Tag Archive | white onion soup

Braai Braaivleis bygeregte


butternut en sampioene

Butternut en gevulde sampioene

1. Neem butternut met skil aan en sny dik skwye.
Smeer botter op, bietjie knoffel, sout en peper en sit dik sny ui bo-op. Ek het bo-op die ui bietjie lemoenpeper gestrooi. Draai toe in foelie en sit in die oond tot gaar. Ek het myne so +/- vir ‘n uur op 140 grade gehad

2. Gevulde sampioene
Neem sampioen en haal die middelste stuk uit. Braai bietjie spek, gekapte ui en peppers. Skep in sampioene, frimmel bietjie feta kaas oor, sout en peper en gerasperde cheddar kaas. Ek het roosmaryn en olyf sprinkel van Ina paarman gebruik om bo-oor te sit ipv sout en peper. So 10 min voor julle wil eet, sit die sampioene in die oond en bedien dadelik.

PicMonkey Collage fb

Aartappelsosaties met fillet steak en spek

‘N VOLLEDIGE BRAAI BYGEREG (Rens)

Ek het aartappel sosaties gemaak. Ek het my aartappels gekook tot gaar en laat afkoel. Ryg op sosatie stokkie ‘n sampioen, aartappel met spek toegedraai, kersie tamatie, stukkie groen rissie, weer aartappel, kersie toegedraai in spek en ‘n stukkie gherkin. Braai op die kole – smeer ‘n appelkoos, wostersous, suurlemoensap en sout peper sousie oor terwyl jy dit braai. (maak die sommer so met die oog aan) Maak dit net effe warm in die mikrogolf om dit loperig te maak.

My bees fillet het ek in dik skywe gesny en spek omgedraai en met tandestokkies wasgesteek.

‘n Knoffelbroodjie gemaak met ‘n lang footlong bun – smeerkaas, botter, knoffel en pietersielie

Heel beetjies gehad  met uie en fetakaas, en ‘n kaassous oor die steak.

My nagereg was 2 tennis beskuitjies. Plaas 1 op bord, smeer so 2 teelepels dik gekookte kondensmelk op, rasper peppermint aero oor, sit nog beskuitjie op, klein bietjie kondensmelk met ‘n kersie op, spuitjie room en ‘n gebreekte stukkie aero op.

IMG_8171

SPINASIE TERT – BRAAI BYGEREG
Die is genoeg vir 6 na 7 mense as jy ander bykosse het.
Gebruik so 20cm deursnit bak

1 of 2 bossies (pakke) spinasie – ligweg opgekap (of jy 1 of 2 gebruik, jy hoef nie die bestandele onder aan te pas nie)
5 stukkies repe spek (opgekap)
5 sampioene (opgekap)
1 groot ui (opgekap)
Gooi alle bogenoemde in pot en kook so 15 minute – dreineer en hou eenkant. (ja niks braai van uie ens nie , kook alles)

Meng 1 pakkie wit uie sop met 1 houertjie suurroom en laat staan vir 10 minute (suurroom as jy nie het nie – 1 houertjie room met 1 eetl suurlemoensap – laat staan vir 10 minute)
Voeg by 1 houertjie gladde maaskaas, 3 eiers, 1tl mosterdpoeier, peper, Meng goed deur en gooi spinasie mengsel by en 1 kop gerasperde cheddar kaas. Meng alles ligweg deur
Gooi in ‘n bak gespuit met spray en cook en bak by 180 C vir 30 na 40 minute – kyk as gestol en bruin bo-op is.
As uit die oond kom, gooi nog gerasperde kaas oor Ek het 2 swart olywe geneem en stukkies gesny en bo-oor gesit vir versiering met bietjie paprika.

Opsioneel – as jy wil, kan jy halwe blik aspersies in stukkies gesny ook byvoeg.

Hierdie dis kan deurgaan as ‘n volledige aandete saam met kapokaartappels en lekker mengelslaai.

Advertisement