Beesvleis Pastei
Ella Brandt
PASTEIDEEG: [ek gebruik al jare hierdie een, dit werk en is ook nie so duur nie, maak pasteitjies en worsrolletjies met hom.]
2 K meelblom
2 t bakpoeier
knippie sout
125 g Holsum-vet
1 eier, geklits
melk soos benodig
Verhit die vet of olie in ‘n groot pan.
Voeg die gekapte ui by en braai tot sag en deurskynend.
Meng die gemaalde bees- en varkvleis, gaar wortelstukkies, pietersielie en geurmiddels en voeg by.
Roer oor matige hitte tot die vleis nie meer rooi is nie.
Moenie te lank kook nie, want jy gaan dit weer in oond bak.
Sif meelblom oor die vleismengsel en roer tot goed gemeng met die vleis en pansappe.
Verwyder van die stoof en laat tot kamertemperatuur afkoel.
OM DEEG TE MAAK:
Sif die meelblom met die bakpoeier en sout.
Vryf die vet in die meel.
Voeg geklitste eier by met genoeg melk om ‘n deeg te vorm wat maklik sal uitrol.
Rol baie dun uit en sny in sirkels.
Skep die vleisvulsel op een helfte van elke deegsirkel.
Maak die rante klam, vou oor en druk vas.
Druk ‘n riffelpatroon met ‘n vurk om die rante.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 180 grade C tot goudkleurig en gaar.
Ina Bosch se Winter pastei ~ RSG
Bestanddele
2 uie gekap
500g beesvleisblokkies
1 x 410g blikkie sampioene, gedreineer
2 koppies beesvleisaftreksel
1 teelepel Ina Paarman green onion spice
1 teelepel pietersielie
1 eetlepel Bisto
1 blik kerrie gemengde groente
1 gelyk teelepel borrie
1 teelepel medium kerrie poeier
1 eetlepel bruin uie soppoeier
Bestanddele Mielie kors
1 koppie bruismeel
1 teelepel mosterdpoeier
2 teelepels vars pietersielie
4 eetlepels botter
420g geroomde suikermielies
4 eetlepels melk
1 eier
Metode
Stel oond op 180 grade Celsius. Verhit olie en soteer uie tot sag en voeg vleisblokkies by en braai tot bruin. Voeg aftreksel, pietersielie, sout en swart peper, kerrie, soppoeier, groente en res van bestanddele by. Roer en voeg water by indien te droog
Plaas deksel op en prut totdat vleis sag is. Maak kors aan – dis ‘n slap deeg Skep vleis in bak en skep deeg bo-oor en bak totdat ligbruin en pofferig
Drievleis Pastei
1kg beesfilet, in blokkies gesny 250ml koekmeelblom
250g bladspekvleis, in blokkies gesny sout en peper na smaak
5-6 skaapniertjies, vlies en pypies verwyder 1 ui, gekap
250g knopie sampioene, in skyfies gesny botter
1-2 rolle bevrore skilferkors ontdooi geklitste eiergeel
Voorverhit die oond tot 200C. Meng die filet, niertjies en spekvleis saam. Geur liggies met sout en swartpeper en rol in koekmeelblom. Soteer die ui en sampioene in genoeg botter totdat die ui sag is. Skep uit en braai die vleismengsel in nog botter tot die vleis gaar is. Meng met die uiemengsel.
Rol die skilferkors dunner uit en voer ‘n groterige oondbak of 2 kleineres, daarmee uit. Skep die vulsel in. Verf die borand van die bak met water en bedek die vulsel ook met deeg. Druk die kante vas met ‘n vurk. Verf die kors met geklitste eiergeel en bak sowat 25-30 minute lank of tot die kors goudbruin is.
Wenk: Jy kan die niertjies uitlos en meer beesblokkies invoeg as jy nie van iertjies hou nie
You must be logged in to post a comment.