Klapperskywe/rys/blokkies


Klapperys -Foto Sarie.com

Klapperys -Foto Sarie.com

Koue klapperskywe

Michell Brundyn-Vorster

Bestandele:

250g tennisbeskuitjies,

100ml (100g) botter

125ml kondensmelk

50g klapper-sjokoladdstafie, fyngekap,

50g, glanskersies, fyngekap

BOLAAG

385ml (200g) versiersuiker,

10ml (10g) botter,

25ml suurlemoensap

geroosterde klapper of smarties.

1) maak 200g van die koekies in ‘n voedselverwerker fyn. Kap die res daarvan in growwe stukkies.

2) verhit die botter en kondensmelk in ‘n klein kastrolletjie tot gesmelt. Haal van die plaat af en roer dit by die koekies. Voeg die sjokolade-stukke en kersie-stukke by. Meng goed. Druk dit stewig in die voorbereide koekpan vas en sit dit vir 20min in die yskas.

3) BOLAAG meng die versiersuiker, botter en suurlemoensap saam in ‘n bak. Sit die bak oor ‘n kastrol met kokende water. Roer tot glad. Gooi ‘n bietjie water by as die mengsel te dik is. Skep dit oor die koekiemengsel. Strooi klapper oor of versier met smarties. Laat afkoel, sit in yskas tot hard en sny dan in skywe.

Heerlike klapperys

Nicolette Yssel

Bestanedele:

1 blik kondensmelk, 750ml fyn klapper, 500g versiersuiker, kleursel.

Meng eers klapper en versiersuiker en meng daarna die kondensmelk en kleursel by. Gooi mengsel in gesmeerde bak en druk vas. Laat staan vir n ruk en sny in blokkies. Sit blokkies oop in yskas om te droog

Klapper Blokkies

Annatjie van den Berg

Klapper Blokkies

Klapper-ys. 3+1/4 kop klapper. 1 blik kondensmelk. 4+1/2kop versiersuiker. Kwart telepel kremetart. Kwart telepel sout. 1 telepel vanielje. Meng alles deeglik saam. Verdeel in 2. Druk 1 helfte in gesmeerde pan 8″X10″X2″. Meng ander helfte met pienk koek kleursel en druk op eerste laag vas. Laat styf word. Sny in blokkies.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s