Anita se Gou-vrou Hoenderkerrie -RSG
Bestandele:
1 ui – gekap
8-10 hoenderstukke, met vel en been
½ koppie water
½ fles Mango atjaar (by meeste winkels beskikbaar)
4 groot aartappels, geskil
Braai die gekapte ui en hoenderstukke tot bruin. Voeg die res by en laat dit prut tot gaar. Jy hoef nie sout en peper by te voeg nie, want die atjaar bevat al die speserye en geure vir ‘n outentieke kerrie.Bedien saam met Basmati rys, vars kolijanderblare en Bulgaarse jogurt.
You must be logged in to post a comment.