loerierblare) – ons het sommer die droe bay leaves gebruik en in stukke gebreek.

Gebruik hier jou eie hoeveelhede knoffel ens (dit hang af van  hoeveel vleis jy het)

Ryg dan die stukke vleis op staal sosatie stokke.
Jy kan tussen in ook soetrissie, tamaties, uie, sampioene ens insit, maar ons het dit net so ingeryg.

Braai oor WARM kole tot medium rare. Terwyl jy dit braai smeer met growwe sout.

Bedien met Portugese broodrolletjies of roosterkoeke met BAIE BOTTER op.

Jy kan sommer gekoopte garlic botter ook gebruik i.p.v. gewone botter

Laat elke persoon vir hom ‘n rolletjie oopsny, smeer natuurlik tuisgemaakte knoffelbotter op en elkeen trek vir hom ‘n stuk vleis van die sosatie stokkie af.

Advertisement

Steak, fillet gevul


FILLET STEAK

GEVULDE FILLET STEAK (VIR BEES FILLET EN ENIGE WILDS FILLET)

Hierdie resep werk ook vir enige wildsvleis fillet (koedoe/springbok ens ) Pasop net, wildsvleis raak bitter vinnig gaar en droog – wildsvleis moet medium na medium rare wees, so jy sal jou tyd so bietjie moet aanpas vir die vleis.

Sny die fillet oop en kap effe plat met piering of vleis hammer. Gooi sout en peper oor. Vul fillet met stukkies spek, skyfies fetakaas, stukkies peppadews gesnipper, fyngekapte uie en knoffelvlokkies. Spuit so bietjie worcestersous of balsamic asyn oor.
Rol op en steek vas met tandestokkies.

Sit op tinfoelie en smeer nou bo-oor olyfolie of lekker dik botter. Sit nog growwe swart peper en sout op en rol toe en seel oral goed. . Ek gebruik heavy duty foelie sodat die foelie nie maklik skeur en die sappe uitloop nie. Sit nou op die kole of in die oond by 180 C vir so ‘n halfuur na 45 min – kole ook so 45 min – (die tyd hang af van hoe gaar jy jou steak eet en hoe groot en dik die steak was0 Haal uit foelie uit, sit in swartpot met warm olyfolie en braai net so effe dat die steak bruin raak aan die buitekant. Rol die fillet die heeltyd al in die rondte in die warm swart pot. My man het ook so bietjie bbq sous oorgesmeer. Ek gebruik my swart cast iron potte – Indien jy nie een het nie, sit in pan met olie en braai net effe bruin, of in die oond – of jy kan dit net op die kole ook doen. Smeer net bbq sous oor. Omdat die steak in foelie was is dit baie bleek van kleur – so die is vinnig vinnig anders maak jy jou steak dood droog gaar.

Die steak wat jy sien was medium gewees.
Bedien met ‘n kaas of sampioensous.