Tag Archive | vark in die oond

Vark/varkstrips/pork rashers


PicMonkey CollageAANDETE BINNE 40 MINUTE OP DIE TAFEL:

Ek het gisteraand die varkstrips in die oond probeer. Gewoonlik braai ons dit altyd, maar ons wou die naweek dit braai toe reen dit. So toe besluit ek om dit oond toe te vat.

Die varkstrips/pork rashers  is die dik een, nie die dun varkstrip wat mens op die kole bros en crispy braai nie

Hulle is gewoonlik gemarineer bv. sweet and sour of honey and mosterd

Keep die vet met jou sker – ek het so 3 snye in elkeen gemaak

Op ‘n bakplaat, en ek het net olyfolie oorgedrizzel

Oond 180 C

Los vir 20/25 minute in die oond, draai om gooi nog bietjie olyfolie oor, terug oond toe vir  so 10/15 minute.

Jy sal maar moet kyk na gelang van die dikte van die varkstrips of dit dalk nog ‘n rukkie moet ingaan. Hou hulle dop vandat jy dit omgedraai het.

My groente was as volg;

Kook jou brussel spruite vir so ‘n rukkie, gooi dan in jou kool en baby marrows wat in 3 gesny is en kook net tot sag. Dreineer water af

Neem pakkie Pasta sous – ek het die 3 cheeses gebruik, maak aan met koppie koue melk en gooi by die groente, kook tot dik, sout en peper (jy kan hier ‘n witsous maak as jy wil en ook gevriese gemengde groente gebruik)

My baba aartappeltjies het ek geprik en net in die mikrogolf  in ‘n plastieksak gegooi vir so 4 minute.

My man se bord kos het die aartappels opgehad, ek eet die gesonder weergawe met die groente en slaai by.

Die vark was ‘n wenner en sal dit weer maak. Die vetjie was lekker bros en crispy. Jy kan indien jy wil ook jou vark vir minuut of so onder die rooster sit as jy dit wil rooster, wees net versigtig vir brand want die marinade brand maklik aan. Dit lyk of my varkvetjie  gebrand is, maar dit was nie. Dit was perfek.

Lekker eet

Rens

 

 

 

Advertisement