Tag Archive | olives

POTBRODE met gekoopte deeg


brood-2fb

POTBROOD met potato bake, kaas en paprika

Smeer jou bak lekker dik met botter
Maak bolletjies en pak in jou bak
Neem 1/2 pakkie potato bake en 3/4 koppie melk
Meng en gooi bo-oor
Bak vir 40 na 45 min by 180C
As uit die oond kom, gooi gerasperde kaas en parika oor

In albei gevalle kan jy dit net so ‘n half uur los om te rys voor jy dit bak

 

POTBROOD met spek, olywe en feta

Knie die deeg net effe deur
Smeer jou bak goed met botter
Sit die deeg net so heel in die bak
Druk die deeg lekker plat in die bak met jou vingers
Neem 2 velletjies spek (rou), snipper dit met jou vingerpunt oral in die deeg in
4 na 5 olywe, ook in stukkies gebreek, druk oral in
Halwe wieletjie fetakaas, gefrimmel, gooi bo-oor en druk vas met jou handpalm
Gooi oor, Ina Paarman se Olive and Rosmary speserye
Bak ongeveer 35 na 40 min by 180C

In albei gevalle kan jy dit net so ‘n half uur los om te rys voor jy dit bak

brood-1-fb

Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous


Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous -sarie

Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous -sarie

Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous

Kos & onthaal

Bederf jou gaste met dié heerlike ryk pasta-dis.

Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute

• 40 ml olyfolie
• 40 ml botter
• 15 ml geel mosterdsaad
• 2 rooi-uie, middeldeur en opgesny
• 2 selderystokkies, opgesny
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 250 g gemengde sampioene, middeldeur of in kwarte gesny, indien nodig
• meel om oor te strooi
• 8-10 hoenderdyfilette, in blokkies gesny
• 30-50 ml brandewyn
• 250 ml room
• 125 ml hoenderaftreksel
• 15 ml Dijon-mosterd
• ’n hand vol swart olywe, ontpit en middeldeur gesny
• gekapte Italiaanse pietersielie na smaak, plus ekstra vir garnering
• gerasperde pecorino of parmesaan
• 350-400 g penne-pasta

1 Verhit die helfte van die olie en botter in ’n kastrol. Voeg die mosterdsaad by. Voeg die uie en seldery by sodra die sade begin skiet. Soteer tot sag. Voeg die knoffel by en soteer vir ’n minuut. Voeg die sampioene by en kook tot byna sag – roer so nou en dan. strooi ’n bietjie meel oor die sampioene en roer goed. Kook vir 30 sekondes terwyl jy roer. Haal van die plaat af en sit eenkant.

2 Verhit nog ’n bietjie olie en botter en braai die hoenderblokkies oor ’n hoë hitte bruin. Hou ’n vuurhoutjie of aansteker byderhand. Gooi die brandewyn in die pan en steek dit aan. Skud die pan oor die plaat tot die vlamme uitbrand. Gooi die room en aftreksel in die pan. Verlaag die hitte en voeg die mosterd by. Laat prut vir ’n paar minute tot die hoender sag is.

3 Roer die sampioenmengsel by. Voeg die olywe by. Laat prut vir ’n paar minute tot effens verdik. Voeg die pietersielie by.

4 Kook die penne tot al dente in ’n groot kastrol met gesoute kookwater. Dreineer en roer die sous by die pasta. Strooi die kaas en pietersielie oor en sit voor.