Tag Archive | stooisuiker

Suurlemoen Meringue Tert


Suurlemoen Meringue Tert - Foto Maroela Media

Suurlemoen Meringue Tert – Foto Maroela Media

Suurlemoen Meringue Tert

Rencia Odendaal Pretorius

Kors:
1 pak tennisbeskuitjies (rol fyn en meng met
100ml botter

Vulsel:
1 blik kondensmelk
125ml suurlemoensap
2 eiers geskei
50ml strooisuiker
Druk beskuitjies in tertbak. Gooi kondensmelk in bak en gooi suurlemoensap gelydelik by terwyl gedurig klits – tot lekker stywe pasta
Klits eiergele tot lig en sponsagtig
Meng alles
Gooi kondensmelkmengsel in kors
Bak vir 10min – laat afkoel
Klits eierwitte met strooisuiker bietjies gewys by tot lekker sponsig en punte vorm.
Sit eierwitte op tert en plaas in oond tot mooi goudbruin
TIP: gooi ‘n bietjie droe maizina oor tert voor jy die eierwitte opsit. Dit sal maak dat die eierwit nie loskom van die tert af nie.

Advertisement

Mierekoek


Mierekoek-bron onbekend

Mierekoek-bron onbekend

Wie het al gehoor van MIEREKOEK –  Soos wat jy by die Mierekoek die  sjokolade vermiccili gebruik, gebuik by die witkoek die 100 &1000’s of gekleurde vermiccili. Dit lyk so mooi as jy die koek sny met al die gekleurde stukkies in.

Miere koek

(Hannelize Groenewald

250ml stooisuiker;

200ml margarien;

4 eiers;

500ml koekmeel;

15ml bakpoeier;

250ml klapper;

250ml melk;

100g sjokolade vermicelli.

Klits suiker en margarien saam tot sponsig en lig, klits eiers een een by en laastens gooi droe bestanddele by met melk en klits goed deur.

Heel laaste word sjokolade vermiccili bygemeng en dan bak vir 55min op 180 grade.

Versier met sjokolade versiesel of gewone botter versiersel.

 

Kakao Versiersel

5 kop versiersuiker en 4 eetlp kakao saam gesif, klop 250g sagte marg by en so 4 eetlp melk.

 

Ryk Botterversiersel

450g Versiersuiker

200g Stork Bake

5ml Vanieljegeursel

 

of:

 

Basiese Botterversielsel

450g Versiersuiker

100g Stork Bake

5ml Vanieljegeursel

45ml Melk

VIR SPIERWIT VERSIERSEL, GEBRUIK WOODENSPOON BOTTER