Tag Archive | fudge

Tissue Pudding


Tissue Paper Pudding -2mincook

Tissue Paper Pudding -2mincook

Tissue Pudding

Nicole Erasmus:

Lewer so +- 12 porsies
18 velle Phyllo Pastry ontvries of vars in die halfde gesny(Verkieslik die meditteranean delicacies een)
200grm botter gesmelt
1 blik kondensmelk
1 blik water
Enige-iets wat jy wil oor sprinkel bv, Peppermint Crisp, cherries, Romany creams, fudge..daar is so baie opsies

Vat ‘n oond bak/of klein bakkies en vou die phyllo pastry soos wat mens ‘n servet sal vou in ‘n glas. Pak dit in die bak tot vol, gooi nou die gesmelte botter oor die phyllo pastry en bak in vooraf verhitte oond op 180′ vir 15min of totdat die punte effens bruin is, meng die kondensmelk en water en gooi dit oor die phyllo pastry, sprinkel ook die lekkernye oor en bak weer vir 15min op 180’. Bedien met vanilla roomys of custard.

Die fotos wys nog opsies vir die poeding.

Advertisement

Melktert fudge


melktert fudge 3

 

MELKTERT FUDGE
Deur: SARIE
Adapted : amomentinourworld

800 g suiker
250 g botter
250 ml melk
250 ml kondensmelk
10 ml vanielje
10 ml fyn kaneel

Plaas al die bestanddele in ’n pot en bring tot kookpunt terwyl jy oor lae hitte met ’n houtlepel roer. Hou aan roer tot mengsel goudbruin kleur kry, sowat 25 – 30 minute. Verwyder van hitte en klits op lae spoed met elektriese handklitser tot mengsel romerig is.

Spuit pan van 30 x 20 cm met kleefwerende kossproei en keer mengsel daarin uit. Laat afkoel tot koud en gestol. Keer uit op kapplank en sny fudge in 1,5 x 15 cm-skywe met ’n skerp mes.

Fudge


BAIE BELANGRIK: GEBRUIK ‘TO BAKE” BOTTER Stork to bake of woodenspoon of Cordon bleu botter. Gewone margarien het te veel water in en dit veroorsaak dat jou fudge parykeer nie wil stol nie !!

fudge55

Probeer om altyd Stork to bake of woodenspoon of Gordon bleu of enige bak botter te gebruik by fudge. Margarien is geneig om te veel water in te he en dit veroorsaak dat jou fudge nie wil stol nie.


fudge11

Vaalnest Boutique Hotel

Easy chocolate fudge made in the microwave oven.

Cook Time: 3 minutes
Total Time: 3 minutes
Ingredients:
• 3 2/3 cups confectioners’ sugar (strooisuiker) (2x250ml + 165ml)
• 1/2 cup cocoa
• 1/4 cup milk
• 1/2 cup butter
• 1 tablespoon vanilla
• 1/2 cup chopped pecans, optional
Preparation:
Combine and cook confectioners’ sugar, cocoa, milk, and butter on high power until butter is melted, about 2 to 3 minutes. Stir until smooth. Blend in vanilla and pecans. Spread into a buttered 8-inch square pan. Cut microwave fudge in squares.

fudge7

Resep geleen by blad Bottle en bere

“Mamma’se_fudge_in’n_botteltjie” in die mikrogolf

1 blik kondensmelk
2 k strooisuiker (Castor sugar)
125 g kook margarien
5 ml vanieljegursel

Metode:
Plaas al die bestandele in ‘n DIEP GLASBAK (2 liter)
Kook op 100% krag vir 2 min … moenie dit roer nie.
Haal uit en gooi 5 ml vanieljegeursel by,
Klop dit nou baie… baie goed met houtlepel.

Sit dit terug vir 10 min op 100% krag.
* Haal uit en klop weer baie baie goed. *
Gooi uit in vierkantige vlak bak.
Laat effens afkoel voor jy dit in blokkies sny..

* Moenie die fudge te veel klop nie. Giet dit in klein botteltjies (foto) en verseel dadelik. *
Ns: Ek het 2 hoeveelhede aangemaak. Ek het nou die een botteltjie oopgedraai en met die lepel daarvan geëet.

Kobie Blignaut

40 jaar Fudge

5x250ml suiker
125ml botter
250ml melk
25ml gouestroop
Knypie sout
1 blik kondensmelk
5ml vanillageursel
Gekapte neute/kersies(opsioneel)

Plaas die eerste 5 bestanddele in n kastrol roer met n houtlepel en ‘was’ al die suiker om die rante af. Sit die deksel op, verhit tot kookpunt en kook dit 5 minute lank stadig.
Haal deksel af en roer die kondensmelk in. Roer goed totdat die mengsel weer kook. Kook die mengsel stadig tot goudbruin so 20-30 min. Laat effens afkoel en roer dan met houtlepel totdat die mengsel begin styf word. Voeg res van die bestanddele by sprei vinnig op n gesmeerde bakplaat . Sny in blokkies voor heeltemal hard. Lewer 55 blokkies.

*

Charlotte Verwey da Silva

Marie Beskuitjie-fudge

1 Pak (200g) Marie beskuitjies (of enige ander lekker beskuitjies wat min of meer dieselfde is daar)
250g margarien of botter
1 pak (500g) versiersuiker (gesif)
75 ml kakao, gesif
1 eier

Rol die beskuitjies net ‘n rolstok tot taamlik fyn, maar nie heeltemal fyn nie.

Smelt die margarien in ‘n groot kastrol oor matige hitte en roer die versiersuiker en kakao by. Roer tot glad. Klop die eier vinnig by.
Haal mengsel van die stoof af en roer die gekrummelde beskuitjies by.
Skep in ‘n gesmeerde of met Spray ‘n Cook gespuite bak en laat afkoel.
Sny in blokkies en bere in yskas

Rencia Odendaal Pretorius

Fudge

750ml suiker, 1ml sout, 250ml room, 250ml klapper, 5 ml vanilje – Smelt en kook die 1ste 3 bestandele tot glad – voeg by die klapper – Kook tot dik – voeg nou die vanilje by en roer goed deur. Gooi in platbak, Laat effe afkoel en sny in blokkies. My ma het altyd hier gekapte kersies en sommer grondboontjies (peanuts) fyngekap ingegooi.

fudge

Boereplaas Fudge

250g margarien

75 ml kakao

500g versiersuiker

1 eier, geklits

200 g Marie beskuitjies, fyn gedruk

Smelt die margarien. Voeg die kakao by en sif dan die versiersuiker by. Roer die eier vinnig by. Voeg nou die Marie beskuitjies by en gooi die mengsel in ‘n rolkoekpan. Plaas in die yskas en sny in blokkies wanneer gestol.

 

Maureen Adendorff Van Os

Onfeilbare Fudge

1 koppie volroom melk

4 koppies suiker

125 g margarine (Stork as jy kan)

knippie kremetart

LAAT HIERDIE 4 BESTANDELE SAAM SMELT, WAG TODAT DIT BEGIN BORREL, KOOK DIT DAN 5 MINUTE SONDER OM TE ROER!!!

Gooi dan 1 Blik kondensmelk (Clover) by die mengsel. Kook dan n verdere 20 minute, ROER gereeld! Haal van stoof roer vinnig met n houtlepel tot dit dik word. Gooi in bak, laat biekie afkoel en sny in blokke.

fudge5

Fudge (dien 14-16)

Baie soet en baie ryk, fudge is veral gewild onder kinders. Volg hierdie maklike resep, voeg kakao, vanielje of neute vir ekstra geur, en ons maak heerlike lekkernye vir gaste of geskenke vir spesiale geleenthede.

Bestanddele:

1 blikkie kondensmelk
2 koppies suiker
250g bak margarien
Metode:
Smelt die margarien, voeg suiker by en roer tot die suiker opgelos is.
Voeg kondensmelk by en roer aanhoudend totdat dit begin kook.
Verlaag die hitte en roer vir nog 20 minute.
Giet in ‘n bakplaat en laat stol

Elize Nel

Skojolade Fudge
2 x 180g milk chocolate slabs gesmelt saam 60ml melk toe gooi ek strooisuiker by en klits. (ongeveer 1 en halwe koppie strooisuiker)

Dit in n bakplaat gelyk gesmeer, so 1,5cm. toe dit koud word het ek dit in blokkies gesny en almal wou weet waar kry ek die fudge resep

Elize Nel

Creamy Amarula Fudge With Marshmallows

*Hierdie is n toffierige fudge.
This creamy fudge is highly addictive – you have been warned!
The fudge can also be packaged into little packets or bags and make unique homemade gifts.
For extra decadence factor, cover each piece in melted chocolate or added a handful of chopped pecans or macadamias to the mix for texture.
125 ml Amarula
2 ml Instant coffee
120 g Butter
125 ml Evaporated milk
375 ml Sugar
170 g White marshmallows, chopped
420 g White chocolate, chopped

Line a 18 x 28cm rectangular baking tray with foil. (This mixture starts to set quickly, so prepare your foil lined baking tray beforehand!)
Spray lightly with Spray and Cook.
Using a small microwaveable bowl, combine the Amarula and coffee.
Microwave on high for 10 seconds until melted and dissolved.
Set aside.
In a pot over medium heat, melt the butter, evaporated milk, sugar and marshmallows.
Stir continuously until melted and well combined.
Add the Amarula coffee mix and stir well.
Boil for 5 minutes until thick whilst stirring continuously.
Remove from the heat and stir in the white chocolate pieces.
Stir until smooth.
Pour into a foil lined dish, smooth over the top and CHILL FOR THE FUDGE TO SET.

NOTE:
Chilling time required varies between 1-3 hours.

Elize Nel

Sagte Fudge

400 g suiker (500ml)
55 ml botter
397 g kondensmelk
135 ml water
60 ml gouestroop
5 ml vanielje geursel
1. Meng suiker en water in swaar kastrol en
roer oor lae hitte tot suiker opgelos is.
2. Voeg botter en stroop by. Roer tot botter
smelt.
3. Voeg kondensmelk by en roer tot kook.
4. Kook vir +/- 25 min tot by
sagtebalstadium .
5. Roer af en toe.
6. Laat afkoel tot louwarm en voeg vanielje
geursel by.
7. Klop mengsel tot romerig.
8. Gooi beslag in gesmeerde glas bak.
9. Sny in blokkies voor dit heel afgekoel is.

fudge2

Elize Nel

Fluweel fudge
500 ml suiker
85 ml water
60 g botter
30 ml gouestroop
1 x 397 g blik kondensmelk
5 ml vanieljegeursel

Plaas suiker en water in n swaatboomkastro l en roer by lae temperatuur tot suiker opgelos het. Voeg botter en stroop by en roer goed tot botter gesmelt het. Voeg kondensmelk by en verhit stadig tot kookpunt. Kook stadig en roer voordurend tot sagtebalstadium . Haal van stoof af. En laat effens afkoel. Voeg vanieljegeursel by en klop tot mengsel dik is. Giet in n gesmeerde houer, laat afkoel en sny in blokkies. 

*

Elize Nel

 5 Minute Fudge
In kastrol:
335 ml suiker
Kwart t sout
3 E botter

165 ml Ideal melk.
Verhit en roer tot suiker opgelos het.
Kook saggies vir 5 minute terwyl jy roer.
Verwyder van stoof en klits vlg by:
110 gr pakkie malvalekkers
300 gr sjokolade blokkies
2 t kitskoffie
2 t vanilla geursel
Gooi in gevoerde, gesmeerde plat pan, verkoel en sny in blokkies.
Bêre in lugdigte bak.
Bron: Radio Namakwaland

Elmien Basson

Fudge

Ek maak al fudge vir die afgelope 18 jaar en dis my Ouma se resep. Stel jou stoof plaat op sy hoogste. Smelt 250g Stork Bake margarien, 4 k suiker, 2 E Stroop en 1 k melk saam. Wag tot dit kook. Laat kook dan vir 5 min en roer af en toe. Voeg dan 1 Blik Kondensmelk by en roer vinnig en aanhoudend vir 10 minute. Die geheim is dat jy moet luister na die fudge voor jy dit uitgooi. As jy die fudge met die houtlepel teen die kant van die pot roer moet dit n skuur geluid maak. As dit nog sag en glad voel is dit nog nie reg nie. Ek glo natuurlik ook in die ou “Hart” potte. Hulle is perfek om fugde in te maak. Dit is die heerlikste fudge en ek kry daagliks baie komplimente vir my “Boere Fudge”.

Beskuitjie Fudge

Beskuitjie Fudge

Sjokolade Fudge

(Ouma Les Lombaard)

Bestanddele

2 e Kakao
250 g margarien
500 g Versiersuiker
1 t Vanilla Geursel
1 pakkie Marie beskuitjies
1 eier

Metode
Krummel beskuitjies en hou eenkant. Klits eier en geursel saam. Smelt Margarien oor lae hitte. Voeg Kakao, versiersuiker, geklitste eier by. Verwyder kastrol van hitte en voeg gekrummelde beskuitjies by. Gooi in gesmeerde bak, laat koud word sny in blokkies en geniet.

Wenk
Hierdie is definitief die lekkerste fudge wat ek ooit ge-eet het.

Sjokolade Blokkies

Marinda Keet

Smelt 250 g botter of margarien in ‘n groterige kastrol. Sodra dit gesmelt is gooi 2 Eetlepels kakao daarby en roer dit en daarna gooi jy 500g versiersuiker ook by en roer. Klits 2 eiers (sommer met ‘n vurk) en gooi ‘n knippie sout daarby en meng dit nou met die botter/kakao/versiersuiker mengsel. Hierdie moet vinnig geroer word totdat dit ‘n gladde mengsel is. Gou 5ml vanielje-geursel by.

Breek 1 en ‘n half pak Mariebeskuitjies in klein stukkies en roer dit nou by die sjokolademengsel, skep dit in ‘n plat langwerpige glasbak en druk dit vas in die bak en bêre dit in die yskas sodat dit kan koud en hard word. Wanneer dit hard is, sny jy dit in blokkies en GENIET DIT!!

Sanelle Strydom

Fudge

4 koppies wit suiker, 250g margarine (ek gebruik net Rondo) 1 koppie water. Kook alles saam vir 6 min sodra die suiker opgelos is en die margarine gesmelt is. Nou gooi jy 1 blik Gold Cross kondense melk in. Roer tot dit so caramel kleur is en begin kook. Dit neem so 15 to 20 minute. Gooi in ‘n gesmeede bakplaat. Sny in blokkies net voor dit heeltemal gestol is. Dit is ‘n smelt in die mond fudge die

Kreatiewe Mammas

Fudge

400g suiker (500 ml)
45ml water
55ml botter
30ml gouestroop
397g kondensmelk (1 blik)
5ml vanieljegeursel.

Meng die suiker en water in ‘n swaarboomkastrol en roer dit oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Maak seker dat daar geen suikerkristalle teen die kant van die kastrol vassit nie. Indien dit wel gebeur, borsel dit af met ‘n kwassie wat in warm water gedoop is. Voeg die botter en gouestroop by die suikerwater en roer dit totdat die botter gesmelt is. Voeg die kondensmelk by die mengsel en roer dit aanhoudend totdat dit kookpunt bereik. Kook die mengsel ongeveer 25 min lank tot by die sagtebalstadium. Roer dit af en toe om aanbrand te voorkom. Laat die mengsel afkoel totdat dit louwarm is en voeg die vanieljegeursel by. Klop die mengsel totdat dit dik en romerig is. Giet die suikermengsel in ‘n gesmeerde pannetjie. Hou die kastrol skuins sodat die mengsel vrylik kan uitloop. Moet nie skud of die mengsel uitskraap nie, want dan kan dit versuiker. Laat die suiker mengsel in die pannetjie afkoel voordat dit in blokkies gesny word. Dit moet heeltemal koud wees voor dit gesny word, anders kan dit verbrokkel.

Michell Brundyn-Vorster

Brosdeeg Fudge Skywe
BROSDEEG
125g (125ml) botter
110g (125ml) strooisuiker
130g (235ml) koekmeel
30ml kakaopoeier
30ml mielieblom (maizena)
2ml sout
FUDGE
75g (75ml) botter
50ml goue stroop
1 x blik kondensmelk
110g (125ml) strooisuiker
150g witsjokolade, in stukke gebreek.
1) BROSDEEG: klits botter en suiker tot lig. Sif die meel, kakao, mielieblom en sout saam en roer by die bottermengsel in tot ‘n stywe deeg.
2) druk in ‘n gesmeerde 20x24cm bakplaat vas. Prik oraloor met ‘n vurk. Bak vir 10min by 180’C, verlaag die temp na 160’C en bak nog 10min. Haal uit en laat afkoel.
3) FUDGE: kook al die bestanddele behalwe die sjokolade vir 5 min saam in ‘n kastrol tot dik. Roer heeltyd om te keer dat dit aanbrand. Smeer oor die gaar brosdeeg en laat afkoel en stol.
4) smelt die sjokolade in ‘n glasbak bo-oor ‘n kastrol waarin water liggies kook. Smeer oor die fudgelaag, laat stol en sny in skywe.

fudge wit

Rencia Odendaal Pretorius

Wit Roomfudge

2 koppies suiker

2 koppies room

Roer goed. Laat dit oor stadige hitte kook en roer aanhoudend tot dit n balletjie vorm in water. Verwyder van stoof en voeg die volgende bestanddele by:

1 eetlepel vanilla

1 koppie klapper

Klits goed. Druk in n plat, gesmeerde bak of pan.

Koel af en sny in blokkies

Gooi neute en kersies in jou fudge mengsel

Gooi neute en kersies in jou fudge mengsel

Leonie Böhme

Mikrogolf Fudge

15 Minute, lekkerste ooit en flop nooit.

150 Botter,

1 Blik Kondensmelk

250g Versiersuiker,

NA SMAAK VOEG BY; Stroop, Chocolate smeer, Grondboontjie botter, waarvoor jy ookal lus is.

In ‘n diep bak mikrogolf als saam op “high” vir 3 Min, Roer, High vir 6 minute, roer. High vir 5-6 Minute, roer, Voeg by, 1t vanilla en 1t peppermint essens. gooi in bak, laat afkoel en sny. YUMMMEEEEEEE

Benita Vos

Fudge Mikro-maklik
Bestanddele:

125g margarien
420g strooisuiker
1 blik kondensmelk
25ml vanielje
15ml bruinasyn

Metode:
Plaas margarien in groot diep mikrogolfvaste glasbak.
Mikrogolf dit 2min by 100% krag totdat dit ‘n vloeibare mengsel vorm.
Voeg die strooisuiker en kondensmelk by,moenie roer nie, mikrogolf dit vir 1min by 100% krag.
Roer dit nou deeglik.

Mikrogolf dit 10min by 100% krag.
Voeg die vanielje en asyn by en roer deeglik.
Klop tot dik en gooi in gesmeerde bak.

Tip: Ek sit kleefplastiek oor my bak om te voorkom dat dit oorkook.

Sjokolade Fudge

Sjokolade Fudge

Elize Nel

Mikrogolf-fudge – sjokolade

~ Barbara Joubert
Jy sal die fudge ’n paar keer moet uithaal om te roer.

(Genoeg vir 12 sirkels)

Kooktyd: sowat 15 minute in mikrogolf op hoog gestel
1 blik (397 g) kondensmelk
420 g (500 ml) strooisuiker
125 g (135 ml) botter, gesmelt
5 ml vanieljegeursel
50 g donkersjokolade

Plaas kondensmelk, strooisuiker en botter in ’n bak wat jy in die mikrogolfoond kan gebruik. Meng en sit in mikrogolf wat op hoog gestel is. Maak oop ná 2 minute en roer goed. Plaas terug en herhaal die proses tot dit fudge vorm.

Dit sal so 10 – 15 minute duur. Haal versigtig uit en voeg vanieljegeursel by. Klop fudge sowat 10 minute. Spuit vlak klein muffinpannetjie met kleefwerende kossproei. Gooi fudge in holtes. Laat heeltemal afkoel. Dit kan nogal ’n rukkie duur. Keer versigtig uit. Smelt sjokolade in bakkie wat oor ’n bak met kookwater geplaas is. Versier fudge met sjokolade. Sit in yskas dat sjokolade hard kan word.

Wees kreatief en maak 'n gewone fudge en 'n sjokolade fudge en sit lae opmekaar

Wees kreatief en maak ‘n gewone fudge en ‘n sjokolade fudge en sit lae opmekaar

Mabel Gomes

 Microwave Fudge

125 g Stork margarine,

250 ml caster sugar,

250 ml sugar,

1 tin condensed milk,

1 tablespoon syrup,

1 teaspoon vanilla essence

1. Combine condensed milk, sugars, marge and syrup in a micro-waveable bow (BIG BOWL)

2. Microwave 2 min on HIGH – marge must be melted. Stir well- DO NOT BEAT.

3. Microwave 5 min on high. Stir a little.

4. Microwave 4 min on high, till nice caramel colour. Add vanilla essence and beat well.

5. Pour into greased pan. Let cool for 10 min and then cut into squares.

*

Charlene Livingstone Loxto

 Mikrogolf Fudge:

500g Versiersuiker
1 Blikkie Kondensmelk
125 ml Botter
5 ml Vaniella Essens

Kook in Mikrogolf vir 14 min, alles saam, behalwe die essens. Roer elke 2-3 min. Gebruik diep boden bak. As 14 min verby is, voeg Essens by en roer vinnig. Gooi in gesmeerde glasbak en sny is blokkies voordat dit heeltemal koud word

Klapperys en fudge

Klapperys en fudge

Maak pienk klapperys en druk in plat bak.

Maak jou sjokolade fudge en gooi bo-oor. Laat effe stol en sny in blokkies

Fudge balletjies gedoop in sjokolade

Fudge balletjies gedoop in sjokolade

Fudge balletjies gerol in gekapte neute

Fudge balletjies gerol in gekapte neute

Fudge bolletjies gerol in klapper

Fudge bolletjies gerol in klapper

fudge pink

Pink Pecan Fudge

By: nancysdailydish

Ingredients
1 1/2 cups pink Chocolate chips
1/2 Cup butter
2 cups sugar
3/4 Cup evaporated milk
Pinch of salt
1 Cup coarsely chopped pecans

Steps

Add pink chocolate  chips and butter into a large mixing bowl. Butter your  pan.

Place sugar, evaporated milk, and salt in a medium heavy bottom saucepan. Bring to a boil over medium heat and cook for about 10 minutes, stirring occasionally. Remove from heat and immediately pour over chips and butter in mixing bowl. Beat mixture on a low speed for 5 minutes and then increase speed to high for another 5 minutes. Stir in pecans and pour candy into buttered pan. Chill until set and then cut into small squares.

GAAN LOER GERUS HIER VIR NOG FUDGE RESEPTE: http://thegardeningcook.com/favorite-fudge-recipes/

fudge konfetti

Funfetti Cake Batter Fudge
Ingredients:

1 can sweetened condensed milk
3 and 1/2 cups white chocolate chips (about 1 3/4 bags)
3 tsp Vanilla Extract
1/2 tsp Almond Extract
Sprinkles (I used rainbow sprinkles, but you can use any kind!)

Pour milk and white chocolate into a microwave-safe bowl. Heat for 2-3 minutes, or until white chocolate is almost completely melted. DO NOT OVERHEAT. Stir until completely blended, melted, and smooth.
Immediately add vanilla and almond extract and combine thoroughly. Add a handful or so of rainbow sprinkles and fold in quickly because they will melt (and if they are stirred for too long they’ll turn the fudge an ugly gray color).
Transfer to an aluminum-foil lined or well-greased 8×8 inch baking pan for very thick fudge, or a 11X7 inch pan (this is the size I used and it worked perfectly). Let set at room temperature or in the refrigerator. Once set, cut into cubes (peel off the foil if you used it!). Store leftovers in an airtight container in the fridge.

BRON : Sixsisterstuff.com

Brownies


brownies - lunch time ladies
Lunchroom Lady Iced Brownies ** 50 jr oue Resep **
Deur: Drake Abbychicka

1 k botter
1/2 kop kakao
2 kop meel
2 kop suiker
4 eiers
4 teelepel vanielje
1 kop gekapte neute

Gooi in 9×13 pan, bak 20-25 minute by 350 F (175 C) Kyk na 20 minute of verdere 5 min nog nodig is.

* Versiersel *
1/4 kop sagte botter
1/4 kop melk
1/4 kop kakao
3 kop versiersuiker
Knippie sout
Meng alles saam en smeer oor afgekoelde koek
Sny in blokkies en geniet.

Lunchroom Lady Iced Brownies**50 yr old Recipe**
1 c butter
1/2 c cocoa
2 c flour
2 c sugar
4 eggs
4 tsp vanilla
1 c chopped nuts
Pour in 9×13 pan,bake 20-25 mins on 350.Check at 20 mins
**Icing*
1/4 c softened butter 1/4 c can milk (regular milk is fine)1/4 c cocoa,3 c powdered sugar (versiersuiker),dash salt,
Mix all together & frost as desired. —

“Brownies”
100ml botter 375ml suiker
100g goeie gehalte bitter sjokolade in blokkies knippie sout
5ml vanieljegeursel 3 ekstra groot eiers
250ml koekmeelblom 30ml kakao
100g okkerneute
VERSIERSEL:
100g goeie gehalte bittersjokolade in blokkies 100ml room

Voorverhit oond tot 180C. Smeer ‘n vierkantige koekpan of vuurvaste bak. Plaas sjokolade en botter in ‘n klein kastrol en roer oor lae hitte totdat alles gesmelt is. Roer suiker en sout by gesmelte botter en sjokolade tot goed gemeng. Voeg vanieljegeursel by. Voeg eiers een-een by en roer deeglik na elke byvoeging om te verseker dat elke eier deeglik ingeroer is, voordat die volgende een bygevoeg word. Verwyder van plaat en klits die sjokolade mengsel met ‘n handklitser vir een minuuut tot glad en romering. Sif meelblom en kakao saam. Kap okkerneute grof en voeg by. Voeg sjokolademengsel by droë bestanddele en vou in met ‘n groot metaallepel. Giet in voorbereide pan en bak vir 30-35 minute. Verwyder uit oond en laat staan vir 15 minute om af te koel.
BEREI VERSIERSEL:
Plaas room in ‘n klein kastrolletjie en verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en laat met ‘n derde indamp. Verwyder van hitte en roer sjokoladeblokkies by tot gesmelt. Laat staan tot smeerbaar. Maak koek langs kante los en keer versigtig uit. Smeer versiersel oor en sny in blokkies.
Lewer 12 blokkies.

“Brownies”

Rencia Odendaal Pretorius

200 Gr donkersjokolade in blokkies gebreek gesmelt oor pot met warm water
1/2 kop olie
1 kop bruinsuiker
2 eiers
1 tl vanilje
1/2 kop bruismeel
1/4 kop kakaopoeier
100gr gekapte okkerneute of pekanneute
1/4 kop sjokolade splinters
Klits die olie, bruinsuiker eiers en vanilje
Roer die gesmelte sjokolade by eier mengsel en klop tot glad en blink. Voeg meel en kakao by. Voeg nou die neute en sjokolade splinters by.
Gooi beslag in pan en bak vir 30/45 min by 180 grade tot gaar, ferm en bros bo-op
Laat afkoel en sny in blokkies.

“Brownies”

Gertruida Pieterse

200 gram Botter, ½ Koppie cocoa, 2 Koppies bruin suiker.
1 Teelepel vanilla, 1 Koppie meel, 2 eiers. ½ gekapte walnuts.
Smelt botter, cocoa (moenie kook nie). Voeg suiker en vanilla by.
Meng goed. Vat af van stoof. Roer meel in. Voeg dan geklopte
… Eiers by. Meng dan die walnuts in en meng weer goed. Gooi in
Gesmeerde bakpan en bak vir 20-25 minute. Haal uit-koelaf.
Versier met dunlaag chocolate icing.

“Brownies”

Laurine Faul van Zyl

1k botter
2k suiker
1k cacao
4 eiers
… 1t vanilje
1k meel
1 en half k bruismeel

smelt die botter in npot,
gooi suiker en cacao by,
klits eiers en voeg by, meng goed
voeg meel en vanilje by en meng alles goed saam.
gooi in n gesmeerde oond pan en bak by 170 grade vir 35min

Eat Sum Mor Fudge (Bakers)


Fudge Lekkers

Eat sum Mor Fudge Lekkers

Eat Sum Mor Fudge (Bakers)
Deur: http://www.bakers.co.za/marshmallow-snow-drops/?lang=AFVinnig en maklik, Eat Sum Mor Fudge vierkante. Hierdie heerlike versnapperinge is maklik maar absoluut smaaklik. ‘n Defnitiewe gunsteling vir enige ouderdom .
Bestandele:
 • 1 x 200 g pakkie Bakers EAT-SUM-MOR beskuitjies
• 250 ml gesmelte botter
• 5 ml vanieljegeursel
• 500 g gesifte versiersuiker
• 5 ml koffiepoeier
• 45 ml kakaopoeier
• 1 geklitste eier
• ekstra versiersuiker
Lewer ongeveer 36.Instruksies:
Breek of sny die Bakers EAT-SUM-MOR beskuitjies in growwe stukke. Voeg die gesmelte botter, vanielje, versiersuiker,
koffiepoeier, kakaopoeier en eier by en meng goed. Skep die mengsel in ’n gesmeerde 20 cm-vierkantige bak en maak die bokant gelyk.
Verrkoel en sny dan in blokke. Sif die ekstra versiersuiker bo-oor as versiering.
NS: Geregte wat botter bevat soos dié fudge, moet liefs in ’n lugdigte houer in die yskas gehou word.

Fudge


Sjokolade Marie Fudge

Sjokolade Marie Fudge

Fudge

Easy chocolate fudge made in the microwave oven.
By: Vaalnest Boutique Hotel

Ingredients:
• 3 and 2/3 cups confectioners’ sugar (versiersuiker) (3x250ml + 165ml)
• 1/2 cup cocoa
• 1/4 cup milk
• 1/2 cup butter
• 1 tablespoon vanilla
• 1/2 cup chopped pecans, optional
Preparation:
Combine and cook confectioners’ sugar, cocoa, milk, and butter on high power until butter is melted, about 2 to 3 minutes. Stir until smooth. Blend in vanilla and pecans. Spread into a buttered 8-inch square pan. Cut microwave fudge in squares.

Sjokolade Marie Besuitjie Fudge

3 pakkies Marie beskuitjies,
500g versiersuiker, 1 blikkie caramel kondensmelk,
500g margarien.
Maak koekies fyn en gooi versiersuiker by. Smelt botter en kondensmelk. Meng alles en druk in glasbak vas. Sny blokkies en sit in yskas. Enjoy