Tag Archive | gebakte Broccoli

Brokkoli / broccoli resepte


Broccoli Casserole- Photo eat and sleep

Broccoli Casserole- Photo eat and sleep

Broccoli Casserole

500 g gaar broccoli, in stukkies gesny
3 eiers
400g-blik sampioen roomsop
250 ml mayonnaise
125 ml gerasperde Cheddarkaas
1 ui, gekap
sout en swartpeper na smaak
6 soutbeskuitjies (bv Salticrax of Bacon Kips)
Meng die broccoli, eiers, sop, mayonnaise en ui saam. Geur
met sout en peper. Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak en sprinkel
die kaas bo-oor. Maak die soutbeskuitjies fyn en sprinkel dit bo-oor. Bak teen
180 grade vir ongeveer 30 minute, tot die sous borrel en die kaas gesmelt en
goudbruin is.

Gebakte Broccoli

Gebakte Broccoli

Gebakte Broccoli
500 g broccoli (of half broccoli en half blomkool)
20 ml botter
20 ml koekmeelblom
knippie mosterd
sout en peper na smaak
300 ml melk
3 eiers, geskei
75 g gerasperde Cheddarkaas
Kook die broccoli tot gaar, maar nog effens bros en
dreineer. Smelt die botter en voeg die meel by. Voeg die mosterd, sout en peper
by. Kook oor lae hitte en roer die melk geleidelik by. Laat kook terwyl gedurig
geroer word. Verwyder van die hitte en voeg die broccoli by. Voeg die eiergele
by die broccoli-mengsel. Klits die eierwitte styf tot hulle sagte punte vorm en
vou dit by die mengsel in. Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak.
Sprinkel die kaas bo-oor. Bak teen 180 grade vir 45 minute.

Gebakte Broccoli

500 g gaar broccoli
250 g gerasperde kaas
200 ml melk
3 eiers
sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer ‘n vlak tertbord of
spuit met kleefwerende sproei. Pak die gaar broccoli in die bord en sprinkel
die kaas bo-oor. Klits die melk en eiers saam en geur na smaak met sout en
peper. Gooi die mengsel bo-oor die broccoli. Plaas die bord in ‘n groter bak
met kookwater in. Bak die gereg onbedek vir 45 minute of tot die eiermengsel
gestol is. Bedien warm.

Deur: Lori George Hopper

Deur: Lori George Hopper

Gebakte Broccoli kaas happies

Deur: Lori George Hopper
Dit is regtig maklik om te maak en daar is net 4 bestanddele

500gr bevrore gekapte broccoli, ontdooi en gedreineer van vloeistof (ek gebruik vars gestoomde broccoli)
1 ½ koppie gerasperde cheddar kaas
3 eiers
sout en peper na smaak
1 koppie gesoute Italiaanse broodkrummels (enige ander krummels na smaak sal ook werk)
Meng al die bestanddele saam in ‘n groot bak. Met jou hande, vorm klein koekies en lê op ‘n perkament gevoerde bakplaat. Bak by 180 C vir 25 minute, draai die koekies na die eerste 15 minute om. Laat afkoel en geniet!

 

BROCCOLI /BLOMKOOL EN MAASKAAS GEBAK

Maak jou broccoli/blomkool boompies gaar in kookwater en sout. Dreineer die water. In ‘n oondbak – gooi bietjie olyfolie onderin. Pak boompies in oondbak. Gooi sout en gemaalde swartpeper na smaak en veggie sprinkle of country garlic en herb spice. Meng cottage cheese met melk tot lekker glad en loperig. Gooi bo-oor. Sprinkel paprika vir kleur en bak in oond vir so 15min @ 180grade C. Jy kan om dit lekkerder te maak ‘n bietjie gerasperde cheddar kaas oorgooi

GEROOMDE BROCCOLI

1 kop broccoli

250 ml room

2 knoffelhuisies, gekneus

1 ml fyn neutmuskaat

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

45 ml gerasperde Parmessaankaas

2,5 ml suurlemoensap

Maak die broccoli skoon en kap die stingels en blommetjies

effens kleiner. Kook dit in kokende soutwater tot net sag, so ongeveer 4 – 6

minute. Dreineer goed en hou eenkant. Giet die room, knoffel, neutmuskaat en sout

en peper in ‘n kastrolletjie en bring tot kookpunt. Prut liggies vir ongeveer 5

minute tot die mengsel verdik en verminder het. Voeg die broccoli by en verhit.

Maak dit fyner met ‘n aartappel “masher”. Verwyder van hitte en roer

die Parmessaan en suurlemoensap by. Bedien warm.

 

BROCCOLI  KAPOKAARTAPPELS

750 g aartappels

1 kop broccoli

250 ml melk

30 g margarien

250 ml gerasperde Cheddarkaas

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Skil die aartappels en sny in die helfte deur. Kook in

vinnig-kokende water vir 10 minute. Spoel intussen die broccoli af en sny in

kleiner stukkies. Gooi die broccoli by die aartappels en kook vir ‘n verdere 5

minute. Dreineer en gooi die aartappel en broccoli terug in die kastrol. Maak

die groente fyn met ‘n aartappel “masher”. Gooi die melk en margarien

by, en meng goed deur. Roer die kaas in en geur na smaak en sout en peper.

Bedien warm.

Deur: Cheap Recipes, Tips, Tricks, and other Stuff

Deur: Cheap Recipes, Tips, Tricks, and other Stuff

Broccoli and Cheese Casserole 

1 can cream of mushroom soup
1 cup mayonnaise
1 beaten egg
1/4 cup chopped onion
1 package frozen chopped broccoli
250gr cheddar cheese, shredded
salt and pepper
paprika
Directions:

1 Mix together the soup, mayo, egg and onion.
2 In a large bowl, fold the broccoli and the soup mix and the cheese together.
3 Spread into a greased pan.
4 Sprinkle with salt, pepper, and paprika.
5 Bake at 350 for 45 minutes.

Deur: Cheap Recipes, Tips, Tricks, and other Stuff

Wenk: Kan gevlokte hoeder/ gebraaide spek of blikkie tuna byvoeg