Tag Archive | mossels

Paella Resepte


Spaanse Paella-  Dag Aasbø Travel

Spaanse Paella- Dag Aasbø Travel

Spaanse Paella

425g sardyne in tamatie, gedreineer, behou sous gekapte pietersielie.

220g mossels in pekel, gedreineer, behou sous 500ml rys

2 blokkies hoenderaftreksel sout en varsgemaalde swartpeper

5 ml borrie

1-2 knoffelhuisies, fyn gedruk

1 groot ui, fyn gekap 125ml bevrore ertjies

1 groen soetrissie, fyngekap 2 tamaties, geskil en in blokkies gesny

Genoeg water om vloeistof van albei blikkies tot 1 liter aan te vul

Sny die sardyne in kwarte. Soteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag.
Voeg die vloeistof van die blikkies plus genoeg water om 1 liter te maak by.
Voeg die tamaties, rys en aftrekselblokkies by. Prut 15minute. Roer die borrie,
soetrissie en ertjies en prut 5 minute of totdat vloeistof geabsorbeer is.
Toets vir smaak. Rangskik die sardyne filette en mossels bo-op die rysmengsel,
bedek en verhit. Garneer met pietersielie en sit voor met ‘n groen slaai.

 

Garnaal biryani/paella

Natasha De Jager Viljoen

Bestanddele:
1 uitgedopte garnale
1 koppie rys
2 groot uie gekap
Groot stuk Gerasperde vars Gemmer
2 naeltjies
6 groot knoffelhuisies fyn gedruk
2 groen brandrissies
1/4 koppie klapper
2 teelepel garam masala
1 eetlepel lemmetjiesap
2 lourierblare
1/4 koppie botter
Klein blikkie ertjies
Cashewnuts fyn gemaal
Rosyntjies
Sout of na smaak

Voorverhit die oond tot 180 *C

Week die rys in warm vir 30 minute.
Maak ‘n fyn pasta van groen chilies, garam masala, Gemmer, knoffel, Cashew neute & klapper.
In ‘n pan hitte 3 groot eetlepels botter en voeg die helfte van die uie by en braai tot goudbruin.
Voeg die pasta by die uie by en roer vir ongeveer 5 minute. Voeg die garnale by en braai, sout dan na smaak. Meng goed sodat al die garnale gaar is bedek met die masala by en kook op ‘n lae hitte vir 8 minute Verwyder van die hitte en laat eenkant.
In ‘n aparte pan hitte 2 eetlepels botter en braai die lourierblare en voeg die oorblywende uie en braai tot die uie goudbruin is. Voeg die rys by en roer braai vir ongeveer 15 minute tot rys amper sag is. Voeg die ertjies by saam 2 kpooies lou water.Sit die deksel op die pan en laat dit vir verdere 15 minute baie stadig prut amper op baie lae hitte. In ‘n oonvaste bak meng die garnale en rys saam. Bedek die bak met die aluminiumfoelie. Sit dit in die oond vir ongeveer 15-20 minute. As jy klaar is gooi die lemmetjiesap en versier met rosyne.

Prawn, Chicken & Pea Paella

Whatsfordinner

If you are having a craving for all things Spanish why not try out this superb recipe that captures all the flavours of Spain in one pan!
Ingredients
• 750 millilitre water
• 1 KNORR Chicken Stock Pot
• 400 gram Tin chopped and peeled tomatoes
• 10 millilitre Robertsons Paprika
• 2 Cloves crushed garlic
• 1 Medium onion, finely chopped
• 500 gram Prawns, peeled and deveined
• 500 gram Chicken breast fillets, thinly sliced
• 30 millilitre Sunflower oil
• 75 millilitre fresh parsley leaves, roughly chopped
• 2.5 millilitre Saffron threads or turmeric
• 250 millilitre Arborio (risotto) rice
• 125 millilitre Fresh or frozen peas
• 2 Lemons, cut into wedges
Instructions
1. Heat oil in a large, heavy-based pan over a medium-high heat.
2. Add chicken and cook until well browned then remove from pan and set aside.
3. Add prawns to pan and cook, turning, for 2 minutes or until they change colour then remove from pan and set aside.
4. Add onion to the pan and cook for 3 minutes or until softened, then add garlic and paprika and cook, stirring, for 1 minute to release the flavor and aroma.
5. Add tinned tomato, KNORR Chicken Stock Pot, water and saffron/turmeric, stir until combined, and then bring to the boil.
6. Stir in rice, then reduce heat to low and simmer for 15-20 minutes or until rice is tender, stirring occasionally adding a little extra water if necessary.
7. Return chicken to pan together with peas and stir to combine. Cook for 2 minutes or until heated through, then add prawns and stir well to combine.
8. Sprinkle with chopped parsley and serve with lemon wedges.

Advertisement

Mossels


Swart Mossels - photo angsarap.net

Swart Mossels – photo angsarap.net

Swart Mossels met knoffel, kaas en bacon kips

Koop die mossel in die dop spoel elke mossel uit en sit terug in sy dop gooi dan 1/2 teelepel knoffelbotter oor dan gerasperde kaas en dan boop krummel jy bacon kips druk in oond op 180 grade tot kaas gesmelt is en krummels half bruin dien op as voorgereg

Elize Bessell Nel

Gerookte mossel souttert

1 ui, gekap
pakkie sampioene, skywe gesny
2 blikkies gerookte mossels
koppie gerasperde kaas
3 eiers
4 eetl botter
125 ml melk
1 tl mosterdpoeier
1 eetl koekmeel
1 tl aromat
swartpeper na smaak
rooipeper na smaak

Braai ui in botter tot deurskynend,
Voeg sampioene by en braai liggies,
Haal af van plaat.
Gooi mossels by met so 2tl van die mossel olie.
Gooi kaas, rooipeper na smaak by en roer liggies saam. Giet in gesmeerde oondvaste bak.
In n groterige mengbak, klits saam eiers, melk, mostertpoeier, koekmeel, aromat en peper, maak seker dis goed gemeng.
Gooi melkmengsel stadig oor mosselmengsel en tertbak.
Bak by 180C vir 30 min of tot gestol.
Bron: Irma de Jager

 

Mosselpotjie ~ Cass Se Kombuis DSTV

1kg mossels in die doppies (skoon geborsel)
70g botter
1 groot ui, fyn gekap
30 ml meelblom
360 ml vis aftreksel
5 ml tiemie
30 ml fyngekapte pietersielie
1 lourierblaar
125 ml room
5 ml sout
Vars-gemaalde swart peper

1. Indien die mossels vars is, plaas hulle in ‘n swaarboom pot nadat dit skoon gemaak is en kook dit vir sowat drie minute op hoë temperature.
2. Gooi onmiddelik enige mossels weg wat nie oopgemaak het tydens die kookproses nie.
3. Gooi die vloeistof af om te gebruik as aftreksel.
4. Bevrore mossels moet nie ontvries word nie.
5. Smelt botter in ‘n groot pot en soteer die uie daarin tot sag.
6. Voeg die meel by om ‘n sagte roux te vorm.
7. Voeg daarna die aftreksel, tiemie, pietersielie en lourierblare by en kook totdat dit lekker dik is. Voeg die mossels, room, sout en peper by.
8. Skud die pot sodat alle bestanddele lekker deeglik met mekaar meng.
9. Bedien in sopbakkies.

 

Mossels
Meng die volgende:

Broodkrummels
Margarien
Knoffel

Helfte margarien en helfte krummels en knoffel na smaak.

As die mossels se skulpe reeds halveer is, great!!
Plak die mengsel lekker dik op elke mossel sodat die mossel toe is assook die res van die skuld se binnekant. Plaas met skuld na onder op ‘n bakplaat en bak vir 15-20min op 180C tot krummel mooi bruin is. Bedien dadelik.

As die skulpe nie halveer is nie, maak so:

Bedek mossels met soutwater. Kook vir ongeveer 15 min tot hulle oppgaan. Gooi die weg wat nie oopgegaan het nie.
Breek oop en vries weer voor jy aangaan met die vorige resep

 

Romerige mossels

12 vars mossels
250 ml room
1 e knoffel
50 ml witwyn
1 k suurlemoensap
1 t visspeserye, beskikbaar by meeste winkels
Verhit die room, knoffel, wyn en suurlemoensap in ‘n pan en voeg die mossels by. Kook tot die mossels oop is en onthou om die wat nie oopmaak nie, weg te gooi.

 

Mossellaksa

(bedien 4)
Ons kry idees vir ‘n onthaal waar gaste kos kan deel en dus meer as een dis kan geniet. Gareth Williams, soussjef van Riboville in Kaapstad het hierdie Oosterse-geïnspireerde gereg vir Pasella gemaak.
1 duim gemmer
10 ml lemmetjiesap
4-5 lemmetjieblare
5 ml vissous
1 rooiuie, gekap
1 takkie sitroengras
2 knoffelhuisies
2 rooi brandrissies
1 e rooikerrie-pasta
800 ml klappermelk
1 kg gevriesde halwe mossels of klaargekookte vars mossels
250 g rysnoedels, gekook volgens instruksies op pakkie
halwe komkommer, in repe gesny
80 g boontjiespruite
50 g kruisementblare, gekap
50 g basiliekruidblare, gekap
50 g koljander, gekap
8-12 stukke tofu, gekap (opsioneel)*
Verwerk die gemmer, lemmetjiesap- en blare, vissous, uie, sitroengras, knoffel en brandrissie saam tot ‘n pasta. Kook die mengsel saam met die kerriepasta oor lae hitte vir ‘n paar minute, voeg klappermelk by en laat die vloeistof kook tot dit met ‘n kwart van die volume verminder het. Voeg mossels, rysnoedels, komkommer, boontjiespruite, kruisement, basiliekruid en koljander by. Prut ‘n paar minute oor mediumhitte tot gaar en garneer met tofu.
*Tofu word gemaak van gestolde -sojamelk wat in blokkies gepers word. Daar is baie verskillende tipes tofu – van vars tot ‘n verskeidenheid geprosesseerde tofu. Dit het baie min geur op sy eie en word dus in beide soet en sout disse gebruik.

Mosselpot
Hierdie geurige pot is klaar in ‘n japtrap.
60 ml olyfolie
3 knoffelhuisies, fyngedruk
3 stingeluie fyngesny
1 vinkelbol, fyngesny ( opsioneel )
250 ml wit wyn
2 blikke 410g elk heel tamaties
500 ml hoenderaftreksel
900 g bevrore stokvis of enige vars witvis, in stukke
500 g bevrore mossels in skulp of 1 groot blik 800g
90 ml fyngekapte pietersielie
Tabascosous, sout en peper

Verhit die olie in ‘n swartpot en roerbraai die knoffel, stingeluie en vinkel daarin tot glansig. Voeg die witwyn, tamaties en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Sit die deksel op en laat sowat 20 minute oor lae hitte prut tot geurig. Voeg die vis en mossels by, laat weer opkook en laat nog 5-10 minute prut of tot alles net gaar en deur warm is. ( Moenie te lank verhit nie, anders kook die vis stukkend.) Voeg die pietersielie by en geur na smaak met Tabascosous, sout en peper. Sit voor met gebakte brood

 

Maklike MOSSELSOP
Soteer 3 fyngekapte uie + knoffel in olie tot sag. Voeg 250g sampioene in skywe by, braai bruin. Meng 500ml melk + 1 pakkie wit uiesoppoeier, voeg by uiemengsel, kook & verdik. Voeg 250ml room + 375ml droë wit wyn by, verhit tot kook. Gooi 3 of 4 blikkies gerookte mossels by

 

Gemarineerde mossels SARIE

Jy kan bevrore mossels vir dié gereg gebruik – nie almal is so gelukkig om vars mossels van die rotse te kan pluk nie.
Mejillones en escabeche
2 kg mossels
125 ml olyfolie
125 ml witwyn-asyn
125 ml water
10 ml paprika
sout na smaak
2 lourierblare
8 peperkorrels
Was die mossels deeglik en sit dit in ’n groot kastrol met ’n klein bietjie water. Laat die mossels oor baie lae hitte stoom tot die doppe oopgaan. (Die mossels wat nie oopgegaan het nie, moet jy weggooi.) Haal die mossels uit die skulp, maar moenie die skulpe weggooi nie. Verhit die olie in ’n groot pan en braai die mossels vir so 2 minute. Haal die mossels uit en laat die olie bietjie afkoel in die pan. Sit die pan terug op die stoof en voeg die asyn, water, paprika, sout, lourierblare en peperkorrels by. Laat stadig kook vir 10 – 15 minute. Laat afkoel en voeg die mossels by. Laat marineer oornag in die yskas. Sit die mossels terug in die skulpe en gooi van die sous oor.

Mossels oor die kole
Hierdie is ’n resep van sjef Allan Hendricks van The Middens buitelukrestaurant in Kommetjie. Hy beveel aan dat die sous die dag voor die tyd gemaak moet word sodat die geure kan ontwikkel.
(Bedien 4-6)
3 tamaties, geskil
5 olywe, ontpit
2 rissies, fyngekap
1 e olyfolie
2 e knoffel, gekap
1 e sagte botter
1kg mossels, skoongemaak maar steeds toe*
Sous: verpulp die tamaties, olywe, rissies en olyfolie in ʼn voedselverwerker en laat oornag staan. Meng dan die knoffel en botter by. Plaas die heel mossels op ʼn rooster oor die kole. Smeer die sous binne-in sodra die skulpe oopmaak. Wanneer die sous warm is, is jou mossels gereed vir bedien. Eet dadelik.
*Dit is veiliger om die mossels nie voor die tyd oop te breek nie. Mossels wat nie oopmaak op die kole nie, is giftig en moet weggegooi word. Maak altyd seker dat dit nie rooiwater is wanneer jy mossels uithaal nie en onthou dat ’n permit nodig is.

Witwyn-gestoomde mossels SARIE
Geniet saam met tuisgebakte brood of geurige geelrys.
(2 porsies)
30 ml botter
30 ml olyfolie
2 Franse uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
2 groen brandrissies, saadjies verwyder, fyngekap
30 ml koljander, gekap
30 heel mossels, baard verwyder, skoongeskrop
250 ml witwyn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Smelt botter en olie in ‘n warm pot. Voeg uie, knoffel en rissies by. Braai liggies vir 5 minute, of tot lig en deurskynend. Voeg gekapte koljander en skoon mossels by. Gooi witwyn oor. Plaas ‘n deksel op die pot en stoom vir sowat 8 – 10 minute, of totdat die mossels oopgaan. Verwyder alle mossels wat toe bly en gooi hulle weg. Sit gaar mossels in ‘n bak en gooi die sous onderin die pot oor hulle. Geur goed met sout en swartpeper.
Onthou:
Mossels wat nie oopgaan terwyl jy hulle gaar maak nie, is nie reg om te eet nie. Gooi dadelik weg!
Wenk:
Hoe maak ek mossels skoon?
1. Gebruik ‘n skoon kombuisborsel en skrop die mosseldoppe onder lopende water. 2. Trek die baard wat onder die mossel uitsteek met ‘n vinnige beweging uit en gooi weg.

Mossels au gratin SARIE KOS
Dit is heerlik vir ‘n voorgereg of selfs as happie saam met drankies.
sowat 18 halfskulpmossels
4 snye witbrood
150 g (160 ml) botter, gesmelt
hand vol pietersielie, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
500 g (sowat 18) bevrore halfskulp-mossels
Verhit die roosterelement van oond. Rooster die brood. Maak die brood in ‘n voedselverwerker fyn of kap met ‘n skerp mes. Voeg gesmelte botter, pietersielie en knoffel by en meng goed.
Geur met sout en peper. Plaas mossels op ‘n bakplaat en skep van die broodmengsel bo-op elke mossel. Plaas onder roosterelement vir sowat 5 minute tot krummels bruin en bros is. Sit dadelik voor.

Mosselroomsop SARIE
Jy hoef nie vars mossels te gebruik nie – bevrore mossels werk net so goed
(2 porsies)
300 g vars of bevrore mossels (uit die skulp)
20 g botter
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
200 ml witwyn
1 lourierblaar
2 takkies vars tiemie
2 takkies vars vinkel
150 ml room
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Smelt die botter in ’n kastrol. Braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die wyn, lourierblaar en tiemie by en bring tot kookpunt. Voeg die mossels by, maak toe met ’n deksel en laat kook vir 3 minute. Haal die mossels uit en hou warm. Bring die vloeistof weer tot kookpunt en laat kook vir 2 minute. Voeg die room by en verhit tot net by kookpunt. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Skep die mossels in ’n bakkie en gooi die sous oor. Garneer met ’n vars vinkeltakkie en vars tiemie.
Wenk
Jy kan vir ekstra geur sowat 100 ml gekapte pietersielie byvoeg.

Mosselrys
2 pakkie bacon in stukkies gesny
1 green pepper, stukkies gesny
1 groot ui, gekap
1 tlp hoogvol vars knoffel
Braai alles in margarien of olie.
Voeg die volgende by : –
4 k gaar rys
2 tlp hoogvol gekapte pietersielie
2 blikkies geroosterde mossels en sous
Grofgemaalde swart peper na smaak
Gooi in oondskottel en voeg 2 k grofgerasperde kaas by. Sit in warm oond tot kaas gesmelt het. Roer goed deur en dien op. Ideaal vir ligte ete of as bykos by visgeregte.

Fanie se Italiaanse Mossels (Rsg)

20 of meer vars swart mossels of gevriesde mossels
3 uie
botter/olie
½ bottel witywn
2 blikkies Italiaanse tamaties of die gewone
1 brandrissie
3 vars fyn knoffelhuisies
Knippie vars of gedroogde origanum
Baie vars Franse brode
Braai opgekapte uie in botter of olie, tot goudbruin voeg die res by en sit die deksel op.
Laat dit vir 5 minute kook, skud die pot.
Die mossels raak gou gaar, as die mossels oop is, is hulle gaar en eetbaar, gooi die toe mossels weg, dit is nie eetbaar nie.
Bedien met heerlike vars Franse brood wat jy deur die mengsel vee.

Mossel pasta
1 pak pasta van jou keuse
1 pakkie spek
2 blikkies gerookte mossels
1 blikkie tamatie en uie smoor
knoffel
witsous of kaassous (sommer die kitspakkies of nog beter maak jou eie)
gerasperde kaas
Kook die pasta volgens die aanwysings. Intussen braai die spek tot lekker bros, voeg knoffel by en braai 1 min. Gooi tamatie en uie smoor by. Dreineer olie van gerookte mossels en voeg mossels ook by. Laat prut tot warm – sowat 1 min. Geur met peper.
Dreineer gaar pasta en vorm lae met pasta en mengsel in ‘n oondvaste bak. Gooi die witsous/kaassous oor die gereg en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak in oond tot kaas gesmelt is. Sit voor met mengelslaai en lekker vars brood.

Mossels in bier en mayonnaise
Uitvoerende sjef van die Cape Grace Hotel, Malika van Reenen deel haar geheime kerriepoeier resep wat in hierdie Malay kerrie gebruik word. Maar jy kan natuurlik die klaargemengde weergawe koop en gebruik.
Bedien 6
Vickie de Beer, kosredakteur van Rooi Rose en 2006-Galiova-wenner wys ons haar resep wat telkens haar man, Joe de Beer, se guns wen wanneer sy in die sop by hom is.
Knoffelmayonnaise
½ k mayonnaise
1 knoffelhuisie, fyngekap
2 e pietersielie, gekap
Mossels
¼ k botter
1 rooi ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
2kg vars mossels, baarde verwyder
2 x 340ml bier
1 blik (410ml) tamaties, gekap
¼ k pietersielie, gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
Vir die knoffelmayonaisse, meng die mayonnaise, knoffel en pietersielie. Hou eenkant. Maak die mossels so: Smelt die botter in ‘n groot kastrol en soteer die uie en knoffel 5 minute daarin. Voeg die mossels by en giet die bier oor. Sit die kastrol se deksel op en prut 3-4 minute op hoë hitte. Skud die kastrol so nou en dan tot al die mossels oopgegaan het. Verwyder die mossels wat nie oop is. Voeg die gekapte tamaties en pietersielie by en verhit. Geur na smaak. Bedien die mossels met vars brood en die knoffelmayonnaise.

Mosselsous vir pastas (Rsg)
Bestanddele
1 blikkie gekapte tamaties (of tamatie & uie smoor, solank dit fyn is)
¾ van ‘n 250ml houer room
2 blikkies gerookte mossels
1 teelepel gekapte knoffel
1 teelepel olie
2-4 porsies Tagliatelli
15 ml sjerrie
Vars fyngekapte plat blaar pietersielie (Italiaanse Pietersielie)
½ teelepel swartpeper
Opsioneel vir grêndgeid: 1 pakkie vars/gevriesde swart mossels met skulpe, deeglik gewas.
Metode
Maak pasta apart gaar: Sit ‘n groot kastrol gesoute kookwater op hoog met so 2 teelepels olie (Sodat die pasta mooi los bly) en voeg die pasta by, sodra die water borrel. Kook net vir 4 minute tot al dente – m.a.w. gaar maar ferm, nie oor sag nie.
Bestanddele Sous
Verhit die olie in ‘n medium kastrol. Voeg die knoffel by, braai so minuut. Voeg die blikkie tamaties by en roer deur. Sodra sous borrel, draai hitte af tot 2 of 3 en voeg room by (Kyk mooi, sodra die room warm word – word dit meer loperig). Roer deur.
Voeg die mossels by. (Dreineer die geblikte mossels voordat jy dit byvoeg). Laat prut terwyl jy die pasta dreineer en in bakkies skep. Laastens roer die sjerrie, Pietersielie en ‘n fyngemaalde swartpeper in.

Warm aartappel en mosselslaai

500g baba aartappeltjies, skoon gewas
400g bevrore mossels, sonder skulpe
30g jong spinasie of roketblare
SLAAISOUS:
125ml olyf- of sonneblomolie
125ml room
5ml gerasperde suurlemoenskil
25ml vars suurlemoensap
5ml suiker
12.5ml vars tiemie
Sout en peper na smaak

Kook die aartappeltjies in soutwater tot sag. Dreineer en hou warm. Kook mossels vir 4 minute in soutwater. Dreineer en druk versigtig droog met kombuispapier.
Sit al die bestanddele vir die slaaisous in ‘n mengbak en klop deeglik met ‘n draadklitser. Sny die baba aartappeltjies in helftes en sit saam met die mossels en spinasie in ‘n slaaibak. Gooi die slaaisous oor en meng versigtig. Sit dadelik voor.

.