Tag Archive | uieringe

Uie Ringe /Onion rings


Uieringe

Uieringe met bierdegie

Spur Uieringe

Amanda Cronje
Spur se uieringe resep!!! sny jou uie lekker fyn in ringe. Laat week die uie vir ten minste 2 tot 4ure in Sprite koeldrank. In n sakkie meng meel en bbq spice. Skud die ergste koeldrank af en gooi die uie in die sakkie meel. Skud goed. Haal die uie uit en skud al die oortollige meel af en braai in diep olie

Uieringe

Lizelle Du Preez

Sny uie in baie dun ringe en laat le so minuut lank in yskoue Sprite (met gas in) haal uit en doop dan in koekmeel mengsel wat jy meng met bietjie bakpoeier en speserye na smaak en braai in olie tot lekker “crispy” en goudbruin.

Uieringe

Rencia Odendaal Pretorius

Hier is my resep – vinnig vinnig en lekker:

Sny uie in ringe en gebruik die groot buitenste ringe-

Maak degie met 1  kop  bruismeel, 1 eier en ‘n ½  bier. Kyk maar na jou degie. Gooi nog meel of bier in as of te dik of te slap is.

Dan gooi ek Enige spesery in bv BBQ of Texas chillie of braaispeserye – dit wat jy in jou kas het.

Verhit olie en doop elke ring APART  in degie en braai in olie  tot goudbruin.

Moenie te veel ringe insit op ‘n slag nie anders smelt dit teen mekaar vas in die olie.

Bedien dadelik.

Uieringe

1.Sny die uie in ringe, gooi kookwater oor, dreineer, gooi in yswater vir ‘n ruk. Dreineer, gooi in n plastieksakkie. Gooi nou van packo se droe chillie bite mengsel oor, skud die ergste melerigheid af en braai in warm olie. Die uie ringe is lekker bros met so n spicy smaak. Baie lekker!

OF:

2.Vat melk en klits 1 eier daarby. Dan in ‘n aparte bak meng meel met ‘n bietjie mieliemeel (pap) en bietjie sout en peper. Rol eers die mushrooms/uieringe in die meel, dip dit dan in die eiermelk en dan weer in die meel. Bak dit dan in die olie.

UIE RINGE MET BROODKRUMMELS 
Old fashioned onion rings

Old fashioned onion rings

OLD FASHIONED ONION RINGS

“This is an actual recipe from a former employee of a popular drive-in restaurant. Crispy coated onion rings like the pro’s make!”

Ingredinets
1 large onion, cut into 1/4-inch slices
1 1/4 cups all-purpose flour
1 teaspoon baking powder
1 teaspoon salt
1 egg
1 cup milk, or as needed
3/4 cup dry bread crumbs
seasoned salt to taste
1 quart oil for frying, or as needed
Check All Add to Shopping List

Directions
Heat the oil in a deep-fryer to 365 degrees F (185 degrees C).
Separate the onion slices into rings, and set aside. In a small bowl, stir together the flour, baking powder and salt.
Dip the onion slices into the flour mixture until they are all coated; set aside. Whisk the egg and milk into the flour mixture using a fork. Dip the floured rings into the batter to coat, then place on a wire rack to drain until the batter stops dripping. The wire rack may be placed over a sheet of aluminum foil for easier clean up. Spread the bread crumbs out on a plate or shallow dish. Place rings one at a time into the crumbs, and scoop the crumbs up over the ring to coat. Give it a hard tap as you remove it from the crumbs. The coating should cling very well. Repeat with remaining rings.
Deep fry the rings a few at a time for 2 to 3 minutes, or until golden brown. Remove to paper towels to drain. Season with seasoning salt, and serve. 

Advertisement

Braaibroodjie Ideës


Braaibroodjie - foto tarasmulticulturaltable.com

Braaibroodjie – foto tarasmulticulturaltable.com

Gewone braaibroodjies maar sit avocado ook op HEERLIK of net met bietjie chutney

Greenpepper is ook vreeslik lekker op braaibroodjies, met chutney ook & dan di gewone!

Meng botter met knoffel vlokkies en n hand vol parmesaan kaas, smeer mildelik oor broodjie, gevolg deur tamatie skyfies, mozzarella kaas, ui en fyn strips green pepper. Baie vars gemaalde swart peper en Ina Paarman se Pesto & Parmesan spice. Braai oor hoë hitte en draai gedurig. Jy eet jou vingertjies af

Ek het onlangs vir ons braaibroodjies gemaak met pita brood en dit was baie lekker. Sny pita middeldeur pak ‘n laag tamatie skyfies, uie ringe maak ‘n mengsel met blatjang mayo sweet chilli gekapte jalapenos peppadews en knoffel en smeer oor uie laag. Pak kaas op en boonste laag van pita brood braai oor die kole dis baie lekker

Ek smeer op die broodjies eenkant chutney en ander kant appelkooskonfyt, dan ui, kaas, tamatie lekker peper en aromat. Partykeer maak ek dit toe in gladwrap soos toebroodjie vir skool maar smeer hom margarien aan buitekante voor toemaak en dan braai ja jy moet extras he vir die volgende oggend

Dip die extra broodjies die volgende oggend in eier en vlak braai, dit njammies

Mushrooms, knoffel, kaas en bietjie chutney. Njam!

Ook baie lekker as jy die tamatieskfies opsit en dan jou uie fynkap en dit dan meng met gerasperde kaas en mayonaise. Dus tamatieskyfies onder met die uie,kaas en mayo mengsel bo-op dit en dan braai soos op die foto Lekkerrrrr

Verf/smeer jou dag oue brood met olyfolie dun skyfies tamatie sout & growwe peper. Vars basil blare en dan grof gekrummelde fetakaas. Braai soos gewoonlik op die rooster.

Ons sit nog Mayonaise ook op. En verruil die kaas met kaassmeer!

Ek is nie kreatief met my eie broodjies nie hou net van tamatie kaas en uie, maar mams se broodjie kry nog mosterd chutney radyse (uit ons tuin) agurkies op enige iets wat op ‘n broodjie kan kom sit sy op.

Braai uie tot deurskynend, gooi so teelepel suiker by om te karameliseer en gebruik die snytjies kaas saam met tamatie. Heerlik en kids is mal daaroor want hulle hou gewoonlik nie van rou uie nie. En dan is dit ook nie nodig om broodjies lank te braai nie.

Ek maak ook die gewone met kaas,tamatie + uie maar strooi bietjie oreganum oor tamatie saam met sout + peper en so bietjie churney! Heerlik!!!

Kaas, tamatie, ui en sweetchillie sous.

Ek smeer botter, appelkooskonfyt, uieringe, tamatieskyfies, sout en peper! Dan sit ek dit eers in die presstoaster, toast dit liggies en dan oor die kole!