Tamatie blatjang
Radio Namakwaland
Kap 24 konfyt tamaties en 3 groot uie in stukkies en sit in kastrol. Voeg by: halwe bottel asyn, 1 E gemmerpoeier, 2 en halwe k suiker, halwe t sout 1 E fyn mosterdpoeier en 2 k sultana rosyne. Kook tot dik en bottel warm. Jy kan ook 2 brand rissies opkap en byvoeg, ek spuit so 2 spuite soet chillie sous in. Pasop vir aanbrand na die end toe, dit brand maklik aan
Tamatieblatjang
Barbara Joubert
Die blatjang het ’n heerlike soetsuur smaak en dis glad nie baie sterk nie. Die resep is maklik en die liplekker eindproduk kan jy voorsit met baie geregte.
Genoeg vir 1 bottel van sowat 750 ml
800 g groot rosa-tamaties
350 g klein geel rosalinitamaties
2 rooi-uie
2 rooi brandrissies
300 g (375 ml) sagte bruinsuiker
190 ml rooiwyn-asyn
Sny Tamaties in blokke
Kap uie en brandrissies fyn
Plaas uie en brandrissies saam met tamaties. en bruinsuiker in ’n kastrol.
Voeg asyn by en plaas op stoofplaat. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Verlaag hitte en laat prut oop vir 30 – 40 minute. Roer elke nou en dan. Die blatjang sal dik en konfytagtig word. Laat afkoel en skep in houer. Hou in yskas.
Wat kan ek alles met die blatjang voorsit?
Verskeidenheid van kase, veral camembert, baie sterk cheddar en bloukaas.
Dit pas wonderlik by gebraaide boerewors.
Enige soort kerriegereg, maar veral bobotie.
Baie lekker saam met geroosterde lamsboud.
Hoe lank sal die blatjang hou?
Sowat 4 weke in die yskas as jy nie die moeite wil doen om bottels te steriliseer nie. ek moet bieg dit was binne twee dae op in my huis.
Braai uie en tamatie en gooi bietjie suiker by en maak effe dik met maizenna. Vries in klein bakkies is heerlik saam hotdogs of wors en pap. Sit peper of speserye soos nodig by.
Tamatieblatjang
Belinda Ann Botes Oosthuizen
1 kg tamaties
250 g bruinsuiker
250 ml witasyn
250 g sultanas
15 ml mosterdpoeier
15 ml fyn gemmer
15 ml sout
2 uie, in dun skyfies gesny
1 ml rooipeper
Dompel die tamaties n paar minute in kookwater en daarna in koue water en trek die skilletjies af. Sny die tamaties fyn. Meng al die bestandele en kook dit stadig tot die regte dikte verkry is. Roer dit af en toe om te verhoed dat dit aanbrand. Bottel dit warm en maak seker dat geen metaal die blatjang raak nie.
Tamatiemengsel
Belinda Ann Botes Oosthuizen
4kg geskilde tamaties
1kg gekapte uie
3kop suiker
2kop asyn
2 gekapte “greenpeppers”
Kook saam ± 1uur
Meng en voeg by:
2eetl mosterdpoeier
2eetl Kerrie
2eetl sout
2eetl maizena(hoogvol)
2eetl koekmeel (hoogvol)
1kop asyn
Kook goed deur. Skep in bottels.
Ryp Tamatie Konfyt
Belinda Ann Botes Oosthuizen
Kies klein stewige tamaties, was hulle af en weeg.
Prik die skille met `n stopnaald en laat hulle 20 tot 30 minute lank in soutwater ( 12,5 ml ( 1 e ) sout op 3,4 litre water ) of kalkwater. ( 12,5 ml ( 1 e ) kalk op 3,4 liter water ) lê. Spoel dit goed af.
Pak die tamaties en die suiker in afwisselende lae daarin.
Gebruik 500 g suiker vir elke 500 g tamaties.
Verhit dit stadig tot die suiker opgelos is en kook dit dan sowat 2 uur lank vinnig totdat die tamaties helder en die stroop dik is.
Voeg `n paar stukke gekneusde gemmer en 37-50 ml ( 3 tot 4 e ) suurlemoensap by vir elke 3 kg tamaties terwyl dit kook.
Bottel en verseël wanneer dit afgekoel het.
You must be logged in to post a comment.