Tag Archive | parmesaan

Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous


Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous -sarie

Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous -sarie

Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous

Kos & onthaal

Bederf jou gaste met dié heerlike ryk pasta-dis.

Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute

• 40 ml olyfolie
• 40 ml botter
• 15 ml geel mosterdsaad
• 2 rooi-uie, middeldeur en opgesny
• 2 selderystokkies, opgesny
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 250 g gemengde sampioene, middeldeur of in kwarte gesny, indien nodig
• meel om oor te strooi
• 8-10 hoenderdyfilette, in blokkies gesny
• 30-50 ml brandewyn
• 250 ml room
• 125 ml hoenderaftreksel
• 15 ml Dijon-mosterd
• ’n hand vol swart olywe, ontpit en middeldeur gesny
• gekapte Italiaanse pietersielie na smaak, plus ekstra vir garnering
• gerasperde pecorino of parmesaan
• 350-400 g penne-pasta

1 Verhit die helfte van die olie en botter in ’n kastrol. Voeg die mosterdsaad by. Voeg die uie en seldery by sodra die sade begin skiet. Soteer tot sag. Voeg die knoffel by en soteer vir ’n minuut. Voeg die sampioene by en kook tot byna sag – roer so nou en dan. strooi ’n bietjie meel oor die sampioene en roer goed. Kook vir 30 sekondes terwyl jy roer. Haal van die plaat af en sit eenkant.

2 Verhit nog ’n bietjie olie en botter en braai die hoenderblokkies oor ’n hoë hitte bruin. Hou ’n vuurhoutjie of aansteker byderhand. Gooi die brandewyn in die pan en steek dit aan. Skud die pan oor die plaat tot die vlamme uitbrand. Gooi die room en aftreksel in die pan. Verlaag die hitte en voeg die mosterd by. Laat prut vir ’n paar minute tot die hoender sag is.

3 Roer die sampioenmengsel by. Voeg die olywe by. Laat prut vir ’n paar minute tot effens verdik. Voeg die pietersielie by.

4 Kook die penne tot al dente in ’n groot kastrol met gesoute kookwater. Dreineer en roer die sous by die pasta. Strooi die kaas en pietersielie oor en sit voor.

Advertisement

Braaibroodjie Ideës


Braaibroodjie - foto tarasmulticulturaltable.com

Braaibroodjie – foto tarasmulticulturaltable.com

Gewone braaibroodjies maar sit avocado ook op HEERLIK of net met bietjie chutney

Greenpepper is ook vreeslik lekker op braaibroodjies, met chutney ook & dan di gewone!

Meng botter met knoffel vlokkies en n hand vol parmesaan kaas, smeer mildelik oor broodjie, gevolg deur tamatie skyfies, mozzarella kaas, ui en fyn strips green pepper. Baie vars gemaalde swart peper en Ina Paarman se Pesto & Parmesan spice. Braai oor hoë hitte en draai gedurig. Jy eet jou vingertjies af

Ek het onlangs vir ons braaibroodjies gemaak met pita brood en dit was baie lekker. Sny pita middeldeur pak ‘n laag tamatie skyfies, uie ringe maak ‘n mengsel met blatjang mayo sweet chilli gekapte jalapenos peppadews en knoffel en smeer oor uie laag. Pak kaas op en boonste laag van pita brood braai oor die kole dis baie lekker

Ek smeer op die broodjies eenkant chutney en ander kant appelkooskonfyt, dan ui, kaas, tamatie lekker peper en aromat. Partykeer maak ek dit toe in gladwrap soos toebroodjie vir skool maar smeer hom margarien aan buitekante voor toemaak en dan braai ja jy moet extras he vir die volgende oggend

Dip die extra broodjies die volgende oggend in eier en vlak braai, dit njammies

Mushrooms, knoffel, kaas en bietjie chutney. Njam!

Ook baie lekker as jy die tamatieskfies opsit en dan jou uie fynkap en dit dan meng met gerasperde kaas en mayonaise. Dus tamatieskyfies onder met die uie,kaas en mayo mengsel bo-op dit en dan braai soos op die foto Lekkerrrrr

Verf/smeer jou dag oue brood met olyfolie dun skyfies tamatie sout & growwe peper. Vars basil blare en dan grof gekrummelde fetakaas. Braai soos gewoonlik op die rooster.

Ons sit nog Mayonaise ook op. En verruil die kaas met kaassmeer!

Ek is nie kreatief met my eie broodjies nie hou net van tamatie kaas en uie, maar mams se broodjie kry nog mosterd chutney radyse (uit ons tuin) agurkies op enige iets wat op ‘n broodjie kan kom sit sy op.

Braai uie tot deurskynend, gooi so teelepel suiker by om te karameliseer en gebruik die snytjies kaas saam met tamatie. Heerlik en kids is mal daaroor want hulle hou gewoonlik nie van rou uie nie. En dan is dit ook nie nodig om broodjies lank te braai nie.

Ek maak ook die gewone met kaas,tamatie + uie maar strooi bietjie oreganum oor tamatie saam met sout + peper en so bietjie churney! Heerlik!!!

Kaas, tamatie, ui en sweetchillie sous.

Ek smeer botter, appelkooskonfyt, uieringe, tamatieskyfies, sout en peper! Dan sit ek dit eers in die presstoaster, toast dit liggies en dan oor die kole!