Vla-Skywe
Sarie.com
(sowat 6 skywe)
1 vel blaardeeg
Versiersel
200 g versiersuiker
15 ml water
15 ml suurlemoensap
Vulsel
60 ml vlapoeier
600 ml melk
Rol die blaardeeg redelik plat uit en halveer. Besprinkel ’n bakplaat liggies met water en prik die deeg goed met ’n vurk (dit sal keer dat die blaardeeg te veel rys). Bak vir ongeveer 15 minute teen 200 ˚C tot ligbruin, en laat afkoel op ’n afkoelrak. Meng die vlapoeier met ’n bietjie melk om ’n gladde pasta te vorm. Bring die res van die melk tot kookpunt, verwyder van die hitte en roer die vlapoeiermengsel by. Sit die vla terug op die hitte en roer aanhoudend vir ongeveer een minuut. Gooi die vla oor in ’n mengbak, bedek met kleefplastiek en laat effens afkoel. Sif die versiersuiker en meng met die water en suurlemoensap. Bedek een helfte van die blaardeeg met die versiersuiker-mengsel. Plaas die vlavulsel bo-op die onversierde blaardeeg-helfte en sit die versierde helfte bo-op. Sit in die yskas totdat dit gestol het en sny in skywe.
Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Vla skywe – Foto Louise Sanders http://www.justeasyrecipes.co.za
Vlaskywe
Rencia Odendaal Pretorius
1 pak cream crackers
1 liter melk
250ml suiker
60ml botter
120ml meel
100ml mazina
10ml vlapoeier
2ml sout
100ml koue water
3 eiers geskei
5ml vanilje
500ml versiersuiker
5ml suurlemoensap
35ml kookwater
Pak cream crackers onder in plat bak. Laat die lyntjies almal in dieselfde rigting loop
Verhit die melk, voeg suiker en botter by en kook tot gesmelt
Haal van stoof af.
Meng meel, mazina, vlapoeier sout en koue water voeg eiergele by en meng tot gladde pasta. Klits nou die melkmengsel geleidelik by die vlamengsel. (EK GEBRUIK MY WHISK, DIT VEROORSAAK DAT DAAR NIE KLONTE VORM IN DIE MENGSEL) Gooi terug in kastrol en kook vir omtrent 5 min tot dik – roer aanhoudend.
Haal van stoof af en gooi die vanilje by. Klits eierwitte tot styf en vou in mengsel in.
Gooi die warm vlamengsel bo-oor die beskuitjies en pak weer ‘n laag cream crackers bo-op.
Sit vlaskywe in yskas tot heeltemal afgekoel en koud
Maak aan die versiersuiker, suurlemoensap en kookwater en smeer bo-oor beskuitjies.
Hou verkoel in yskas.
VLASKYWE MET PUFF PASTRY EN VANILLA INSTANT POEDING
1 pak puff pastry – net oopgerol en nie uitgerol.
3 pakkies vanilla instant poeding
625ml koue melk
500 ml room
Versiersuiker aangemaak met bietjie suurlemoensap
Meng die 3 pakkie poeding met melk soos aangedui op pakkie, en los om te stol.
Klits room styf en meng in by die poeding mengsel.
Sny puff pastry in lang repe – en dan in die grootte wat jy dit wil he, of slegs repe en sny die grootte wat jy wil he as pastry gaar is. (sien foto)
Neem vurk en prik die deeg ooral met gaatjies
Bak by 180gr C tot goudbruin en opgepof
Verwyder uit die oond en laat afkoel.
Neem skerp mes en deel die puff pastry vierkant in 2 – sny horisontaal oop
Skep beslag op onderste deel van die puff pastry
Sit boonste deel weer op.
Smeer/gooi die versiersuiker en suurlemoensap mengsel oor en sprinkel met sif droe versiersuiker oor.
Jy kan ook jou vlaskywe met 3 of 4 lae puff pastry pak met die vulsel tussen in.
Ek het ook al as ek my versiersuiker aanmaak, granadilla mouse gebruik ipv suurlemoensap. Dit is net so ‘n effense “twist” as die gewone.
Nog ‘n idée is om skyfies aarbeie tussen die lae met die poeding mengsel in te sit.
You must be logged in to post a comment.