Lamsboud met karingmelk marinade
1 lamsboud, ontbeen en soos ‘n vlinder oopgesny 125ml karringmelk
10ml gegeurde seesout 2,5 ml gemaalde swartpeper
Bedruipsous:
100g gesmelte botter 2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk
2,5ml suiker sap van ½ suurlemoen
Giet die karringmelk in ‘n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit ‘n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in die koelkas marineer. Karringmelk is ‘n uitstekende
versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Voorverhit die oond tot 180C. Bedek met foelie en bak vir 1½ – 2 uur lank. Draai 1 maal om en drup lepelsvol bedruipsous oor die boud. Verwyder die foelie en braai ‘n verdere 15 minute lank tot mooi bruin.
Ouma Gerrie se Skaapboud
2½ – 3kg ontbeende skaapboud sout en peper na smaak
braaivleis spesery (opsioneel) fyn appelkooskonfyt (verdun met asyn)
½ tot 1 koppie room
Voorverhit die oond tot 180C. Vryf sout, peper en speserye oor boud binne en buite. Smeer konfyt oor boud binne en buite. Bind vas met tou. Plaas op foelie (foelie blink kant na binne), gooi room oor en maak toe sodat room nie uitloop nie. Sit in oondpan en bak vir ongeveer 2 ure toets en sit voor.
Gemarineerde Skaapboud in karingmelk en portsous
Alma Coetzer
1 Skaapboud
Karringmelkmarinade:
250ml karringmelk
125ml olyfolie (opsioneel)
1 medium ui fyngekap
4 knoffelhuisies fyngedruk
1 e gekapte vars kruie (opsioneel)
2-3 t mosterdpoeier
2 e suurlemoensap
sout en peper na smaak
Sous:
5 t gekapte vars pietersielie
1 e aangemaakte mosterdpoeier
50ml kweperjellie of fyn appelkooskonfyt
50ml port
125ml room
2-3 t koekmeelblom
Metode :
Plaas die skaapboud in ‘n vlekvrye staal of glashouer.
Marinade:
Meng al die bestandele vd marinade en giet bo oor, laat v 1-2 dae in marinade staan en draai gereeld om.
Voorverhit oond tot 160 grade. Plaas boud in oondbraaipan. Gooi klein bietjie warm water in pan. Bedek met foelie en bak 40min vir elke 500g plus ‘n ekstra 40min. Maak boud die laaste 30min oop om bruin te braai.
Sous:
Voeg ‘n bietjie water by die panvette in die oondpan en kook tot los. Voeg die res vd sousbestanddele behalwe die meel by en laat effens afkoel. Verdik sous met meel wat aangemaak is (met ‘n bietjie water tot ‘n pasta). Laat net weer goed kook en voeg by sous. Sit sous saam met boudvleis voor.
Skaapboud Treffer
1 skaapboud (ongeveer 1,6kg)
5 knoffelhuisies (in repe gesny)
12,5ml droë tiemie
500ml karringmelk
12,5ml mielieblom (aangemaak met
1 eier (geklits)
bietjie water)
sout en varsgemaalde swartpeper
Steek gaatjies met ‘n skerppuntmes in die boud en druk ‘n
knoffelreep in elke gaatjie. Meng die res van bestanddele buiten die sout en
peper in ‘n groot mengbak. Verhit tot die mengsel verdik. Laat goed afkoel.
Plaas vleis in afgekoelde mengsel en laat 12 uur lank in die yskas staan.
Voorverhit oond tot 160C. Verwyder die boud uit die mengsel, geur goed met sout
en swartpeper en plaas bo-op ‘n draadrakkie in ‘n groot oondbak. Bak 25 minute
lank per 500g plus 20 minute ekstra. Bedruip gereeld met die
karringmelk-marinade. Sny in skywe en dien op
You must be logged in to post a comment.