Tag Archive | vinnige yskastert

Yskasterte/Nageregte


kondensmelk tert 88888

BASISRESEP
1 Blikkie kondensmelk
1 houertjie “smooth plain cottage cheese” (maaskaas)
Meng bogenoemde en voeg by : ½ koppie suurlemoensap
Meng tot dik.

HIER IS VAN MY EIE IDEES:

Sny ‘n rolkoek in skywe. Of maak ‘n tennisbeskuitjiekors (1 pak Tennisbeskuitjies, fyngemaak. Voeg 100ml gesmelte botter by. Meng goed deur en druk onder in die tertbak vas.) Mens kan ook ‘n voorafgebakte tertkors of tertdoppies gebruik.

Gebruik enige vrugte van jou keuse.
Sit rolkoek/bekuitjiekors van jou keuse onder in die tertbak. Sprinkel bietjie port of soetwyn oor (opsioneel).
Gooi die kondensmelkmengsel bo-oor.
Pak hier lagies indien verkies of hou dit net 1 laag.

Versier met vrugte.

Maak bietjie vlapoeier aan met bietjie suiker en water of gebruik die sap van jou vrugte as jy geblikte vrugte gebruik. Verdik sommer gou in die mikrogolf en gooi bo-oor die vrugte en koekmengsel (opsioneel).

Gebruik:

Vrugte- geblik, ingele of vars – fruit cocktail, aarbeie, blue berries, lytchies, perskes, koejawels, pere, appels, kwepers, vye, mango’s, kiwivrug, turksvye, moerbeie, granadellamoes, piesangs, pynappel of pynappemoes.

Gebruik ook verskillende soorte sjokoladeskaafsels of gerasperdsjokolade of sjokolade in stukkies gebreek.

Gebruik gesnipperde malvalekkers, vrugte en sjokolade, stip met gekookte kondensmelk en sjokoladeskaafsels, of vrugte.

Maak pakkie kitspoeding aan met slegs 3/4 vd melk soos aangetoon op die resep. Pak dit in lagies in n bak en sit vrugte bo-op. Gebruik dieselfde vrugte as die kitspoeding wat jy gebruik het; soos bv. aarbei.

Maak pakkie jellie aan (met slegs 1 kop kookwater) en gooi dun lagie jellie bo-op die tert.

Laat stol en pak vrugte van jou keuse bo-op.

KEUSE VAN DIE VOLGENDE KAN OOK WERK:

Gekapte neute kan oorgesprinkel word.

Gekapte rooi en groen kersies.

Maak tennisbeskuitjies fyn en gooi bo-oor.

Spuit room oor met vrugte van jou keuse.

Sit vars vrugte op en sif versiersuiker oor.

Maak sjokoladeganach en smeer oor met sjokoladeskaafsels of vars vrugte

Gooi net sjokolade vermiccili oor met vars aarbeie of kersies.

Sit in die yskas vir tenmiste 2 ure voor opdiening.

kondensmelk tert 6666

LEDE SE IDEES MET DIE RESEP:

Ina Heyns: Pak aarbeie bo-op tert. Gebruik die stroop en vul aan met kookwater tot 250ml. Maak stroop warm en los rooi jellie daarin op. Laat jellie goed afkoel tot net voor stolling. Gooi jellie oor agterkant van lepel oor mengsel en laat stol in yskas.

Variase 2: pak 1/2 appelkose op tert. Gebruik geel jellie en volg dieselfde metode.

kondensmelk tert 9999

Ina Heyns

Francie BarnardEk klop room styf en vou by die basis in. Gevolg deur sjokoladeskaafsels en krummels bo-op. 

Nico Ferreira: Meng die granadellamousse in die basis in en versier met vars geklopte room.

Marlene Doyer:  Pak tennisbeskuitjies  in bak en meng kondensmelk en suurlemoensap. Gooi die maaskaas by. Gooi oor beskuitjies. Vat n blikkie naartjies, kiwivrug, en ‘n paar aarbeie. Sny vrugte en pak bo-op tert. Dreineer die naartjies, maar hou die sous. Kook sous in pot en sit bietjie vla by. Moenie dat dit borrels maak nie. Gooi bo-oor vrugte en sit oornag in yskas.( Ek maak partykeer een met 2 blikkies gooseberries. 1 blikkie lyk te kaal.) As daar nie kiwi beskikbaar is nie, sit piesang in. Die sous (glaze) maak piesang toe en dit word nie swart nie.

Anna Swanepoel: Klop 1 blik verkoelde (oornag)  Ideal Melk styf. Voeg by die kondensmelk en maaskaas. Klop weer en meng dan suurlemoensap by. Gebruik as poeding of roomys.

Cindy Cosmo: Vat ‘n blik blueberries (gedreineer) of selfs vars blueberries. Meng dit goed deur, skep op ‘n koekiekors en daar het jy ‘n lekker blueberry kaaskoek!

Aileen van der Berg: My yskastert is baie gewoon, want ek gebruik nie maaskaas nie. Ek maak die kors met gemmerkoekies en botter. Gooi dan 1 laag dik vla, laag gemmerkoekies en dan ‘n laag kondensmelk gemeng met suurlemoensap. (1 blik kondensmelk met halwe kop suurlemoensap) Herhaal lae indien nodig.  Versier met gerasperde sjokolade.

Lettie Hough: Rolkoek met kondensmelkmengsel,  appeliefies en die vlamengsel.

kondensmelk tert lettie

Lettie Hough