Sjokolade-, toffie-en- Neutskywe


SJOKOLADESKYWE MET MERINGUE - Lanbou.com

SJOKOLADESKYWE MET MERINGUE – Lanbou.com

SJOKOLADESKYWE MET MERINGUE

BOLAAG
Smelt in die mond heerlik!!!!!
Kors
125g sagte botter
60ml versiersuiker gesif
250ml koekmeel
45ml klapper

125ml sjokolade-haselneutsmeer (Nutella)
50g donker sjokolade

Meringuelaag
4 eierwitte
180ml strooisuiker
1 pakkie (100g) gemaalde amandels liggies gerooster
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n pan van 20 x 25cm met botter. Room die botter en versiersuiker goed en voeg die koekmeel en klapper by. Maak aan tot ‘n deeg. Druk die deeg in die pan vas en bak vir 10min tot strooikleurig. Haal uit die oond en skep die haselneutsmeer oor. Laat dit sag word van die hitte en smeer dan egalig. Breek die helfte van die van die sjokolade af en kap dit fyn. Sprinkel bo-oor die smeer. Klits die eierwitte in ‘n skoon bak tot sagte punt vorm en klits die strooisuiker lepel vir lepel by. Rasper die orige sjokolade fyn en vou dit saam met die gemaalde amandels by die meringue in. Skep or die sjokladelaag en smeer gelyk. Bak vir 30min tot goudbruin en bros bo-op. Laat staan 15min en sny in skywe. Lewer 20 skywe.

Toffieskywe - Lanbou.com

Toffieskywe – Lanbou.com

TOFFIESKYWE

200g toffie-geur koekies (Nuttikrust)
100ml gesmelte botter

TOFFIE

1 blik kondensmelk
125ml klam bruinsuiker
80g botter
5ml karamelgeursel
45ml esdoringstroop

BOLAAG

100g donker sjokolade
60ml room

Smeer ‘n losboomkoekpan van 17cm x 8cm goed met botter. Verwerk die koekies tot
krummels en voeg die botter by. Meng goed en druk dit op die boom van die pan
vas. Verkoel tot benodig. Verhit die kondesmelk, suiker, botter, geursel en
stroop oor lae hitte in ‘n kastrol tot die suiker gesmelt het. Verhit tot
kookpunt en kook vir 6min tot dik en goudbruin. Laat effens afkoel, giet oor
die kors en smeer gelyk. Sit in die yskas tot die toffielaag ferm is. Smelt
intussen die skokolade en room saam tot glad. Skep oor die toffielaag en
verkoel weer tot ferm. Sny in klein blokkies of skyfies en sit na ete voor saam
met koffie. Bêre in die yskas. Lewe 10 skywe

Neutskywe - Lanbou.com

Neutskywe – Lanbou.com

NEUTSKYWE

Basis

500ml bruismeel

125ml ligte bruinsuiker

250 klapper

1 pk hazelneute, gerooster, skille afgevryf en grof gekap

125ml gesmelte botter

60ml esdoringstroop of gouestroop

1 eier

Versiersel

500ml versiersuker
30ml hazelneutlikeur (Frangelico)
Melk
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n reghoekige koekpan, so groot soos ‘n
standard bakplaat, met botter. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Meng die
meel, suiker, klapper en die helfte van die neutr in ‘n bak. Verhit die botter
en stroop saam tot gesmelt en klis die eier daarby in. Voeg by die droë
bestandele en meng tot ‘n deeg. Druk in die pan en bak vir 25-30min tot lig
goubruin. Sif die versiersuiker in ‘n bak en voeg die neutlikeur en genoeg melk
by om ‘n gladde, smeerbare versiersel te maak. Wanneer die neutbases uit die
oond kom, laat vir 10min afkoel en smeer versiersel oor. Sprinkel res van die
neute oor en laat staan tot ferm. Sny in skywe. Lewer 45 skywe

Alle resepte: Landbou.com

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s