Tag Archive | krummel sampioen

Krummel Sampioene/Crumbed Mushrooms


Krummel Sampioene

Krummel Sampioene

Krummel Sampioene/Crumbed Mushrooms

 

Tip:

Ek het gevind dat as jy die sampioene, nadat jy dit in die eier/melkmengsels gedruk het, en dan in die krummels, dit in die yskas te sit vir so om en by 20 min, jou degie nie so maklik geneig is om af te val nie.

 

Krummel Sampioene

500g sampioene

500ml karringmelk

5ml droë tiemie

15ml fyn gekapte pietersielie

4 knoffelhuisies(fyn gedruk)

Vars gemaalde swartpeper

Vars broodkrummels

Olie vir diepvetbraai

Metode:

Vee sampioene af met ‘n klam lap.

Meng die karringmelk, tiemie, pietersielie en knoffel goed saam in ‘n groot mengbak.

Marineer sampioene 2-3 ure lank.

Skep die sampioene uit met ‘n gaatjies lepel, geur met swartpeper en rol in die broodkrummels.

Rangskik op ‘n bakplaat en plaas vir 30 minute in yskas.

Braai in diep olie tot bruin van buite of rooster onder die oond se element tot goudbruin.

Dien dadelik op.

Lewer 6 porsies.

 

Krummel Sampioene

Die gekrummelde sampioene is net so eenvoudig en heerlik om te maak.

Neem die hoeveelheid sampioene wat jy wil eet . Vee dit met ‘n klam lappie af. Ek gebruik die wit “button mushrooms”.

Dan neem ek mayonnaise en meng dit met my sampioene sodat hulle net “klam” is van die mayo. Dit laat die krummels makliker vasklou.

Ek maak crackerbread baie fyn (vir die krummels) en geur dit met speserye van keuse. Ek het ook al provitas gebruik.

Rol die sampioene in die krummels totdat dit oral-oor bedek is.

Braai dit nou in ‘n pannetjie met olie of deepfry.

 

Krummel Sampioene

Vee mushrooms af.

Maak sousie van 1 kop bruismeel, 1 eier, halwe bier en speserye bv bbq of aromat sout en peper

Druk mushroom daarin, dan in broodkrummels of meel

Braai in diep olie tot gaar.

 

Krummel Sampioene met mieliemeel

Vat melk en klits 1 eier daarby. Dan in ‘n aparte bak meng meel met ‘n bietjie mieliemeel (pap) en bietjie sout en peper en speserye van keuse. Rol eers die mushrooms in die meel, dip dit dan in die eiermelk en dan weer in die meel. Bak dit dan in die olie.

 

Bedine met tartare sous

Tartarsous

200ml mayonaise

100ml sandwichspread

1 eier (hardgekook en fyngedruk)

15ml kappertjie saad fyn gekap (opsioneel)

1 piekel uitjie (gekap)

1 groot gerkin (fyn gekap)

5ml aangemaakte mosterd

Meng alles goed deur.