Tag Archive | tamatie konfyt

Tamatie resepte / tamaties ingeleg en bottel


tamaties x

BASIESE SOUS VIR ALLE PASTAS

45 ml olyfolie
1 middelslag-ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 blik heel tamaties, gekap
15 ml tamatiepasta
2,5 ml gedroogde origanum
10 ml tot 15 ml bruinsuiker
250 ml water
250 ml gekapte vars basiliekruid
5 ml sout
2,5 ml vars gemaalde swartpeper

Metode:
Verhit die olie in ‘n kastrol oor medium hitte. Soteer die ui tot deurskynend. Voeg die knoffel by en soteer nog twee minute. Wees versigtig dat die uie en knoffel nie verbruin nie.
Roer die res van die bestanddele by. Bring tot kookpunt. Verlaag die temperatuur en laat prut stadig sowat 20 minute tot die sous verdik. Indien verkies, kan die sous in ‘n voedselverwerker fyngemaak word.

TAMATIE LEKKERTE MEISIE1

Tamatie lekkerte

TAMATIE LEKKERTE

4 kg geskilde tamaties
1 kg gekapte uie
3 kop suiker
2 kop asyn
2 gekapte greenpeppers
Kook saam ± 1uur

Meng en voeg by:
2eetl mosterdpoeier
2eetl Kerrie
2eetl sout
2eetl maizena(hoogvol)
2eetl koekmeel (hoogvol)
1kop asyn
Kook goed deur.
Skep in gesterliseerde bottels en seel vir latere gebruik (kan ook gevries word)

 

TAMATIE-EN-KNOFFEL-BLADJANG
2 kg tamaties, gekap
2 ui, gekap
6 knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml vars gemmer, gerasper
8 ml wonderpeper (pimento)
1k suiker
125ml Appelkooskonfyt
1ml sout
250ml All Gold Tamatiesous

Meng al die bestanddele, behalwe die suiker, saam en prut vir 40 minute met die deksel op. Voeg die suiker by. Roer geleidelik totdat al die suiker opgelos is en bring tot kookpunt. Prut vir 1 uur sonder die deksel tot dik.

 

TAMATIESOUS

Gebruik lekker ryp tamaties vir die maak van tamatiesous
5kg tamaties
5 groot uie
750ml bruin asyn
500g wit suiker
15ml gemaalde gemmer
15ml gemaalde koljander
15ml sout
10ml gemaalde naeltjies
5ml rissiepeper

Sny die tamaties in stukke op. Skil die uie en sny dit ook in stukke op. Maal die tamaties en uie, en voeg die res van die bestandele by. Kook dit totdat die tamaties baie sag is. Vryf die mengsel met ‘n houtlepel deur ‘n sif of versap dit en giet dit deur ‘n sif. Gooi die tamatiepitjies en skilletjies weg. Kook die sous oor matige hitte tot verlange dikte. (Kan ook bietjie mielieblom met water aanmaak en bysit indien verkies) Bottel die sous warm en verseel dadelik.
VARIASIE
Vir Knoffeltamatiesous, voeg 1 knoffelbol by wanneer uie en tamaties gemaal word.

 

TAMATIESMOOR

1kg Tamaties skille verwyder
4 to 6 uie in ringe gesny
200ml bladjang
200ml Tamatie sous Old gold
50ml suiker afhangende van hoe soet jy dit verkies
Knoffel
Sout of Aromat
Peper
1pakkie oxtail sop

Braai die uie tot sag en gaar. Voeg die gesnyde tamaties by. kook dit leker deur.
voeg nou die res van die bestandele by. Gooi nou die oxtail sop poeier in. Kook lekker deur en geniet saam met hotdogs of hamburgers. Ek maak sommer a klomp en vries dit dan.

 

TAMATIESMOOR VIR JOU PAP en SOUS (Rens)

4 Vars tamaties – geskil en gekap – of gebruik net vars tamaties en ekstra ui
1 blikkie tamatie en uie smoor of los die vars tamaties en gebruik 2 blikkies smoor
1 groen, rooi en geel rissie – gekap (ek vat sommer net so ‘n ¼ van elk)
½ pakkie sampioene – grof gekap
1 ekstra ui – grof gekap
Gooi alles in ‘n pot en voeg by:
1 tl Knoffelvlokkies
50ml tamatiessous
50ml bladjang
50ml suiker (proe hier of jy dit nog soeter wil he)
Net so ‘n lekker spuit worstersous
Sout en peper na smaak
Laat alles rustig sag kook en verdik met bietjie bisto-sous
Hierdie vries heerlik – ek maak gewoonlik dit sommer so 3x aan, vries in bakkies en as ons braai het ek altyd dadelik my sous.

 

TAMATIE EN UIESMOOR

1.5 kg tamaties, geskil, in kwarte gesny
45ml sonneblomolie
6 medium uie, fyngekap
60ml vars pietersielie, fyn gekap
10ml bruinsuiker
5ml sout
5ml varsgemaalde swartpeper

Plaas tamaties in ‘n groot kastrol en prut oor lae hitte tot sag en pulpagtig. Verhit intussen olie in ‘n braaipan en soteer uie en pietersielie oor lae hitte tot uie deurskynend is. Roer gaar tamaties, suiker, sout en peper by, bedek deeglik en prut 10-15 minute.

 

TAMATIESMOOR

5 groot, ryp tamaties
2 middelslag-uie
30 ml olyfolie
6 knoffelhuisies
4 takkies (so 5 cm elk) vars roosmaryn
growwe sout na smaak
45 ml gladde heuning

Skil en sny tamaties en uie in blokkies. Gooi tamaties en uie in gietysterkastrol. Voeg olyfolie by. Kook teen medium-hitte vir sowat 1 uur. Druk knoffel met ’n breë vleismes plat, verwyder skilletjies en breek in growwe stukke. Gooi by tamaties in kastrol. Pluk roosmaryn, spoel af en gooi heel takkies by. Voeg growwe sout na smaak by. Kook vir nog ’n uur en proe of die smoor “gaar” en deurgekook is. Roer heuning in en laat dit deurkook. Laat prut vir nog so 15 minute. Proe weer of alles gaar genoeg is. Indien nie, laat nog 15 minute kook

 

TAMATIEBLATJANG

2 kg baie ryp tamaties geskil
1 kg uie grof gekap
3&4 knoffelhuisies gekap
300 g karemelsuiker
250 ml sonneblomolie
250 ml WIT ASYN
250ml bruin asyn
50ml fyn appelkooskonfyt
15 ml gemaalde gemmer
12.5ml sout
7 ml mosterd poeier (colemans)
5 ml rissiepeper
Kook alles stadig saam tot suiker gesmelt is kook dit dan vir n halfuur vinnig roer gereeld. Prut mengsel tot dik en roer gereeld. (ek gooi ook in 2t van diepickling spice wat effe fyn gedruk is ) laat staan eers vir tenminste een week voor jy dit gebruik

 

TAMATIE BLADJANG

1kg tamaties
500gr bruin suiker
1 kop wit asyn
500 gr sultanas
1 e mosterd
1 e fyn gemmer
1 e sout
2 uie, in dun skyfies gesny
kwart t rooipeper

Skil die tamaties af en sny dit in stukkies
(dompel hulle ‘n paar minute lank in kookwater en
daarna in koue water om die skilletjies los te maak)
Meng al die bestanddele en kook dit stadig tot dit die regte dikte is.
Bottel en verseel

 

TAMATIEKONFYT

Gooi tamaties in kookwater – haal uit en trek skil af – Weeg nou jou tamaties – vir elke 1 kg tamaties, 1kg suiker – gooi die tamaties onder in jou pot – druk sommer so met jou hand die tamaties fyn – gooi nou die suiker bo-oor – laat staan so ‘n rukkie dat die suiker begin smelt – Ek sit my stoof so op 1 sodat dit net effe hitte gee van onder af – roer gereeld- pasop net dat jou suiker nie brand nie – gooi nou ‘n gekapte gemmer wortel in – Laat kook vir omtrent 2 ure vinnig – gooi so 3 eetl suurlemoensap by –
Toets jou stroop in die yskas om te sien of jou stroop reg is. Om te toets, gooi bietjie stroop in piering en sit in die yskas- laat staan paar minute – as jy dit uithaal en jy draai die bordjie skuins, moet dit soos ‘n traanderuppel stadig afloop, indien dit soos water afloop, kook verder.
Hou jou konfyt dop, tamatiekonftyt brand maklik en jy kan dit ook maklik te lank kook en dan is dit taai – indien dit te taai is, gooi nog water by en kook weer vir ‘n rukkie.
Bottel warm

 

MIKROGOLF APPELKOOSKONFYT/TAMATIE

JY KAN OOK TAMATIEKONFYT KOOK MET DIE RESEP (voeg net jou gekneusde gemmerwortel by die konfyt) Skil en sny tamaties in blokkies en volg onderstaande resep

Sny appelkose oop, verwyder pitte
1 kg appelkose
1 kg suiker
30ml suurlemoensap
2tl botter
Mikrogolf appelkose (bedek) vir 5 min op hoog (100%) – sit eenkant –
Mikrogolf suiker IN GLASBAK vir 6 min op hoog (100%) roer elke 2 min
Meng nou appelkose in by suiker, gooi botter en suurlemoensap by
Mikrogolf nou vir 20/25 min op hoog (100%)
Roer af en toe liggies.
Bottel warm

 

ITALIAANSE  TAMATIESOUS

2kg tamaties
2 knoffelhuisies
15 ml sout
500 ml asyn
1 kg uie
2 rooi peppers
300 g suiker

Sny skil af van tamaties – sny alles op en gooi in pot. Voeg sout en asyn by en kook tot sag.
Blend met handblender en voer deur sif.
Gooi suiker by en kook tot duk.
Gooi in bottels en seel.
Dis is lekker as mens n bietjie origanum (vars) saam inmeng

 

GROEN TAMATIE EN CHILLI KONFYT

Sny 500 gram groen tamaties in klein blokkies van so 1/2 sentimeter.
Sny 500 gram groen rissies in snytjies ook van so 1/2 sentimeter
Plaas oornag in ‘n kastrol met
1 kg witsuiker
1 teelepel fyn sout goed gemeng.

Voeg volgende dag genoeg water om die spul net-net te bedek,(dis die maat wat ek nie van seker is nie – nog nooit gemeet nie. Ek dink so 2 koppies kan dalk genoeg wees) en voeg sap van 1 suurlemoen by.
Bring tot kookpunt, en laat stadig prut totdat die konfyt tekstuur reg is (maklik vir iemand wat ken van konfyt kook – ek weet tannies het allerhande toetse met lepels en pierings en goeters – maar ek weet nie juis veel van dit af nie – kyk maar so met die oge)
Moenie te veel roer nie, tog bietjie om te keer dat dit nie brand nie.

 

GROENTAMATIE-FYNKONFYT

Bedek 2,75 liter gesnipperde groen tamaties met warm water, verhit dit tot kookpunt en kook dit 5 minute lank. Dreineer die tamaties goed en gooi die water weg.
Roer 1.6 kg wit suiker by die tamatiesnippers en sit dit vir 3 uur of langer opsy om stroop te vorm.
Dreineer die stroop in ’n kastrol en kook dit vinnig sonder ’n deksel tot draadstadium…( wanneer ’n bietjie stroop tussen die duim en voorvinge oopgetrek word en bros drade vorm.)
Sny 2 suurlemoene met skil en al in dun skyfies op en verwyder die pitte. Voeg die tamatiesnippers en suurlemoenskyfies by die stroop en kook dit tot helder en dik.
Skuim af indien nodig, verwyder die suurlemoenskyfies
Bottel die konfyt warm en verseël dit

 

TAMATIEPUREE

Skil ryp tamaties, sny dit in stukke en verpulp dit in ‘n voedeselverwerker of maal dit. Verhit die pulp stadig tot kookpunt, roer dit af en toe en prut dit met di deksel op totdat ‘n duk puree gevorm het. Vryf die puree deur ‘n grow sif of maak dit in ‘n voedselverwerker fyn. Vul inmaakflesse tot 5mm van die borand af met die puree. Verseël die flesse, maar draai die kroefringe a halwe draai los. Plaas die flesse op ‘n vals boom in ‘n waterbad. Steriliseer die puree 25min lank by 100°C. Haal die flesse uit en draai die skroefringe dadelik styf vas.

Onthou 15ml van hierdie puree vervang 50ml fyngemaakte vars tamaties

 

SONGEDROOGDE TAMATIES

Halveer tamaties wat lekker ryp is. Sit oopkant na bo in oond. Strooi sout en suiker oor. Droog soos met beskuit. Dit moet nog elasties wees. Bedek met olyfolie in bottels. Sit lourierblaar, ´n paar peperkorrels en takkie roosmaryn in bottels

 

TAMATIE, FETA, BASIL SLAAI

Kersietamaties, middeldeur gesny of gewone tamaties in kwarte
Feta kaas, blokkies kleiner as tamatiehelftes
Vars basilie, geskeur in kleiner stukkies
Grof gemaalde swart peper. Meng alles en verkoel vir paar uur.

 

TAMATIE SALSA

2 Tamaties fyn gekap in blokkies
1 groot ui fyngekap
½ groen pepper gekap
Ek sit ook komkommer blokkies by (opsioneel)
Gooi nou lekker baie sout, peper en asyn oor en roer deur

 

WENK:
As jy baie tamaties het, gooi dit net so heel in plastieksakke in die vrieskas . Indien benodig, haal uit en gooi in kookwater vir so 3 minute. Verwyder die skil en kook konfyt, bladjang of gebruik in jou stews, pastas en kerries.

Advertisement